Page 1 of 1
Suzuki sj410 jeepies
Posted: Mon Apr 16, 2012 4:40 pm
by ablm468
Manne
Ek sal graag julle opinie wil hoor, ek moet 'n jagvortuig kry aangesien my vrou gatvol is dat ek elke naweek met haar bakkie in die veld in neuk.
Ek het toe gedink aan 'n 4x4 bakkie en het nou die dag gesien hoe iemand so 'n jeepie agter sy bakkie sleep, dit was vir my die ideale oplossing. Ek weet hys klein maar ek verneem die geodjies es 4x4 vermoens word hoog aangeslaan. Sy kappie kan verwyder soos 'n bakkie se kappie dan het jy 'n staanplek om te lig en is blykbaar goedkoop om reg te maak, manne haal blykbaar die enjin uit as hy klaf en sit 14oo Nissan bakkie motors in sonder probleme.
Hierdie goedjies kan ook blykbaar enige plek uitklim, 4x4 soos min.
Die een wat ek kan kry is baie goeie toestand maar is wit, advies oor respray en kostes daaraan verbonde sal waardeer word wat sal ook die ideale kleure wees.
Is daar paneelkloppers wat julle kan aanbeveel om so joppie te doen.
Ek weet dis baie vrae maar hulp sal waardeer word.
Groetnis
Hansman
Re: Suzuki sj410 jeepies
Posted: Mon Apr 16, 2012 5:57 pm
by Blackie Swart
Daai is goeie jeepie en lig op sous.Koop net n kidney belt saam want hulle stamp jou vrek as jy grobpad en offroad ry.
Groete
Blackie
Re: Suzuki sj410 jeepies
Posted: Mon Apr 16, 2012 8:01 pm
by Piet Breedt
Ek het so Suzuki SJ410 gehad, en is tot vandag toe spyt dat ek hom ooit verkoop het. Moet nie dat sy size jou vlous nie, hy is n 4 x 4 soos min en loop waar baie min ander kan saamloop. Hulle ry bietjie stamperig, maar nie te kwaai nie. Hulle is geweldig taai, en breek nie maklik nie.
Ek wil graag weer een h?, en sal my linker oor gee vir een wat nog mooi is. Koop hom, jy sal nooit spyt wees. Hulle gaan nog so skaars soos hoedertande word. Daar is geen voertuig wat sy waarde so goed hou soos hulle nie.
Re: Suzuki sj410 jeepies
Posted: Mon Apr 16, 2012 9:26 pm
by JPS
Die een het bitter lekker gery.
My vriend, sy en my seun.
(sukkel om foto op te kry sal probeer onder 128kb kry en die pot edit weer)
As jy een in goeie toestand kan kry vat hom.
Groete
Re: Suzuki sj410 jeepies
Posted: Mon Apr 16, 2012 9:59 pm
by Jurie
Hulle is baie goeie waarde as jy een kan kry wat nie te hard gewerk het nie.
Ek dink hy is beter met n nissan 1400 engine in.
Re: Suzuki sj410 jeepies
Posted: Tue Apr 17, 2012 11:34 am
by ablm468
Ek is bly om al die positiewe kommentaar te sien, sal hom definiteif vat sal probeer om fotos op te laai.
Re: Suzuki sj410 jeepies
Posted: Tue Apr 17, 2012 11:41 am
by Dippies
As n man n nissan 1400 kan ingooi in hom dan moet dit n wenner wees.
WANT
daai nisaan 1400 is soos n mini cruiser engin, jy ry vir hom nie moertoe nie.
Dis nogals iets om na te kyk. Dink dis n goeie plan sal ek se.
Hansman go for it
Groete
Dippies
Re: Suzuki sj410 jeepies
Posted: Tue Apr 17, 2012 3:26 pm
by Piet Breedt
Hulle eie enjins was bittergoed en baie betroubaar. Die 1400 Nissan enjin werk goed in hom, maar jy verloor baie in terme van 4 x 4 vermo?ens agv die feit dat jy nie meer dan baie diep water kan kruis. In die oorspronklikke enjin is die distributor die hoogste punt op die enjin.
Vir watter prys kan jy hom kry as ek mag vra?
Kyk bietjie hier en sommer na al die ander links. Hulle is ysters en w?reldwyd legendaries
http://www.youtube.com/watch?v=JP-FcSDy ... re=related
Re: Suzuki sj410 jeepies
Posted: Tue Apr 17, 2012 3:53 pm
by BLOK
Ek ken ook n ou wat met n rooi een jag, hy het n klein venter verander wat al sy toerusting in kom en sleep die agterna. As hy op die plaas kom haal hy kappie af slaan sy skietbankie ater op en agter by die towbar het hy n rak gemaak wat afslaan en n platform maak waarop hy so twee drie springbokke kan lai, amper soos piet se jakkals rak. Dit is ook waar die plaas gidse gewoonlik staan en ry.
Re: Suzuki sj410 jeepies
Posted: Tue Apr 17, 2012 4:09 pm
by Zack Benade
In watter prysklas gaan hierdie Suzuki SJ410?
Groete
Zack
Re: Suzuki sj410 jeepies
Posted: Tue Apr 17, 2012 9:31 pm
by ablm468
Zack
Hulle gaan enigiets van so 35000 to 70000 as hy nog baie mooi is. Daar is manne wat hulle jeepies regtig mooi gemaak het en die paintwerk netjies agtermekaar het, dan kan jy enigiets tot 70000 betaal. Dit hang maar alles van die toestand af.
Ek het myne gekry vir R54000, nog baie mooi, heeltemal oorgespraty en enjin loop soos horlosie.
Ek kan nog baie lank met hom ry, het ook 4 nuwe bande op.
Kannie wag om hom te toets nie.
Hansman
Re: Suzuki sj410 jeepies
Posted: Fri Apr 20, 2012 4:38 pm
by Hugov
Baie geluk met die jeepie Hansman hulle is waarlik ysters!! Tov die camo, kyk na n camo vinyl wrap die sign writing manne het n paar mooi patrone, en hy beskerm die oorspronklike werf teen krappe ens, vir die kleiner jeep weet ek nie wat dit prys nie maar vir double cab toyota hilux met canopy is dit so R9000 ex vat.
Groete H
Re: Suzuki sj410 jeepies
Posted: Thu May 24, 2012 9:56 am
by ablm468
Manne hier is update op my vordering met die Suzuki, hy het nou 'n stoel op wat duer (Ian op forum) vervaardig is en ek kan nie wag om in die veld te kom met hom nie. Ian bou werklik 'n puik produk en ek kan hom gerus aanbeveel as iemand wil kyk na 'n stoel teen 'n billike prys.
Hierdie stoel is gebou om te hou veral vir 'n groot ou soos ek.
Sien advertensie onder Traders
http://jaracal.com/index.php/topic,7815.0.html.
Ian nogmaals dankie, hopelik kan ons eendag saam 'n jakkalsjag reel dan kan jy sien hoe werk jou stoel.
Re: Suzuki sj410 jeepies
Posted: Thu May 24, 2012 10:16 am
by Camo Joe
Jis daai lyk soos n Bakgat skiet kar,
Mooi gedoen daar,
Mooi loop,
Re: Suzuki sj410 jeepies
Posted: Thu May 24, 2012 11:31 am
by Born2Late
Jy moet nou nog net die spaarwiel cover vervang,dan is hy reg.As ek n voorstel kan maak-iets blouerig met horings.Pragtige jeepie,geniet hom.
Groete.
Re: Suzuki sj410 jeepies
Posted: Thu May 24, 2012 6:33 pm
by ablm468
;)Born2late
Dit is ongelukkig nog oorblyfsel van die vorige eienaar se slegte smaak. Blou sal ongelukkig nie werk nie sal iets roois moet wees.
Ma ek sal ma liewer volgende jaar doen want die jaar speel die leeus so k.. Ek kan ma netsowel die sharks ophou.
Re: Suzuki sj410 jeepies
Posted: Mon May 28, 2012 7:43 am
by Gerhard
Baie netjies,
Klein en kompak...
Ek dink jy gaan daai suzuki baie geniet...
