Page 1 of 2
Bietjie raad nodig
Posted: Fri Apr 13, 2012 11:56 am
by Musketeer
Goeiemore,
Ek wil graag begin boogjag maar is nog besig om my huiswerk te doen. Ek hoop die veteraan boogjagters kan my dalk bietjie raad gee.
Ek kan 'n tweedehandse Bowtech Sniper kry teen 'n redelike bekostigbare prys, maar as ek 'n paar duisend extra uithaal kan ek 'n Bowtech Assasin kit of 'n Hoyt Rampage kit in my kas b?re.
My vraag is moet ek eerder maar teen my wil nog bietjie vasbyt en 'n nuwe een koop of maak dit sin om dalk vir die 2de handse sniper te gaan?
Enige raad sal waardeer word.
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Fri Apr 13, 2012 12:03 pm
by Gerhard
Eerste moet n man kyk wat jy kan bekostig.
Dan koop jy die beste boog wat jou budget jou toelaat.
Mens kan dan later spaar en beter by behore soos sight, arrow rest en release as voorbeeld koop.
Maar al die vorm deel van die basis wat jou boog is.
Ek stel voor wees op die uitkyk vir n Destroyer 340 of 350 daar is manne wat nou wil upgrade na die nuwe Insanity toe en daar is goeie kope op die mark.
Selfde met die ander make soos Hoyt ens
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Fri Apr 13, 2012 12:37 pm
by Herman Venter
Musketeer
Gerhard gee altyd goeie raad en ek glo as dit by n boog kom kan mens hom nie veel vertel nie (my opinie) , maar ek self het die Assassin en ek is heel tevrede het hom tot dusver...
Groete
Herman
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Fri Apr 13, 2012 12:44 pm
by Musketeer
Baie dankie Gerhard en Herman,
Ek waardeer elke inset.
Ek moet s? ek doen nogal baie navorsing want ek wil nie geld op iets spandeer wat nie die moeite werd is nie. Van die ander manne met wie ek gepraat het al, het maar elkeen sy eie voorkeure oor maak ens, maar ek moet s? Hoyt en Bowtech trek nogal erg my aandag.
Groetnis,
Peet
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Mon Apr 16, 2012 9:16 am
by SV MAD (Henk)
Ek is 'n baie groot Hoyt fan, en ek en Gerhard gee mekaar gedurig gas
Ek stem saam, jy kan 'n Assassin kry vir R5500 ongeveer, maar as jy nou na die boog forums ens kyk, kan jy /'n Destroyer 340 of 350 optel vir dieselfde prys, wat 'n baie goeie boog is.
Die Hoyt Rampage is ook n baie lekker boog en ongelooflik solid. Jy sal nie 'n fout maak om hom ook te koop nie.
As jy 'n paar specials sien op die boog forums en nie seker of dit n goeie deal is of nie, plaas dit hier en ons sal jou in die regte rigting lei.
Welkom, dis 'n baie interessante journey wat jy nou gaan onderneem...
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Mon Apr 16, 2012 1:46 pm
by Musketeer
Baie dankie SV ek sal verseker so maak.
Kan jy my dalk help met 'n paar boog forums? Ek het op google geklim maar ek weet nie of ek net deur die blare is nie, maar ek kom net op die amrikaanse forums af.
Weereens baie dankie vir al julle hulp. Ek is regtig baie opgewonde oor die nuwe wending en elke bietjie raad wat ek kan kry help verskriklik baie.
'n Vriend van my het die Matthews Craze ook aanbeveel. Enige idees oor dit?
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Mon Apr 16, 2012 2:40 pm
by SV MAD (Henk)
Die Craze is 'n baie goeie boog, maar my persoonlike opinie is dat jy na 'n jaar tog 'n beter boog sal wil he. Dus koop nou reg van die begin af.
www.bowhuntingforum.co.za
www.anchorpoint.co.za
Dit is die 2 wat nogal die bedrywigste is hier in SA.
Groete
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Tue Apr 17, 2012 8:23 am
by Musketeer
More SV en Gerhard ,
Ek het jou raad gevolg en bietjie gaan loer en toe op die "deal" afgekom:
PSE Mojo
Draw Weight: 60 -70#
Draw Length: 28"
This should make a great bow for a newcomer looking to save some money or for the archer that wants a second dedicated target set up.
Ek het al oor die PSE boe gelees maar is glad nie baie vertroud met die naam nie.
Wat is julle opinie?
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Tue Apr 17, 2012 8:54 am
by Zack Benade
Hallo Almal
Ek stem saam met SV Mad dat die Craze 'n boog is vir 'n beginner. Gewoonlik iemand wat baie vinnig groei want die cams verstelling kan dan aangepas word. Omdat die cams oor 'n groot spektrum kan verstel volgens jou drawlengte sal jy nooit maks. werksverrigting uit die cam kry nie. Dis waarom sekere make soos Mathews en skere Hoyt cams nie verstelbaar is nie.
PSE is van die topverkopers wereld wyd. Hulle teikenmark is jagters en nie soseer target nie. Hulle boee is baie goed geprys. Ek was 2-3 jaar gesponser deur hulle en dit was een van die beste sponsers in Suid Afrika. Voor dit was ek so 3 jaar gesponser deur Seppie van Hoyt.
Nico Benade(Mathews Pro) en Stefan van der Linde (tans Hoyt) was saam PSE Pro Skuts.
PSE se naam is nie goed in Suid Afrika nie want dit word nie so goed bemark soos Hoyt, Mathews en die ander make nie. PSE is die laaste jaar al die top target skuts in Suid Afrika begin sponser. Self Wesley Gates wat al die laaste 15 jaar Hoyt geskiet het is nou by PSE. Wereld wyd koop PSE nou ook top target archers.
Twee jaar terug het ek vir die eertse keer in baie jare my eie boog gekoop. Ek het op Hoyt besluit vir target want ek glo hulle tolleransies op die limb pockets is van die beste wat daar is. As dit by jag kom skiet ek nog steeds 'n PSE want ek glo in hom.
As jy belangstel is PSE skakel vir Stefan van der Linde (Jnr) 079 5092245 by Safari and Outdoor. Hy is ook 'n Protea skut en sal jou baie goed kan help. As dit by die prys kom kan jy my naam noem.
Koop 'n boog wat jou hart vinnig laat klop. Dit moet mooi wees en jy "MOET IN HOM GLO"
Dis waar die verhouding met jou boog begin. Brand name is minder belangrik. Skiet die boog voor jy koop. Die boog moet by jou pas en jy moet nie aanpas by die boog nie.
Skiet verskillende make en koop waarvan jy hou. Jy sal weet as jy die boog skiet.
Groete
Zack
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Tue Apr 17, 2012 9:10 am
by Musketeer
Dankie vir jou raad Zack.
Ek sal beslis bietjie 'n plan maak.
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Tue Apr 17, 2012 9:12 am
by SV MAD (Henk)
Zack, dis baie waar wat jy se, jou hart moet vinniger klop as jy aan die boog dink en raak en skiet.
Musketeer, ek weet van watse Mojo jy praat. Ek dink dit is 'n lefthand as ek die prentjie reg kan onthou. As jy tog 'n mojo soek kan ek jou in verbinding sit met iemand wat 1 wil verkoop vir R2000 wa t'n RH is.
PSE is baie goeie maak, net soos Hoyt en Mathews en Bowtech. Basies kry mens nie meer iets soos 'n slegte boog nie.
Maak net seker dat jy nie penny-wise Pound foolish is nie.
Hier is nog 'n deal, ek dink die Destroyer is 'n massiewe bargain
Ek het n beast en n Destroyer te koop
Skoon boe,Beast 6500 en destroyer 4600.
Kondiesie is 10/10 op al 2
Kobie
0824989922
_________________
Kobie.nel@premierfoods.com
of Hierdie een as jou budget tight is
http://www.bowhuntingforum.co.za/viewtopic.php?t=11280
FOR SALE:
Limited 75th Anniversary Edition
2006 Hoyt Trykon XT (29" / 80#)
with NAP Drop Away Rest.
Fantastic shape, very well looked after.
At a mere R2750.
Phone JC van Wyk @ 083 406 5330 / 035 7511 093
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Tue Apr 17, 2012 9:59 am
by Musketeer
Dankie SV!
Het hulle albei gekontak. Ek sal bietjie navorsing doen oor die Hoyt Trykon. Ek wil iets koop wat ek vir 'n hele ruk kan gebruik en ek moet s? die boog lyk nogal vrek mooi.
Dalk kan ek nog met my nuwe masjien begin oefen vroe?r as wat ek gedink het.
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Tue Apr 17, 2012 10:21 am
by Musketeer
Altwee die ander is klaar verkoop...
Ek sit wel nou en wag vir inligting oor die volgende:
Hoyt Kobalt in camo
50lbs, RH!
Draw Length 23"-25"
Extras:
Tru Glo Sight
Whisker Biscuit rest
Scott Release
Hoyt Quiver
Bow Bag
4x Easton Arrows
Ek sal julle op hoogte hou van verwikkelinge.... nogmaals baie dankie vir julle hulp om die leek op spoed te kry

Re: Bietjie raad nodig
Posted: Tue Apr 17, 2012 10:37 am
by Geno
Musketeer wrote:
Hoyt Kobalt in camo
50lbs, RH!
Draw Length 23"-25"
Kinder- en vroueboog.
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Tue Apr 17, 2012 10:39 am
by Musketeer
Dankie Geno,
Het dit ook by nabetragting gesien toe ek gaan oplees het.
Sal maar in die vervolg eerder my oplees werk voor die tyd doen voor ek weer so ou flatertjie begaan.
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Tue Apr 17, 2012 10:52 am
by SV MAD (Henk)
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Tue Apr 17, 2012 12:03 pm
by Musketeer
Weereens bitter dankie!
Ek het weer albei gekontak en wag net vir terugvoer.
Ek het wel die een ook opgespoor en alhoewel dit effens buite my begroting is klink dit na 'n goeie deal?
Destroyer beskikbaar complete met alles in dig camo
sak sight pyle en als
R 6500
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Tue Apr 17, 2012 12:08 pm
by SV MAD (Henk)
Dis 'n goeie prys vir daai destroyer
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Wed Apr 18, 2012 2:29 pm
by Musketeer
Middag manne,
Ek het gister die Hoyt Rampage geskiet en ek moet s? dit was nogal iets besonders gewees (ek s? dit met my gebrekkige kennis wat ek maar het.)
Ek kan 'n 2de handse Bowtech Destroyer kry (Hom nog nie geskiet nie) of 'n 2de handse Bowtech Allegiance (Ook nog nie geskiet nie) vir min of meer dieselfde prys as wat die Rampage kit my splinter nuut gaan kos.
Nou my vraag is: Maak dit sin om na die 2de handse bo? te kyk as ek 'n splinternuwe een vir 'n paar rand meer kan kan huis toe vat?
Groetnis,
Peet
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Wed Apr 18, 2012 2:39 pm
by SV MAD (Henk)
Peet.
In een van die onlangse boog tydskrifte was die vergelyking gedoen oor die boe tans op die mark.
Daar is dit bevind dat the Hoyt Rampage die beste waarde vir geld was wat verlede jaar/die jaar uitgekom het.
Moenie fout maak nie, die destoyer is 'n wonderlike boog en hy skiet tog die pyl vinniger. Ek sal nie gaan vir die Alegiance nie.
As mens kan, is dit altyd beter om nuut te koop want dan weet jy dat daai boog nog nie gedry fire is nie soos met 'n 2de handse boog.
As mens kyk dat jy die hele kit kan kry vir die prys wat destroyer jou kos, is dit 'n bargain, want net sight, stab en rest kan jou alweer 'n 2K terugsit.
Hoop die Hoyt skiet lekker! Jy moet foto opsit as jy hom het.
Groete
Henk
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Wed Apr 18, 2012 2:44 pm
by Musketeer
Dankie Henk,
Ek dink amper ek het daardie selfde artikel of 'n soorgelyke een in Africa's Bowhunter gelees verlede jaar.
Is nogal baie opgewonde, nou net om die nuwe speelding te befonds en dan is dit oefen tot ek gemaklik is om hom veld toe te vat.
Weereens dankie vir jou en Gerhard se hulp en raad!
Sal verseker paar fotos laai sodra ek hom het.
Groetnis,
Peet
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Wed Apr 18, 2012 3:08 pm
by SV MAD (Henk)
Baie sterkte en vra as jy hulp nodig het met tuning ens, dit is baie verslawend die...
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Fri May 04, 2012 9:26 pm
by douw
EK KET OOK GEKYK NA TWEEDEHANDSE DESTROYER, MAAR TOE BESLUIT OP DIE NUWE ASSASIN. HY KOM MET BOWTECH SE R.A.K SISTEEM (READY.AIM.KILL)
DIE BOOG SKIET BAIE LEKKER EN IS REGTIG BAIE AKKURAAT.
GROETNIS
DOUW
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Mon May 07, 2012 10:14 am
by Musketeer
More Douw,
Ek het self ook na die assasin gekyk maar ek moet s? die rampage het my hart gesteel. Is nou juis besig om een aan te skaf.
Re: Bietjie raad nodig
Posted: Mon May 21, 2012 3:18 pm
by Musketeer
Middag manne,
Net om so bietjie terugvoer te gee, ek is vandag so opgewonde soos 'n skool seun voor sy eerste groot rugby wedstryd. Ek het vandag amptelik my Hoyt Rampage XT bestel na baie navorsing en skote. Ek sal fotos op sit sodra ek hom het, en dan maar begin oefen oefen oefen.
Ek wil net weereens dankie s? vir almal se raad en insette, dit het regtig baie gehelp.
Groetnis.