Page 1 of 1

Swarovski Rifle Scope Habicht Z6 30MM 2-12 x 50 4A-300

Posted: Thu Apr 12, 2012 8:40 pm
by cassie_calvinia
manne
ek het die net biekie deursoek, en kan die scope vir R19500 kry.
waarvoor staan die Habicht? is hy 'n ander model? die meeste ander plekke is hul 22.5k, sonder die Habicht. help gou asb

Re: Swarovski Rifle Scope Habicht Z6 30MM 2-12 x 50 4A-300

Posted: Thu Apr 12, 2012 8:49 pm
by Marc
Glo Oom Koos kan die een antwoord, sy nommer is op die ander post van jou. Bel hom gerus  ;)

Groetnis
Marc

Re: Swarovski Rifle Scope Habicht Z6 30MM 2-12 x 50 4A-300

Posted: Thu Apr 12, 2012 8:53 pm
by Lamtjop
Cassie.
Oor Swarovski's kan ek my nie uitlaat nie, het wel begeer. Ek het op n ander topic gesien jy vra oor Meopta vs Leupold, ek het n 3,5-10x50 Leupold VX3 en het hom vergelyk in die nag met n 3-12x56 Meopta (op 10x om regverdig te wees) en hy was duideliker as Leupold nou nie ligjare nie maar tog sigbaar beter, maar teen n 2,5-10x50 Zeiss Classic het altwee verloor. Lekker shop! Groete

Re: Swarovski Rifle Scope Habicht Z6 30MM 2-12 x 50 4A-300

Posted: Thu Apr 12, 2012 9:24 pm
by Koos Barnard
Cassie
Die woord Habicht beteken maar net valk of hawk. Daar is ook 'n berg in Oostentyk genaamd Habicht. Die mense van die Tirool-streek het vir lank gedink dis die hoogste berg in daardie streek (dis toe later verkeerd bewys). Swarovski se slagspreuk was vir baie jare "With the eyes of a hawk". Vandag is dit "See the unseen". In die verlede het byna al die Swarovski modelle ook die Habicht naam by gehad - beskou dit maar in dieselfde lig as byvoorbeeld die naam Land Cruiser agter Toyota of Sierra agter Ford of wat ook al. Tot seker so vier, vyf jaar gelede het Swarovski scopes nog die Habicht naam agter almal gehad. Deesdae word dit baie meer selektief gebruik en by die nuwes het hulle bloot weggedoen met die Habicht naam. Die kwaliteit is dieselfde. Van die Habicht scopes sal net nie die nuutste features h? nie.
Mooi loop

Re: Swarovski Rifle Scope Habicht Z6 30MM 2-12 x 50 4A-300

Posted: Fri Apr 13, 2012 2:40 am
by tafjak
Cassie

As dit 'n Z6 is, is dit dieselfde scope(kruishare en alles) as wat op my geweer is, die een wat jy gou check het toe ek daar was.

Mooiloop

Re: Swarovski Rifle Scope Habicht Z6 30MM 2-12 x 50 4A-300

Posted: Fri Apr 13, 2012 9:40 am
by cassie_calvinia
dis interesant, dankie oom!
ja, dit is die Z6 oom taf.
isdit stupid van my om so duur scope te koop vir my?

Re: Swarovski Rifle Scope Habicht Z6 30MM 2-12 x 50 4A-300

Posted: Fri Apr 13, 2012 10:04 am
by tafjak
Cassie

Koop dit en vind sommer self uit! :D

Mooiloop

Re: Swarovski Rifle Scope Habicht Z6 30MM 2-12 x 50 4A-300

Posted: Fri Apr 13, 2012 10:35 am
by Francois Marais
Cassie

Jy sal nooit STUPID wees omdat jy jou teleskope opgradeer nie, die enigte probleem is nou dat jy later vir AL jou gunne so n scope sal wil opsit....

Mooi loop
Francois

Re: Swarovski Rifle Scope Habicht Z6 30MM 2-12 x 50 4A-300

Posted: Fri Apr 13, 2012 10:50 am
by Geno
Gaan daai 4A-300 kruis se afmikstrepe nie te na aan mekaar wees vir daardie 308 se trajek nie? ;D

Re: Swarovski Rifle Scope Habicht Z6 30MM 2-12 x 50 4A-300

Posted: Fri Apr 13, 2012 11:52 am
by cassie_calvinia
;D ;D ;D
jy verstaan verkeerd geno, hul is reg. 1 vir 50m, 2de vir 100m, 3de vir 150 ens!
hy gaan op 22-250 kom.
oom francios, dit is 'n probleem wat oom daar noem...

Re: Swarovski Rifle Scope Habicht Z6 30MM 2-12 x 50 4A-300

Posted: Fri Apr 13, 2012 3:18 pm
by Marc
Francois Marais wrote: Cassie

Jy sal nooit STUPID wees omdat jy jou teleskope opgradeer nie, die enigte probleem is nou dat jy later vir AL jou gunne so n scope sal wil opsit....

Mooi loop
Francois
En dit kan nogal 'n probleempie afgee as 'n man 'n paar roere het innie kluis  ;D

Mooiloop
Marc

Re: Swarovski Rifle Scope Habicht Z6 30MM 2-12 x 50 4A-300

Posted: Fri Apr 13, 2012 6:41 pm
by Kalahari
Cassie

Jy sal nooit STUPID wees omdat jy jou teleskope opgradeer nie, die enigte probleem is nou dat jy later vir AL jou gunne so n scope sal wil opsit....

Mooi loop
Francois
[/quote]

En dit kan nogal 'n probleempie afgee as 'n man 'n paar roere het innie kluis  ;D

Mooiloop
Marc
[/quote]

Vra my, ek weet. Die smile was nie net oor happynis gewees nie, maar oor die hongerpyne ok ;)
Maar nou is dit ook al vergete en ek sit met lekker skietglase, nooit spyt nie.
Kalahari