Page 1 of 1
Help gou toe...
Posted: Thu Apr 12, 2012 4:32 pm
by Nico Carelse
Ek soek n skiet stoel?
Weet julle waar ek een kan kry of moet ek maar die ding self bou.
Nie meer lus om die meerkatte uit die ruit uit te skied nie en my seun sukkel ook maar so bietjie om sy sit te kry.
Skiet werk raak nou te ver vir .22LR so ek skuif nou oor na die 22-250.
So ja ek will...........nee ek moet n stoel kry.
Re: Help gou toe...
Posted: Thu Apr 12, 2012 5:19 pm
by Ian
Nico
Gaan kyk by voorportaal, Traders and Dealers, soek "3D Skietstoel direk van vervaardiger", al die inligting is daar.
Freek bou ook ordentlike skietstoele.
Hoop jy kom reg.
Groete Ian
Re: Help gou toe...
Posted: Thu Apr 12, 2012 5:30 pm
by Geno
Hallo Nico,
Daar is 3 netjiese stoele op die mark waarvan ek ondervinding het.
Ian se stoel, Freek se stoel, en Alan Truter se stoel.
Ian - nul-83-4494495
Freek - nul-82-8785208
Alan (Jackalpro) - nul-41-9229858
Groete,
Eugene
Re: Help gou toe...
Posted: Fri Apr 13, 2012 8:08 am
by Nico Carelse
Dankie julle
ek dink ek sal nou rek kom
Re: Help gou toe...
Posted: Sat Apr 14, 2012 10:27 am
by stan man
goeie dag
ek het vir myself n stoel gebou en vir my werk hy bloddy awsome.
party stoelle is vir my net te spoggerig.ek het n hubb van n sleepwa gebuik wat ek n duk stuk pyp aan geswys het.die stoel kom dan bo op die pyp vas.die raam onder pas op die bo kant van die bak.en is toe gamaak met expended metal,nou kan ek al my los goed onder die raam bere en niks is in die pad nie.die skiet bank aan die stoel is baie beweeglik en gemaklik dit kan ook lings of regs op die stoel vaskom.die lig se drade en kontroles is ook mooi ,alles is byderhand en nie in die pad nie.n mens altyd geneig om alles groot te bou,maar met die regte beplanning kan jy dit vir jouself baie gemaklik maak.die stoel kos my tot dusver so R2000, en dit sluit die stoffering en elektriese komponente alles in.
eendag as ek minder tegnologies gestremd sal ek n foto of twee opsit. o ja die rede hoekom ek dit self gedoen het was maar net weer om anders te wees as ander en toe werk dit vir my baie lekker. en natuurlik was finansies ook maar n pyn.
maar daar is vrek mooi stoele op die mark.