Behoefte aan 'n fotogallery...?

Rapporteer enige foute of aanbevelings hier/Report any problems or suggestions here
Post Reply
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Behoefte aan 'n fotogallery...?

Post by Ponkie »

Hallo aan al die forumlede...

Ek wil graag 'n versoek insit, of eerder 'n voorstel maak...
Hierdie is seker op die bestuur gemik, maar die lede kan gerus hul opinie gee of darm net se "thums up" of dan "down"  ;D ;D

Ek weet daar is klaar die trofeekamer en die taksidermis waar fotos geplaas word, maar ek sou graag 'n afdeling wil he waar die lede enige fotos van hulle behoefte kan plaas.
Ek brand soms om te sien hoe die manne se jagbakkies, stoele en ander toerusting lyk, en ek is seker daar sal nog van diegene wees...
Hierdie gallery moet oop wees vir enige fotos wat passend is vir die forum.

Ek hoop die bestuur kan my help met hierdie een en die sakie verder voer...

Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Behoefte aan 'n fotogallery...?

Post by Louis102 »

Ponkie wrote:
...Ek hoop die bestuur kan my help met hierdie een en die sakie verder voer...
Ponkie

Soos dit vir my lyk (ek mag die pot geheel en al mis sit) is elke lid maar deel van die bestuur en as jy dinge soos 'n foto album wil begin, moet jy maar inspring en dit self doen.  Dit is egter 'n goeie voorstel en ek ondersteun jou.  Ek het gedink Jakes het onderneem om die foto's wat reeds hier op die forum geplaas is, vir ons onder verskeie afdelings in te edit, maar wat daarvan geword het weet ek nie.  Ek wil my verstout om te s? dat so 'n album met foto's baie gewild sal wees!

Goeie idee
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Behoefte aan 'n fotogallery...?

Post by Francois Marais »

Louis

Ek stem met jou en Ponki, ek het JB se idee destyds ook gesteun, ma die man is besonders stil deesdae, miskien iets met n nuwejaars voorneme te doen. ??? ???

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
tafjak

Re: Behoefte aan 'n fotogallery...?

Post by tafjak »

Louis, Ponki en Francois

Solank gekweste en gevangde vee ook iewers plekkie kry. Wat ek eintlik s? is dat ons miskien so aparte album maak, waar net vee, wild ens op is wat gekwes en gevang is.
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Behoefte aan 'n fotogallery...?

Post by Louis102 »

Tafjak

Dit is presies hoe ek dit sou wou sien.  Sommer 'n hele paar afdelings.  Julle honde manne moet ook asb. 'n apparte afdeling h?, wil nie h? dat dit inmeng met ernstige goed soos skietstoele, jagbakkies en gewere nie.

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: Behoefte aan 'n fotogallery...?

Post by Ponkie »

Ek is bly om te sien daar is alreeds terugvoering en belangstelling rakende hierdie punt!
Ek is nie so kwaai ingestel op die rekenaars nie, so weet nie lekker hoe om dit te maak nie, (anders sou ek dit dalk sommer self gedoen het).
Ek stem saam oom Taffie dat daar verskillende afdelings moet wees. Dit was deel van my idee wat ek in my kop gehad het. Ons moet kan sien watse skade word aangerig, hoe lyk manne se toerusting, hulle honde en dalk sommer hulle meisies/vroue ook...!  ;D ;D (daardie was net 'n grappie!)

Ambessa of iemand wat weet hoe hierdie masjiene werk moet dalk post of ons raad gee rakende hierdie sakie....

Eks alweer laat vir klas! ;D
Groete
Ponkie
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: Behoefte aan 'n fotogallery...?

Post by Francois Marais »

Louis

Sien jy soek moeilikheid, ;) ;), daai honne manne kan ernstig raak.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Behoefte aan 'n fotogallery...?

Post by CHRIS »

Ek stem saam oor die foto album, dit moet so wees dat dom ouens soos ek dit ook kan opsit. Ons moet net versigtig wees om nie teveel jak fotos op tesit nie slegs tanne en uitsonderings.
Post Reply