Page 1 of 1
.375 vir kleiner bokke
Posted: Tue Apr 10, 2012 10:41 pm
by Philip De Bruyn(MFWIC)
Naand Mane en Mannine
Ek wil graag uitvind by die manne/mannine met ondervinding wat hulle sal aanbeveel?
Ek het vir my die Howa .375 Ruger aangeskaf en verwag om hom voor my jagtrippie huis toe te vat ,nou hierdie jaar is daar varke ,rooibokke en Kudu Bulle op die spyskaart en ek beoog om hom te gebruik vir alles.Die vraag is ,gebruik ek 'n swaarder koel(300g) op almal en laai die spoed af of gebruik ek 'n ligter koel(270g,265g) en laai hom op so 2800fps.
Julle insette sal baie waardeer word.
Re: .375 vir kleiner bokke
Posted: Tue Apr 10, 2012 11:05 pm
by Theo E
Mfwik
I have used both 300gr and 270gr on big and small gameI have Also used 300gr solids on impala and hogs but I mostly load 270 gr barnes x. there are also lighter bullets to load
Theo
Re: .375 vir kleiner bokke
Posted: Tue Apr 10, 2012 11:54 pm
by Philip De Bruyn(MFWIC)
Dankie Manne vir die insette,dink ek gan maar die 300 lig laai en kyk wat hy maak
Re: .375 vir kleiner bokke
Posted: Wed Apr 11, 2012 5:25 am
by tripodmvr
Ek het ookal daardie fout gemaak deur my 303 stadiger te laai vir die bos. Lang skoot gekry en slegs streepkoe?l oor die borskas het my klasgeld gekos.
Ek gebruik 235gr Barnes TSX of 200gr Impala teen 2850vps en hulle maak mooi. Ken die trajek en kan daarom selfs langer skote met selfvertroue neem. Vleisskade is min.
Re: .375 vir kleiner bokke
Posted: Wed Apr 11, 2012 6:44 am
by Gerhard
Ek het 250gr Barnes TSX gekoop vir my 375 H&H
QL voorspel ek kan hulle so 2800fps laat hardloop.
Meer as goed genoeg vir alles wat ek kan bekostig om te jag.
Van duiker tot kameelperd (sou die geleentheid om voor doen)

Re: .375 vir kleiner bokke
Posted: Wed Apr 11, 2012 8:24 am
by Geno
Ek sal die 200gr GSCHV aanbeveel. Jy kan hom teen 3225fps skiet, mits jou loop se spiraal dit toelaat. Vleis skade is minimaal, en hulle praat mooi met die groot diere!
http://www.gsgroup.co.za/hvloadslarge.html
Groete,
Eugene
Re: .375 vir kleiner bokke
Posted: Wed Apr 11, 2012 8:38 am
by Frederik
Die kleinste bokke wat ek met my 375 al geskiet het was springbok en rooiribbok dit was met 270gr Hornady interlock SP wat teen 2550 fps hardloop en die vleiskade was nie baie nie. Kortse afstand was 90 meter. Nou gebruik ek die impala 270gr RN en daar is geen propleem met vleis nie hardloop ook so 2500 fps. Ek het al die 210gr ou barnes X ook al gebruik teen 2900 fps skiet plat maar dan gooi jy weer vleis weg. Die 375 is darem akkuraat ook so as jy wil skiet kop en nek skote dit kan jy ook doen as jy naby genoeg kom en gelukkig is met jou skietery.
Re: .375 vir kleiner bokke
Posted: Thu Aug 02, 2012 4:14 pm
by WitWillem (Charl)
ek lees nou weer hier en wonder... wat is die Howa 375 Ruger se twist?
Re: .375 vir kleiner bokke
Posted: Thu Aug 02, 2012 6:21 pm
by Stasoft
1:12 volgens Legacy Sports International se website.
Re: .375 vir kleiner bokke
Posted: Thu Aug 02, 2012 7:42 pm
by Umshwati Boy
250gr Barnes TTSX of as jy sonder die "Tipped" verkies, laai die 270gr TSX. Ek gebruik die 250gr TTSX, wag met spanning om 'n koeel te herwin

Re: .375 vir kleiner bokke
Posted: Fri Aug 03, 2012 12:08 am
by Flip Nel
Ek het altyd solids gebruik in my 9.3x62 min skade selfs op iets soos 'n duiker, as ek 'n Pro-am gebruik gooi jy amper die hele bok vir die honde met 'n masiewe gat.