Page 1 of 1
Blou ape neem oor
Posted: Mon Apr 09, 2012 6:20 pm
by Cobus(Cobb)
Die gediertes neem regtig oor by ons bootclub langs die Vaalrivier, hulle is ook lekker windgat en agresief. Baie "groenes" ook daar, so 'n ou moet maar gou plaagbeheer doen alvorens iemand 'n eier l?.
Die mannetjie omgedop die eerste middag, die trop het gebly maar daar was skielik groenes in die omtrek. Ons moes die .22 gou b?re
[img width=560 height=335]
http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... AG0134.jpg[/img]
Die 3 gou vanoggend omgedop in 3 min, toe laat spaander die trop, Dewie het nog een gepiets, swaar gewond, maar het weggekom, ek glo nie hy sal die son more sien nie.
[img width=560 height=335]
http://i825.photobucket.com/albums/zz17 ... AG0140.jpg[/img]
Die middel een het sy stert so jaar of wat in die lemmetjies draad verloor
Na die pret vanoggend was daar heeldag geen ape te sien nie, ek glo ook hulle sal maar wegbly vir so dag of 3, ons sal Vrydag oggend weer gaan kyk...
Die Club en Casino langsaan het al alles probeer, van gif tot hokke en traps...nou moet ek maar die skietwerk doen.
Skuus vir die bloed op foto 1.
Cheers
Re: Blou ape neem oor
Posted: Mon Apr 09, 2012 6:24 pm
by Beretta
Stoute ape kyk blou is hulle boude net nie op party plekke geslaan nie

.
Beretta
Re: Blou ape neem oor
Posted: Thu Sep 20, 2012 11:44 am
by JuanVE
Watse raad het julle kenners vir blou ape? Dit wil my voorkom asof hulle die hele land oorneem.
Re: Blou ape neem oor
Posted: Thu Sep 20, 2012 11:56 am
by Cz_apie
JuanVE wrote:
Watse raad het julle kenners vir blou ape? Dit wil my voorkom asof hulle die hele land oorneem.
Brno 22, subsonics en knaldemper
Re: Blou ape neem oor
Posted: Thu Sep 20, 2012 11:59 am
by Dawie D
Nog makliker:
Kry net vir Blok met sy 204, hy laat hulle mooi omval. Tot soo entjie anderkant die 400m merk ook

Re: Blou ape neem oor
Posted: Thu Sep 20, 2012 3:25 pm
by JuanVE
Skiet werk nie meer by my nie, hulle is weg sodra hulle die voertuig hoor. Hulle het al te veel pak gekry met lood.
Re: Blou ape neem oor
Posted: Thu Nov 15, 2012 4:20 pm
by johnny
Manne
Dit is verstomend dat ons nog enigsins n voellewe oorhet, ek kom op baie plase en daar is baie min voels oor maar baie blou ape, smaak my ons sal een van die dae manne he wat met skietstoele en roepers die ape ook skiet teen n koste.
groetnis
Johnny
Re: Blou ape neem oor
Posted: Thu Nov 15, 2012 4:43 pm
by Jan Nel
Vanghokke werk beste, ek vang die laaste twee weke ten minste een per dag (6 hokke in veld). Ek weet nou nog nie of hulle agter die hoender/tarentaal of gebreekte mielies aan is nie. Meeste op een slag was 5 in een hok! Ek het ongelukkig nie foto geneem nie, maar hier is een van 2 op een slag gevang. Ek sit sommer fotos by van vlakvark, ystervark en muskeljaatkat wat ek ook in laaste week gevang het. Al die rooikatte is nou klaar!
Groete
Jan
[img width=560 height=420]
http://i1077.photobucket.com/albums/w47 ... G_0104.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i1077.photobucket.com/albums/w47 ... G_0112.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i1077.photobucket.com/albums/w47 ... G_0111.jpg[/img]
[img width=560 height=420]
http://i1077.photobucket.com/albums/w47 ... G_0122.jpg[/img]
Re: Blou ape neem oor
Posted: Thu Nov 15, 2012 6:12 pm
by Jan Nel
Fanie
Nee, die muskeljaatkatte is glad nie 'n probleem nie, ek laat hulle net weer vry, so ook die vlakvarke en ystervarke.
Die tarentale is die lokaas in die "cage" gedeelte, die ape kan nie by die tarentaal uitkom nie.
Die ape laat ek ook vry, hulle pla nog nie regtig nie. Alhoewel die situasie vinnig kan verander.
Die rooikatte het ek almal lewendig weggegee vir ouens wat met hulle probeer teel om die kleintjies as troeteldiere te verkoop, of hervestig ver van my. Laaste 5 maande 14 rooikatte afgehaal, ek sien nou nie meer spore nie!
Ek het ook nog nooit 'n dier so in die hok geskiet nie.
Groete
Jan
Re: Blou ape neem oor
Posted: Fri Nov 16, 2012 9:46 am
by Jan Nel
Fanie
Ek boer nie regtig nie, net wild. Die rooikatte maai onder veral jong bokkies, daarom wil ek hulle eerder nie he nie. As ek hoenders gehad het, sou my uitkyk sekerlik anders gewees het mbt muskeljaatkatte.
Mens moet so nou en dan nog steeds aanjaag, anders word jy vinnig oud! Een van die grootste komplimente wat ek nog gekry het, was toe my ex vir my beskuldig het dat ek myself partykeer soos 'n "teenager" gedra!
Groete
Jan
Re: Blou ape neem oor
Posted: Tue Nov 20, 2012 9:33 am
by Spanner
Ons familie was die naweek Pta toe, en ek en my seun Ruben het na ?n bees plaas gegaan om ape te gaan soek wat die boer irriteer en skade berokken, seker so 8km van my ouers se huis af.
Ons het die oggend vroeg al daar gestop, en net twee tarrentale geskiet maar geen ape gekry nie. Ons is weer terug huis toe om die tarrentale te gaan slag. Laat die middag bel die boer om te s? die ape is nou by die dam. Ons het gou daarheen gegaan en my vrou het een met die .22 geklits, reg langs die dam. Die trop was groot, seker so 30 of wat, en het na die skoot weg gehol maar plek-plek weer vas gesteek om terug te kyk ? dit het my kans gegee om nog twee te skiet met my .223 ! Die verste een was oor die 150m. Die Terminator knaldemper het baie nice gewerk, die ape kon nie heeltemal plaas waarvandaan die geluid gekom het nie en hulle het dus nie vinnig gevlug nie. Ruben het dit vreeslik geniet al kon hy self nie skiet nie, hy kan nou nie uitgepraat raak oor die storie nie. Hy is nou vyf jaar oud en die Brno .22 is steeds te lank vir hom, hy stoei maar om gekorrel te kry en om by die sneller uit te kom. Hy wou selfs die aap gebraai het, en was baie hartseer dat ek die aap nie wil slag nie ? nie eers ?n bietjie biltong wil uitsny nie ! Hy s? vreeslik ontsteld aan my ?Maar papa, as mens bok en tarrentaal kan eet kan jy mos aap ook eet !?
My vrou moes tot vir hom ?n A4 foto print en lamineer sodat hy almal by die skool kan gaan wys en vertel !
Later die week sal ons tarrentaal-pastei eet !
Ruben wil hulle net braai ? maar ek sal hom oortuig om eerder pastei te maak ?.Tarrentaal braai probeer 'n ou net een keer ....
[img width=353 height=480]
http://i776.photobucket.com/albums/yy50 ... md/Aap.jpg[/img]
Re: Blou ape neem oor
Posted: Tue Nov 20, 2012 10:08 am
by Silwerfern
Cz_apie wrote:
JuanVE wrote:
Watse raad het julle kenners vir blou ape? Dit wil my voorkom asof hulle die hele land oorneem.
Brno 22, subsonics en knaldemper
hier by ons teen die rivier was hulle al die jare n groot probleem, nou beweeg hulle al na die plase kilometers van die rivier af. op die plase werk die die 270 met die 130grn baie mooi, maar in die dorp gebruik ons maar ook die medisyne van kd op .22 en sub-sonic ammo
Re: Blou ape neem oor
Posted: Tue Nov 20, 2012 12:43 pm
by johnny
Mooi reuben , geniet daai pastei man.
groetnis
Johnny
Re: Blou ape neem oor
Posted: Tue Nov 20, 2012 3:08 pm
by Louis Kriel
Vroer die jaar op n koedoe jag naby Willomore geskiet. Kopskoot met die Marlin lever aksie.

Re: Blou ape neem oor
Posted: Fri Nov 30, 2012 8:02 am
by PWV
Enige wanbalans wat in die natuur ontstaan gee aanleiding tot probleme. In die ongerepte natuur ontwikkel 'n dinamiese ewewig waar daar nooit 'n langdurige wanbalans ontstaan nie. Ongelukkig is dit so dat die mens die enigste spesie is wat oorlewing van homself en ander organismes so bedreig dat lewe totaal uitgewis kan word.
Nou wat nou? Die mens, wat die wanbalans skep of geskep het, moet nou ingeligte/oordeelkundige bestuur toepas, maar helaas! Mammon seevier in die meeste gevalle. As ek 'n paar miljoen kan maak deur roofbou, wat voel ek vir die nageslag?
Die blouaap se natuurlike vyande bestaan nie meer nie. 'n Kettingreaksie waar hul getalle toeneem - ontwikkel in 'n plaag.
Die Groenes met hul tonnelvisie is een van ons groter probleme. Die blouape wat ons voelbevolking bedreig, mag nie verminder word nie. Die olifantbevolking kan hulself deur oorbevolking uitwis, maar daar mag nie uitdunning plaasvind nie. Geen jagplase, waar wild geteel word om gejag (doodgemaak?) te word, meer nie. Boer eerder met skaap of bees wat ons kan slag (doodmaak?).
Ek bepleit maar net oordeelkundige, ingeligte bestuur.
Genoeg van hierdie filosofiese diarree.
Groetnis