Page 1 of 1
Beste opsie vir nuwe geweer
Posted: Sat Apr 07, 2012 9:54 pm
by kierriie
Ek het vir my n nuwe 308 remington sps varmint gekoop, kan nie besluit watter scope ek moet opsit nie.
Kyk na Burris elimenator, zeiss of lynx. In die prys klas tussen so 7 na 9 duisend. Wil dag en nag skiet.
skiet baie vlakte wild wat maar redelik ver is 200 na 400m. Sal waardeer vir bietjie komentaar van die manne
wat baie skiet.
Re: Beste opsie vir nuwe geweer
Posted: Sun Apr 08, 2012 12:36 am
by Gerhard Smith
Naand
Ek het n leupold en is baie gelukkig met die scope myne is vari-x II 3-9x50 en werk briliant in lae lig kondisies. Het baie op gelees voir ek gekoop het en leupold was maar altyd bo aan die lys. Kyk maar na een van hulle.
Groete
Re: Beste opsie vir nuwe geweer
Posted: Sun Apr 08, 2012 12:49 pm
by kierriie
Dankie Gerhard
kyk ook na leupold maar is die zeiss nie beter nie.
wil koop en klaar koop.
Re: Beste opsie vir nuwe geweer
Posted: Sun Apr 08, 2012 3:19 pm
by Gerhard Smith
Middag
As jy n zeiss kan kry vir tussen 7-9 duisend dan sou ek dalk dit vat. Het deur n zeiss gekyk en sy beeld is baie duidelik maar ek weet nie of dit regtig daai ekstra koste werd is nie. Gaan kyk maar na als en kyk vir jou watter een sal pas saam jou geweer en dan besluit jy maar. Sterkte met die besluit.
Groete
Re: Beste opsie vir nuwe geweer
Posted: Sun Apr 08, 2012 10:13 pm
by boeta
VIR DAAI PRYS VAT DIE ZEISS ANDERS LEUPOLD KEN NIE DIE BURRIS NIE
BOETA
Re: Beste opsie vir nuwe geweer
Posted: Mon Apr 09, 2012 2:11 pm
by Beer (Christo)
Ek het 'n Zeiss Durelytt 3-12X50 op my 375. Baie goeie scope en ek dink hy kos net so onder R9k.
Ek het 'n Lynx LX2 5-20x50 op my 300. Het dit nog nie so baie gebruik nie, maar die nuwe LX2 lense van Lynx is myle beter as die vorige LX.
Van die nag skiet weet ek egter nie.
Re: Beste opsie vir nuwe geweer
Posted: Mon Apr 09, 2012 2:22 pm
by immelmanw
Kom maak n draai by Huntex......jy sal nie spyt wees nie! Die scopes wat jy in gedagte het is goeie keuses.
Groete
Re: Beste opsie vir nuwe geweer
Posted: Mon Apr 09, 2012 2:56 pm
by kierriie
Ek kyk na die Zeiss Durelytt 3-12x50 vir 8500. immelmanw waar is Huntex?
Ek stel baie belang in die Burris Eliminator vir 9000 kan net nie my mind opmaak nie
sal graag iemand se kommentaar wil hoor oor die 2 scopes. Burris of Zeiss!!!!!!!!!!!
Re: Beste opsie vir nuwe geweer
Posted: Mon Apr 09, 2012 3:28 pm
by Beer (Christo)
Huntex is 'n wapenskou wat elke jaar by Gallagher estate in Midrand gehou word. Die jaar is dit die naweek van 22 April.
Kyk op
www.huntex.net
Re: Beste opsie vir nuwe geweer
Posted: Mon Apr 09, 2012 9:17 pm
by immelmanw
kierriie wrote:
Ek kyk na die Zeiss Durelytt 3-12x50 vir 8500. immelmanw waar is Huntex?
Ek stel baie belang in die Burris Eliminator vir 9000 kan net nie my mind opmaak nie
sal graag iemand se kommentaar wil hoor oor die 2 scopes. Burris of Zeiss!!!!!!!!!!!
Yip, groot wapenskou in Johannesburg volgende naweek.
Beide teleskope wat jy nou van praat sal daar wees!