Page 1 of 1

Lightforce is dit 'n bargain of nie

Posted: Thu Apr 05, 2012 8:19 pm
by Flip Nel
My vrou het laasjaar by 'n kerkbazaar 'n lightforce lig gekoop, die een met die skakelaar agter op die lig, knoppie wat jy af en aan sit, het eintlik vergeet van hom en nou weer in die boks gesien, wel sy het dit vir R20.00 by die rommel tafel gekoop. Die lig het amper nie eers 'n merkie op nie.  So wat ek vra was dit 'n bargain lyk soos die een op die foto, behalwe knoppie sit agter. Wat is die lig werd

[img width=480 height=480]http://i1099.photobucket.com/albums/g39 ... -Blitz.jpg[/img]

Re: Lightforce is dit 'n bargain of nie

Posted: Thu Apr 05, 2012 8:57 pm
by .220 Swift
Ja, dis 'n bargain.

Die lig is verseker dubbel die prys werd - ek bied R40.00 aan :)

.220 Swift

Re: Lightforce is dit 'n bargain of nie

Posted: Fri Apr 06, 2012 6:50 am
by Kallie404
Hello Flip

Ek het vir n soortgelyke een soos op die  foto  n R 1200.00 betaal n paar jaar terug !! :o

So......JIP dis n bargain!!! ;D

Re: Lightforce is dit 'n bargain of nie

Posted: Sat Apr 07, 2012 1:09 pm
by visstok
Hulle het jou ingedoen! Ek sal maar die lig by jou oorkoop vir R45, so bietjie meer as dubbel, dan het jy darem iets gemaak! Was n bargain van n leeftyd wat jou vrou vir jou gekoop het! Ek dink jyt dit net geplaas om ons jaloers te maak! Hahaha! Geniet hom, baie lekker lig daai! Groete visstok

Re: Lightforce is dit 'n bargain of nie

Posted: Thu Apr 12, 2012 1:50 pm
by James Wright
waars die kerk???