Page 1 of 1

Watse Lightforce

Posted: Thu Apr 05, 2012 12:17 pm
by Hugo
Hi

Ek sien 90% van julle het Lightforce 170 handhelds, hoekom nie die 240 nie?

Wats die rede?

Re: Watse Lightforce

Posted: Thu Apr 05, 2012 12:27 pm
by BLOK
Hugo

Vir hand lig kan jy maar 240 koop baie beter as die 170, vir op die geweer kry jy net oorspronklik die 170 en nie die 240 model nie, die groter weergawe raak ook effe te groot en lomp op die scope en geweer. Baie verander die 240 om op die geweer te pas maar volgens my is die 170 meer as voldoende.

Ek reken jy is seker nou besag om jou rig reg te kry vir as jou stoel kom. (baie geluk) onthou sommer ook om n dimmer te kry en sit maar n rooi lensie op die lysie net om daai jakkalse wat Marlin skelm gemaak het te flous (grap net)

Groete

Re: Watse Lightforce

Posted: Thu Apr 05, 2012 1:27 pm
by Hugo
Blok jy gan lag, daai nommer 66 het ek vir n pel gekoop en die stoel behoort aan hom, bitter die kant, maar die lewe is die lewe.

Re: Watse Lightforce

Posted: Thu Apr 05, 2012 1:34 pm
by BLOK
Hahaha reken darem hy sal jou gebruikreg gee op die stoel aangesien jy hom so mooi gehelp het.

Re: Watse Lightforce

Posted: Thu Apr 05, 2012 2:01 pm
by Hugo
Hy beter!

Re: Watse Lightforce

Posted: Thu Apr 05, 2012 2:30 pm
by Geno
Ek gaan upgrade na 'n 240 toe. Die Boera-brackets vat hom en die 170 sonder enige modifikasies.

Re: Watse Lightforce

Posted: Thu Apr 05, 2012 3:35 pm
by Gerhard
Geno wrote: Ek gaan upgrade na 'n 240 toe. Die Boera-brackets vat hom en die 170 sonder enige modifikasies.
Wil jy die jakkalse nou Arch eyes gee voor jy hulle skiet???  ;D

Re: Watse Lightforce

Posted: Thu Apr 05, 2012 3:36 pm
by Louis102
Ek dink 240 ligte is vir manne wat met sub-standaard teleskope jakkalsjag ... of vir manne wat instaat is om jakkalse klokslag op 478m dood te skiet (mind you, Taffie sal dit met 'n 170 lig ook regkry - die ou kan bietjie beter skiet)  Vir gewone sterflinge, soos ek, is die 170 perfek.  Die idee is nie om die jakkalse dood te brand nie, Geno, ons wil hulle eintlik sommer dood skiet.

My beskeie opinie'tjie is dat 'n 240 ons nie meer jakkalse gaan laat skiet nie.  Inteendeel daai vreesklike 240 kan dalk meer jakkalse wegjaag en maak dat ons minder skiet.

Mooilig
Louis

O ja, voor ek vergeet,  ;) ;D

Re: Watse Lightforce

Posted: Thu Apr 05, 2012 4:08 pm
by Beretta
Geno
Wat prys daardie 240 lig
Beretta