Page 1 of 1
Scope soek
Posted: Mon Apr 02, 2012 11:28 pm
by Heinf
Hi Manne
Ek lees nou al so rukkie lank elke ding moontlik oor die beskikbaare scopes op ons SA mark. Ek sien ook heelwat manne wat se smaake verskil, seker net soos dit in die lewe maar moet wees.
Soos so paar van julle manne nou al gelees het , het ek sopas my eerste eweer gekoop, my .308 ... en ek is redelik seker ek wil kyk na iets met n vergrooting van so 4-12 by 40 of 50 , kan nognie heeltemaal besluit nie , sal seker eers maar in die hande wil vashou ..
Het 3 scopes in my gedagtes .. die redfield revolution(dalk even die revenge) , leupold vx2 en tasco(groot geword met 1). **hier is my catch --- ek soek n ding in matt silver wat mooi by my stailess loop gaan pas**
Dink julle manne daar gaan redelik show specials aan wees by Huntex or sal ek maar solank die winkels begin kaf draf ?
Se my ook sommer as daar dalk van julle manne is wat dalk goeie kwaliteit scopes 2de hans te koop het , want ek wil graag my pa se .303 vir hom oor scope . sy scope seker al n goeie 30 jaar oud. En met n man wat nou al betjie vorder in sy jaare(80) het hy al seker so bietjie meer vergrooting nodig.
Dankie
Hein
Re: Scope soek
Posted: Tue Apr 03, 2012 8:02 am
by Witpietskiet
Heinf,
PM bietjie vir Raven op die forum, hy het n silver Leupold (VX3 dink ek) met die vergrootings wat jy soek, wat in die mark is vir n goeie prys.
Mooi loop
Re: Scope soek
Posted: Tue Apr 03, 2012 8:07 am
by Marc
Hein
Sterkte met daai een, daar is nie baie teleskope in silver beskikbaar nie
Hoekom kyk jy nie na 'n standaard kleur warvan die spesifikaises is wat jy regtig benodig en dan laat verf jy hom silver

Weet daar is manne wat goeie verf werk doen vandag sa tyd
Net 'n voorstel
Groetnis
Marc
Re: Scope soek
Posted: Tue Apr 03, 2012 8:13 am
by Geno
Pieta, hier is daai scope van Raves:
Raven wrote:
Kalahari,
Ek gebruik nog die ouer Swarov met plex kruishaar, kruis is dik wat baie lekker is vir nagskiet, maar stem saam dit is bietjie dik vir lang afstand in die dag op 'n springbok se kop - gemsbok is nog ok.
Die 4A 300 op swarov behoort goed te doen dink ek vir jou, beste is maar om self deur een te loer - dis die 4A reticle met 'n paar afmik strepies.
Lees hier :
http://www.swarovskioptik.com/en/produc ... _3-18x50-p
Ek het nou 'n splinter nuwe silwer Leupold wat net l? by die huis VX3 4.5-14x50, wetie wat om te maak met hom, ek het nie 'n geweer met stainless steel loop.
http://www.leupold.com/hunting-and-shoo ... 5-14x50mm/
Raves
Groete,
Eugene
Re: Scope soek
Posted: Tue Apr 03, 2012 8:45 am
by Raven
Ai maar die Geno is skerp, ek sal netnou 'n paar fotos neem en oplaai vir julle.
Raves.
Re: Scope soek
Posted: Tue Apr 03, 2012 9:42 am
by Witpietskiet
Geno wrote:
Pieta, hier is daai scope van Raves:
Raven wrote:
Kalahari,
Ek gebruik nog die ouer Swarov met plex kruishaar, kruis is dik wat baie lekker is vir nagskiet, maar stem saam dit is bietjie dik vir lang afstand in die dag op 'n springbok se kop - gemsbok is nog ok.
Die 4A 300 op swarov behoort goed te doen dink ek vir jou, beste is maar om self deur een te loer - dis die 4A reticle met 'n paar afmik strepies.
Lees hier :
http://www.swarovskioptik.com/en/produc ... _3-18x50-p
Ek het nou 'n splinter nuwe silwer Leupold wat net l? by die huis VX3 4.5-14x50, wetie wat om te maak met hom, ek het nie 'n geweer met stainless steel loop.
http://www.leupold.com/hunting-and-shoo ... 5-14x50mm/
Raves
Groete,
Eugene
Sit jou slim kind

Re: Scope soek
Posted: Tue Apr 03, 2012 10:19 am
by Raven
Manne hettie meer die scope
Raves
Re: Scope soek
Posted: Tue Apr 03, 2012 11:49 am
by Reggie Gerber
Raves
Ek wens nou ek het n Stainless loop gehad want daai scope het die looks
Greeting
Reggie
Re: Scope soek
Posted: Tue Apr 03, 2012 12:03 pm
by Heinf
Hi Manne
Dankie vir die moeite.. ek sal bietjie met Raven gesels op PM . Kan julle my dalk ook bietjie help met die werlike nut van n sunshade , of is dit maar werklik meer vir die looks ?
Enige een van julle manne dalk nog bietjie raad vir so ietsie vir my Pa se .303
Groete
Hein
Re: Scope soek
Posted: Tue Apr 03, 2012 3:23 pm
by Heinf
Dankie Manne -- Julle moet dalk dink aan n matchmaker besigheid stig .. Raven se scope het n nuwe baas gekry en ek dink hy gaan mooi kan sien op my .308
Wie weet as dit lisensie mense nounet wil saamspeel , sit ek dalk binne kort vir julle so paar pics op om af te show
Re: Scope soek
Posted: Tue Apr 03, 2012 3:39 pm
by Witpietskiet
Dan is ek bly julle 2 het reg gekom.
Geniet daai scope.
Mooi loop
Re: Scope soek
Posted: Tue Apr 03, 2012 4:14 pm
by cassie_calvinia
hier is so baie stainless steel lope, hukom so min silver scopes beskikbaar?
Re: Scope soek
Posted: Tue Apr 03, 2012 5:22 pm
by Wouter Roets
Cassie
Een van die redes hoekom ek so groot Leupold fan is. Jy kry self n Gunmetal grey vir die S/S lope wat geblast is. Sien ander teleskoopvervaardigers nie hierdie raak nie? Of is hulle soos Henry Ford wat gese het jy kan enige kleur kies solank dit swart is!
Ek trek mos nie wit sokkies by my swart kerkpak aan nie en net so moet die teleskoop die geweer komplimenteer.
Groetnis
Wouter
Re: Scope soek
Posted: Tue Apr 03, 2012 7:16 pm
by cassie_calvinia
wouter
my lisensie is in wording, en my kop het daai kant toe begin gaan. swart kolf, met blink loop, swart scope seker nie te sleg. maar blink scope seker beter? ek weet nie? watse kleur maak ek dan my silencer?
Re: Scope soek
Posted: Wed Apr 04, 2012 9:56 am
by Wouter Roets
Cassie
Met n swart kolf en S/S loop/aksie lyk n swart scope glad nie sleg nie. Silencer kan jy altyd coat dat dit aanpas by die loop maar kan ook in swart werk met bogenoemde kombinasie. Gelukkig verskil almal se smaak so kyk maar wat laat jou oe traan of glinster!
Groetnis
Wouter