Page 391 of 400

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Mon Oct 21, 2024 7:20 am
by Frederik
Forester wrote: Fri Oct 18, 2024 9:02 am Is ek die enigste persoon wat wonder oor die olifant wat gejag is met 'n sagte punt?
Sover ek versttaan was dit backup nie die eerste skoot nie ek wil ook graag meer weet.
Dink vir hart lyfskoot sal daardie koeel mooi loop vir brein sal 'n soliede koeel meer vanpas wees.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Sun Oct 27, 2024 12:40 pm
by Lategan1
Jaracal Sunday Sales.
(Selling @ premium prices)

Boeiende leesstof! 8)

Beste.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Sun Oct 27, 2024 12:59 pm
by Capt. Yoda
Hoe het my ou maat Stompe altyd gese, “as da bloed in die strate is is da geld om te maak opi pavement”.

Manne wil seker see toe gaan

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Fri Nov 22, 2024 9:16 pm
by toxicsox
White River Primers is elke week 10 rand cheaper.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Sat Nov 23, 2024 9:40 pm
by tripodmvr
Geno wrote: Tue Oct 15, 2024 7:06 am Die van julle wat al lank genoeg hier is om te onthou van 'n sekere lid wat homself voorgegee het as 'n appy PH onder Mnr. Selby....
So is ek die naweek by n braai en ontmoet 'n man wat ek van nerens af ken. Ons chat bietjie jakkalsjag en so aan, en hy sê hy wil my vertel van 'n man wat geboer het in sy distrik op 'n vlak in die Oos Kaap. Die man is seker die grootste liegbek wat hy nog ooit ontmoet het reken hy. Ek vat 'n kans en vra of hy praat van xxx (dis nou die groot storieverteller van destyds op Jaracal se regte naam)
Sy oë rek wawyd oop en hy sê ja, hoe ken ek hom?
Ek vertel hom toe maar net dat ek al van die man se wolhaar stories gelees het :laugh: :laugh: :laugh:
Pine se jaarlikse oes van wild in die Noord Kaap.doc

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Sun Nov 24, 2024 3:02 pm
by JohanvB
Pragtig☝🏻

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Sun Nov 24, 2024 11:04 pm
by KalahariKlong
Oom Tripod ek het n skakel na al sy stories en nog meer, nie seker of ek dit mag plaas nie.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Mon Nov 25, 2024 6:39 pm
by Ratel
Lyk my middelmanne en al dergelike smouse dwaal deesdae rond. Besigheid is besigheid. Middelmanne plaas darem julle pryse so dat ons weet of ons moet verbyhou of nie

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Nov 26, 2024 7:30 am
by tripodmvr
KalahariKlong wrote: Sun Nov 24, 2024 11:04 pm Oom Tripod ek het n skakel na al sy stories en nog meer, nie seker of ek dit mag plaas nie.
Na soveel jare en met 'n proviso dat die stories nie waar is nie dink ek nie dat dit skade kan doen nie, veral nie as dit bloot 'n skakel na hulle is nie.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Nov 26, 2024 7:42 am
by PaulM
So van goeie stories gepraat, oom Martiens is baie stil deesdae. Ek hoop dit gaan darem goed met hom. Seker maar op safari êrens in Afrika..... ;)

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Nov 26, 2024 8:00 am
by Ratel
PaulM wrote: Tue Nov 26, 2024 7:42 am So van goeie stories gepraat, oom Martiens is baie stil deesdae. Ek hoop dit gaan darem goed met hom. Seker maar op safari êrens in Afrika..... ;)
Ja oom Martiens se blikbeker is seker leeg. Koos sal jy namens ons met oom Martiens praat laat hy bietjie weer stories kan vertel? ++>:

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Nov 26, 2024 9:22 am
by Koos Barnard
Dag Manne
Het vanoggend met Oom Martiens gepraat. Hy was net so 'n bietjie besig met annerlike goete. Maar hy sê hy gaat kom kuier binne die volgende paar dae sodat ons weer jag kan praat omme kameeldoringvuur. Sodra hy hier was, sal ek dadelik sy storie om oordra.
Mooi loop

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Nov 26, 2024 9:33 am
by Supacow
Oom Koos kan Oom Martiens vir Kolla vertel oor die fynere kunsies van opsitkers sit?

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Nov 26, 2024 2:14 pm
by Koos Barnard
Supacow, ek sal hom vra, he-he!!!

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Nov 26, 2024 2:18 pm
by Koos Barnard
Ek het nou die "kaalmeeldoring" reggemaak. Ek en Oom Martiens gaat darem met klere aan kuier

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Wed Nov 27, 2024 6:48 am
by Rawstorne
Toe ek selfs nog jonger was, het ek die gewoonte gehad om die belangrikste deel van die Landbouweekblad eerste te lees. Dit was die binneblad van die agterblad.
Ja, daar weer die strokiesprent is. Al Doors, die Haan en Werfbobbejaan se petaljes.

Ons sou by Oom Jannie en Tannie Stella de Klerk aan huis kom op Bylsteel. Die nuutste Landbouweekblad het gewoonlik in die voorhuis gelê.

Toe ek so bietjie meer begin belangstel het in wat in die land aangaan, het ek ook die eerste blad van die geelbladsye bestudeer. Daar waar Manie ons ingelig het oor belangrike nuus en (Ek dink) Fred Mouton 'n gepaste skets bygevoeg het, wat die berig mooi opgesom het.

Toe my broer in meisies begin belangstel het, het ek toe 'n derde deel ontdek wat vir my pret verskaf het. Die Opsitkers!

Ek sou die briewe aan Manie vir my broer lees. Met smaak vir hom sê: "Hier is vir jou een!"
En dan sou ek die brief van 'n meisie vir hom lees wat smag na die buitelewe, 'n vroeë oggend koffie op die stoep, lang ente saam in die veld stap, hou van dans en goeie musiek. O-ja! Soms met die laaste sin wat lees: "Foto met eerste brief asseblief."

Vrede!
Lekker werk vandag.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Wed Nov 27, 2024 7:34 am
by Lategan1
Lekker man, Rawstorne.

Ek was self ou Landbouweekblad leser, wel nie ‘n nougesette en oplettende een soos jy nie!

Beste.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Wed Nov 27, 2024 1:16 pm
by ZKK
Net om terug te kom oor die Oom wat so mooi stories kon skryf.

Ek het baie gewonder, as hy dalks van die begin af gese het, dat sy stories fiksie is, of hy nie dalks baie bekend kon gewees het nie??????
Die man het definties n gawe gehad as dit by skryf kom.

Sou julle anders oor die man gevoel het, as hy nie gejok het nie?

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Wed Nov 27, 2024 2:18 pm
by Capt. Yoda
Ja as hy gese het dit is hy in sy droom wereld wat daar skryf reken ek ons sou vandag nog saam gelees het maar toe kruis hy spore met hoof speurder babaleeu Geno

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Fri Nov 29, 2024 4:17 pm
by KalahariKlong
Jammer almal, ek was bietjie van die lug af.
Dankie oom Marius.
Hiermee dan die skakel na die stories.

https://ink.org.za/biblioteek/oom-pine-se-jagstories/

Groete.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Sun Dec 01, 2024 2:40 pm
by Capt. Yoda
Goeie etter kos n pakkie 308 A-frames al R2500

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Sun Dec 01, 2024 3:55 pm
by tripodmvr
Jy skiet goue wildebeeste daarmee. Self getwyfel aan my hoofrekene - R50 per koegel!!!!!!

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Sun Dec 01, 2024 4:06 pm
by Ratel
tripodmvr wrote: Sun Dec 01, 2024 3:55 pm Jy skiet goue wildebeeste daarmee. Self getwyfel aan my hoofrekene - R50 per koegel!!!!!!
Nee wat dan hou ek by my 150 gr sierra prohunters of 168 gr gamekings

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Mon Dec 02, 2024 9:33 am
by OosKaapJagter
Capt. Yoda wrote: Sun Dec 01, 2024 2:40 pm Goeie etter kos n pakkie 308 A-frames al R2500
Gaan grou maar daardie pakkie bruinboks PMP koeëlpunte agter in jou herlaaikas uit. Ja, dit is daardie waarvoor jy te skaam is om dit te probeer verkoop of selfs te erken jy besit hulle.

Voor ons soveel begin oplees het, het menigte koedoes daarmee geval wat ook nie al die artikels gelees het nie.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Mon Dec 02, 2024 10:10 am
by Capt. Yoda
OosKaapJagter wrote: Mon Dec 02, 2024 9:33 am
Capt. Yoda wrote: Sun Dec 01, 2024 2:40 pm Goeie etter kos n pakkie 308 A-frames al R2500
Gaan grou maar daardie pakkie bruinboks PMP koeëlpunte agter in jou herlaaikas uit. Ja, dit is daardie waarvoor jy te skaam is om dit te probeer verkoop of selfs te erken jy besit hulle.

Voor ons soveel begin oplees het, het menigte koedoes daarmee geval wat ook nie al die artikels gelees het nie.
Ek het gelukkig n klomp Pro Hunters wat nog daar agter in my kas le vir die maer jare