Page 40 of 51

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Aug 06, 2024 10:07 am
by Malan123
Geno is net op SAPS se radar met al daai mooi roere...

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Aug 06, 2024 10:31 am
by Capt. Yoda
Hulle dink Geno is n 243 collector teen die tyd

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Aug 06, 2024 1:13 pm
by Fanta300
Fanta300 wrote: Mon Jul 29, 2024 4:49 am My jongste aansoek lê nou al van 12 Junie af doodstil by “Licensing Section” by CFR. Iewers dryf al weer iets in die drinkwater ::)
Hierdie is nuwe aansoek.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Sep 16, 2024 3:02 pm
by Frederik
Stoeger M3k 12 boor, 60 werksdae dae vanaf die aansoek ingee.

Nou het ek ook darem 'n haelgeweer, een wat alles kan doen.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Sep 16, 2024 3:07 pm
by Heinds
Fanta300 wrote:
Fanta300 wrote: Mon Jul 29, 2024 4:49 am My jongste aansoek lê nou al van 12 Junie af doodstil by “Licensing Section” by CFR. Iewers dryf al weer iets in die drinkwater ::)
Hierdie is nuwe aansoek.
Joune al beweeg? My junie aansoek le nog doodstil..

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Sep 16, 2024 5:46 pm
by 3kus
Ek het 2 aansoeke in, 44 werksdae in totaal. Le nou 30 werksdae by Licensing. Ek voel lus om verniet te gaan help oortyd werk.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Sep 16, 2024 6:27 pm
by Fanta300
My sms darem op 13 Aug gekry.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Sep 17, 2024 7:28 am
by Hano243
Nuwe aansoek in gegee 29 Augustus, hy het gister beweeg tot "Licensing Section". Kom ons hoop maar hy haak nie te lank daar vas nie.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Sep 19, 2024 10:57 am
by Geno
Nog 'n hernuwing deur hierdie week.
Maandag ingehandig, Dinsdag eerste SMS, vanoggend goedgekeur.

Image

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Sep 19, 2024 12:30 pm
by Hano243
Geno wrote: Thu Sep 19, 2024 10:57 am Nog 'n hernuwing deur hierdie week.
Maandag ingehandig, Dinsdag eerste SMS, vanoggend goedgekeur.

Image
Geno, met daai luck moet jy dalk n Lotto kaartjie oorweeg :laugh:

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Sep 19, 2024 6:34 pm
by CarelG
Geno wrote: Thu Sep 19, 2024 10:57 am Nog 'n hernuwing deur hierdie week.
Maandag ingehandig, Dinsdag eerste SMS, vanoggend goedgekeur.

Image
Liewe ouers! Ek het 3 hernuwings wat al vir 54 dae lê...

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Sat Sep 21, 2024 5:11 pm
by JJV
My renewal op my 9mm was letterlik ‘n dag gewees. Vanaf gelog tot goedgekeur


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Wed Sep 25, 2024 8:14 pm
by LouisR
My competency aansoek lê al 66dae, sonder dit kan ek nie wapen aansoek ingee glo nie, al het ek paar jaar terug altwee gelyk ingegee. Maar fustrerend om te wag.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Sep 27, 2024 9:12 am
by HeinSavage
Dit lyk vir my die deur by die "Licensing Section" is toe. Weet van 'n paar manne (ek ook) wat tot daar gevorder het dan vassteek. Een trek nou na 2 maande toe daar.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Sun Sep 29, 2024 11:24 am
by Rawstorne
HeinSavage wrote:Dit lyk vir my die deur by die "Licensing Section" is toe. Weet van 'n paar manne (ek ook) wat tot daar gevorder het dan vassteek. Een trek nou na 2 maande toe daar.
Ja, ek het dieselfde ervaring.

Een dag by SAPS Polokwane.
Een dag by Provinsiale kantoor.
Die volgende besigheidsdag word die pakkie by die registrateur in Pretoria verwelkom.

Nou-ja, nou wag ons al 66 dae dat iemand daar met ywer die dokumente bestudeer...

Dit is vir nuwe aansoeke.

Ek dink hulle moet maar 'n klerk daar aanstel wat net kyk of jy bestaande lisensies het.
Dan stempel die klerk die aansoek en sê vir die baas hy kan hom maar teken en goedkeur.
ImageImage

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Wed Oct 09, 2024 4:05 pm
by NicoO
Middag,

My laaste aansoek le nou al 7 besigheids dae in prep for consideration..
Hoe lank is die stap die laaste rukkie?

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Wed Oct 09, 2024 5:12 pm
by LouisR
Gister aansoek kon ingegee na bevoegdheid deurgekom het, wagperiode tans glo 65-70werks dae.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Oct 10, 2024 9:09 am
by NicoO
My 6XC se lisensie is nou goed gekeur, 52 werksdae..

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Oct 10, 2024 9:56 am
by sako 30-06
NicoO wrote: Thu Oct 10, 2024 9:09 am My 6XC se lisensie is nou goed gekeur, 52 werksdae..
Hoe lank het jou aansoek gele by "Received at Licencing Section"?
Dit wil vir my voorkom soos die manne hierbo genoem het dat dit op die stadium die bottelnek is.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Oct 10, 2024 2:03 pm
by Rigby
sako 30-06 wrote:
NicoO wrote: Thu Oct 10, 2024 9:09 am My 6XC se lisensie is nou goed gekeur, 52 werksdae..
Hoe lank het jou aansoek gele by "Received at Licencing Section"?
Dit wil vir my voorkom soos die manne hierbo genoem het dat dit op die stadium die bottelnek is.
Presies my issue op die oomblik ook…


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Oct 10, 2024 2:51 pm
by OosKaapJagter
Ek was aanvanklik woedend vir ons nuwe DFO wat my nuwe aansoek vir so 15 dae verlê het iewers in haar kantoor.

Nou sal ek maar die positiewe daarin raaksien. Teen die tyd dat my aansoek in Pretoria aankom, is die bottelnek daar dalk al uitgesorteer.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Oct 10, 2024 4:30 pm
by NicoO
Rigby wrote: Thu Oct 10, 2024 2:03 pm
sako 30-06 wrote:
NicoO wrote: Thu Oct 10, 2024 9:09 am My 6XC se lisensie is nou goed gekeur, 52 werksdae..
Hoe lank het jou aansoek gele by "Received at Licencing Section"?
Dit wil vir my voorkom soos die manne hierbo genoem het dat dit op die stadium die bottelnek is.
Presies my issue op die oomblik ook…

Hi Rigby,

My aansoek was so maand by Received at licensing..
Hoop dinge gebeur ook vinnig vir julle!
Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Oct 21, 2024 8:37 am
by sako 30-06
Lyk my die aansoeke het tot n stilstand gekom, myne wys geen beweging by 'received at licencing' nie.
Kersfees kom darem nog :):

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Oct 21, 2024 8:46 am
by Armand Steenkamp
sako 30-06 wrote: Mon Oct 21, 2024 8:37 am Lyk my die aansoeke het tot n stilstand gekom, myne wys geen beweging by 'received at licencing' nie.
Kersfees kom darem nog :):
Myne het presies die selle gedoen. Hulle nou noubal n maamd daar...

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Oct 21, 2024 9:06 am
by finch
Nuwe aansoek is ingedien Maandag 14 Okt. Dinsdag 15 Okt sms gekry dat aansoek op stelsel gelaai is. DFO het my ingelig, my aansoek gaan 10@1 te laat by Belville aankom om die 25ste Okt se courier na PTA te maak so dan val dit oor na volgende maand. Ek sit nie tans op die punt van my stoel om einge vroee kersfees geskenkie te ontvang nie...