Page 390 of 400

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Thu Oct 10, 2024 3:47 pm
by finch
Ek is seker daai "boom" het hom net bietjie rustiger gemaak. Jy ken mos die gesegde: so kalm soos n dagha walm

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Thu Oct 10, 2024 4:24 pm
by jankraay
toxicsox wrote:Net vir ou laas. Nie baie goeie speurders op Jaracal nie. Niemand het gesien dat die boom wat my hond daar uitgetrek het "uitheems" is nie :-)
Dagga is lankal nie meer gagga nie….Image

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Oct 15, 2024 7:06 am
by Geno
Die van julle wat al lank genoeg hier is om te onthou van 'n sekere lid wat homself voorgegee het as 'n appy PH onder Mnr. Selby....
So is ek die naweek by n braai en ontmoet 'n man wat ek van nerens af ken. Ons chat bietjie jakkalsjag en so aan, en hy sê hy wil my vertel van 'n man wat geboer het in sy distrik op 'n vlak in die Oos Kaap. Die man is seker die grootste liegbek wat hy nog ooit ontmoet het reken hy. Ek vat 'n kans en vra of hy praat van xxx (dis nou die groot storieverteller van destyds op Jaracal se regte naam)
Sy oë rek wawyd oop en hy sê ja, hoe ken ek hom?
Ek vertel hom toe maar net dat ek al van die man se wolhaar stories gelees het :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Oct 15, 2024 7:45 am
by Fanta300
Klein wêreld!

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Oct 15, 2024 8:03 am
by Wouter Roets
Geno wrote: Tue Oct 15, 2024 7:06 am Die van julle wat al lank genoeg hier is om te onthou van 'n sekere lid wat homself voorgegee het as 'n appy PH onder Mnr. Selby....
So is ek die naweek by n braai en ontmoet 'n man wat ek van nerens af ken. Ons chat bietjie jakkalsjag en so aan, en hy sê hy wil my vertel van 'n man wat geboer het in sy distrik op 'n vlak in die Oos Kaap. Die man is seker die grootste liegbek wat hy nog ooit ontmoet het reken hy. Ek vat 'n kans en vra of hy praat van xxx (dis nou die groot storieverteller van destyds op Jaracal se regte naam)
Sy oë rek wawyd oop en hy sê ja, hoe ken ek hom?
Ek vertel hom toe maar net dat ek al van die man se wolhaar stories gelees het :laugh: :laugh: :laugh:
Geno ek het toevallig nou die aand sit en dink aan hom. Kyk n mens kan baie dinge se, maar die vet weet ek het nog bitter min mense tee gekom met so n verbeelding. Jammer dat ons dit afgehaal het asook die feit dat jy hom uitgesnuffel het. As ek mooi dink daaroor is ek eintlik kwaad vir jou. Sou lekker gewees het as ons nog dit kon lees in pleks van die een advertensie op advertensie.

Groetnis
Wout

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Oct 15, 2024 8:34 am
by DWB
Vat jy ons nou veeeeêeeer terug

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Oct 15, 2024 8:40 am
by Geno
Die man by die braai reken my dat die uncle hom vertel het hoe hy 'n koedoe in die droogte gekwes het en sy onderkaak afgeskiet het.
Paar dae later kry hy die bul by 'n lemoenboom besig om lemoene plat te trap en die sap op te lek waarna hy hom toe doodgeskiet het.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Oct 15, 2024 8:40 am
by Capt. Yoda
Geno wrote: Tue Oct 15, 2024 7:06 am Die van julle wat al lank genoeg hier is om te onthou van 'n sekere lid wat homself voorgegee het as 'n appy PH onder Mnr. Selby....
So is ek die naweek by n braai en ontmoet 'n man wat ek van nerens af ken. Ons chat bietjie jakkalsjag en so aan, en hy sê hy wil my vertel van 'n man wat geboer het in sy distrik op 'n vlak in die Oos Kaap. Die man is seker die grootste liegbek wat hy nog ooit ontmoet het reken hy. Ek vat 'n kans en vra of hy praat van xxx (dis nou die groot storieverteller van destyds op Jaracal se regte naam)
Sy oë rek wawyd oop en hy sê ja, hoe ken ek hom?
Ek vertel hom toe maar net dat ek al van die man se wolhaar stories gelees het :laugh: :laugh: :laugh:
Man ek mis daai jag stories

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Oct 15, 2024 10:22 am
by Lourens Potgieter
Ek het daai stories net so geniet soos PJ Schoeman se boeke.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Oct 15, 2024 10:57 am
by Carlc
Ja nee kyk, n koedoe wat lemoene plattrap en oplek is n nuwe een. N man het my eendag vertel hy jag glad nie meer met n teleskoop nie want dis nie meer nodig nie. Hy gebruik nou net tracers want hulle is "heat seaking". Jy skiet glo net in die bok se algemene rigting en die tracer trek reguit ba die bok se hart toe. Die ergste was dat hy homself geglo het.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Oct 15, 2024 2:37 pm
by KalahariKlong
Ek het ook sy stories verskriklik geniet. Mens neuk mos nou nie n goeie storie met feite op nie. Ek het nogal al die stories gestoor op my rekenaar en vir my pa uit gedruk. Hy kon ook nie wag vir die volgende vertelling nie.
Hier was al n paar "Days of our lives" oomblikke op die forum.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Oct 15, 2024 5:21 pm
by tau
Wouter Roets wrote: Tue Oct 15, 2024 8:03 am
Geno wrote: Tue Oct 15, 2024 7:06 am Die van julle wat al lank genoeg hier is om te onthou van 'n sekere lid wat homself voorgegee het as 'n appy PH onder Mnr. Selby....
So is ek die naweek by n braai en ontmoet 'n man wat ek van nerens af ken. Ons chat bietjie jakkalsjag en so aan, en hy sê hy wil my vertel van 'n man wat geboer het in sy distrik op 'n vlak in die Oos Kaap. Die man is seker die grootste liegbek wat hy nog ooit ontmoet het reken hy. Ek vat 'n kans en vra of hy praat van xxx (dis nou die groot storieverteller van destyds op Jaracal se regte naam)
Sy oë rek wawyd oop en hy sê ja, hoe ken ek hom?
Ek vertel hom toe maar net dat ek al van die man se wolhaar stories gelees het :laugh: :laugh: :laugh:
Geno ek het toevallig nou die aand sit en dink aan hom. Kyk n mens kan baie dinge se, maar die vet weet ek het nog bitter min mense tee gekom met so n verbeelding. Jammer dat ons dit afgehaal het asook die feit dat jy hom uitgesnuffel het. As ek mooi dink daaroor is ek eintlik kwaad vir jou. Sou lekker gewees het as ons nog dit kon lees in pleks van die een advertensie op advertensie.

Groetnis
Wout
Vrekkit julle het my van baie vermaak ontneem. Daai man se 416 rigby en Harry Shelby saam het my my baie plekke geneem.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Oct 15, 2024 6:02 pm
by J P
KalahariKlong wrote:Ek het ook sy stories verskriklik geniet. Mens neuk mos nou nie n goeie storie met feite op nie. Ek het nogal al die stories gestoor op my rekenaar en vir my pa uit gedruk. Hy kon ook nie wag vir die volgende vertelling nie.
Hier was al n paar "Days of our lives" oomblikke op die forum.
Kalahari, plaas so paar van daai stories vir ons onder die grappies afdeling asb? Dan kan 'n klomp mense dit weer geniet!

Sent from my SM-G985F using Tapatalk

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Oct 15, 2024 6:11 pm
by toxicsox
Blykbaar met die nuwe elektroniese snellers kan boere nou jamming devices koop. Hulle laat jou aanlê op ‘n bok om net te kyk hoe mooi groot hulle teelbok is. Dan gebruik hulle die jamming toestel en aktiveer jou elektroniese sneller. Kapoef! Dertig duisend rand…… Steenbok. Kekekekeke

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Oct 15, 2024 6:48 pm
by Hein22
Wouter Roets wrote:
Geno wrote: Tue Oct 15, 2024 7:06 am Die van julle wat al lank genoeg hier is om te onthou van 'n sekere lid wat homself voorgegee het as 'n appy PH onder Mnr. Selby....
So is ek die naweek by n braai en ontmoet 'n man wat ek van nerens af ken. Ons chat bietjie jakkalsjag en so aan, en hy sê hy wil my vertel van 'n man wat geboer het in sy distrik op 'n vlak in die Oos Kaap. Die man is seker die grootste liegbek wat hy nog ooit ontmoet het reken hy. Ek vat 'n kans en vra of hy praat van xxx (dis nou die groot storieverteller van destyds op Jaracal se regte naam)
Sy oë rek wawyd oop en hy sê ja, hoe ken ek hom?
Ek vertel hom toe maar net dat ek al van die man se wolhaar stories gelees het Image Image Image
Geno ek het toevallig nou die aand sit en dink aan hom. Kyk n mens kan baie dinge se, maar die vet weet ek het nog bitter min mense tee gekom met so n verbeelding. Jammer dat ons dit afgehaal het asook die feit dat jy hom uitgesnuffel het. As ek mooi dink daaroor is ek eintlik kwaad vir jou. Sou lekker gewees het as ons nog dit kon lees in pleks van die een advertensie op advertensie.

Groetnis
Wout
Wouter, ek kan jou verwys na 'n EV draad wat ook nogals lekker lees...

Sent from my SM-A546E using Tapatalk

Re: Hijacking,

Posted: Tue Oct 15, 2024 8:35 pm
by Andre308
Hein22 wrote: Tue Oct 15, 2024 6:48 pm

Dit is nie n EV draad nie, dit is n EV monoloog.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Tue Oct 15, 2024 10:25 pm
by toxicsox
Jy sien die bokke op ons plaas het baie slim ge raak. Ek vra my dogter en my vrou as hulle dorp toe gaan om by Milady’s en Edgars vir die plaas van daai parfuum testers saam te bring wat die jong dames in jou gesig spuit as jy by die winkel in loop.
Ons hou seker so 30 soorte testers aan in die cubbyhole. Yardley, Kevin Klein, Guess, Body mist, Old Spice jy noem dit.
Voordat ons jagters in die veld gaan aflaai gooi ons een tester parfuum by die diesel van ons Hybrid Cruiser. Die hybrid cruiser is lekker stil en die bokke weet nie ons beweeg rond nie,
Maar die game changer is maar die parfuum in die diesel. Sien, die bokke by ons het gewoond geraak aan die platina reuk van die catalytic converter van die hybrid cruiser wat op die grondpad agterbly. Nou omdat platina net soos uranium ‘n half-life het kan ons bokke ondersky wanneer, en hoe laat, die cruiser verby gery het as hulle die grondpad ruik. Hulle weet dan ons het voorsit jagters, wat nie regtig regte jagters eintlik is nie, gaan aflaai. Maar met die tester in die Diesel verdoesel dit die reuk om die grondpad neerslag elke keer anders te laat ruik. Die bokke dink dan dit was die EFKOM bakkie of kooperasie aflewering wat verby was. So vermoed hulle niks en kry ‘n moerse Blue Stratos surprise as die manne met die 6.5 aanlê.
Die praktyk het so suksesvol geraak dat ons bokke nou maar min is op die plaas maar Pa vertel my hy het ‘n aanbod van letterlik miljoene gekry van ‘n recovery mynbou company wat ons plaas wil koop vir platina herwinning op ons grondpaaie.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Wed Oct 16, 2024 4:31 am
by Zuku
toxicsox wrote: Tue Oct 15, 2024 10:25 pm Jy sien die bokke op ons plaas het baie slim ge raak. Ek vra my dogter en my vrou as hulle dorp toe gaan om by Milady’s en Edgars vir die plaas van daai parfuum testers saam te bring wat die jong dames in jou gesig spuit as jy by die winkel in loop.

:laugh: :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Wed Oct 16, 2024 10:09 am
by Toxxyc

Kyk iemand wat soveel stront kan praat sal goed geld kan maak as hy by 'n komposfabriek kan inkom, ek is jaloers!

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Wed Oct 16, 2024 11:09 am
by Andre308
Dit neem n sterk verbeelding en baie algemene kennis om sulke te kan uitdink.

Dit is n eienskap wat goeie boek skrywers en goeie storie/grap vertellers oor beskik.

Jammer dat sommige mense met daardie unike eienskap eerder dit vermors op lieg stories vertel in plaas van bekend word as goeie skrywers ens.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Wed Oct 16, 2024 11:21 am
by Lategan1
Was gisteraand by ‘n PH Nortje gespreksaand oor sy boeke en lewe.

Uitstaande kenmerke deur sy familielede genoem - waarneming, alg. kennis, mensekennis en baie verbeelding!

Beste.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Fri Oct 18, 2024 9:02 am
by Forester
Is ek die enigste persoon wat wonder oor die olifant wat gejag is met 'n sagte punt?

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Fri Oct 18, 2024 12:53 pm
by Supacow
Hys mos net daai 1ste derde sag ;)

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Fri Oct 18, 2024 1:18 pm
by tripodmvr
Weet van iemand wat sy olifante met 270 Barnes TSX uit 375 met kopskote geskiet het. Die SBC koeëls behoort soortgelyk te werk. Kyk wat se penetrasie hulle verkry.

Re: Hijacking, "Gatvol vir" en ander geskerts!

Posted: Fri Oct 18, 2024 1:27 pm
by Forester
tripodmvr wrote: Fri Oct 18, 2024 1:18 pm Weet van iemand wat sy olifante met 270 Barnes TSX uit 375 met kopskote geskiet het. Die SBC koeëls behoort soortgelyk te werk. Kyk wat se penetrasie hulle verkry.
Nee dankie... 500gr Dzombo is olifantmedisyne!