Lisensies

Post Reply
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2334
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Lisensies

Post by JAGTERSREG-JRM »

416 Ruger is goedgekeur binne 27dae......nou wag ons ma vir die lisensie kaartjie
User avatar
andre007
Hero Member
Hero Member
Posts: 2234
Joined: Tue Jul 17, 2012 12:59 pm

Re: Lisensies

Post by andre007 »

Dis sommer n pot ---- dat n mens vir die kaartjie moet wag om jou vuurwapen te gan afhaal. As hy op die sisteem goedgekeur is is dit mos amptelik in jou naam. Ek het die vuurwapen betaal, dis myne maar nou moet ek vir die wit stukkie plestiek wag. Ek het al gewonder of S A Jagters nie so iets vir ons kan veg om met die drukstuk van jou DFO jou vuurwapen kan gaan afhaal nie.

As ek n voertuig Vrydag middag laat koop gee hulle vir my papier nommerplate om mee te ry tot die nommerplate gemaak is, hulle hou dit nie tot ek vir hulle kan bewys ekt nommerplate laat maak nie. Lyk my die CFR is vrygestel van die Consumer Protection Act.
"Mag ek nooit onthou word vir dit wat ek gejag het nie, maar eerder vir hoe ek gejag het."

Groete

Andre007
083 491 1999
andrejbotha007@gmail.com
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8012
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Lisensies

Post by Arnold »

Ek wag 'n maand vir die aansoek om van die stasie provinsiaal toe te gaan :(
Julle ouens daar bo is gelukkig
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Lisensies

Post by JPS »

andre007 wrote:Dis sommer n pot ---- dat n mens vir die kaartjie moet wag om jou vuurwapen te gan afhaal. As hy op die sisteem goedgekeur is is dit mos amptelik in jou naam. Ek het die vuurwapen betaal, dis myne maar nou moet ek vir die wit stukkie plestiek wag. Ek het al gewonder of S A Jagters nie so iets vir ons kan veg om met die drukstuk van jou DFO jou vuurwapen kan gaan afhaal nie.

As ek n voertuig Vrydag middag laat koop gee hulle vir my papier nommerplate om mee te ry tot die nommerplate gemaak is, hulle hou dit nie tot ek vir hulle kan bewys ekt nommerplate laat maak nie. Lyk my die CFR is vrygestel van die Consumer Protection Act.
Andre,

ek voel jou pyn, wag ook na basies drie weke vir kaartjies en hulle is nog nie geprint, en daai manne tel nie die foon op daar by die drukker nie >:D

Bel nou al week, vandag toe doek laat ek maar provinsiaal bel en ky
Kyk of ek dalk daar kan regkom. gesels toe met WO van Rensburg, nie te onaangename dame nie sy het ook my heraansoeke gehanteer toe die nuwe wapenwet ingetree het.

Lang storie kort sy reken sy was gister by meeting in PTA en printing van kaartjies is 2 maande agter?

O ja, en ons moet maar ne geduldig wees. Ok miskien is sy nie so aangename dame nie ::)

JP
User avatar
Philip_R
Hero Member
Hero Member
Posts: 613
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm

Re: Lisensies

Post by Philip_R »

Piet, ons kla maar hier want dit help nie om by die polisie te kla nie.... Dit laat mens beter voel as mens weet mens is nie die enigste een wat so sukkel nie.

My kaartjie vat al 3 weke om by die polisie stasie te kom nadat dit klaar gedruk is.
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: Lisensies

Post by Rasmus »

Ek wag al sedert 20 Januarie vir n kaartjie...... 3 lisensies is saam goedgekeur. Maar net 2 kaartjies ontvang.
User avatar
Lourens
Hero Member
Hero Member
Posts: 1179
Joined: Tue Apr 19, 2011 8:09 am

Re: Lisensies

Post by Lourens »

Ek het presies dieslfde deurgegaan. 3 Lisensies saam goedgekeur maar net 2 kaartjies ontvang. Moes op die ou einde 'n re-print aanvra en hy het so maand gevat.
User avatar
JPS
Hero Member
Hero Member
Posts: 3653
Joined: Tue Jun 23, 2009 10:31 pm

Re: Lisensies

Post by JPS »

Ja het vandag weer gebel nog steeds nie geprint nie.....
savage(P Coetzer)
Hero Member
Hero Member
Posts: 973
Joined: Mon Sep 10, 2012 3:34 pm

Re: Lisensies

Post by savage(P Coetzer) »

Nou net die sms gekry. My 6.5x55 is goedgekeur na 5 weke. Hopelik vat die kaartjie nie sy tyd nie.
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Lisensies

Post by BRNO (Pierre) »

Ek het vanoggend die 375H&H se aansoek gaan ingee. Ek wil ook volgende week vir tydelike lisensie aansoek doen. Hoop maar nie een van die twee vat te lank nie.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: Lisensies

Post by Roger »

Vandag nog n aansoek n gehandig, kom ons kyk...
Too many to mention ;-)
User avatar
Roger
Hero Member
Hero Member
Posts: 1235
Joined: Tue Feb 28, 2012 8:18 am

Re: Lisensies

Post by Roger »

Roger wrote:
Roger wrote:Lisensie einde Mei in gehandig, het twee maande gevat van my tot PTA. Maar het vandag gebel, "In for Consideration" vanaf 2 Aug.

Kom ons hoop die een loop vinnig!
Afgekeur >:(
Hier rollie was afgekeur want terwyl die aansoek in was, het my SA Jagters verval en ek het te laat hernu toe het ek geen bewys dat ek aan SA Jagters behoort volgens SAPS.

Les geleer, volg op met alle hernuwings :o
Too many to mention ;-)
User avatar
Philip_R
Hero Member
Hero Member
Posts: 613
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm

Re: Lisensies

Post by Philip_R »

Ek het gister met die hoof wapen offisier in die Gauteng streekskantoor gepraat. Volgens hom het iemand aan die begin van Junie van die drukkers se datakabels uitgetrek en in die maande Junie en Julie is net 10% van die kaartjies wat op die sisteem wys as gedruk werklik gedruk. Die data kon nooit by die drukker uitkom nie, maar die rekenaar het gewys hy is gestuur na die drukker. Amper 5000 kaarte is nooit gedruk nie wat op die sisteem wys as gedruk.

Hulle is nou in die proses om die kaarte wat nooit gedruk is weer te druk. So die manne wat hulle kaarte spoedig gekry het is van die baie gelukkiges en moet seker daaraan dink om Lotto te speel. Die res van ons moet maar seker maak dat die kaart weer gedruk word (vra aan vir 'n reprint). As die polisie kantoor 'n reprint aanvra gaan dit 'n week vat voor dit by die streeks kantoor kom, as mens in gauteng is. Mens kan gelukkig 'n reprint aanvra direk van die streekskantoor waar dit dan dadelik op die sisteem gelaai kan word.

Ek het in die proses 'n paar manne se kontak nommers gekry wat ek per PM sal deel. Let wel dit is net die mense wat in gauteng se wapen lisensie kantore werk. Oor die res van die land se wapen offisiere het ek nie 'n clue nie. Die drukker probleem is wel landswyd omdat alles in Pretoria gedoen word.
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
User avatar
Giepie
Hero Member
Hero Member
Posts: 1544
Joined: Mon Jul 23, 2012 11:27 pm

Re: Lisensies

Post by Giepie »

Hm. Gn wonder ek wag nou al 3 weke vir die kaartjie nie. Die res is klaar goedgekeur. Klaar 'n geleentheid om die een roer te gebruik moes laat verby gaan.
Last edited by Giepie on Wed Sep 11, 2013 9:40 pm, edited 1 time in total.
'n Slim man leer uit sy foute, 'n Wyse mens leer uit ander se foute.
paul_v
Newbie
Newbie
Posts: 14
Joined: Fri May 10, 2013 8:01 am

Re: Lisensies

Post by paul_v »

Ek het vanoggend my SMS ontvang waarvoor ek nou so lank gewag het.

Ek het my bevoegdheid en Lisensies saam ingehandig op die 14de Mei.
Bevoegdheid was goegekeur op die 2de Julie.
My aansoeke was vir "oorweging" van af die 10de Julie en vandag op die 28ste Aug goed gekeur.

Hopelik sal die kaartjies nou loop na die "tegniese" probleem.
Howa .308
Zabala 12br s/s
CZ Redhead Deluxe 12br o/u
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Lisensies

Post by BRNO (Pierre) »

BRNO .06 (Pierre) wrote:Ek het vanoggend die 375H&H se aansoek gaan ingee. Ek wil ook volgende week vir tydelike lisensie aansoek doen. Hoop maar nie een van die twee vat te lank nie.
Ek het gister my SAPS518 ingegee vir wat dit mag werd wees. Gewoonlik is almel vreeslik opgewonde by Garsfontein, maar die keer het die gemoedere bietjie gesleep. Ek se vir die AO, enigste rede is die gewag vir die kaartjies. Vir lank neem n aansoek sonder te veel hick-ups 6 weke, maar wie is nou lus om twee tot drie maande te wag vir n kaartjie? Ek sal maar sien wat gebeur.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
cassie_calvinia
Hero Member
Hero Member
Posts: 4529
Joined: Tue Sep 27, 2011 1:09 pm

Re: Lisensies

Post by cassie_calvinia »

pierre, hoe werk 'n tydelike lisensie? en hoe lank vat dit?
HOU HOM DAAI DIKTE
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Lisensies

Post by BRNO (Pierre) »

cassie_calvinia wrote:pierre, hoe werk 'n tydelike lisensie? en hoe lank vat dit?
Cassie, die beskrywing bo op die form is: Application for a temporary authorization to possess a firearm

Hoe ek dit het, is dat die aansoek met motivering presies soos jou normale aansoek lyk, behalwe dat jy nou n uitnodigigng na skietdag, of een of ander spesiale omstandighede het, wat jy noodsaak om die geweer lisensie vinniger te kry. Hiervoor moet jou competancy reeds in plek wees, en jy moet sover ek weet reeds n lisensie onder die nuwe voorwapenwet in jou besit he. Dit is n artikel 21 aansoek, wat betekin dit moet binne 21 dae afgehandel wees. Indien suksesvol word daar nie n kaartjie uitgeryk nie, maar n wettige dokument op 'n polisie briefhoof, wat jou magtig om die vuurwapen te gebruik asof hy gelisensieer is in jou naam.

Ek skryf hierdie sover my gebrekkige kennis strek, en kan verkeerd wees op sekere punte. Hier is verseker ouens wat sal kan byvoeg.
Veiligheid eerste manne!
marthinus100
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Fri Jan 04, 2013 7:46 am

Re: Lisensies

Post by marthinus100 »

My silver pigeon se aansoek is goedgekeur. Nou die wag vir die kaartjie. Minder as n maand gevat, dis mos nou lekker.
Glock 17 Gen4
Beretta 1301 comp 24"
Daniel Defense DDM4 V7 Pro
Brno Mod 2e
User avatar
Reggie Gerber
Hero Member
Hero Member
Posts: 1223
Joined: Wed Aug 10, 2011 3:19 pm

Re: Lisensies

Post by Reggie Gerber »

Reggie Gerber wrote:Maandag 15 Julie 2013 aansoek ingedien te Ladysmith 223rem

Plaaslik reken hy gaan dalk more al Durban toe (prov)

Kom ons kyk hoe lank hulle met hom stoei

Reggie
Sien my aansoek is nou in Pretoria maar nog nie " in for consideration " nie

6 weke so ver
User avatar
JAGTERSREG-JRM
Hero Member
Hero Member
Posts: 2334
Joined: Tue May 15, 2012 10:24 am

Re: Lisensies

Post by JAGTERSREG-JRM »

BRNO .06 (Pierre) wrote:
cassie_calvinia wrote:pierre, hoe werk 'n tydelike lisensie? en hoe lank vat dit?
Cassie, die beskrywing bo op die form is: Application for a temporary authorization to possess a firearm

Hoe ek dit het, is dat die aansoek met motivering presies soos jou normale aansoek lyk, behalwe dat jy nou n uitnodigigng na skietdag, of een of ander spesiale omstandighede het, wat jy noodsaak om die geweer lisensie vinniger te kry. Hiervoor moet jou competancy reeds in plek wees, en jy moet sover ek weet reeds n lisensie onder die nuwe voorwapenwet in jou besit he. Dit is n artikel 21 aansoek, wat betekin dit moet binne 21 dae afgehandel wees. Indien suksesvol word daar nie n kaartjie uitgeryk nie, maar n wettige dokument op 'n polisie briefhoof, wat jou magtig om die vuurwapen te gebruik asof hy gelisensieer is in jou naam.

Ek skryf hierdie sover my gebrekkige kennis strek, en kan verkeerd wees op sekere punte. Hier is verseker ouens wat sal kan byvoeg.

Pierre

Daar is egter 2 dinge wat ek sal byvoeg:

1. In die wet staan dat so n aansoek binne 7 dae goedgekeur moet word maar is egter nie wat in realiteit gebeur nie.
2. Mens word nie genoodsaak om n goeie rede eers te he hoekom jy die wapen wil he nie,meeste stasies gebruik identies dieselfde motivering as die SAPD 271 sin en die goete gaan deur.Deesdae kom die goedkeuring van die lisensie en tydelike magtiging baie naby aan mekaar uit en die verskil is slegs die wag vir die kaartjie wat die tyd op eet.Die lisensie proses is dan so +- 2 weke langer as die tydelike magtiging in die meeste gevalle

Groete
Kobus
User avatar
BRNO (Pierre)
Hero Member
Hero Member
Posts: 4058
Joined: Fri Dec 09, 2011 7:39 am

Re: Lisensies

Post by BRNO (Pierre) »

JAGTERS REG MOTIVERING wrote:

Dankie Kobus. Soos ek gese het, het ek nie al die spesifieke detail nie. Die hoof rede hoekom ek die SAPS518 in gegee het, is om nie te wag vir die kaartjie nie.
Veiligheid eerste manne!
User avatar
Philip_R
Hero Member
Hero Member
Posts: 613
Joined: Tue Jul 23, 2013 12:22 pm

Re: Lisensies

Post by Philip_R »

My kaart is gister weer gedruk "reprint" net mooi 'n week nadat ek dit aangevra het by die provinsiale DFO hoof. Nou hoop ek dat dit by die polisiestasie gaan uitkom donderdag. Dan kan ek volgende week die geweer hê, en volgende naweek 'n paar PMPs gaan wegskiet en die doppe hou.
As jy nie iets met "Force" regkry nie, Gebruik jy nie genoeg "Force" nie....
Musgrave 375 H&H,
Howa .308 Win
Krico 223 Rem
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Lisensies

Post by JTM »

Uiteindelik is dit weer 'n slag my beurt om 'n aansoek in te dien. Gister het ek met al my papiere, identies aan my suksesvolle .243 aansoek van einde laasjaar, na ons plaaslike stasie gegaan.

Smaak my 'n paar dinge het intussen weer verander. My SASSETA sertifikate is nie meer geldig nie. Ook MOET my aansoek 'n SA Jag endossement brief by hê om rede ek toegewyde sport persoon status het. Selfs al is dit my eerste haalgeweer en ek ook nog onder die 4 vuurwapen "limiet" is. My nuwe kluis wat laasjaar deur dieselfde stasie gesertifiseer is, is nou ook blykbaar nie meer reg geinstalleer nie.

Maar nou ja, daar is niks anders wat ek kan doen as om deur die proses te gaan om als reg te stel nie.
Jannie Welman
User avatar
JTM
Hero Member
Hero Member
Posts: 1691
Joined: Tue Sep 18, 2012 9:06 am

Re: Lisensies

Post by JTM »

Het al die uitstaande goedjies reg gemaak en vannoggend is my aansoek ingehandig en betaal. Nou vir die lang senutergende wag :D
Jannie Welman
Post Reply