Page 4 of 31

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sun Nov 27, 2022 8:03 am
by ruaanb
DWB wrote:Die company naam is Safari Bullet Company, nie Sniper Bullet Company :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Sorry ek moes net
ImageImageImageImageImageImage

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sun Nov 27, 2022 8:08 am
by Rudi Fischer
Louisdewet wrote:Rudi, ek glo baie manne sal my sekondeer hier dat jou volgende produk ‘n 143gr 6.5 projektiel met ‘n boat tail en hoë BC moet wees. Lekker plastiek punt voor om seker te maak dié in die magasyn vervorm nie onder die verskriklike recoil nie. Moet hom asseblief net nie te hard maak nie sodat mens seker kan wees hy maak genoegsaam oop op 500m.

Byvoorbaat dank

Sent from my iPhone using Tapatalk
More Louis

143gr
BT
Hoë BC
Polimer tip
En moet sag wees

Daar is n paar sulke koeels op die mark, ELDX en Game Changer Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sun Nov 27, 2022 8:38 am
by Lategan1
“Daar is n paar sulke koeels op die mark, ELDX en Game Changer Image”

Nooit geweet dit word in SUID AFRIKA vervaardig nie? :laugh:

Lekker uitdaging deur Louis - dit seker soos DWB skerp uitwys - waar sniper en safari koeëls verskil met uitdagings in vervaardiging.

Beste.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sun Nov 27, 2022 12:44 pm
by Louisdewet
DWB wrote:Die company naam is Safari Bullet Company, nie Sniper Bullet Company :laugh: :laugh: :laugh: :laugh:

Sorry ek moes net
ImageImageImage

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sun Nov 27, 2022 7:12 pm
by Maroelas
Rudi, jy gaan nie kan voorbly met .308 produksie nie! Jou punte lyk net na wat ons Suid Afikaners nodig het! Dis by verre die grootste mark in die land (sê ek sonder om 'n steek navorsing te gedoen het :) ).

Safari Bullet Company.

Posted: Thu Dec 15, 2022 11:38 am
by Rudi Fischer
n Klieent en goeie pel van my het onlangs n kans gekry om n leeu wyfie te gaan jag.

375 H&H met n 300gr SBC teen 2480fps.

Eerste skoot was op 80m op die blad en het die rug werwels getref, en haar neer gesit.
Tweede skoot was point blank net on seker te maak.

Koeel 1 : 297,5gr 99.1%
Koeel 2 : 291,5gr 97.1%

Image
Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Thu Dec 15, 2022 7:23 pm
by MyLani
Great performance.
The more I use them, the more I am impressed with them.
Those 450gr work wonders in a friends 458WM at 2200fps, while I am using the 500gr in my Lott at 2200fps.
As for the 300gr 375, we have now shot a number of Buffalo, giraffe and eland with them. We just need to try recover more bullets

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sun Jan 01, 2023 7:42 am
by Lategan1
Rudi,

2023 nuwe produkte.

Ek sit my naam op vir 195-200gr 8mm/.323 koeëls.

Beste.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Mon Jan 02, 2023 1:06 pm
by Monster
Is daar moontlik 303 koels beskikbaar.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Mon Jan 02, 2023 1:57 pm
by Rudi Fischer
Monster wrote:Is daar moontlik 303 koels beskikbaar?
Dagse Monster.
Nog nie, maar hou julle op hoogte soos ek vorder.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Tue Jan 03, 2023 5:26 pm
by Monster
Baie dankie

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Jan 04, 2023 9:09 am
by Wouter Roets
More Manne.

Rudi het gister persoonlik my bestelling vir my kom aflaai tesame met n pragtige pet. Ons twee praat al vir bitter lank met mekaar op die foon maar ons het nog nooit die voorreg gehad om mekaar onder oe te kry nie. Rudi dit was great om jou uiteindelik te kon ontmoet en ek moet jou net weereens bedank vir jou groot moeite, puik diens en dan natuurlik bakgat produk. Kan nie wag om die soldaatjies in te span in die 9,3 nie. Nogmaals dankie vir alles.

Groetnis
Wout

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Jan 04, 2023 9:10 am
by DWB
Jy sal nie spyt wees nie Wouter!

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Jan 04, 2023 9:17 am
by Rudi Fischer
Wouter Roets wrote:More Manne.

Rudi het gister persoonlik my bestelling vir my kom aflaai tesame met n pragtige pet. Ons twee praat al vir bitter lank met mekaar op die foon maar ons het nog nooit die voorreg gehad om mekaar onder oe te kry nie. Rudi dit was great om jou uiteindelik te kon ontmoet en ek moet jou net weereens bedank vir jou groot moeite, puik diens en dan natuurlik bakgat produk. Kan nie wag om die soldaatjies in te span in die 9,3 nie. Nogmaals dankie vir alles.

Groetnis
Wout
Was net n plesier gewees Wouter.
Het gister klaar begin werk aan die 505 koeele so kom ons kry jou van daai Barnes af ImageImage

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Jan 04, 2023 6:11 pm
by ThinusS
Ek het vanmore twee blouwildebees bulle en 'n rooijakkals teef met Safari Bullet Company 300gr .375 koeëls gejag. Die koeëls is gelaai teen 2400fps.

Linkerkantste koeël: Bul het skuins weg gestaan, koeël is net voor regterboud in en het linker blad gebreek waar dit gestop het. Bul het ±20m gestrompel voor dit geval het. Herwinde gewig van koeël 97.2%

Regterkantse koeël: Bul het skuins na my toe gestaan. Koeël het linkerblad gebreek en het uit die buikholte uit geval toe die bul ontwei is. Wildebees het ±100m gehardloop voor hy geval het. Herwinde gewig van koeël 98%.

Image

Image

Ek het vroeër nog twee blouwildebees bulle met die koeëls gejag.

Die eerste bul was plankdwars op 200m, die koeël is deur altwee blaaie, hy het ±50m gehardloop voor hy geval het.

Die tweede bul was ±100m weg en het skuins na my toe gestaan. Die koeël is tussen die nek en blad in en vêr agter in die ribbekas uit. Hy het in sy spore geval.

Die jakkals het oor 'n ou damwal vir my geloer op 120m, die skoot het haar net onder die ken in die nek getref. Ek kon ongelukkig nie dié koeël herwin nie.

Die is my nuwe go-to koeël vir my .375 H&H.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Jan 04, 2023 8:29 pm
by Glocked
ThinusS wrote: Wed Jan 04, 2023 6:11 pm Ek het vanmore twee blouwildebees bulle en 'n rooijakkals teef met Safari Bullet Company 300gr .375 koeëls gejag. Die koeëls is gelaai teen 2400fps.

Linkerkantste koeël: Bul het skuins weg gestaan, koeël is net voor regterboud in en het linker blad gebreek waar dit gestop het. Bul het ±20m gestrompel voor dit geval het. Herwinde gewig van koeël 97.2%

Regterkantse koeël: Bul het skuins na my toe gestaan. Koeël het linkerblad gebreek en het uit die buikholte uit geval toe die bul ontwei is. Wildebees het ±100m gehardloop voor hy geval het. Herwinde gewig van koeël 98%.

Image

Image

Ek het vroeër nog twee blouwildebees bulle met die koeëls gejag.

Die eerste bul was plankdwars op 200m, die koeël is deur altwee blaaie, hy het ±50m gehardloop voor hy geval het.

Die tweede bul was ±100m weg en het skuins na my toe gestaan. Die koeël is tussen die nek en blad in en vêr agter in die ribbekas uit. Hy het in sy spore geval.

Die jakkals het oor 'n ou damwal vir my geloer op 120m, die skoot het haar net onder die ken in die nek getref. Ek kon ongelukkig nie dié koeël herwin nie.

Die is my nuwe go-to koeël vir my .375 H&H.
Jis daai punte werk mooi !

Watter kruit gebruik jy vir die 375 H&H laai ?

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Jan 04, 2023 8:33 pm
by ThinusS
Jis daai punte werk mooi !

Watter kruit gebruik jy vir die 375 H&H laai ?
[/quote]

Ek gebruik Riflex met die blou prop. Nie omdat ek glo dit is 'n goeie dryfmiddel nie maar omdat dit is wat hier, in die middel van nêrens, beskikbaar was. Ek glo jy kan 100-150vps hoër snelheid kry met die regte kruit.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sat Jan 07, 2023 8:57 am
by ThinusS
400gr Safari Bullet Company @ 2318vps uit Winchester mod 70 .416 rem mag. 27mm groepering op 100m. Dit is met 'n 1.5-5X teleskoop met 'n baie dik kruishaar.

Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sat Jan 07, 2023 10:26 am
by Frederik
Thinus ek het nog nie gesukkel om die 375 300gr of die 458 500gr koele mooi te laat skiet nie.

Mooi geskiet.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sat Jan 07, 2023 10:41 am
by ThinusS
Frederik wrote: Sat Jan 07, 2023 10:26 am Thinus ek het nog nie gesukkel om die 375 300gr of die 458 500gr koele mooi te laat skiet nie.

Mooi geskiet.
Dankie Frederik, ja hulle werk mooi in my .375 en 9.3x62 ook.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Jan 25, 2023 11:52 am
by Geno
Klient van my se resultaat met die 300gr .375SBC's in 'n Ralph Badenhorst Custom roer...

Image

Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Jan 25, 2023 2:38 pm
by Frederik
Dit lyk of jy amper enige iets agter die koeels kan sit en hulle werk.
Regtig nog nie gesukkel om lekker ladings te kry nie.
Al wat ek agtergekom het die driving bands werk en ek moes bietjie meer poeier gooi om spoed te jaag as gewoonlik.

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Wed Jan 25, 2023 3:10 pm
by ThinusS
285gr 9.3mm SBC koeël uit 'n blouwildebees bul wat ek vanmore geskiet het..
9.3x62, trompsnelheid ±2200fps.
Skietafstand, 60 treë.
Herwinde gewig, 280gr (98.2%)
Bul het met sy bors reguit na my toe gestaan, agterlyf effens gedraai. Koeël het hom in die kuiltjie getref en die dik are bo die hart afgeskiet, koeël is deur 'n deel van die rumen, het 'n rib gebreek en is onder die vel, vêr terug op die ribbekas herwin.

Image

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sun Jan 29, 2023 11:42 am
by Lapua
Middag,

Is daar enige iemand wat dalkn reseppie sal deel vir S365 en die 400gr .404 SBC pitte?

Re: Safari Bullet Company.

Posted: Sun Jan 29, 2023 11:56 am
by Rudi Fischer
Lapua wrote:Middag,

Is daar enige iemand wat dalkn reseppie sal deel vir S365 en die 400gr .404 SBC pitte?
Ek Kontak jou, dan gee ek vir jou n laading Image