Page 4 of 6
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sun Sep 19, 2021 6:00 pm
by Capt. Yoda
Muishonde wrote: Sun Sep 19, 2021 1:05 pm
Moet se ek is bitter lus vir n mooi nuwe roer....gelukkig dink my vrou ek het net 3 ysters, hehe
Dis egter jammer die Howa 22-250 's kom nou nie meer met n 1/9 twist uit nie...dink hulle bied" beste of both worlds " !
Dan sit n man met die liksens ding ook nog ,ai.
Het iemand nou onlangs iets laatbou ? Tyds gewys neem dit nog langer as net aansoek doen vir n roer ?
Ek sit met n RSA enkelskoot aksie en dit laat nog n paar opsies oop ?
Ding Geno skiet n wille 6mm dan nie ?
Geno kom in asb ?
Geno skiet lang loop 243s maar jy sien mos die manne se hier dit gaan nie werk nie. Net Creedmoor mos
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sun Sep 19, 2021 6:16 pm
by BenJacobs
Oom, ek skiet met 75gr v max.
My geweer laaik daai punte! Vroeër het ek met 55gr varmegedon geskiet, maar die 75 v max teen 3200vps skiet bitter mooi en doodlik. Partykeer bietjie vleis skade, maar as ek reg skiet bly die borste mooi.
Groete Ben
Hier is een wat ek met 55gr teen 3700vps van voor op 150m geskiet het.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Sun Sep 19, 2021 8:22 pm
by Arnold
Ek sou ook baie gemakliker wees met met n 6mm.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Mon Sep 20, 2021 7:04 am
by Diesel Dog
Miskien is dit net my verbeelding maar stywe twist lope skiet ligte koeels nie optimaal nie .Dit is nou met varmint tipe koeels wat jy vinnig wil skiet, die dun mantel word deur die groewe grafeer maar die lood kern is traag om teen die selfde spoed te roteer wat die koeel vervorm as dit die loop verlaat wat akkuraatheid beinvloed.
Swaar vir kaliber koeels wat stadig by die teiken aankom maak ook nie so baie skade (explosive pink mist) soos ligter koeels met hoe spoed nie.
Dit is hoekom ons verskillende gewere soms in die selfde kaliber nodig het vir verskillende applikasies.
6MM met 87 gr vmax sal vir die doel my stem kry.
DD
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Mon Sep 20, 2021 11:01 am
by Arnold
Terloops, dit lyk of Howa nie meer standaard kort aksie gewere in 223 maak nie en slegs in die mini aksie. Vir die wat dalk nog 'n kort aksie 223 soek moet maar iewers een vasmaak voor hulle weg is.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Mon Sep 20, 2021 11:04 am
by LUAN
Wat sal die hoogste node spoed haalbaar wees tussen n 22-250 en 243 albei met 24" lope en n 55gr koel? Kom ons se enige kruit is beskikbaar.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Mon Sep 20, 2021 11:08 am
by LUAN
Arnold wrote:Terloops, dit lyk of Howa nie meer standaard kort aksie gewere in 223 maak nie en slegs in die mini aksie. Vir die wat dalk nog 'n kort aksie 223 soek moet maar iewers een vasmaak voor hulle weg is.
Arnold weet jy wat is die magasyn lengte op so mini aksie 223? Ek neem aan jy gaan dan beperk word tot ligte koels as jy uit die magasyn wil voer.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Mon Sep 20, 2021 11:36 am
by Arnold
LUAN wrote: Mon Sep 20, 2021 11:08 am
Arnold wrote:Terloops, dit lyk of Howa nie meer standaard kort aksie gewere in 223 maak nie en slegs in die mini aksie. Vir die wat dalk nog 'n kort aksie 223 soek moet maar iewers een vasmaak voor hulle weg is.
Arnold weet jy wat is die magasyn lengte op so mini aksie 223? Ek neem aan jy gaan dan beperk word tot ligte koels as jy uit die magasyn wil voer.
Ek het geen idee.
Die kort aksie se masyn is ook beperk maar jy kan die aksie met 'n AICS tipe magesyn gebruik en dan taamlik lank laai, ek twyfel of jy hierdie met die mini aksie kan doen.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Mon Sep 20, 2021 11:50 am
by Arnold
As jy glo dat halfnodes ook bestaan...
55gr Ballistic tips - almal op dieselfde halfnode (bestek waardes in QL)
243 -> +-3850fps (Reloader 17)
22-250 -> +-3775 fps (Reloader 17)
223 -> +- 3385fps (AR 2219)
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Mon Sep 20, 2021 12:39 pm
by PWV
Blitsbokke bo, al was die bestes nie daar nie!!! Darem 'n ligpuntjie!
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Mon Sep 20, 2021 2:05 pm
by Arnold
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Mon Sep 20, 2021 4:32 pm
by Andre308
PWV wrote: Mon Sep 20, 2021 12:39 pm
Smaak my almal is spoed-bedônerd. Ek en Gawie het 'n pa- en ma- makou geskiet op 450 m. Ek het met die .308 teen 2640 vt/s die eggenote laat lê. Die ouman het 'n draai gevlieg en toe hy kom sit het Gawie hom te ruste gelê met sy .243. So wat is die storie? Gebruik die geweer waarmee jy kan skiet, en met skiet bedoel ek nie net om die sneller te trek nie.
Moet mens 'n "spesiale" geweer aanskaf vir die voële? Pel van my het 29 gewere in sy instapkluis. In tien jaar is daar nog nie 'n koeël deur die meeste van hul lope nie!
Blitsbokke bo, al was die bestes nie daar nie!!! Darem 'n ligpuntjie!
Oom PWV,
Ek verstaan nie oom se redenasie in hierdie post se konteks nie. Hier is n man wat klaar gewere het wat elk n ander doel dien en hy hulle nie verder wil op skiet waneer hy die voels skiet nie. Dus wil hy iets anders aanskaf wat die doel moet dien om hoofsaaklik die voels te skiet. Hoekom gaan hy nou nie die beste geweer vir die job koop nie.
Dit is een ding om te le en tyd he vir afstand meet, dail volgens Strelok en skiet hom daar waar hy staan, maar dit is nie hoe dinge altyd gaan uitwerk nie en daar gaan n 308 se wiele van die wa afval.
Ek dink die raad wat hy tot dusver toe gekry het met kalibers oor die 3000fps in .22/6mm is in die kol met hy benodig vir sy applikasie.
Groete
Andre
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Mon Sep 20, 2021 4:50 pm
by PWV
Andre308 wrote: Mon Sep 20, 2021 4:32 pm
PWV wrote: Mon Sep 20, 2021 12:39 pm
Jammer, Andre en Arnold, ek het net my mening gegee en gladnie bedoel dat julle eksepsie moet neem nie. Sal maar my post delete.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Mon Sep 20, 2021 6:05 pm
by Arnold
PWV wrote: Mon Sep 20, 2021 12:39 pm
Smaak my almal is spoed-bedônerd. Ek en Gawie het 'n pa- en ma- makou geskiet op 450 m. Ek het met die .308 teen 2640 vt/s die eggenote laat lê. Die ouman het 'n draai gevlieg en toe hy kom sit het Gawie hom te ruste gelê met sy .243. So wat is die storie? Gebruik die geweer waarmee jy kan skiet, en met skiet bedoel ek nie net om die sneller te trek nie.
Moet mens 'n "spesiale" geweer aanskaf vir die voële? Pel van my het 29 gewere in sy instapkluis. In tien jaar is daar nog nie 'n koeël deur die meeste van hul lope nie!
Blitsbokke bo, al was die bestes nie daar nie!!! Darem 'n ligpuntjie!
Oom PWV,
As Oom so bietjie die draad deurgelees het sal Oom sekerlik verstaan dat hier n wil is om n nuwe wapen aan te skaf, soos Andre ook noem.
Soms soek mens n verskoning maar ek glo nie Jaracal moet die plek wees waar iemand jou afraai om nog n roer te koop nie.
Om nou hier te kom kwytraad dat almal bedonerd is is volgens my eintlik sommer pleinweg ongeskik. Dit is my opinie maar Oom weet seker wat sê hulle van opinies ...
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Mon Sep 20, 2021 6:08 pm
by Arnold
Andre308 wrote: Mon Sep 20, 2021 4:32 pm
PWV wrote: Mon Sep 20, 2021 12:39 pm
Jammer, Andre en Arnold, ek het net my mening gegee en gladnie bedoel dat julle eksepsie moet neem nie. Sal maar my post delete.
Ek dink Oom kort n 8 twist Howa 223 sodat Oom ligte koeëls ook stadig kan skiet
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Mon Sep 20, 2021 6:40 pm
by Andre308
Arnold,
Jy sal maar die Paarl moet mis ry in die volgende paar maande tot die stof gaan le.
Of beweeg net n bietjie vinniger as n stadige koel

.
Ek dink darm nie n 308 vang n hilux in 5de rat nie
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Mon Sep 20, 2021 6:45 pm
by Kallie Fernhout
Nou begin die makou jag eers lekker raak.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Mon Sep 20, 2021 7:54 pm
by joe rocket
PWV wrote: Mon Sep 20, 2021 12:39 pm
Blitsbokke bo, al was die bestes nie daar nie!!! Darem 'n ligpuntjie!
My oom blits vinnig ja 243, 22-250 308 slow very slow, speed kills

Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Mon Sep 20, 2021 8:05 pm
by tripodmvr
Kerels julle rafel nou uit. PWV se argument is dat indien die koeël genoeg energie het op daardie afstand dan kan dit die voël effektief doodmaak. Spoed is dus nie alles nie.
Hoe platter die geweer skiet hoe beter, maar dit is 'n groot en taai teiken, so maak seker dat jou roer die nodige op die lang afstande kan doen.
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Mon Sep 20, 2021 8:56 pm
by JJV
22-250 of ‘n ou kaliber waarvan ek maar min hoor deesdae maar self een het .220Swift. Die ou Swifts se lope het nie lank gehou nie, myne skiet nog redelik, maar staan meestal in die kluis, darm springbok of twee al met hom omgedop. .243AI gn ook lekker loop! Ai dis lekker om te droom van ‘n nuwe gun!!!
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Mon Sep 20, 2021 8:58 pm
by LUAN
Arnold wrote:As jy glo dat halfnodes ook bestaan...
55gr Ballistic tips - almal op dieselfde halfnode (bestek waardes in QL)
243 -> +-3850fps (Reloader 17)
22-250 -> +-3775 fps (Reloader 17)
223 -> +- 3385fps (AR 2219)
Dankie Arnold lyk of die 22-250 nie n slegte keuse is as mens die ligter koels wil skiet verloor nie veel tenoor n 243 as mens kyk na standaard rak gewere.
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Tue Sep 21, 2021 8:38 am
by PWV
Arnold wrote: Mon Sep 20, 2021 6:08 pm
Andre308 wrote: Mon Sep 20, 2021 4:32 pm
PWV wrote: Mon Sep 20, 2021 12:39 pm
Jammer, Andre en Arnold, ek het net my mening gegee en gladnie bedoel dat julle eksepsie moet neem nie. Sal maar my post delete.
Ek dink Oom kort n 8 twist Howa 223 sodat Oom ligte koeëls ook stadig kan skiet
Baie dankie, doktor! Met jou meerdere kennis sal ek jou raad oorweeg!
Re: Die idiale Makou kaliber, help ?
Posted: Tue Sep 21, 2021 8:41 am
by Lategan1
Arnold wrote: Mon Sep 20, 2021 6:05 pm
PWV wrote: Mon Sep 20, 2021 12:39 pm
Smaak my almal is spoed-bedônerd. Ek en Gawie het 'n pa- en ma- makou geskiet op 450 m. Ek het met die .308 teen 2640 vt/s die eggenote laat lê. Die ouman het 'n draai gevlieg en toe hy kom sit het Gawie hom te ruste gelê met sy .243. So wat is die storie? Gebruik die geweer waarmee jy kan skiet, en met skiet bedoel ek nie net om die sneller te trek nie.
Moet mens 'n "spesiale" geweer aanskaf vir die voële? Pel van my het 29 gewere in sy instapkluis. In tien jaar is daar nog nie 'n koeël deur die meeste van hul lope nie!
Blitsbokke bo, al was die bestes nie daar nie!!! Darem 'n ligpuntjie!
Oom PWV,
As Oom so bietjie die draad deurgelees het sal Oom sekerlik verstaan dat hier n wil is om n nuwe wapen aan te skaf, soos Andre ook noem.
Soms soek mens n verskoning maar ek glo nie Jaracal moet die plek wees waar iemand jou afraai om nog n roer te koop nie.
Om nou hier te
kom kwytraad dat almal bedonerd is is volgens my eintlik sommer pleinweg ongeskik. Dit is my opinie maar Oom weet seker wat sê hulle van opinies ...
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Arnold, ek het PWV, Pieter se opinie, waarneming en verhaal gemeng met sy feite, tong-in-die-kies en sarkasme gelees in die gees wat dit bedoel is. Lighartig, die ouman vlieg ‘n draai, eggenote en ander fyn nuanses ens. Hy sluit af met die Blitsbokke, blydskap.
Ek vind veral jou sin soos bo aangedui as ongeskik. Veral in die lig dat hy duidelik sê “almal is spoed bedonnerd” en nie “ almal is bedonnerd” nie. Spoed behep sou die mooier weergawe gewees het met presies dieselfde strekking.
Die gebruik van die aanspreekvorm “Oom” verdien bietjie waardigheid en respek, vanselfsprekend uitgesluit wanneer iemand totaal buite orde is.
Two wrongs don’t make a right.
Kom ons probeer mekaar se waardigheid respekteer asb.
Met respek.
Beste.
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Tue Sep 21, 2021 9:29 am
by Arnold
Verskoon my as ek lees wat geskryf is en daarop reageer, my fout.
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: Die ideale Makou kaliber, help ?
Posted: Tue Sep 21, 2021 9:43 am
by DJC
Dagsê manne, ek vra sommer uit onkunde... hoe pas 'n 25-06 in hierdie prentjie as doelgerigte mak ou geweer?
Dit is mos ook 'n lekker vinnige knaap met 'n plat trajek en genoeg oemf.
Of is kaliber se lang dop en baie kruit die rede dat Muishonde nie dit oorweeg nie?