TRAIL KAMERA

User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by MEERKAT »

Rooies

Ek gebruik al die ranger vir 'n hele rukkie en kan glad nie kla oor die kamera , bekostigbaar, goeie kleur fotos , fotos in die nag geneem is swart en wit maar goete op fotos is duidelik uitkenbaar.

Die enigste moeilikheid is die opstel van die kamera sodat die flash die deel verlig wat jy wil afneem, sover ek weet het sommige van die kameras 'n laser liggie vir die doel maar met die tyd sorteer mens darem die probleempie uit.

Knou goggas af
MEERKAT
Beyers
Hero Member
Hero Member
Posts: 1409
Joined: Tue May 05, 2009 12:41 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Beyers »

mEERKAT SIT BIETJIE RANGER FOTOS OP DAT ONS KAN SIEN ASB
bEYERS
Thoei

Re: TRAIL KAMERA

Post by Thoei »

Hi manne hier is n foto wat my trailcam geneem het.

Image


Groette Thoei
User avatar
Raven
Hero Member
Hero Member
Posts: 1910
Joined: Tue Sep 01, 2009 3:49 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Raven »

Daai is 'n ordentlike bul !!!!  ;)

Raven
Norton Izaks
Windhoek - Namibia
+264 81 129 4020
" Reik na die sterre, maar moenie van die blomme tussen jou voete vergeet nie"
Ponkie
Hero Member
Hero Member
Posts: 949
Joined: Wed Nov 04, 2009 7:08 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Ponkie »

Dis AFGRYSLIK lelik!  ;D ;D

Net omdat ek so jaloers is ek kan op my kop staan! Hoe staan my kop nie nou plaas se kant toe nie!

ns. Koedoebul bly die mooiste trofee vir my. ;)

Groetnis
22-250 Remington Model 700 VLS
243AI - Trueworx produk
308W Musgrave Safari
300WSM Savage
303 Lee Enfield
wannaby
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Fri Jul 30, 2010 9:45 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by wannaby »

Kamera eksperds
As ek weer 'n dom vraag mag vra
As julle by 'n voetpad die kamera op stel stel julle hom sodat hy saam met die pad neem of 90 grade na die pad toe
Luister en leer graag
Wannaby
"winning starts with beginning"
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Mac »

Ek is nou nie 'n "eksperd" nie, maar die stel hang van jou sneller spoed af. As jy bv 'n cuddeback of Ryconnyx het met 'n spoed van minder as .2 of .4 van 'n sekond het, is dit beter om hom dwars of skuins te stel om meer afstand v/d voedpad te kry. Die met  die parafien snellers werk beter by voerplekke of water punte, aangesien diere langer daar talm, maar as jy op 'nvoetpad moet stel, moet hulle dan teen die voetpad gestel word om meer tyd in die lens te kry.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Francois Marais »

Wannaby

Ditto on wat Mac gese het, hy het mooi verduidelik.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
wannaby
Newbie
Newbie
Posts: 39
Joined: Fri Jul 30, 2010 9:45 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by wannaby »

Mac
Dankie vir die raad myne is lyk my juis 'n parrafien model. Ek het hom saam met die pad gestel en kon op die een foto net o? sien en ek dink die flash het het die dier afgeskrik het wel nou die kamera na die pad gestel maar nog nie weer gaan loer nie.
groete Wannaby
"winning starts with beginning"
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Rasmus »

Gebruik enige iemand n Spypoint kamera? Siem hulle gaan so vir R 1450 op die oomblik? My neef is ook oppad terug vanaf Amerika. Ek weet nie of h dalk n pakkie vanCabelas af kan bring nie maar dit bly n opsie.

Wat sal julle s? tussen die volgende paar kameras as ek een vanaf Cabelas kan kry?

Moultrie Game Spy I-35 IR Trail Camera

Cuddeback? Capture 3.0 Megapixel Scouting Camera

Stealth Cam Sniper IR Scouting Camera

Moultrie Game Spy D-55 IR Camera
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Gerhard »

Hier is paar van my trail cam fotos in die Dwaalboom omgewing

Image

Image

Image

Image
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
DawieKotze
Hero Member
Hero Member
Posts: 2075
Joined: Tue Nov 30, 2010 9:25 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by DawieKotze »

daai laaste foto is van 'n groepie wat ek baie graag sou wou raak bekruip! Veral die een heel regs  ;D

Dit moet mens baie plesier verskaf as jy sien wat eintlik alles op jou veld rondloop!
Dawie Kotze
WAIDMANSHEIL!!!!!!!
Stefan764
Hero Member
Hero Member
Posts: 3616
Joined: Wed Oct 06, 2010 11:55 am

Re: TRAIL KAMERA

Post by Stefan764 »

Gerra

Was foto2 n vangs of was dit bait?

Groete
Stef
.22 LR - Oberndorf Mauser
.22 LR - Browning
6XC - Savage VLP
6,5x284 Norma - Nosler M48
7x64 Brenn -Tikka M695
.375 Ruger - Ruger Alaskan
.500 NE - Verney-Carron
12ga - Mossberg
9mm Parabellum Glock 43
.357 Mag - Astra
.44 Mag - Taurus
Rasmus
Hero Member
Hero Member
Posts: 1003
Joined: Mon Sep 06, 2010 2:38 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Rasmus »

Netjies man ek is lus vir so n kamera!!

Gerhard wat se spy point het jy is jy gelukkig met hom?

Wat dink julle van die volgende 2?

http://www.safariandoutdoor.co.za/steal ... -4306.html

http://www.safariandoutdoor.co.za/steal ... -4305.html

Enige raad sal waardeur word!
.40 S&W Sigma, 357mag Colt Trooper MKIII,
44 Magnum Ruger Redhawk, .22 Bruno, 6.5 x 55 Swedish Mauser Ruger, 303 Lee Enfield, .375 H&H Musgrave Semi Custom, .410 mossberg, 12Br over and under Eduard kettner,  12 Br Beretta Semi auto A 301.

THE LIVER IS EVIL AND MUST BE PUNISHED!!!!
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 831
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Lamtjop »

Rasmus
Ek dink jy moet ma wegbly van die Stealhcam af, vriend van my het die Sniper een gekoop en in 3 maande al 3 stelle battery gebruik, die sniper het ook n stadige sneller spoed. Hy neem wel mooi foto's ma dis al. Die ander een het ek nie 1ste handse kennis nie maar doen ma eers goed navorsing. Ek sien Bushnell is so bietjie duurder maar adverteer 1 jaar battery leeftyd, ek het 'n Scoutgaurd sg550 lekker klein goeie sneller spoed en batterye hou al 6 maande, IR flash afstand is net so bietjie te kort. Soos ek s? doen ma goed navorsing nie net hier nie maar op google ook, soek trailcam shootout.
Groete
Roelo
Full Member
Full Member
Posts: 157
Joined: Tue Feb 24, 2009 7:59 am

Re: TRAIL KAMERA

Post by Roelo »

Rasmus ek gebruik stealhcam die HD en het 5 van hulle, ek het net oor gegaan na die 12v hekmotor battery en dit hou bitter lank en jy kan hom met gewone laaier laai geem probleme nie
Geweldig man Geweldig
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Gerhard »

Stefan764 wrote: Gerra

Was foto2 n vangs of was dit bait?

Groete
Stef
Stef,

Was 'n gemsbok kalf wat gevang is...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Gerhard »

Rasmus wrote: Netjies man ek is lus vir so n kamera!!

Gerhard wat se spy point het jy is jy gelukkig met hom?

Wat dink julle van die volgende 2?

http://www.safariandoutdoor.co.za/steal ... -4306.html

http://www.safariandoutdoor.co.za/steal ... -4305.html

Enige raad sal waardeur word!
Ek het die 6 mega pix kamera.
Die plaas bestuurder het hom nou oor geneem as deel van daai kudu heel regs se betaaling vir volgende jaar...
Ek is baie in my skik met die kamera as ook die na verkoop diens.
As ek weer in die toekoms kaans kry sal ek beslus weer een koop.
Vir my was naverkoop diens een van die groot redes hoekom ek die kamera gekies het...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Gerhard »

madako wrote: daai laaste foto is van 'n groepie wat ek baie graag sou wou raak bekruip! Veral die een heel regs  ;D

Dit moet mens baie plesier verskaf as jy sien wat eintlik alles op jou veld rondloop!

Hy is geboek vir volgende jaar Aug...

Die boog gaan dan beslus werk kry en kudu fillet en biltong is op die menue..
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Coenie (Swift)
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am

Re: TRAIL KAMERA

Post by Coenie (Swift) »

Hi manne,

Op www.bidorbuy.co.za is daar ook trail cams vir nie te slegte prys nie

Groete
.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 831
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Lamtjop »

Hallo almal.
Weet julle dalk van iemand wat die kameras kan regmaak as daar n foutjie is?
Groete
User avatar
Coenie (Swift)
Full Member
Full Member
Posts: 213
Joined: Tue Sep 14, 2010 11:05 am

Re: TRAIL KAMERA

Post by Coenie (Swift) »

Hi Lamtjop,

Wat se maak het jy? Indien Moultrie in Centurion (Jacaranda Straat Henopspark)
.22 , 223 Vektor H5, 270 Savage Mod III FXP3, 12 Boor Mossberg, 9mm Vektor SP1 Sport
Lamtjop
Hero Member
Hero Member
Posts: 831
Joined: Mon Apr 12, 2010 1:49 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Lamtjop »

Naand s?.
Ongelukkig nie, ek het n scoutgaurd. As iemand dalk kan help sal ek bly wees.
Groete.
User avatar
Spanner
Hero Member
Hero Member
Posts: 1083
Joined: Thu Nov 19, 2009 12:26 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Spanner »

Gaan loer gerus hier. Die kameras word mooi vergelyk en dit help om 'n beter keuse te maak.  Elke kamera word ook op verskillende aspekte ge-score.

http://www.trailcampro.com/trailcamerareviews.aspx
http://game-camera-review.toptenreviews.com/

Ek oorweeg tans die Bushnell Trophy Cam HD Max, die nuwe 2012 model,  maar sy prys is nogal rof.  Miskien kan 'n familielid dit voor kerswees vir my deurbring.
Derik Strydom
What matters not, is the size of the dog in the fight, but the size of the fight, in the dog !
Frikjordaan
Full Member
Full Member
Posts: 217
Joined: Wed May 11, 2011 9:35 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Frikjordaan »

Net om te s? ek het ook drie Moultries kameras en dink hulle is goud werd .
Gebruik hulle al omtrent 18 maande en werk goed.
Sien wild en  ongediertes maar ook dorperram wat ons lank ge"dodge" het, sien ook sommer wanneer die plaaswerkers die krippe skoon      gemaak het.

Het een vir 'n tyd lank by die toegangshek gehad, kon toe sien wie loop in die nag op die plaaspad, sommer heelwat van die ongewenste besoekers en hul perdekarre afgeskrik.

Belangrikste vir my is die tydaanduiding wanneer die ongediertes kom drink by die krip, nou kort weer bobbejaanmannetjie se patroon op getel en sal hom aanstoot gee voor die naweek.

Sal baie graag wil weet wie die agente is, ingeval mens herstelwerk moet laat doen.
mooi loop
Frik
Karasberge Namibi
Post Reply