Page 4 of 5

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Fri Oct 05, 2018 10:49 am
by Wouter Roets
Heinz

Waarvoor staan daai AI van jou met die 35 grade skouer? Almost Improved? ;D

Daai gaan n meneer wees en is verseker aan die bospektrum van die 300's. Wat se poeier beoog jy om hom te voer?

Groetnis
Wouter

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Fri Oct 05, 2018 11:51 am
by Silent Hunting
Wat van 25-08? Basies 257 SLR? Weet dit is nie 40grade skouers nie, maar as ek ek hoe mooi werk die 6 en 6.5SLRs behoort hy mos ook mooi te maak?

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Fri Oct 05, 2018 11:56 am
by Frederik
Wouter, met jou groter kalibers en 40 grade skouers hoe dink jy sal jou feeding hardloop onder druk en magasyn kapasiteit? Dink dit sal lekker skiet maar met die groter kalibers gaan jy ook seker moet maak om vinnig opvolg skote te kan skiet.

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Fri Oct 05, 2018 12:03 pm
by Andre308
Silent Hunting wrote:Wat van 25-08? Basies 257 SLR? Weet dit is nie 40grade skouers nie, maar as ek ek hoe mooi werk die 6 en 6.5SLRs behoort hy mos ook mooi te maak?
Die 25-08 sal slap bang tussen n 243win en n 260 rem wees.

Hoop net nie hy eindig met worst of both worlds nie. Doughnut en loop lewe van die 243 en sukkel met magasyn lengte soos met 260 nie...Image

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Fri Oct 05, 2018 12:18 pm
by Silent Hunting
Andre, dit is waar daai lekker 30grade inkom en lang nek.

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Fri Oct 05, 2018 12:30 pm
by Wouter Roets
Frederik wrote:Wouter, met jou groter kalibers en 40 grade skouers hoe dink jy sal jou feeding hardloop onder druk en magasyn kapasiteit? Dink dit sal lekker skiet maar met die groter kalibers gaan jy ook seker moet maak om vinnig opvolg skote te kan skiet.
Freek ek het gewag vir daai een!

Kom ons begin. Die 416 Rigby het 45 grade skouers. Die 450 Rigby 40 grade. Die 505 Gibbs 37.5 grade. Het jy al ooit gehoor van voer probleme met enige van die rondtes agv die ontwerp? My 375 Ackley, 416 Rigby en 505 Gibbs voer gladder en vinniger as pergasie deur n honger hond. Die 40 grade skouer as sulks het niks te doen met magesyn kapasiteit nie, deursnee van die rondte bepaal dit. My 375 vat nog steeds dieselfde hoeveelheid rondtes in sy magesyn as wat hy standaard gevat het. In my eerste 375H&H Brno wat ook ge-ackley was was dit ook die geval.

Groetnis
Wout

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Fri Oct 05, 2018 12:59 pm
by Frederik
Wouter, klink of jy al lank die goeie idees het.
Hier kom die nuwe ".500 Wouter" kaliber manne.

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Fri Oct 05, 2018 1:30 pm
by Capt. Yoda
Heinz Petersen wrote:Ek het ook lank na die 338 reekse gekyk. Het toe maar op die 300NM AI besluit met n 35 grade skouer. Die aksie is gebou deur Geofry Barrebal. Ek sal n 215gr punt teen 3100f/sek kan skiet. Die "reamer" wat oppad is, is ook fyn uit gewerk vir die kamer se sny.
Seker nie die ideale "all rounder" vir almal nie, maar vir wat ek daarmee wil doen.

Daai is vir my die ideale LR jag kaliber/ koel combo. As ek hom self kon ontwerp sou ek die nek dalk bq langer maak maar dit is net ek

Henk die 25 "SLR" skiet baie mooi

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Sat Oct 06, 2018 9:09 pm
by Hansieslim
Ek vind hierdie draad baie leersaam. Met my bietjie ervaring het ek ook al gewens ek was so vaardig om sommer self kamers te kan oorsny sonder moeite. So lief as wat ek vir my .204 pea-shooter is, het ek ook al baie gewonder hoe hy sou wees as mens die dop net bietjie korter kon maak om die dopvolume met 'n 2 of 3% te verminder in die hoop dat dit sy ES kan verminder. Ek droom aan.

Wouter en Swede...ons moet dalk mekaar in gedagte hou vir daai 40 grade Creedmoor reamer asb. Groetnis.

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Sat Oct 06, 2018 10:21 pm
by Rudiejacobs
N perfekte .257 sou vir my ook maar basies n 6.5 creed dop wees met die 40 skouer. Daarmee sou ek graag eerder n 130-140gr koel wou he met n 0.600 plus bc. Natuurlik ok n lang loop, ten minste 30" maar ja vir nou is daai koel net n droom. As mens daai koel darem teen so 2850fs rond kon stuur. Maar dan aan die ander kant sal jy op 1000m dan maar eintlik net iets soos die 6slr se performance simileer.
So hoekom die wiel her ontwerp!
Soos Wouter se op papier beten die 25 06 nie veel nie, maar in praktyk n ander saak!

Groete
Rudie.

Sent from my SM-G800F using Tapatalk

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Sun Oct 07, 2018 9:49 am
by Geno

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Sun Oct 07, 2018 10:13 am
by Rudiejacobs
Dankie Geno.

Iemand het my drome gelees.
Ek wonder hoe lank gaan dit wees voor ons daai koele hier sal kan kry.

Rudie.

Sent from my SM-G800F using Tapatalk

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Sun Oct 07, 2018 10:31 am
by Andre308
Daar is dit nou. Almal wil tog so graag n Creedmoor he.

Wat my wel van daardie tipe skrywes pla, is dat die man het klaar gesien sy druk is in die rooi met die LRP doppe, en nou skiet hy maar die SRP doppe om sy "ref limmiter" weg te steek. Nie iets wat sou doen nie!

Andre

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Sun Oct 07, 2018 3:29 pm
by Nico Harris
https://blackjackbullets.com/?v=68caa8201064

Kyk wat maak die ouens met die .257 cal.

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Sun Oct 07, 2018 7:45 pm
by Silent Hunting
Jy sien, klink al hoe meer na my volgende speelding. Lekker ding is dat Gerrie n 286 SLR reamer het wat perfek sal werk met die 257.

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Sun Oct 07, 2018 8:27 pm
by Nico Harris
Ja ek moet sê daai hoë bc .257 koeëls laat my gat ook jeuk!

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Sun Oct 07, 2018 8:36 pm
by Rudiejacobs
Dink julle manne daai koels sal stabiliseer in n 1/10 loop?

Rudie.

Sent from my SM-G800F using Tapatalk

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Sun Oct 07, 2018 8:46 pm
by Nico Harris
Rudie die man gee baie info op facebook. Hy gebruik 1 in 8” twist lope.

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Sun Oct 07, 2018 8:54 pm
by Rudiejacobs
Sal gaan loer dankie Nico.

Rudie.

Sent from my SM-G800F using Tapatalk

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Sun Oct 07, 2018 9:06 pm
by Silent Hunting
Dink net daar gaan probleme wees om ordentlike punte te kry in SA.

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Mon Oct 08, 2018 8:18 am
by Wouter Roets
More Manne

Ek sien al weer n nuwe flavor of the month op die horison. Ek onthou destyds toe ek na 257 lope gekyk het was 1:10 al opsie beskikbaar. Glo dit sal verander in die nabye toekoms.

Het nie een van julle dan al gedroom van die groter kalibers nie?

Groetnis
Wouter

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Mon Oct 08, 2018 8:45 am
by Frederik
Wouter Roets wrote: Het nie een van julle dan al gedroom van die groter kalibers nie?

Groetnis
Wouter
Mal idee weet nie of dit sal werk nie korterige vet dop van 500 Jeff afgenek na 8mm of .375

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Mon Oct 08, 2018 9:06 am
by Silent Hunting
Wouter Roets wrote:More Manne

Ek sien al weer n nuwe flavor of the month op die horison. Ek onthou destyds toe ek na 257 lope gekyk het was 1:10 al opsie beskikbaar. Glo dit sal verander in die nabye toekoms.

Het nie een van julle dan al gedroom van die groter kalibers nie?

Groetnis
Wouter

Wouter, ek is maar recoil sku. My 9.3 limit wat groot betref.

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Mon Oct 08, 2018 9:16 am
by andre007
Silent Hunting wrote:
Wouter Roets wrote:More Manne

Ek sien al weer n nuwe flavor of the month op die horison. Ek onthou destyds toe ek na 257 lope gekyk het was 1:10 al opsie beskikbaar. Glo dit sal verander in die nabye toekoms.

Het nie een van julle dan al gedroom van die groter kalibers nie?

Groetnis
Wouter

Wouter, ek is maar recoil sku. My 9.3 limit wat groot betref.
Bang@t! :angel:

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Mon Oct 08, 2018 9:59 am
by Wouter Roets
Freek

As jy hom gaan afnek op sy huidige lengte gaan jy met n baie overbore rondte sit, selfs met die 375. Dink aan nommers soos die 375/408 Cheytac wat gebasseer is op die 505 Gibbs dop. Jy praat hier ban groot getalle energie en spoed. Hierdie rondtes se aplikasie sal uitsluitlik langafstand skiet wees. Jy kan natuurlik die rondte heelwat verkort, met die uitkoms van n idiale all rounder rondte vir die 375 veral vir teikenskiet. 8mm het nie eintlik geskikte koeels vir die aplikasie nie en ek persoonlik dink daar sal beter voog doppe daar buite wees om in die kreteria te voldoen. Selfde geld eintlik vir die 375.

Groetnis
Wout

Ps. Henk sit vir hom n silencer op. Ek kan vir jou nommer of twee aanstuur van ouens wat ek ken in die game.