Page 4 of 5
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Tue Jan 15, 2019 12:40 pm
by Wouter Roets
KX250
Prys is R25 per sakkie en sal by ons perseel hier in Irene afgehaal kan word.
Groetnis
Wouter
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Tue Jan 15, 2019 2:41 pm
by Steyr270
KX250 wrote:Ja, as jy vir ons 'n finale prys het sal ek seker wees.
Stem
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Jan 17, 2019 11:15 am
by Rigby
Wouter - sit my asb op vir 100 sakke
Dankie
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Jan 17, 2019 9:05 pm
by JK
Ons koop altyd daai saamgeperste houtskool bolle om saam te vat as ons noord ry. Ja jy kry hout by die meeste kampplekke maar dit is vuurmaak hout. As die vlam weg is sit jy met as. Bome groei te vinnig hoe verder noord jy ry, bo die mopanie strook. Daai donkie balle maak lekker kolle. Hier rond werk basterkameel nie sleg nie..
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Wed Aug 28, 2019 4:51 pm
by win270
Ek neem aan hout word nou weer fluks verkoop en dis hoeka Nasionale Braaidag op Dinsdag, 24 September 2019.
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Wed Aug 28, 2019 6:16 pm
by Joe13
Wouter het jy dalk nog hout?
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Aug 29, 2019 8:45 am
by Wouter Roets
Ongelukkig nie Joe. Koop nou maar ook soos n paloeka aan.
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Aug 29, 2019 1:49 pm
by Jake1
Rooibos hout by ons is die nommer 1, ek dink oor 50 jaar as meeste inheemse bome weg is gaan hulle sê, om te dink in die oudtyd het mense tot Rooibos hout gebruik vir braaivleis, en hulle het sommer onnodig ekstra opgegooi as die vrouens nie kyk nie net om verder te suip

Ek pleit skuldig, Rooibos is koning
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Aug 29, 2019 2:09 pm
by Capt. Yoda
Ek gaan dam vanaand bq van die bosveld se beste gebruik vir n braaitjie, sal maar woolies se charcoal vir n volgende braai bere
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Aug 29, 2019 2:12 pm
by Harambe
Eintlik braai gas die beste, maar hout suip beter.
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Aug 29, 2019 2:14 pm
by Capt. Yoda
Harambe wrote:Eintlik braai gas die beste, maar hout suip beter.
Is maar soos jag en ver skiet, ons noem dit maar braai dan weet almal wat aan gaan
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Aug 29, 2019 3:17 pm
by Harambe
Capt. Oblivious wrote:Harambe wrote:Eintlik braai gas die beste, maar hout suip beter.
Is maar soos jag en ver skiet, ons noem dit maar braai dan weet almal wat aan gaan
Ek he nie gese ek keur die af nie

Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Aug 29, 2019 4:59 pm
by Gawie(13mm)
Harambe wrote:Eintlik braai gas die beste, maar hout suip beter.
Nee o @$^#×!
'n Vliegtuig uit die Noorde het jou seker hier vergeet in die Kaap.
Gas is vir vuur aansteek en sous maak op die stoof.
As jy met gas wil braai, gaan suip by die Spur.

Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Wed Mar 23, 2022 9:50 am
by sako 30-06
More Wouter en al die manne
Met ons crap hout wat ons hier te koop kry het ek bietjie begin soek vir iemand wat weer hout kan verskaf.
Ek het n kontak gekry in Thabazimbi vir Snuifpeul hout en ook charcoal gemaak van snuifpeul en hardehout (Die charcoal wat op die plaas gemaak)
Ek moet eerlik wees dit is dieselfde kwalitiet van 12 jaar terug, maar ongelukkig nie meer teen dieselfde prys nie.
Charcoal 4kg - R35
Hout standaard plastiek sak van so 8kg - R25
Laat weet maar as iemand belangstel, dan kan ek begin kyk na getalle.
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Wed Mar 23, 2022 10:35 am
by win270
Ek het so 18 maande gelede hout bestel van Schalk vd Merwe (COAL slaghuis by Honeydew, Randburg). Die hout was hoofsaaklik kameeldoring en ander goeie / harde hout uit die Kalahari. Prys was ook daardie tyd baie redelik en is by my huis afgelewer. As julle wil, kan ek ook vir Schalk kontak en vasstel of hy weer in Gauteng-area kan lewer en wat die pryse deesdae is. Laat weet gerus.
Groetnis
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Wed Mar 23, 2022 6:26 pm
by win270
Ek't intussen by Schalk vd Merwe uitgevind (sien hierbo). Hy is gretig om hout te verskaf. Sy advertensie lui soos volg:
Bestellings kan geplaas word op 010 109 3785 of
manager@coalpty.co.za Braam of Naomi. Groot sakke R85/25kg Medium R55/15kg. Hout kom vanaf Vryburg en Toska. Meer as 10 sakke spesiale prys en aflewering gratis hier rondom honeydew en Randparkridge. Verder as dit R5,80/km.
Groete, Braam
Ek kan Schalk se braaihout werklik aanbeveel!
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Mar 24, 2022 11:05 am
by Wouter Roets
More Kerels
Ek kry nou seker in die laaste jaar of wat hout by Ronald en Stefan. Hulle besigheid se naam is Hout is Goud, n naam wet die twee werfetters by my gesteel het. Dit is kameeldoring wat in streepsakke kom vir R80 of is dit nou R85 afgelaai. Dit is nie vir my hinderlik om met die hout my vleis te offer nie so ek glo ek sal maar by hulle bly solank hulle hulle gedra, al is dit soos gewoonlik sleg.
Groetnis
Wouter
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Mar 24, 2022 11:12 am
by Capt. Yoda
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Mar 24, 2022 12:17 pm
by Apie
Hierdie hout is die beste!
Punda Maria
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Mar 24, 2022 12:49 pm
by PWV
Ek skiet 'n paar springbokke by AJ Burger in Sutherland se distrik. Hier rondom 12 die middag stop ons om iets vir middagete in die lyf te kry. Hy ken sy veld en die braaiplek is 'n hoekie in 'n rotsbankie wat die natuur spesiaal vir so 'n okasie ingerig het. Hy loop so 'n draai en skraap 'n paar droë stokkies bymekaar. 'n Plant wat so plat op die grond groei met takkies so dun soos jou wysvinger. (Die naam kan ek nie meer onthou nie).
Op hierdie paar stokkies het ons tjops en wors gebraai en ek weet nie of ek my verbeel het nie, maar dit was koningskos, van die smaaklikste wat ek al geëet het.
En wat van mieliestronke? Dit kan gladnie afgeskryf word nie!!!
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Mar 24, 2022 2:45 pm
by Capt. Yoda
Mieliestronk is n lekker Wes Transvaal hout, my Pa het altyd by Monsanto somer n ton op n slag gekry.
Hy rook net baie in die begin so jy moet hom maar petrol gooi as jy nie van rook hou nie, nou nie n kuier braai nie maar hy braai n vleisie lekker
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Mar 24, 2022 3:17 pm
by sako 30-06
Mieliestronke weer verseker lekker, veral as jy net vinnig n worsie wil braai.
So dit lyk darem of niemand gaan koud kry die winter nie.
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Mar 24, 2022 3:42 pm
by Eduard Venter
Net so vir bietjie interessantheid. Ek het so jaar terug bietjie begin hout sny en verkoop. Meestal geelhaak wat kurkdroog is. My kliënte was baie gelukkig en het sommer vinnig my voorraad gekoop. Al probleem was, teen R30 'n sakkie was dit nie vir my lonend gewees nie. Bygesê ek het met bakkie en trailer vervoer, en met wettige arbeid gesny. Diesel maak mens dood. So ja, dis jammer ons sukkel om goeie hout te kry en moet 'n arm en been betaal daarvoor, maar tog is dit die vuurtjie werd! Grootmaat is maar die antwoord in die besigheid lyk dit my.
Tienie jy moet maar 'n paar sakke mieliestronke saambring wanneer julle weer kom jag
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Mar 24, 2022 4:12 pm
by Methos
Ek braai gereeld met wingerd stompies - hulle werk heel lekker maar maak verskriklik baie as vind ek. Sit gereeld eikehout in die vuurherd in die winter - brand lank en baie minder as. 'n Vriend het vir my 'n hele neut boom wat hy afgesaag het gegee. Dit werk ook briljant. Het ook al vrugteboom hout gebruik. Perske, kersie en appel werk baie goed.
Ek braai baie met charcoal want ek braai meestal in my Weber maar sit altyd 'n stuk hout op die charcoal en as hy lekker brand maak ek die deksel toe. Die rook wat uitkom moet so baie baie ligblou wees. Vind kersiehour gee vir jou die beste smoke ring. Diep rooi. Ek het juis vanmiddag twee varkskouers gaan optel vir 'n vriend se verjaarsdag. Een gaan moreoggend op die Weber vir 8 ure en more aan gaan die ander een op vir kos vir 40 mense Saterdag. Ek maak pulled pork. Gaan lekker loop op 'n franse brood met asyn sous en koolslaai.
Re: Watter hout braai die beste?
Posted: Thu Mar 24, 2022 4:56 pm
by Capt. Yoda
Eduard Venter wrote: Thu Mar 24, 2022 3:42 pm
Net so vir bietjie interessantheid. Ek het so jaar terug bietjie begin hout sny en verkoop. Meestal geelhaak wat kurkdroog is. My kliënte was baie gelukkig en het sommer vinnig my voorraad gekoop. Al probleem was, teen R30 'n sakkie was dit nie vir my lonend gewees nie. Bygesê ek het met bakkie en trailer vervoer, en met wettige arbeid gesny. Diesel maak mens dood. So ja, dis jammer ons sukkel om goeie hout te kry en moet 'n arm en been betaal daarvoor, maar tog is dit die vuurtjie werd! Grootmaat is maar die antwoord in die besigheid lyk dit my.
Tienie jy moet maar 'n paar sakke mieliestronke saambring wanneer julle weer kom jag
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Wat jy nou se is hoekom ons sukkel met hout veral hier bo. Die goeie hout werk te duur uit om te sny en te vervoer en die k.ak hout wat ons hier kry wat hulle somer hier langs die N1 sny kan jy nie met 7 pakke blitz en n liter petrol n kool van maak nie.R80 vir n groot sak is nie baie nie maar meeste hier het nie pak plek om 50 sakke te koop nie en jy kan dam ook nie n man bel en vra jy soek 2 sakke van vaalwater af nie so ons wil Saterdag gou ry en 3 sakke gaan koop. Ons wou ook so hout smous ding doen op n kol maar ek weet tot vandag toe nie hoe jy regtig geld maak nie tensy jy 17 kliente met braai plekke soos Wouter het. As jy n link n week by garages kan af laai sal jy geld maak maar hulle koop eder daai goedkoop bluegum, is maar soos biltong smous
Soos ek n jaar of 3 terug in die draat gese het ek braai ma met woolies se kole, jy weet dam wat jy kry. As ek by my Pa of Wouter braai sal ek die vuur waardeur