Springbok uit die lê posisie op 200m
Rooibok uit die posisie op 100m
Vlakvark uit die staan posisie op 35m
Gongbaan uit die posisie 150, 175, 200, 185 en 200m
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Mon Sep 16, 2019 8:29 am
by Riebeeker
Arnold wrote:
ruaanb wrote:netjiese kolf daai Arnold vertel bietjie meer asb
Hierdie was Ruan Smal se kolf en is gemaak deur JC van Niekerk. Ek dink hy werk bietjie beter vir hierdie tipe skiet as die B&C kolf wat ek ook het vir die geweer.
Die 105gr RDF is ge-HBN en loop teen so 2950fps met die laaste bietjie S365 wat ek het. Loop is net 24" en het n Gunwarrior range friendly brake op waarop ek die Warrior shorty silencer direk kan skroef.
Hierdie was die eerste skote met die geweer nadat ek die loop ingebreek en hom gezero het. Die RDF se G7 BC is definitief hoër as die 0.275 wat aangegee word deur Litz en dit lyk eerder soos 0.29
Bitter mooi Arnold. Al enige nuus oor die beskikbaarheid can die 6mm Creedmoor in SA?
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Mon Sep 16, 2019 8:42 am
by Arnold
Ek het nognie gehoor of die Howa 6 Creedmoors ingekom het nie maar ek is baie gelukkig met myne so glo hierdie gaan nog 'n treffer in die mark wees!
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Mon Sep 16, 2019 8:53 am
by Jake1
Ek het Google search gedoen Suid-Afrika, lyk my nie Howa 6mm Creedmoor al hier nie
Sal ook nogal wil weet wanneer kom hy en wat verwagte prys kan wees
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Wed Sep 18, 2019 12:49 pm
by geelslang
Arnold hoe lank het hierdie bou jou gevat?
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Wed Sep 18, 2019 1:19 pm
by Arnold
geelslang wrote:Arnold hoe lank het hierdie bou jou gevat?
As ek hoor hoe die ander praat was dit seker nie lank nie. As ek gou kyk lyk dit soos middel November 2018 tot 22 Mei 2019 (nuwe kaartjie in die hand). Kom ons sê 6 maande.
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Thu Sep 19, 2019 8:06 am
by Izak H
Môre manne ek het 1 dag vir David Tubb, wat di 6xc ontwikkel het, 'n fb message gestuur oor die 6 creedmor vs 6xc, hier is sy antwoord://uploads.tapatalk-cdn.com/20190919/d2a560ae98fe64fcc0f36f48e6545b7d.jpg
Sent from my SM-G950F using Tapatalk
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Thu Sep 19, 2019 8:15 am
by Capt. Yoda
Kyk daar is niks fout met die XC nie maar vat maar wat ou David se met n knippie sout, in sy wereld is daar niks anders as sy produkte nie.
Hornady brass is van die duiwel maar daar is gelukkig nou baie goeie brass vir die Creedsters, eintlik beter brass as vir die XC
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Thu Sep 19, 2019 8:17 am
by Arnold
... maar nou gebruik ons Lapua doppe
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Thu Sep 19, 2019 8:30 am
by Williel
More almal, is dit haalbaar vir die 6 creed om 105 - 108 greiners teen 3200 vps te skiet met maksimum 28" loop?
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Thu Sep 19, 2019 8:50 am
by Wouter Roets
More Willie
Ja dit sal haalbaar wees en wat nog beter is is dat jy met n poeier soos S365 ook nog baie naby aan n node gaan wees. Nodespoed met 105gr gaan hier in die omgewing van 3180ft/sek wees.
Groetnis
Wouter
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Thu Sep 19, 2019 8:55 am
by Williel
Wouter Roets wrote:More Willie
Ja dit sal haalbaar wees en wat nog beter is is dat jy met n poeier soos S365 ook nog baie naby aan n node gaan wees. Nodespoed met 105gr gaan hier in die omgewing van 3180ft/sek wees.
Groetnis
Wouter
Dankie Wouter, dan klink dit vir my na n baie lekker veldskiet kaliber. Of dan 22 creed met 90 greiners.
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Thu Sep 19, 2019 8:59 am
by Wouter Roets
Willie
As jy enigsins n 224 kaliber oorweeg sal ek eerder na die 22-250 Rem of nog beter die Ackley weergawe kyk.
Groetnis
Wouter
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Thu Sep 19, 2019 9:49 am
by Arnold
Wouter Roets wrote:Willie
As jy enigsins n 224 kaliber oorweeg sal ek eerder na die 22-250 Rem of nog beter die Ackley weergawe kyk.
Groetnis
Wouter
Hoekom sê jy so? Die 22 Creed se dop is vir my beter as die standaard 22-250 en minder werk as die Ackley.
22 Creed doppe is beskikbaar of jy sal eenvoudig net die af nek van 6mm na 22 en dan het jy Lapua doppe met 'n klein primer
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Thu Sep 19, 2019 10:21 am
by Wouter Roets
Arnold
Vir my is die 22-250 Ackley so naby aan perfek as wat jy kan kry in die 224 kaliber. Ek verstaan ook glad nie die stelling dat daar werk is aan n Ackley nie. Jy laai die standaard dop op Ackley specs en skiet hom, so eenvoudig soos dit.
Groetnis
Wouter
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Thu Sep 19, 2019 12:24 pm
by Arnold
Wouter, ek het altwee maar die 6 is darem maklik. Ek sal nog sien wat die .22 maak.
22-250 AI vs. 6 CM
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190919/1de3098afea0e01ecdc87e891a32e374.jpg
Sent from my SM-G955F using Tapatalk
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Fri Sep 20, 2019 2:47 pm
by Wouter Roets
My Magtig Arnold ek ook!
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Fri Sep 20, 2019 3:03 pm
by Arnold
Wouter Roets wrote:My Magtig Arnold ek ook!
Ek weet en is eintlik verbaas dat jy nognie die 6 laat ackley het nie
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Fri Sep 20, 2019 3:21 pm
by Capt. Yoda
Hori daai Creed sal nogals style met n 40grade skouer
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Fri Sep 20, 2019 5:12 pm
by rockrabbit
Buurman skiet een, sal more gaan draai en foto neem.
Wie gaan sy hande op een kan sit en vir ons max COAL tot teen die lande meet met so paar van die bekende koeëls laat ons kan weet of hy ook 'n simpel lang freebore het soos die een wat GavinTube/Ultimate Reloader gehad het?
Geno kom in...
Edit: Jan sê hulle sal volgende week in die winkel wees
Re: 6mm Creedmoor Howa
Posted: Wed Feb 05, 2020 2:31 pm
by Capt. Yoda
Ag genade tog nou gaan ons nog minder ordentlike 6mm koels te koop kry......ek hoop hy daag in n 1/10 twist op