Page 4 of 4
Re: Swak werk
Posted: Fri Sep 28, 2012 8:53 am
by SV MAD (Henk)
Janee.
Dit is sulke dinge wat sal maak dat ek net velle laat looi en liewerste 'n mooi, vergrote foto opsit waar ek saam met my trofee dier sit...
Re: Swak werk
Posted: Fri Sep 28, 2012 3:24 pm
by Marc
Re: Swak werk
Posted: Fri Sep 28, 2012 6:00 pm
by BRNO (Pierre)
Marc, ek dink hierdie foto bevestig jou vermoede:
[img width=560 height=420]
http://i1251.photobucket.com/albums/hh5 ... oedoe2.jpg[/img]
Re: Swak werk
Posted: Fri Sep 28, 2012 6:36 pm
by Beretta
Hy adverteer tande pasta colgate smile lyk dit vir my

of is hy in die Kaapin gekiet
Beretta
Re: Swak werk
Posted: Sat Sep 29, 2012 8:45 am
by Stefan764
Beretta wrote:
Hy adverteer tande pasta colgate smile lyk dit vir my

of is hy in die Kaapin gekiet
Beretta
Of dalk kry sy tanne warm

Re: Swak werk
Posted: Mon Oct 01, 2012 3:16 pm
by Lourens Potgieter
Hier in Pretoria net noord van Kerkplein in Paul Kruger Straat is so "Afrika Apteek/Toordokter" winkel met 'n opgestopte ding wat lyk asof dit 'n leeuwyfie was eens op 'n tyd.....lagwekkend...
Re: Swak werk
Posted: Mon Oct 01, 2012 3:22 pm
by Eugene
Deeg wrote:
Hier in Pretoria net noord van Kerkplein in Paul Kruger Straat is so "Afrika Apteek/Toordokter" winkel met 'n opgestopte ding wat lyk asof dit 'n leeuwyfie was eens op 'n tyd.....lagwekkend...
Kry vir ons 'n kiekie da....!
Re: Swak werk
Posted: Mon Oct 01, 2012 5:16 pm
by Kallie404
Manne, ek hou hierdie post nou al n rukkie dop........hier is my beskeie opinie. Daar is swak werk en goeie werk wat swak word. Hierdie koedoe is n tipiese voorbeeld, ek dink hy was op sy dag nie te sleg nie maar het net hoegenaamd geen onderhoud/skoonmaak/ olie ens gekry nie. Hy hang in n oop lapa/ braaiplek en mens kan sien hoe die "lig" hom roer. Vra maar enige taksidermis dat "lig" een van die grootste vyand van opgestopte diere is. Ek dink dat sy bek/mond so hang/oop gebars het a.g.v vel uitdroging, ek het dit al baie gesien.
Ek behandel my trofees ten minste een maal per jaar op die volgende manier: stofsuig en stof eers af, "was" hom met n klam lap met water en n ligte seep soos " cleen green"( vee hom eintlik net goed af ), laat hom goed droog word en dan behandel ek hom met Nico van Rooyen se Olie-resep wat ek op verf met n kwas. Sodra al die olie in getrek het vee ek hom weer mooi af met n skoon lap. Die oe maak ek skoon met n bietjie spirits op n lappie en die horings sommer met Mr Min en n lap.Dan is dit terug muur toe
As iemand dalk die "olie resep" soek sal ek hom graag plaas om toekomstige voorbeelde soos die arme koedoe te voorkom
Jag en taksidermie is peper- duur deesdae, so kyk mooi na jou trofee en hulle sal mooi terug kyk na jou vanaf die muur

Re: Swak werk
Posted: Mon Oct 01, 2012 5:25 pm
by BRNO (Pierre)
Kallie dat hier geen onderhoud op die trofee gedoen word nie, is jy 100% reg, en dit is n jammerte, want die trofee kon dalk beter vertoon het, indien dit onderhou was. Maar, jy moet saamstem, dat die hele form van die skedel, na n koedoe gelyk het, laas n sekond voor die skoot geklap het.
Plaas asb jy resep hier, aangesien ek self n trofee of twee het wat onderhou moet word.
Re: Swak werk
Posted: Mon Oct 01, 2012 6:22 pm
by Kallie404
Raait Pierre hier volg hy........Wyle Taksidermis Nico van Rooyen se "Resep"
1 Deel Amandel olie ( vra by n apteek), 1 deel Vaseline ( gewone wit reuklose ) en 10 dele parrafien. Neem n ou pot/kastrol en sit verkieslik op stoof plaat ( vermy oop vlamme ). Gooi 10 dele parrafien in en laat net warm word, moet glad nie kook of borrel nie, neem 1 deel Vaseline en los op in Parrafien, gooi een deel amandel olie in en roer stadig totdat alles mooi opgelos is. Haal af vanaf stoof en laat afkoel. Gooi in ou skoon 2 liter houers en gebruik soos nodig. Voor gebruik skud die bottel net goed om alles weer te meng.
Ek gebruik sommer n skoon kwas en verf dit mildelik op trofee. Pasop net vir trofees soos vaalribbok ens wat dik wollerige hare het, daar verf ek dit net op die dele wat nie so wollerig/ dik is nie en op die gesigte en ore. Julle sal sommer sien hoe slurp die trofee die mengsel op

en hoe dit intrek. Hierdie mengsel werk al jare vir my, hoop dit help ook iemand op die forum

Re: Swak werk
Posted: Sun Nov 18, 2012 7:29 pm
by Marc
Kallie404 wrote:

Klink na dieselfde mengsel wat ek by die Taxi kry om myne te onderhou.
Moet s? dat Trophy Care se produk my baie beindruk het