Page 4 of 10

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri Aug 25, 2017 5:14 pm
by Raakgeskiet
Hallo
Het van julle al S 355 kruit gebruik vir 'n .223?
Ek het nou per ongeluk dit gebruik in plaas van S 335, en is nie lus vir punte trek nie, maar sal dit doen as dit moet.
Laat weet asb.
Groete
Steve
Ps: Dis nou vir die 50 grein punte van Hein.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri Aug 25, 2017 5:32 pm
by Raakgeskiet
Ek het begin by 23,4 grein tot 24,3 grein

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri Aug 25, 2017 5:43 pm
by Hein22
Steve, die S355 gaan baie lae ladings gee. Ek vermoed soveel so dat jy moontlik heelwat blowback gaan kry agv die dop wat nie mooi seel nie. Ek dink nie die resultate gaan goed lyk op papier nie maar as jy hulle sommer net wil uitskiet kan jy seker so maak.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri Aug 25, 2017 5:49 pm
by Raakgeskiet
Ok dis reg so, solank hulle net nie te warm is nie is dit gaaf.
Dit is nuwe doppe wat ek sommer ook fire form.
Dankie Hein

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri Aug 25, 2017 10:20 pm
by FransP
Hein, ek sal ook belangstel in so pak 250. As jy 500 of 1000 pakke maak sal ek ook daarna kyk.

Sent from my SM-G935F using Tapatalk

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Sat Aug 26, 2017 11:11 am
by Hein22
Frans, ek pm jou.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri Sep 08, 2017 12:27 pm
by Hein22
Ek het weer so 3000 koeeltjies beskikbaar.

250 - R400 + posgeld
1000 - R1400 + Posgeld

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Sat Sep 09, 2017 8:26 pm
by Frikkie die Rot
Naand,
Ek het vandag oorhaastig van my cheapies gelaai in my 22250 sendero. Lading gesteel van my 50gr V-MAX en gaan skiet. Sako doppe. Ek is moerse verras en wil asb nog 1500 bestel. Groep geskiet uit hilux se ruit op 200m

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Sat Sep 09, 2017 8:57 pm
by Hein22
Frikkie het gevra ek hierdie foto vir hom laai. S335, 36gr. 1:14 twist

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Sat Sep 09, 2017 9:09 pm
by Frikkie die Rot
Dankie Hein

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri Nov 17, 2017 5:17 pm
by Tokka777
Hi Hein het jou nog van die koeels beskikbaar

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri Nov 17, 2017 5:24 pm
by Hein22
Hi Tokka, ja ek het.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri Nov 17, 2017 5:31 pm
by Tokka777
Watse grein het jy Hein

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri Nov 17, 2017 10:44 pm
by Hein22
Tokka, ek het vir jou 'n PM gestuur...

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Fri Dec 29, 2017 10:02 pm
by Basie2
Hein, baie dankie vir die 50gr punte. Ons het dit in 22/250 met 26” loop gelaai en was heel verras. Ons het die volgende gelaai:
55gr V-Max, 55gr Hornady SP en diè 50gr pilletjies van jou en al 9 skote in sub-moa geskiet op dieselfde teiken!! Al drie ladings is dieselfde, net die aol verskil, maar ek is baie beindruk.
Baie dankie.
My skoonseun het 223 gekoop, so ons gaan verseker van jou dienste gebruikmaak

Sent from my iPad using Tapatalk

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Wed Mar 07, 2018 1:20 pm
by RaptorSS
Middag manne! Wil bietjie hoor of iemand al die koeels uit n AR15 geskiet het en of dit mooi gewerk het? Ek het onlangs n AR gekoop met n 16 duim loop en 1:8 twist en maak nou die nodige herlaai komponente bymekaar sodat ek kan begin speel as die lisensie hier is. Het al op n paar plekke gelees dat die AR's n redelike agresiewe profiel het party koeëls soos CMJ's laat opbreek voor dit die teiken tref. Hoor graag van enige praktiese ondervindings!

Sent from my SM-G935F using Tapatalk

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Wed Mar 07, 2018 9:12 pm
by Capt. Yoda
Hein het jy al daai Swaro gemount wat jy met jou eerste plek by swarovski se gong dag gewen het met jou diy koels

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Wed Mar 07, 2018 9:39 pm
by Hein22
;D

Nog nie, maar ek het darem so bietjie met hom gespeel oor die naweek... wens ek kon op elke geweer 'n Swarovski sit, regtigwaar great scopes.

Ons is baie tevrede met hoe ons koeels vaar. Ons is nou in 'n R&D fase en ek en my skiet maat sit hulle nou so bietjie op die proef deur hierdie jaar kompetisies met hulle te skiet. Ons het met 88gr koeels geskiet op die Swarovski.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu Mar 08, 2018 6:33 am
by Armand Steenkamp
Hein22 maak jy hulle in ligter gewigte? Ek sal like om as my Hornet se liksens kom hulle in hom te probeer. 40greiners sal lekker werk glo ek.

Groetnis

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu Mar 08, 2018 7:34 am
by ruaanb
Hein22 wrote:;D

Nog nie, maar ek het darem so bietjie met hom gespeel oor die naweek... wens ek kon op elke geweer 'n Swarovski sit, regtigwaar great scopes.

Ons is baie tevrede met hoe ons koeels vaar. Ons is nou in 'n R&D fase en ek en my skiet maat sit hulle nou so bietjie op die proef deur hierdie jaar kompetisies met hulle te skiet. Ons het met 88gr koeels geskiet op die Swarovski.
Nogsteeds 224 cal of is die 88gr 243 cal. Ek het so lanklaas met die 222 geskiet sal hulle weer 'n slag moet afstof.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu Mar 08, 2018 7:48 am
by Hein22
Sorry, dit is 88gr 243 koeels. Hulle is ook nie gemaak met .22 lr jackets nie maar met berger jackets.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu Mar 08, 2018 7:49 am
by Hein22
Armand Steenkamp wrote:Hein22 maak jy hulle in ligter gewigte? Ek sal like om as my Hornet se liksens kom hulle in hom te probeer. 40greiners sal lekker werk glo ek.

Groetnis
Armand, ons sal 40gr koeels ook binnekort maak.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Thu Mar 08, 2018 8:17 am
by ruaanb
Hein22 wrote:Sorry, dit is 88gr 243 koeels. Hulle is ook nie gemaak met .22 lr jackets nie maar met berger jackets.
Ah netjies man.

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Mon Mar 12, 2018 12:28 pm
by Armand Steenkamp
Skitterind! Wat is die 6mm koeels se pryse of verkoop jy hulle nog nie?

Re: Ek maak nou my eie 224 koeëls van 22LR brass

Posted: Mon Mar 12, 2018 1:49 pm
by Nella
Hein laat asb weet prys op .22 cal 50gr
Dankbaar