Page 4 of 5
watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Sun Apr 23, 2017 9:08 am
by Rudi Fischer
Gister 400 x 223 Doppies skoon gemaak.
Vir die volume doppies het ek n eet lepel sunlight liquid, twee sakkies tartaric acid en lou warm water dat as die tumber regop staan, die water die doppies en media met 5cm toe maak.
Voor
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170423/7ba15ee08447946aa2427a186572fc1c.jpg
Na
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170423/d0fef1c09dd79c583cbd2fd0877ab80b.jpg
Na die tyd spoel ek dit baie goed af in koue water en pak op n handdoek uit om self droog te word.
//uploads.tapatalk-cdn.com/20170423/df54b839ceac97540662c22aba5e3bb0.jpg
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Sun Apr 23, 2017 9:32 am
by Geno
Capt. Oblivious wrote:Is daai ander 338 peanut van laas
Dis nogal net hy.
Usernames wat hy al gebruik het is KC1, Pumba, 338lapuafa en na ek hom geban het laasnag het hy onder 2936fps geregistreer.
Ons los alle posts nes dit is sodat mense sien hoe ons hier werk. Gawie het die ou se aanval baie goed hanteer en kalm gebly!
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Sun Apr 23, 2017 9:36 am
by joe rocket
Waar bly hy?
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Sun Apr 23, 2017 9:37 am
by Geno
joe rocket wrote:Waar bly hy?
Hy bly nou stil!
Grap sommer. Ek dink Vaaldriehoek of Parys as ek reg onthou.
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Sun Apr 23, 2017 9:43 am
by joe rocket

Dankie.
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Sun Apr 23, 2017 9:51 am
by jankraay
Geno ons skiet die 24ste Junie op Parys so hy kan sy 10 skiet saam met ons kom uit oef. Manne julle het sy aanvalle mooi hanteer.
Antwoord op die draad: ek gebruik Sunlight en Tartaric Acid en dit werk lekker. Elke man se persoonlike keuse soos die manne se.
Groete
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Sun Apr 23, 2017 5:32 pm
by PWV
Rudi Fischer
Nou ja, wat wil jy nou meer hê? Mooi!
"Elementary, my dear Watson."
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Tue Apr 25, 2017 5:53 am
by PietWessie
Haha. Ek het nou lekker gelag vir die draad. Amper raak die skoon doppe n morsige storie...
Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Tue Jul 02, 2019 8:15 am
by SinWolf
Ek het nou die draad van begin tot einde gelees… Nogals mooi my m--r gestrip vir daai "MrBatlein" ou… Baie bly hy is toe verban…
Ek wil net bevestig, sou ek die Tartaric acid en CleanGreen gebruik… Wat is julle verhoudings??
Iemand het gese gooi 1 pakkie Tartaric acid saam met 'n bottle CleanGreen en gebruik dan net 'n kwart doppie op n slag...
Is die Tartaric acid sakkies altyd dieselfde hoeveelheid? Koop mens dit net in poeier of kry jy dit in n vloeistof ook? Wat was die CleanGreen bottle volume? Ek weet jy kan dit in n spuit bottle of 5ltr bottle koop? En dan kwart doppie?? Watse grootte doppie praat ons van?
So ek wil die resep probeer, maar ek wil net n idee kry van verhoudings…
Ek wil so 150 30-06 dope was en ek gebruik die "Frankfort Arsenal Tumbler" met S/S media….
Ek sien ook iemand het genoem dat hulle die dope met net 5cm water bedek, maar my tumbler se instruksies se ek moet die tumbler vol water maak… Wat verkies julle manne of vind julle manne werk beter??
Baie dankie
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Tue Jul 02, 2019 9:22 am
by Antondup
More
Ek het n ruk terug vir my by SA tumblers n wet media tumbler gekry. Ek doen maar alles volgens hulle instruksies en maak die tumbler 3/4 vol warm water en gooi n teelepel skottelgoed seep en dan n teelepel elk van die tartaric acid en citric acid. Dit werk baie mooi vir my en my doppe kom baie skoon uit. Iets anders wat ek na die tyd doen is om die tumbler droog te maak binne, die doppe weer in die tumbler te gooi saam met n paar micro fibre lappe en net vir n kort rukkie so te tumble. Dit maak die doppe mooi droog aan die buitekant (ek is nie mal oor die water vlekke op my doppe nie

) en dan laat ek dit staan om binne en die primer pocket droog te kry. Ek moet se die acetone idee van Gawie klink na iets wat ek in die vervolg sal probeer.
Groete
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Tue Jul 02, 2019 9:27 am
by SinWolf
Antondup wrote:More

Dankie
Ek sien Robertson Spiced het Tartaric acid op die rak by die spices... Waar kry mens die Citric acid?
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Tue Jul 02, 2019 9:31 am
by Antondup
Hi Sinwolf
Moet nie in die winels daai tipes gaan koop nie, dis baie duur, indien jy n pack n spice winkel of n bak winkel naby jou het gaan vra daar vir dit, hier by my is n bakers bin en het albei op grootmaat teen n baie baie beter prys gekry as die klein botteltjies in die gewone winkels, en dit is dan in 500g of 1kg sakkies as ek reg kan onthou. As daar nie so n plek naby jou is nie sal die in pnp of spar maar die job doen.
Groete
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Tue Jul 02, 2019 11:27 am
by OosKaapJagter
Almal spog met hul resepte en die meeste werk. Ek self gebruik Sunlight en Tartaric Acid.
Kom ek noem net wat werk nie! In my Frankford Arsenal tumbler was daar so enkel sakkie skoonmaakmiddel. Eendag besluit ek om dit tog te probeer en dit werk toe uitstekend; selfs beter as die normale resep. So kyk ek toe uit vir die goed en kry eendag 'n bottel daarvan in 'n wapenwinkel. Ek het natuurlik soos my agterent gekyk en het per abuis die "Sonic Cleaner" se doepa gekoop.
Met die beginsel van meer is beter, gooi ek toe die volgende keer my normale resep in, maar dink toe watse skade kan so bietjie van die "sonic cleaner" se mengsel doen as ek dit bygooi.
Al wat ek sal sê is dat jy sulke vaalgrys doppe met so taaierige aanpaksel uitkry. Gelukkig het 'n daaropvolgende siklus met Sunlight en Tartaric acid alles weer reggekry.
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Wed Jul 03, 2019 9:23 am
by SinWolf
Antondup wrote:Hi Sinwolf
Moet nie in die winels daai tipes gaan koop nie, dis baie duur, indien jy n pack n spice winkel of n bak winkel naby jou het gaan vra daar vir dit, hier by my is n bakers bin en het albei op grootmaat teen n baie baie beter prys gekry as die klein botteltjies in die gewone winkels, en dit is dan in 500g of 1kg sakkies as ek reg kan onthou. As daar nie so n plek naby jou is nie sal die in pnp of spar maar die job doen.
Groete
Dankie... Het by SA Baking Supplies gekoop...
500gr Citric acid - R18
500gr Tartaric acid - R21
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Wed Jul 03, 2019 9:25 am
by SinWolf
Ek gaan nou die volgende verhoudings gebruik...
2 telepels Citric Acid
2 telepels Tartaric acid
50ml clean green
En dan tumbler drom 3/4 water...
Ek gaan vanaand doppe was...
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Wed Jul 03, 2019 10:46 am
by PWV
SinWolf, jou resep het darem baie min bestanddele!!

Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Wed Jul 03, 2019 11:14 am
by Duif
PWV wrote:SinWolf, jou resep het darem baie min bestanddele!!

Ek gebruik net 1 teelepel van elk.
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Wed Jul 03, 2019 11:20 am
by Malan123
Gebruik niemand nou meer citric acid en suurlemoensap nie??? Julle weet nie wat julle mis nie

Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Wed Jul 03, 2019 12:10 pm
by PWV
Malan123 wrote:Gebruik niemand nou meer citric acid en suurlemoensap nie??? Julle weet nie wat julle mis nie

My vrou gebruik suurlemoensap in haar tee!
Ciric acid is te suur!

Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Wed Jul 03, 2019 12:12 pm
by Malan123
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Wed Jul 03, 2019 4:32 pm
by Gawie(13mm)
Nou hoe weet Google wat die Tannie in haar tee drink?
Daar heel aan die begin van die draad; voor Geno die hammer moes uithaal, het ek verduidelik soos ek dit verstaan. Suurlemoensap bevat sitroensuur. Om die twee nou te wil meng en saam te gebruik is soos om 'n miggie met 'n staalborsel te wil was.

Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Wed Jul 03, 2019 5:28 pm
by PWV
Gawie(13mm) wrote:
Nou hoe weet Google wat die Tannie in haar tee drink?
Daar heel aan die begin van die draad; voor Geno die hammer moes uithaal, het ek verduidelik soos ek dit verstaan. Suurlemoensap bevat sitroensuur. Om die twee nou te wil meng en saam te gebruik is soos om 'n miggie met 'n staalborsel te wil was.

Benewens die sitroensuur in die suurlemoen, is daar ook nog suiker in suurlemoensap. Suiker is taai!
Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Jul 04, 2019 8:12 am
by SinWolf
SinWolf wrote:Ek gaan nou die volgende verhoudings gebruik...
2 telepels Citric Acid
2 telepels Tartaric acid
50ml clean green
En dan tumbler drom 3/4 water...
Ek gaan vanaand doppe was...
My resep het BAIE goed gewerk... Water was BAIE seeperig so ek sal dalk die Clean Green verminder na 25ml...
Die resep wat ek gewoonlik gebruik het was wat iemand by S&O met my gedeel het... 2 x eetlepels dishwasher poeier...
Wel ek kan julle dit se, die doppe wat ek gister aand gewas het was die 1ste keer met die dishwasher peoier gewas... (Sien foto regs)... 2de keer met nuwe resep... Die water uit tumbler was pik giet swart... Die water was NOG NOOIT so vuil deur NET dishwasher poeier te gebruik nie...
Maar ek is nou happy
https://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=46378&sid=a9d9ca61ecacb0ac2aca743f1ea808de
https://www.jaracal.com/download/file.php?mode=view&id=46377&sid=a9d9ca61ecacb0ac2aca743f1ea808de

Re: watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Jul 04, 2019 9:36 am
by PWV
SinWolf wrote:SinWolf wrote:
Ek gaan vanaand doppe was...
My resep het BAIE goed gewerk... Water was BAIE seeperig so ek sal dalk die Clean Green verminder na 25ml...
Die resep wat ek gewoonlik gebruik het was wat iemand by S&O met my gedeel het... 2 x eetlepels dishwasher poeier...
Wel ek kan julle dit se, die doppe wat ek gister aand gewas het was die 1ste keer met die dishwasher peoier gewas... (Sien foto regs)... 2de keer met nuwe resep... Die water uit tumbler was pik giet swart...
Die water was NOG NOOIT so vuil deur NET dishwasher poeier te gebruik nie...
Maar ek is nou happy

Daar het jy die antwoord! Die water was nog nooit so vuil deur NET dishwasher te gebruik nie. Stel voor jy gooi bietjie tartaric acid by sodat die water nie so vuil word nie!!

watse skoonmaak middel in jou s/s media tubler?
Posted: Thu Jul 04, 2019 4:38 pm
by Theunodb
Hierdie is die before:
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190704/f1f17504d94fadbab34ffc2113db4ee6.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190704/b6503e74ef5664c0dc4ef9e6e53d7a3c.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190704/937bfdea1c98944742e8bce3a9facfd8.jpg
Hierdie is die after:
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190704/2b3283c67fe04c861cf35fcf66788219.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190704/443a30ef667c70383f222e98991ca5e9.jpg
//uploads.tapatalk-cdn.com/20190704/8a99fa48a37258dcf17398fd1765e4ee.jpg
Was hier vir raad, en n resep, maar het toe skoon vergeet om alles by te gooi. Hierdie is hoe die doppe gelyk het met 100% H2O