Watter kaliber vir langafstand skiet.

Everything regarding Long Range Shooting and Hunting here / Alles rakende Langafstand skiet en jag hier
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Machann »

My verstaan is dat die 338 Lapua die eerste kaliber is wat met skerpskitters ingedagte ontwikkel was. My verstaan is ook dat dit om die 250gr Hornady BTHP was. So die 300gr ander hoër 338 punte het eers later gekom. Voor dit was n 338 maar n bos geweer? So was die 6.5 op baie min van ons se lippe so paar jaar terug as LR kaliber. So ook was die 416, 408 en 375 vir baie lank n “olifant” kaliber. Nou sit mens met die Cheytac en Barret ens. en so die .224, .243, .270 ens

In die selfde asem het mnr Litz so paar jaar gelede die “what is wrong with .30 cal” artikel geskryf. Nou paar jaar later kies SOCOM die 300 Norma Mag vir hullle nuwe Advanced Sniper Rifle (ASR) en groot aandeel daarvan te danke aan Todd Hodnett en Bryan Litz. Gaan lees bietjie hierdie, wens hy wil dit doen met die nuwe BC vir die 230gr Berger.

http://www.appliedballisticsllc.com/Art ... 8_Rev1.pdf

Ek dink so het slefs n .303 en 8mm potensiaal as LR kaliber met die regte punt. Iemand moet dit net begin ontwikkel. 8x68 RWS met die regte punt?

Verder is dit waar dat ons kruit nie reg is vir sekere of meeste van die groot kalibers. Aan die ander kant dink ek daar is ook te veel van ons (praat met myself ook) wat aan QL glo soos die Bybel en wys baie vining vinger en skiet goed af sonder dat ons al die data het. “In theory, theory and practice are the same. In practice, they are not.” Hierdie geld vir QL ook volgens my. Daar is gewere daar buite wat moet erg druk wys volgens QL maar hulle doen glad nie.

Gegewe dit dit is my raad is om die “worst case scenario atmospheric conditions” te gaan verifieer. Gaan kyk bietjie wat is die hoogste atmosferiese druk to op hede is SA gewees (in PE gemeet) en pas die ander ook volgens dit aan om die maks weerstand vir n punt te skep. Gaan bepaal n afstand wat jy wil skiet en ek sal so 100-200m bysit. So weet jy dat jy in enige kondisies met gemak kan skiet en nie vir spesiale dae of n trip hoëveld hoef te wag om ver te gooi.

Gaan kyk dan waste BC jy teen waste spoed moet skiet om n punt stabiel tot op daai afstand te hou. Met jag sal jy nog na slaan krag ook moet kyk en genoeg spoed vir die punt om oop temaak. Ek sal dan na n paar punte gaan kyk met daai BC of hoër en verifier daai BC ook.

As jy daai BC en spoed het moet jy gaan kyk na n kaliber wat die punt teen daai spoed kan skiet. QL kan jou help maar probeer eerder met meer as een persoon praat wat ondervinding het met die kaliber en verkieslik die punt.

My geld op die oomblik is op n 300 Norma Mag met 1:9 twist loop. Ek verwag n klomp ontwikkeling rondom die .30 caL LR punte en die 300 NM en selfs die 338 NM doen nie te sleg met ons kruit indien ons nie die S405 kry nie.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Wouter Roets »

300 Norma (Ruan) wrote:
Verder is dit waar dat ons kruit nie reg is vir sekere of meeste van die groot kalibers. Aan die ander kant dink ek daar is ook te veel van ons (praat met myself ook) wat aan QL glo soos die Bybel en wys baie vining vinger en skiet goed af sonder dat ons al die data het. “In theory, theory and practice are the same. In practice, they are not.” Hierdie geld vir QL ook volgens my. Daar is gewere daar buite wat moet erg druk wys volgens QL maar hulle doen glad nie.
Hallo Ruan

Goeie raad wat jy hier gee oor die algemeen. Kan ek dalk net vra vir n paar voorbeelde waar bogenoemde van toepassing is? Indien fisiese druktekens nie aanwesig is nie, is dit glad nie te se dat jy nie in onveilige drukvlakke vekeer nie. Daar is oor as genoeg 338 Lapua Sako TRG eienaars wat hiervan kan getuig. Ons weet QL gee net n aanduiding, maar ek het genoeg ondervinding daarin om vir jou reguit te se dat wanneer hy reg gebruik word hy verstommend akkuraad is. In balisties is daar ook nie n free ride nie en as jy met n nie-idiale poeier dieselfde verrigting wil kry as een wat wel idiaal is IS daar n prys te betaal.

Ek se weer kies eerder n rondte wat goed met ons beskikbare poeiers werk as een wat jy hoop gaan goed werk. Praktyk en teorie is tog versoenbaar, want sonder mekaar sou hulle sukkel om voort te bestaan.

Groetnis
Wouter
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Smitstertjies »

Wouter, so gepraat van die TRG. Dink jy om 63 700 psi konstant te hardloop op TRG is n probleem? Met in ag genome dat in 2003 die kaliber nog teen 68 000 psi gerate was deur CIP. In 2007 is maks druk op kaliber na 60 900 psi afgebring. Die 300 Lapua Magnum is nog gerate op 68 000 psi. Hardloop al so 300 rondtes so sonder enige druk tekens/probleme.

Ek verstaan die manne wat se TRG's probleme gegee het, het naby 70k psi en meer gedraai. Jammer vir die Hi Jack. Jy kan maar per pm ook antwoord, as dit te sensitief gaan wees.
Last edited by Smitstertjies on Wed Jan 18, 2017 1:57 pm, edited 1 time in total.
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by joe rocket »

Wouter antwoord hier, want dit is tot voordeel vir almal.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Wouter Roets »

Martin

Kom ons begin by die begin. Die 338 Lapua is seker een van die sterktste dopsontwerpe daarbuite aangesien hy doelgerig gebou was vir sy aplikasie. Dit is nie net n 416 Rigby dop wat as basis gebruik is nie. Die wande in veral die basis area is heelwat versterk. Dit veroorsaak dat die meeste mense sukkel om hoe druktekens waar te neem al is dit aanwesig. Die een flaw as ons dit so kan noem is die taps(bodytaper) in die dop en dit veroorsaak uitermatige bolttrust veral teen drukvlakke bo die maksimum. Onder die drukvlak is die stelsel se ontwerp meer as voldoende om dit te hanteer.

Nou om terug te kom na jou vraag is 63 700psi gevaarlik? Die vraag is hoe seker is ons dit is 63 700psi? n Fout met jou berekeninge of selfs QL se berekeninge kan maklik beteken dat daar dalk n 2 of n 3% of selfs meer druk teenwoordig is. Met 3% sit ons klaar op 65 600psi, gooi nou n warm dag in of n warm geskiete kamer, n vuil loop ens en waar draai n mens? As dit net gebly het op 63 700psi het ek vir jou gese jy gaan nooit eers weet van n probleem nie en al speel al hierdie ander faktore n rol en jy draai by 70 000psi kan jy nog steeds wegkom daarmee. Die probleem kom net in as jy een van die manne is wat nie wegkom daarmee nie, want jy speel in die gebied wat grys is. Dit is so eenvoudig soos dit, jy ry jou kar konstand verby sy rooilyn en die kans is goed dat jy gebyt kan/gaan word.

Ek moet iets byse en dit is dat 80 000psi eerder die drukvlakke is wat baie ouens gehardloop het alvorens die Sakos se herverkoopwaarde geaffekteer was en dit getuig weereens van die ontsaglike sterk dopsontwerp sowel as die uiters goeie gewere, Onthou daai is SABS proefladings drukvlakke. Jy moet maar vir jouself uitmaak of die kool die sous werd is, maar n drie duim minder val op die hoer node as die laer node s'n dink ek nie regverdig die risiko nie.

Groetnis
Wout
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Smitstertjies »

Dankie Wouter. Ek voel nogals positief oor my QL berekeninge. Maar soos jy se is dit daardie ekstras soos warm dag, vuil loop ens. wat die moeilikheid maak. Sal dit in gedagte hou. As daai regte dryfmiddel tog nou maar net kan kom!
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Capt. Yoda »

Smitster, daai geweer gaan in jou gesig ontplof. Sms my n mooi prys laat ek jou verlos van die moeilikheid
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
Smitstertjies
Hero Member
Hero Member
Posts: 1988
Joined: Sat Aug 10, 2013 7:42 am

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Smitstertjies »

Capt. Oblivious wrote:Smitster, daai geweer gaan in jou gesig ontplof. Sms my n mooi prys laat ek jou verlos van die moeilikheid
;D ;D ;D
416 Rigby,338 Lapua Magnum,9.3x62; 30-06 Springfield,7.62 Soviet; 6.5x55 Sweed,6 Dasher,.22LR,40S&W;9mmParra,12Br
User avatar
Machann
Hero Member
Hero Member
Posts: 521
Joined: Tue Sep 06, 2011 1:46 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Machann »

Wouter Roets wrote: Nou om terug te kom na jou vraag is 63 700psi gevaarlik? Die vraag is hoe seker is ons dit is 63 700psi? n Fout met jou berekeninge of selfs QL se berekeninge kan maklik beteken dat daar dalk n 2 of n 3% of selfs meer druk teenwoordig is. Met 3% sit ons klaar op 65 600psi, gooi nou n warm dag in of n warm geskiete kamer, n vuil loop ens en waar draai n mens? As dit net gebly het op 63 700psi het ek vir jou gese jy gaan nooit eers weet van n probleem nie en al speel al hierdie ander faktore n rol en jy draai by 70 000psi kan jy nog steeds wegkom daarmee. Die probleem kom net in as jy een van die manne is wat nie wegkom daarmee nie, want jy speel in die gebied wat grys is. Dit is so eenvoudig soos dit, jy ry jou kar konstand verby sy rooilyn en die kans is goed dat jy gebyt kan/gaan word.
Hi Wouter, in kort is dit presies waarna ek verwys soos jy hier bo genoem.

Oom Chris Van Nieker se Umfezi’s en die Norma Mags is my voorbeelde wat my kop laat krap en aders laat dink oor QL. Inplaas van net te kyk na druk tekens soos n slot en primers ens is daar in meeste van die gevalle die metode gebruik om die begin van oormatige druk te meet en dit is beperk to 3 thou.

http://www.hodgdonreloading.com/reloadi ... le-reloads

Vat die 338 Umfezi wat JC van Niekerk die 300gr teen 2750 fps uit 32” loop skiet met S385. Daai 338 Norma van Renier met 30” loop wat ook 300gr teen 2750fps plus skiet en dan is daar manne wat die 230gr berger uit n 300 Norma skiet teen 2950 uit 26". So mens kan se die bostaande metode werk nie. Die umfezi kan mens verstaan want daai 8x68 RWS is n bul van n dop. Ek dink ons almal is egter eens dat Norma doppe sag is en nie druk goed kan hanteer. Nog nie een van die manne het begin kla oor primer pockets nie of doppe wat nie hou nie maar die manne in die VSA doen as hulle die gewere begin hard druk. Norma vs Norma VSA miskien...

Stem 100% saam met jou dat wanneer hy reg gebruik word hy verstommend akkuraad is. Dit geld vir elke model reg deur die bank, die vraag is of ons elke ding wat ons in QL kan verander na iets realisties kan vergelyk in praktyk en verstaan ons die limitation van QL of pas ons dit blind toe.

My ander voorbeeld is daai man wat spoed verloor met n langer loop op n 6.5 Creedmore? Dit in praktyk bewys maar probeer dit in QL wys deur al volgens praktyk te kalibreer.

Ons ongelukkig praktyk nodig om teorie te kalibreer om dit in lyn te bring met praktyk.
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7559
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Wouter Roets »

Ruan

Baie dankie vir gister se oproep. Dit is lekker om met iemand te praat wat bereid is om nugter te dink oor iets. Dit is n aspek wat verseker nie n algemene verskynsel is in vandag se tye nie.

Om dalk net so bietjie almal in die prentjie te bring wil ek ook net hier n paar goed herhaal waaroor ons gepraat het. Druktekens word grootliks verbloem deur custum kamers en asook kamers wat aan die knap kant is. Bisley gewere veral het dit al baie gewys waar manne baie hoe snelhede verkry sonder dat hulle fisiese druktekens waarneem. Om n dop geensins te size op die lyf nie, behalwe die nek vir etlike vuursessies wys dat die kamers baie knap is en help ontsaglik om druktekens weg te steek. Hierdie is baie keer die geval in kompetisie of doelgeboude gewere veral vir eksotiese rondtes wat vir hierdie doel aangewend word. Die remers wat gebruik word al is hulle binne SAAMI/CUP spesifikasies sal gewoonlik aan die onderkant daarvan wees vir optimale werking. Indien fisiese druktekens nie aanwesig is nie is dit nie te se maksimum drukvlakke nie oorskrei word nie.

Die drukmetode toets wat jy aanhaal word al vir jare gebruik en PO Ackley het dit destyds amper uitsluitlik gebruik vir drukbepaling. Sy maksimum was wel 0.002" uitsetting wat hy gebruik het. Kyk maar net hoe ver hy uit was met n paar van sy resultate die dag toe hulle fisiese druktoetse op sy ontwerpe gedoen het. Hierdie metode het sy beperkings want n hele paar faktore kan n invloed he. Eerstens gaan kamer demensies n invloed he op jou metings. Tweedens gaan dopkonstruksie net so groot invloed he op resultate. Om werklik waarde of akkuraadheid daaruit te kry sal n mens n transducer drukapparaat moet gebruik om druk te bepaal in daai spesifieke kamer en dan mates neem as basis. Dit raak nog meer ingewikkeld aangesien bras anders sal optree namate hy gebruik word. So all-and-all n metode wat help, maar nog steeds sy tekortkominge het.

Oor die spoed afname in korter lope is n finomeen wat al oor n wye spekrum kalibers waargeneem is. Die maklikste verduideliking is optrede van n spesifieke poeiers in n kaliber met gegewe komponente. Hierdie is n ingewikkelde een maar soos jy se die prakties het dit nou al verskeie kere gewys. Teoerties is dit verseker n poeilike een om te verduidelik. Die probleme met enige rekenaar program is dat hy sukkel om unieke verskeinsels te kan voorspel. Goed soos detenation, sekondere drukpieke pieke ens net om n paar te noem. Die program word na die tyd geprogrammeer op fiesie metings en sy voorspellings word gebasseer op linieere veranderings wat op vaste waardes gekoppel is. Enige iets wat vir n spesifieke omstandigheid n afwyking daarvan toon gaan moet ingeprogrameer word en tot vandag is daar nie eers n teoretiese verklaring vir detonation in gewere nie. Ingewikkeld om die minste te se, wel in elkgeval vir my.

Lekker om oor die goed te praat.

Groetnis
Wout
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by joe rocket »

Ek is baie impulsief dus het ek rustig gaan sit en dink oor die hele besigheid ;D . Ek het besluit op n 300 norma magnum, N570 is mos nou beskikbaar. Die titanium aksie is ook by die agterdeur uit, gaan die aksie vervaardig uit stainless steel. Die rede daarvoor is dat titanium baie lig is, ek wil die roer so swaar as moontlik hê. Ek wil graag 230gr Berger Hybrids skiet. Ek sien hulle stel n 1:9 twist loop voor. Sal n 1:10 twist loop werk by ons? Ek kyk na n Bartlein of Krieger loop, heavy palma 30 duim. Wat stel julle voor?
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8011
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Arnold »

Ek het maar 'n Rem700 magnum aksie gekry en gaan ook die pad stap maar net met 'n 300WM. Kyk om maar te vra dat hulle vir my 'n 9 twist Bartlein bestel en die Heavy Palma is die ligste wat ek sal gaan.
Met die 300WM, 28"loop en 78.5gr N570 behoort ek by 2900fps te kom en steeds uit die magsyn te kan laai.

Met die 300 Norma Mag gaan jy dieselfde kan doen en 'n spoed van 3000fps kan verwag maar ook omtrent 10gr meer poeier in die dop gooi. Die enigste rede hoekom ek nie die roete gaan nie is die slotgesig wat ek voel marginaal op die Rem700 is.
User avatar
Capt. Yoda
Hero Member
Hero Member
Posts: 13583
Joined: Thu Apr 11, 2013 12:35 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by Capt. Yoda »

As jy daai spoed uit n WM gaan haal met n 230 kan ek nie dink dat jy baie meer gaan nodig he nie. Ek gaan self vanaand bq met QL en N570 speel maar ek dink my loop lengte gaan my drop. Gaan elk geval die loop vervang en met die nuwe kruit het die WM weer heel nuwe karakter gekry
A child of five would understand this. Send someone to fetch a child of five.
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by joe rocket »

Dis nou baie interressant 10 grein minder poeiers mmm, ek nog altyd mal oor n WM. Ek is nou n kaliber prostituut. :laugh:
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
User avatar
LRLaubscher
Hero Member
Hero Member
Posts: 568
Joined: Mon Apr 29, 2013 2:06 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by LRLaubscher »

Ek skiet tans my 300WM teen 2830ft/sec meet 25.5" loop.
Laai 71.2gr S385 op 208gr Hornady ELD Match.
Kombinasie werk uitsekend!!
Effe slegter af met trajek, maar loop saam in wind met my 260rem Ackley met 142gr pil teen 3010ft/sec.

Dink nie mens het meer nodig nie.
Die Rem700 LR se loop is 1-10twist. Sou ek later nig beter BC ount wil skiet kan die 225gr EKD Match nog werk, of Black erger se 230gr OTM. Ek soek van die punte maar kry nerens een van die twee nie.
-Winchester Model 52 .22LR
-7mm/300WM Long Range
-260 Remington Ackley Sporting/Hunting
-300 Win Mag LR
-Barretta A300 semi auto (wanted)
User avatar
joe rocket
Hero Member
Hero Member
Posts: 3326
Joined: Thu Mar 06, 2014 11:00 pm

Re: Watter kaliber vir langafstand skiet.

Post by joe rocket »

Dankie vir die raad, net weer n bewys dat BC altyd koning is. Arnold ek sal jou laat weet waar ek Bartlein 1:9 twist loop kry.
GROETE

__________________________



Perfection is hard to achieve but hell it is worth striving for.
Post Reply