Page 4 of 4
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Tue Jul 26, 2016 11:35 am
by JacquesT (Stompe)
DamDuiker wrote:Hulle het nog nie FFP scopes vir Rudolph in SA nie, net SFP
Ek het bietjie navraag gedoen, en dit lyk of daai scope vroeg 2017 hier gaan wees en in die omgewing van R12k gaan kos.
As dit die geval is, gaan dit 'n bul van 'n scope vir sy prysklas wees.
Groete,
Jacques Theron
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Tue Jul 26, 2016 11:36 am
by Hennie van der Merwe
Great!
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Tue Jul 26, 2016 11:40 am
by DamDuiker
kom ons hoop so, darm nog n geruime tydjie wat ek het voor my geweer n scope gaan nodig he.
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Tue Jul 26, 2016 11:47 am
by Hennie van der Merwe
Ja, drie maande - aldus Kotie de Beer by Brooklyn SAP :-)
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Tue Jul 26, 2016 12:44 pm
by Trompie
FFP scope vir 12k gaan baie baie goeie waarde vir geld wees en goed doen in die SA mark glo ek!
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Tue Jul 26, 2016 11:12 pm
by henk.spioenkop
Goeienaand Hennie, Henk van Zyl hier. As jy langer afstande gaan skiet, en jy gaan gou dit doen met daai geweer en kaliber, sal ek genoeg op 'n scope spandeer. Genoeg is ten minste wat die geweer gekos het. Dit is vir my 'n redelike algemene riglyn. Jy soek 'n scope met goeie, herhaalbare "turrets" verstellings op glas en turrets dieselfde en ten minste 60MOA verstellings op turrets, in ag geneem dat jy alreeds 'n 20MOA rail op die RPR het. Hoop dit help
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Wed Jul 27, 2016 7:54 am
by Capt. Yoda
henk.spioenkop wrote:Goeienaand Hennie, Henk van Zyl hier. As jy langer afstande gaan skiet, en jy gaan gou dit doen met daai geweer en kaliber, sal ek genoeg op 'n scope spandeer. Genoeg is ten minste wat die geweer gekos het. Dit is vir my 'n redelike algemene riglyn. Jy soek 'n scope met goeie, herhaalbare "turrets" verstellings op glas en turrets dieselfde en ten minste 60MOA verstellings op turrets, in ag geneem dat jy alreeds 'n 20MOA rail op die RPR het. Hoop dit help
Sent from my iPhone using Tapatalk
Nee wat daai T1 tick al daai blokke en hy kos minder as daai geweer, met 70moa interne verstelling wat hy klaar het gaan jy ver kom en sy turrets werk bitter lekker.
Met daai riglyn sal ek my kar moet verkoop om my scopes almal op spec te kry
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Wed Jul 27, 2016 8:14 am
by DamDuiker
Ek het ook al gehoor van manne wat so reken, dat jou scope meer as jou geweer moet kos, dit sou die ideaal gewees het maar ongelukkig kan mens se budget dit nie altyd mee bring nie.
So as ek n scope kan kry wat soos kappie se al die boksies merk, teen n derde van die prys van die scopes wat wel dubbel die geweer se prys is, hoekom dan nou nie.
maak geen fout nie n niteforce beast sal darm maar smart lyk op daai roer
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Wed Jul 27, 2016 8:59 am
by Hennie van der Merwe
Hi Henk,
Ek hoor jou.
Te veel hobbies en te min geld keer dat ek doen wat jy voorstel.
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Wed Jul 27, 2016 9:55 am
by Rasmus
Nee wat! Ek dink daai gesêgde het sy ontstaan 50 jaar terug gehad.
As jy kyk n wat n gemiddelde gun al kos raak dit nou nogals rof as jou glas ten minste dieselfde of meer as jou gun moet kos.
Kyk n mauser of Rigby lyk seer sekerlik nie mooi met n Niko Sterling nie, maar ongelukkig kan almal nie Swarovski's of Nightforce bekostig nie.
Hier is n paar mooi tweedehandse scopes te koop op die forum teen goeie pryse. Koop een en met die geld wat jy spaar kan jy doppe ens koop.
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Wed Jul 27, 2016 10:19 am
by LoopSoosStroop
Wat kos so 'n T1? Hoe vergelyk sy glas met die Lynx 5-20 tactical? Dink hulle is omtrend selfde prysklas. Beide se reticles is gekalibreer vir x20, so vergrotings verskil is much of a muchness.
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Wed Jul 27, 2016 10:21 am
by Hennie van der Merwe
Die T1 met SFP is R12,950.00
Dis die 6-24x50 met T3 reticle
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Wed Jul 27, 2016 10:21 am
by Capt. Yoda
LoopSoosStroop wrote:Wat kos so 'n T1? Hoe vergelyk sy glas met die Lynx 5-20 tactical? Dink hulle is omtrend selfde prysklas. Beide se reticles is gekalibreer vir x20, so vergrotings verskil is much of a muchness.
Rudolph se glas is maar baie dieselfde as n Sightron sin en vir my oe beter as die Vortexe wat ek al me gespeel het. EK het std3 laas aan n Lynx gevat so ek weet nie hoe hul glas lyk nie
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Wed Jul 27, 2016 10:30 am
by Supacow
St3 2de of 3de kwartaal?
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Wed Jul 27, 2016 11:28 am
by Capt. Yoda
Supacow wrote:St3 2de of 3de kwartaal?
Ek was 2 keer in std3 want ek kon nie die blokkies mooi op mekaar laat staan nie so dit was die 2de keer in die 3de kwartaal
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Wed Jul 27, 2016 11:48 am
by DamDuiker
Weet niemand iets van die Burris Veracity af nie 5-25x50?
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Wed Jul 27, 2016 11:51 am
by Hennie van der Merwe
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Wed Jul 27, 2016 12:30 pm
by Ben
DamDuiker wrote:Weet niemand iets van die Burris Veracity af nie 5-25x50?
Skuus maar is daai model nie bekend as die XTR II nie........
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Wed Jul 27, 2016 12:31 pm
by Hennie van der Merwe
Hi Ben,
Nee, die Veracity is die goedkoper boetie van die XTRii
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Wed Jul 27, 2016 12:34 pm
by DamDuiker
Ja die XTRii is so rapsie oor R24 000 en die Veracity was by VLT so by R15 000 en dit vir FFP scope is glad nie sleg nie, wat ek al van die Yanks gelees het se hulle dat sy glas meer helder is as die van Vortex.
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Sun Aug 07, 2016 8:10 pm
by Steppenwolf
DamDuiker wrote:Ja die XTRii is so rapsie oor R24 000 en die Veracity was by VLT so by R15 000 en dit vir FFP scope is glad nie sleg nie, wat ek al van die Yanks gelees het se hulle dat sy glas meer helder is as die van Vortex.
Ek het n Veracity 5-25x50 (FFP) vervang met n 6-24x50 V Viper PST (FFP) en nou is ek happy!
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Sun Aug 07, 2016 9:14 pm
by twinhunter
Steppenwolf,jy wil nie dalk daardie Veracity verkoop nie?
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Mon Aug 08, 2016 7:24 am
by DamDuiker
Steppenwolf ek dink die manne gaan vuis slaan vir daai scope laat weet maar
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Mon Aug 08, 2016 8:12 am
by Steppenwolf
Steppenwolf wrote:DamDuiker wrote:Ja die XTRii is so rapsie oor R24 000 en die Veracity was by VLT so by R15 000 en dit vir FFP scope is glad nie sleg nie, wat ek al van die Yanks gelees het se hulle dat sy glas meer helder is as die van Vortex.
Ek het n Veracity 5-25x50 (FFP) vervang met n 6-24x50 V Viper PST (FFP) en nou is ek happy!
Sjoe! baie jammer manne, ek weet nie hoe ek so n verkeerde kommentaar lewer nie. Ek bedoel ek het die Viper vervang met die Burris Veracity. Gelukkig kon ek toe van die Viper ontslae raak.
Re: Nuwe verskieter - watter scope?
Posted: Mon Aug 08, 2016 12:22 pm
by Diesel Dog
Steppenwolf wrote:Steppenwolf wrote:DamDuiker wrote:Ja die XTRii is so rapsie oor R24 000 en die Veracity was by VLT so by R15 000 en dit vir FFP scope is glad nie sleg nie, wat ek al van die Yanks gelees het se hulle dat sy glas meer helder is as die van Vortex.
Ek het n Veracity 5-25x50 (FFP) vervang met n 6-24x50 V Viper PST (FFP) en nou is ek happy!
Sjoe! baie jammer manne, ek weet nie hoe ek so n verkeerde kommentaar lewer nie. Ek bedoel ek het die Viper vervang met die Burris Veracity. Gelukkig kon ek toe van die Viper ontslae raak.
Kêrels die scope vervaardigers maak daarop staat dat ons as eindverbruikers nooit tevrede is met ons scopes nie ,veral as mens net na optiese gehalte kyk!
DD