Lynx LX3 5-30

Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Hercules Louw »

Hercules Louw wrote:Net 'n bevestinging van die vertikale verstelling. Ek het nou fisies 'n nuwe scope se vertikale turret gedraai van onder tot bo en die aantal MOA getel. Dit het 108 MOA gestel. Lynx se spesifikasie is konserwatief - 80 MOA vertikaal tesame met 40 MOA horisontaal.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Arnold »

Die lynx LX3 het omtrent 1 MOA meer FOV as die Sightron 6-24

Hercules, sou dit nie beter wees vir Lynx om die scopes se verstelling bestek te toets en so op die webverf te gee nie? Dit verkoop dalk nog 'n paar van die teleskope. As almal minstens 100 MOA verstel is dit tog nog 'n positiewe vir die scope.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Hercules Louw »

Arnold, ons het daaroor gepraat. Michael Rogers van Lynx verkies egter om konserwatief te wees, binne die bestek van 80 MOA sal jy 40 MOA horisontaal ook kan verstel. As jy net na die vertikale verstelling kyk kan jy 100 MOA spesifiseer, maar dan gaan jy nie oor die hele bestek 40MOA horisontaal ook kry nie.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Arnold »

Hercules Louw wrote:Arnold, ons het daaroor gepraat. Michael Rogers van Lynx verkies egter om konserwatief te wees, binne die bestek van 80 MOA sal jy 40 MOA horisontaal ook kan verstel. As jy net na die vertikale verstelling kyk kan jy 100 MOA spesifiseer, maar dan gaan jy nie oor die hele bestek 40MOA horisontaal ook kry nie.
Ek verstaan, dankie vir die terugvoer.
Ja, dit juis op die lang afstande wat mens baie wind moet stel en ek moes al op 'n stadium 22 MOA stel vir wind op 1.2km :o
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1847
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Lynx LX3 5-30

Post by LoopSoosStroop »

Arnold wrote:Die lynx LX3 het omtrent 1 MOA meer FOV as die Sightron 6-24
Is dit met beide gestel op x24?
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Arnold »

LoopSoosStroop wrote:
Arnold wrote:Die lynx LX3 het omtrent 1 MOA meer FOV as die Sightron 6-24
Is dit met beide gestel op x24?
Ja, dit is hoe ek dit probeer uitwerk het met beide op 24x
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1847
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Lynx LX3 5-30

Post by LoopSoosStroop »

Arnold wrote:Ek verstaan, dankie vir die terugvoer.
Ja, dit juis op die lang afstande wat mens baie wind moet stel en ek moes al op 'n stadium 22 MOA stel vir wind op 1.2km :o
Kyk as die wind so waai gaan ek maar huis toe en gaan dink oor my sondes.

Mens kan dan seker maar die kruishaar merkies gebruik om nog verder weerskante toe te mik.

Dis nou as jy op x20 vergroting is.... ;D
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1847
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Lynx LX3 5-30

Post by LoopSoosStroop »

Arnold wrote:
LoopSoosStroop wrote:
Arnold wrote:Die lynx LX3 het omtrent 1 MOA meer FOV as die Sightron 6-24
Is dit met beide gestel op x24?
Ja, dit is hoe ek dit probeer uitwerk het met beide op 24x
Interessant, daar leer ek nou iets, ek sou verwag dit is verwant aan die lens en buis grotes.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Arnold »

Dit het maar te doen met die spesifieke optiese ontwerp en mens moet mooi kyk. Teleskope met dieselfde vergroting , objective en buis het nie dieselfde FOV nie.

Vergelyk bv. 'n Swarovski met n Bushnell ... jy betaal egter gewoonlik vir die meer FOV

FOV word gewoonlik in die scope se spesifikasies aangegee. Al wat ek gedoen het is om die FOV van die LX3 op 30x te skaleer na 24x.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Hercules Louw »

FOV (field of view) word in die eerste plek deur die vergroting bepaal - hoe hoër die vergroting hoe kleiner die FOV.

Vir dieselfde vergroting met verskillende teleskope speel die volgende faktore ook 'n rol by FOV:
* Hoe langer die oogafstand hoe kleiner die FOV. Die Europese teleskope het baie keer net sowat 80mm "eye relief" wat dan beter FOV tot gevolg het, maar dit kan weer 'n probleem skep met die dat die teleskoop jou oog kan tref.
* Hoe groter die deursnee van die oogstuk, hoe beter is die FOV. Kyk maar na die deursnee van bv die Swarovski teleskope se oogstukke en hulle is bekend vir beter as gemiddelde FOV.

Niks is verniet nie, verbeter jy die een eienskap bv FOV, dan boet jy weer op 'n ander plek in soos oogafstand en/of deursnee van die oogstuk.

Vir my is oogafstand baie belangrik, ek dra permanent 'n bril en kan dit nie bekostig dat 'n teleskoop my bril in my oog stukkend slaan nie.
Betroubare meganika is ook belangriker as die beste optika, jy kan nog steeds jou teiken suksesvol skiet al kan jy nie die hare daarop onderskei nie, maar as jy nie die meganiese werking vertrou nie kan jy maar los.
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Nico Harris »

My scope en die paar wat ek al getoets het het almal 106moa vertikale verstelling en op maksimum bo en maksimum onder het al die scopes steeds 52moa horisontale verstelling gehaad. So die bogenoemde is nie n probleem op die scopes wat ek al onderhande gehaad het nie.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
User avatar
LoopSoosStroop
Hero Member
Hero Member
Posts: 1847
Joined: Wed Apr 15, 2015 9:31 am

Re: Lynx LX3 5-30

Post by LoopSoosStroop »

My grootste probleem is dat so groot scope baie snaaks op my ou dunloop geweertjie sal lyk. Nico jou roer is die regte ding daarvoor.
Pieter van Deventer
Blok Engineering
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Arnold »

Het julle nog n paar fotos van die scope op n geweer of alleen?
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Arnold »

Is daar n "indent" by 20x vergroting sodat mens die teleskoop altyd kan terug draai na 20x waar die reticle gekalibreer is?

Hierdie was iets wat sou bykom na die prototiepe.
User avatar
EbenSmit
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Wed Jul 20, 2016 1:16 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by EbenSmit »

Lx3 op my ou obendov mauser.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.308 obendov mauser
.308 barnes k98
.375 H&H cz
.22 cz
.9mm po7 gen 2 cz
Kurly
Full Member
Full Member
Posts: 118
Joined: Fri Oct 09, 2015 7:26 am

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Kurly »

EbenSmit wrote:
EbenSmit wrote:Ok is die nou n ander topick of wat..... watse ringe sal julle slim manne voorstel. k98 308 met n mauser piki rail op.

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Ekt vandag vir my n stel ringe gekry.
Image

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Eben where did you get the rings?

Sent from my SM-G935F using Tapatalk
User avatar
EbenSmit
Newbie
Newbie
Posts: 29
Joined: Wed Jul 20, 2016 1:16 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by EbenSmit »

Vlt pretoria

Sent from my SM-G920F using Tapatalk
Nsn was the best price but i took the last set thats why i say vlt because they still had. But im sure nsn must have gotting nin new stock
.308 obendov mauser
.308 barnes k98
.375 H&H cz
.22 cz
.9mm po7 gen 2 cz
User avatar
Nico Harris
Hero Member
Hero Member
Posts: 2480
Joined: Tue Nov 03, 2009 5:27 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Nico Harris »

Weet hy het n kolletjie by 20. Maar nie n indent nie.
.22LR , Mauser Obendorf
.223 Rem , Howa mini action
6.5 Creedmoor , Howa sporter
6.5 Creedmoor , Howa varmint
30-06, Sauer mod 90
300 PRC , Howa varmint
9.3x62, Mauser Oberndorf A tipe
12ga , Mossberg boltaction
12ga , Mossberg pumpaction
9mm , Glock 43
tonyj
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Tue Feb 11, 2014 1:31 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by tonyj »

Sorry Guys, can I Hijack and ask for the guys using the LX3, what do you think about the side focus, I have had mine for about a month now and the only thing I don't like is the side focus....
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Hein22 »

Wat is fout met die side focus dat jy nie daarvan hou nie?
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
Diesel Dog
Hero Member
Hero Member
Posts: 2335
Joined: Wed Jan 20, 2016 8:53 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Diesel Dog »

tonyj wrote:Sorry Guys, can I Hijack and ask for the guys using the LX3, what do you think about the side focus, I have had mine for about a month now and the only thing I don't like is the side focus....
WHat do you not like about the side focus ,the grip on the dial or the function of the focus.

DD
tonyj
Newbie
Newbie
Posts: 4
Joined: Tue Feb 11, 2014 1:31 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by tonyj »

Its feels very unresponsive, to focus, one needs to turn the focus turret past the focus point and hard back again to get the object in focus, also the knob seems to move around as if there is play on knob mounting point... the focus point on the dial is also way off the actual distance markings on the turret when focussed.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Hercules Louw »

You must first use the side knob to adjust the parallax - put up a target at say 200m and adust the knob until the reticle does not move in relation to the target if you move your eye in the scope. Do not worry too much about the focus or picture clarity at this stage. Use a magnification of 20x or higher and the rifle must be solidly supported on sandbags or shooting rest. When the parallax is adjusted properly, you then adjust the eye piece to focus the reticle and picture. Now your scope is properly adjusted and the distance indicator on the parallax dial should be very close to the real distance to the target.
User avatar
Hein22
Hero Member
Hero Member
Posts: 1484
Joined: Sat Sep 08, 2012 5:51 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Hein22 »

Hercules, ons het al hierdie gesprek gehad maar miskien kan jy dit beter as Pumba verduidelik.

Hoekom sal die tegniek wat jy bo beskryf enigsins die scope se afmerkings beter laat werk? Die oogstuk van die scope is tog net 'n "vergrootglas" op die kruishaar en word slegs gebruik om die kruishaar in fokus vir jou oog te bring. Dis tog hoekom meeste vervaardigers aanbeveel om na 'n wit voorwerp te kyk (soos bv 'n papier of blou lig) wanneer jy die kruishaar vir jou oog fokus. Vandaar gebruik jy die paralaks om die kruishaar en voorwerp op dieseflde "plain" of as mens dit nou so wil noem, in fokus te bring.
Geen "OPSIES" op my advertensies nie.
Hercules Louw
Hero Member
Hero Member
Posts: 891
Joined: Fri Aug 24, 2012 12:43 pm

Re: Lynx LX3 5-30

Post by Hercules Louw »

Hein, die rede is omdat die twee verstellings saamwerk en mekaar beïnvloed. Jy kan die oogstuk verkeerd hê (veral as jy jonk is is jou oog steeds in staat om op die kruis te fokus al is die verstelling verkeerd) en dan steeds die beeld 100% gefokus kry deur die parallaks te verstel. Die beeld is nou in fokus, maar die teleskoop is nie parallaksvry nie. Parallaks kom eerste, kry die teleskoop parallaksvry en stel dan die oogstuk tot alles in fokus is. Die parallaks verstelling se werk is om die beeld presies op die kruis te fokus sodat daar geen beweging tussen kruis en beeld is as jy jou oog beweeg nie. Dan gebruik jy die oogstuk se verstelling om alles mooi vir jou spesifieke oog te fokus. As jy eers die oogstuk op hierdie wyse gefokus het, dan is die parallaksverstelling daarna op ander afstande maklik want dit is dan naastenby waar die teleskoop in fokus is.
Post Reply