Fokus met Bobjaan

Post Reply
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Fokus met Bobjaan

Post by Louis102 »

JACQUES wrote: ...JY MOET EINTLIK DAAI HELE KAT AFNEEM NA HY TOTAAL AFGESLAG IS EN WYS HOE DIE VET OP DIE BOUDE SIT...
Jakes

Ek sal volgende keer onthou.  Hier by my l? so 'n vet rooikat egter nie rond nie.  Daardie kat is ongelukkig klaar opgeeet.  My personeel beskou so 'n vet kat as 'n delikatesse - smaak blykbaar vorentoe.  Ek kon dit nog nooit regkry om hulle daarvan te oortuig dat rooikatte nie geeet moet word nie - hulle reken ek is dom!  En ek moet bys? my personeel word bederf met vleis, so dit is nie 'n geval dat hulle uitgehonger vir vleis is nie!

Het een van julle al vet rooikat geeet?  Ek gril nog 'n bietjie te veel om dit te probeer.

Groete
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Calldo
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 56
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:49 pm

Re: Fokus met Bobjaan

Post by Calldo »

Louis102

Smaak goed. Gooi nie meer weg, haal rugstringe uit, verwyder die sening. Laat le in Greef se karringmelk sous vir 3 dae. Kan gekook of gebraai word. Bedien saam met griekse slaai.

Idiale resep vir jou skoonma!

Groete
Calldo
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Fokus met Bobjaan

Post by Louis102 »

Calldo

Darem nou spyt ou skoonma is nie meer met ons nie.  Ek kan net dink hoe haar gesig sou lyk as sy uitvind wat sy geeet het!  Ek wonder of sy my ooit sou vergewe?  Sal ongelukkig nou nooit weet nie.

Hiers 'n varse wat afgeslag is om die aptyt te wek, vir diegene wat belang sou stel;

Image
Last edited by Louis102 on Mon Jul 27, 2009 2:03 pm, edited 1 time in total.
Goeie dade oortref goeie woorde.
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: Fokus met Bobjaan

Post by JACQUES BOTHA »

dit lyk darem nes n mooi jong lammetjie..
Laat mens wonnder die klein lams boudjie wat hulle so by die prokurower se huis laaat aflaai wat die saak verloor het,
of vir die motorwerktuigkundige wat bollie aangejaag het met sy lorrie se diens..............
of daai pakkie droogworsie of bobiejaan biltonge wat gemaak word .......

NEE WAT EK SAL MAAR BLY BY DIE 'A3' OF 'C5' PURE AFRICAN SHEEP.........

;) ;) ;) ;) ;) ;)
Shoot straight and tell the truth!
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Fokus met Bobjaan

Post by Louis102 »

Jakes jy stel nooit teleur nie!

Ou HunterXXX kan dalk soveel geld met die vleis maak dat hy nie meer die velle hoef te verkoop nie  ;)  Of wat s? ek HunterXXX - goeie idees wat hierdie Jakes mee na vore kan kom!  Alles l? in die bemarking van die produk - miskien kan Bool ons help om omgewings vriendelike rooikat vleis te bemark?

Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
Ambessa

Re: Fokus met Bobjaan

Post by Ambessa »

Hallo almal

..sshiss, leeuvet se reuk is al aardig genoeg om van ontslae te raak, maar so 'n A3 of selfs A6 (oftewel hiert jou lekker vet maergat van 'n kat!) sal ek met graagte laat verbygaan.

Lekker om te sien julle is praktiese manne wat weet van 'n slagdingetjie of twee...?

Ambessa
tafjak

Re: Fokus met Bobjaan

Post by tafjak »

Ambessa

Ruik ek rook of wat, lyk my die vure word nou aangesteek rondom die Gebyte ene en sy tjom?

Dankie

Taffie
Ambessa

Re: Fokus met Bobjaan

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak

Yep. Die ouens het daarna gesoek. Maar praat van dik velle...?

Almal moet maar hulle druk help toepas. Daar moet nie uitkomkans aan die tweetjies gebied word nie.

Ambessa
tafjak

Re: Fokus met Bobjaan

Post by tafjak »

Ambessa

Ja nee! dinge lyk nie te rooskleurig vir die 2 nie. Trap nou terwyl ons die geleentheid het.

Die wat glo die laaste lag, lag gewoonlik die lekkerste.

Taffie
Louis102
Administrator
Administrator
Posts: 3887
Joined: Fri Dec 19, 2008 12:19 pm

Re: Fokus met Bobjaan

Post by Louis102 »

Vir diegene wat belang sou stel:

Na afloop van die Carte Blance-program met onder andere BS en RHW se slimighede wou ek bitter graag weet of die program enige effek op die verkope van lam/skaapvleis sou h?.  As julle reg onthou het ek gespekuleer dat die gemiddelde huisvrou dalk sensitief genoeg is sodat die program (en die volkswagen advertensie) dalk 'n negatiewe invloed op die verbruik ons skaap produk mag h?.  Ek het gedink sekere senior burgers op die forum, wat verbonde is aan sekere Universiteite ( ;) :)) sou my kon help om die inligting uit die Supermarkte te wurg, maar helaas moes hierdie boer maar hier van sy plaas in die buiteland af 'n poging loods om die inligting te bekom.

Woolworths het laat weet dat hulle geen tendens kon optel wat definitief verband hou met die C B-program nie.  Pick 'n Pay het die volgende niks seggende inligting deurgegee:

Julie 2008 vs. Julie 2009 mbt Skaapvleis omset:  Volume (kg) 4.5% op ; Verkope (R) 8.5% op.

Wat my laat dink dat ek verniet bekommerd was.  Ek sit egter nou met 'n nuwe bekommernis in my binneste - lyk my marknavorsing by die supermarkte word maar redelik afgeskeep.  Die bekommernis sal darem seker gou oorwaai en die tyd wat ek gemors het sal ek nooit weer terug vind nie.

Jammer
Louis
Goeie dade oortref goeie woorde.
tafjak

Re: Fokus met Bobjaan

Post by tafjak »

Ou Bob moes weer hasepad kies in Nieu- Besthesda. Die ou se honne kry ook die wind van voor uit al hoe meer rigtings.

Hoe het 'n groot politikus eendag ges?: "If you are making demands, you must take responsebility for your demands". Ek glo nie ek kan dit van Bob en Trawante s? nie.

Harde w?reld van ons, nekke wat te lank raak, knak maklik.

Taffie
Ambessa

Re: Fokus met Bobjaan

Post by Ambessa »

Hallo Louis102
Louis102 wrote:...huisvrou dalk sensitief genoeg is sodat die program...  ...dalk 'n negatiewe invloed op die verbruik ons skaap produk mag h?.  Ek het gedink sekere senior burgers op die forum, wat verbonde is aan sekere Universiteite ( ;) :)) sou my kon help om die inligting uit die Supermarkte te wurg, maar helaas moes hierdie boer maar hier van sy plaas in die buiteland af 'n poging loods om die inligting te bekom.
;) Jammer dat die ouens jou so gedrop het.  ::) Sal die ouens moet aanspreek... ...die ouens weet gewoonlik maar min...  ;)

Ambessa
Ambessa

Re: Fokus met Bobjaan

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak
tafjak wrote:...Ou Bob moes weer hasepad kies in Nieu- Besthesda. Die ou se honne kry ook die wind van voor uit al hoe meer rigtings.
Laat weet meer? 'n Geval van slim vang sy baas?

Ambessa
tafjak

Re: Fokus met Bobjaan

Post by tafjak »

Ambessa

Ek was nou die dag by kli?nte in Graaff-Reinet en hulle vertel toe dat die ou groot teenkanting gekry het met sy stelling dat boere "settlers mentality" openbaar.

Taffie
Ambessa

Re: Fokus met Bobjaan

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak
tafjak wrote:...kli?nte in Graaff-Reinet en hulle vertel toe dat die ou groot teenkanting gekry het met sy stelling dat boere "settlers mentality" openbaar.
As hy op die trant aanfoeter wonder ek of hy nog vriende oor het? Dalk het hy nie sulke ouens nodig nie?

Ambessa
tafjak

Re: Fokus met Bobjaan

Post by tafjak »

Ambessa

En dit hou nie op nie. So teen 20h30 bel een van sy kliente my en vra bietjie uit oor die jagstorie en die wil nou graag by hom laat jag, want hy kry geen samewerking van Bool nie. Jakkalse vreet voor die voet by hom en kan meer so verder nie. Gelukkig ken ek die man goed anders het ek gedog dit is 'n "set up".

Taffie
Freek
Hero Member
Hero Member
Posts: 1941
Joined: Tue Jan 13, 2009 8:50 am

Re: Fokus met Bobjaan

Post by Freek »

Taffie en almal, wil graag met julle die staatjie deel. Toe ek so 8 jaar terug hier in Bobejaansberg op geindig het om my brood gebotter te kry word daar mos vir my in hierdie wereld vertel... "Dit is 'n hond eet hond wereld die, niemand het genade vir mekaar nie."  Nie lank daar na nie tref die volgende Gauteng gesegde my, "Money talks and bull-shit walks...". Dit klink dam ma baie soos "Money talks and Bool Smuts walks."  ;)
SAVE A RHINO, SHOOT A POACHER!
Ambessa

Re: Fokus met Bobjaan

Post by Ambessa »

Hallo Freek

Skerp maat, skerp ene daardie...  ;) ;D

Ambessa
Ambessa

Re: Fokus met Bobjaan

Post by Ambessa »

Hallo Tafjak
tafjak wrote:En dit hou nie op nie. So teen 20h30 bel een van sy kliente my en vra bietjie uit oor die jagstorie en die wil nou graag by hom laat jag, want hy kry geen samewerking van .... nie. Jakkalse vreet voor die voet by hom en kan meer so verder nie.
;) So gewdink. Gee bietjie info meer op 'n PM.

Ambessa
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Fokus met Bobjaan

Post by Christo »

Freek

Minora blade skerp  ;D

Taffie

daar moet ' n lekker klomp dom jakkies wees om te jag. Bool het hulle mos met die hand gevoer, 'n Okapi mes behoort die ding te doen.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
tafjak

Re: Fokus met Bobjaan

Post by tafjak »

Christo

Ek hoor by 'n vriend van my dat hulle anatole gaan toets op stuk grond in die Karoo en toe vreet hulle die alpakka op wat die vee op pas.

Taffie
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Fokus met Bobjaan

Post by Christo »

T

Ten minste is die skape ongedeerd  ;)

Is die Alpakkas nie uitheems in elk geval nie. Ou Boel het dit nog nie agtergekom nie. Een van die dae is hulle ook op die CN lys van onaanvaarde spesies in die ekosisteem.

Christo

ns: as beesboere 'n mak SWBees by die trop sit om 2 benige en ander predatore weg te hou dink ek ons moet 'n jakkie uit die teelgate kry en hom leer suip aan 'n skaap ooi. Miskien leer hy gras vreet en beskerm sy trop teen ander jakkies. :-\
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
CHRIS
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 435
Joined: Mon Feb 02, 2009 12:42 pm

Re: Fokus met Bobjaan

Post by CHRIS »

Christo

Baie skerp ;D ;D
tafjak

Re: Fokus met Bobjaan

Post by tafjak »

Christo

Hierdie een is vir jou. Sukkel lankal dat ek foto's kan kry van jakkalse wat beeskalwers eet, nou het ek sommer my eie foto's geneem. Dit was nou net die pensinhoud, maar genoeg vir my.

Dink nou net wat ou Boolie sal s?, seker een of ander verskoning dat die ma van die kalf 'n onopgeleide baas het of dat die kalf se ma nie geboorteklasse bygewoon het nie.

SY EIE MILJOEN gaan hom nog byt!!!

Taffie
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: Fokus met Bobjaan

Post by Christo »

Mr T

'n Miljoen bring jou nie vandag ver nie. Jy moet baie meer bool praat om aan die gang te bly.

Ek het nou 2 dae in 'n ry 'n jakkie gesien weghardloop van die beeskraal(die beeste is dan reeds uitgelaat). Ek dink hy is agter die nageboortes of iets aan. My probleem nou is hy het nog nie skade gemaak nie maar my bure jol nou naweke met 'n CD, ek het nou 2 aande hom gaan soek maar niks maak. Ek hou die ding mooi dop en as daar iets kom by die beeste laat ek weet.

Dis nou te se as hy lank genoeg leef.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
Post Reply