CV's word ingewag vir Nikon Scope

Kan 'n toets objektief wees TOV 'n geskenk

Poll runs till Thu Oct 31, 2052 6:42 am

Ja
27
84%
Nee
2
6%
nutraal
3
9%
 
Total votes: 32

User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by baboonstalker »

Geluk aan die mane wat die scopes gaan toets. Toets maar oop oe? en ons wag vir die terugvoer.

Pieter
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by Piet Breedt »

Baie geluk FM en Gerhard, ek hoop julle geniet hom soveel soos ek myne geniet.

Baie dankie aan Nikon en Carl vir julle voortgesette toewyding in die ondersteuning van ons as skuts en jagters. Ek dink die onvoorwaardelikke geloof in jul produk wat julle hier tentoonstel sal ryklik beloon word deur positiewe komentaar deur elke tevrede klie?nt. Ek kan opreg s? dat ek my Nikon produkte baie hoog aanslaan en glo dat dit uitstekende waarde vir geld is.       
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by whisper »

Geluk aan Gerhard, en Oom Francois, geniet julle pryse, en laat weet wat maak hulle.

Mooi loop.

Whisper.
Praise the Lord, and let the bullets fly!
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by Francois Marais »

Manne

Was die naweek bietjie weg, ek en Wors het bietjie met die boog gaan jag, daar by Dordabis se wereld, ek het darm twee varkies gekry en hy n Blou Wildebees, terug na die NIKON scopes.....

Dankie aan Piet Breedt vir die voorvat in hierdie verband, en ook aan Carl Gersbach, van NIKON, vir die vertroue in ons om n toets te doen en die bevindinge op n openbare forum te deel. Hoop nie ons stel julle teleur nie.....

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
HVZ
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 67
Joined: Wed Jan 20, 2010 4:43 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by HVZ »

Ek wil ook darm net geluk se aan daai twee manne. Al se my hart nie nie so nie weet ek hulle is die beter keuse gewees.

Enjoy
HVZ
260rem 8x57js brno 12br mossberg
User avatar
KSV
Hero Member
Hero Member
Posts: 1386
Joined: Wed Nov 25, 2009 11:02 am

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by KSV »

FM,

Geluk mater! Glo jy sal bietjie meer geleentheid he vir die toets jy en Gerhard.

Julle moet hulle geniet.

Maak mooi!
Hein
Mooiloop!
Hein van Kathu
[glow]Kalahari Sands Varminting[/glow]
User avatar
Piet Breedt
Hero Member
Hero Member
Posts: 2275
Joined: Mon Mar 15, 2010 10:54 am

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by Piet Breedt »

Ek wil ook net dankie s? aan almal wat so fliks hulle CV's ingestuur het. Daar kon ongelukkig net 2 manne gekies word, en ek glo Carl het die regte name gekies wat sy produk regtig mooi sal kan evalueer. As ek kon, sou ek graag vir elkeen n scope wou stuur.
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by Arnold »

Het jy my posadres Piet  ;D
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by Jagtersdok »

Piet
Ja myne ook. Ek en Arnold sal dit op ander dissiplines uit oefen hehehe ;D
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Monrique (SJ)
Hero Member
Hero Member
Posts: 2296
Joined: Fri Jun 19, 2009 2:42 am

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by Monrique (SJ) »

Baie geluk aan die manne wat die scopes gaan kry, hoop julle geniet hulle en as julle moeg raak vir hulle, stuur dit na my toe asb. ;D ;D

Mooi gebaar van Nikon.

Groetnis
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by Francois Marais »

Manne

Met so n tikkie hartseer dat ek hierdie moet post.........

Kry n e-pos van Dr. JARACAL homself, hy deel my mee dat daar forum lede is wat nie tevrede is met die verloop van sake hier by hierdie topic nie......die manne reken dat as iemand iets verniet kry om te hou, dis nou ek en Gerhard en die NIKON scopes, sal ons nie in staat wees om ons eerlike menings te gee tov die scopes nie en bevooroordeeld wees.........Kan die mail copy en paste as julle dink ek praat bog......hy wou ook van my en Piet weet watse voorstelle ons het in die verband.......

My antwoord an hom was dat ek persoonlik dink dis maar n geval van suur druiwe, en siende dat dit NIKON SA se besluit was om die scopes te sponsor, hy dit miskien maar met hulle moet opneem, en as hulle dan goed dink om die sponsorship terug te trek, "so be it...."

Wil net byvoeg en se dat niemand my beinvloed het om al 36 dae van my tyd voor my rekenaar deur te bring en baie van my skiet lewe met ander wild vreemde mense te deel nie, ek het dit uit my eie vrye wil gedoen, en as ek dalk, net dalk vir myself mag voordeel trek hieruit, hoekom mag ek dit nie probeer doen nie????????

Wonner ma net.....
Cois
Last edited by Francois Marais on Tue Jun 07, 2011 12:36 am, edited 1 time in total.
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Kalahari
Hero Member
Hero Member
Posts: 2135
Joined: Thu Dec 30, 2010 4:05 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by Kalahari »

en siende dat dit NIKON SA se besluit was om die scopes te sponsor, hy dit miskien maar met hulle moet opneem, en as hulle dan goed dink om die sponsorship terug te trek, "so be it...."

Manne

Mag dit tog nie gebeur nie, my siening is: ek het nie die ondervinding of kennis om so 'n teleskoop toets te doen nie en dan 'n eerlike opinie oor die produk te kan gee nie........ dalk is daar ander lede wat voel dat hulle dit wel het, maar ek is tevrede dat die manne wat die toetse moet doen 'n eerlike en opregte verslag sal gee oor die produk.
Ek ken nie die ander manne nie ,maar vir FM redelik goed, ek weet die man sal nie 'n klomp bollie vir ons kom vertel nie, so kom ons gee die manne wat onpartydig deur Nikon self gekies is, die kans om die teleskope te toets en hulle opinies te gee.

Buitendien, die paar maande wat ek op die forum is, het ek nie die gevoel gekry dat hier 'n klomp naaf mense op die forum is nie. Kom ons aanvaar die uitslag en gee die manne kans om die "scopes" te toets en terugvoer te gee.

Vrede

Kalahari 
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by baboonstalker »

Ek glo die manne wat die teleskope ontvang het is groot genoeg om 'n eerlike opinie daaroor te kan gee.
Nikon het almal kans gegee om hulle "CV" op die tafel te sit en dit was van die begin af ges? die besluit oor wie dit kry is finaal - dus geen redenasie of verduideliking daaroor agterna.
Die "baas" het gepraat, so sit terug en wag vir die gekose manne se terugvoer. As jy dit self ook wil toets, gaan koop vir jou een en plaas jou toetsverslag ook hier.

Dankie aan Nikon wat bereid was om hulle produkte beskikbaar te stel om getoets te word.
User avatar
tafjak
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2128
Joined: Tue Dec 09, 2008 3:46 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by tafjak »

Francois

Toets die scope, ek wil tog weet wat aangaan en hoe jy die scope ervaar.

Mooiloop
Mooiloop en Geseende Kersfees!
User avatar
Arnold
Hero Member
Hero Member
Posts: 8017
Joined: Tue Mar 10, 2009 12:06 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by Arnold »

Francois Marais wrote: dis maar n geval van suur druiwe
Ek kan nie dink dat dit anders is nie. Die scope is mos nou klaar joune, hoekom sal jy dan nou gatkruip om die scope op te hemel?
Wouter Roets
Administrator
Administrator
Posts: 7575
Joined: Wed May 19, 2010 2:06 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by Wouter Roets »

More Manne

Ek volg hierdie post nou al vir rukkie.

Kom ek begin eers deur te se dat ek my waardeering uitspreek teenoor Nikon SA wat deur Charl verteenwoordig word en Piet Breed wat ek seker is het ook maar ook n bietjie krediet vir die idiee kan vat! Dit is n mooi gebaar en ek weet nie of dieselfde gedoen is op ander Forums nie maar dit spreek net boekdele uit hoe ontsettend gewild hierdie een van ons geword het!

As n mens mooi kyk op hierdie forum sal jy sien dat daar n paar manne is wat basies hulle beroep hier met manne deel wat maar net hulle stokpertjie of belangstelling is. Indein daar verwag word om van hierdie manne se tyd(en ons weer presies wat dit beteken $$$) en kennis(ook maar $$$) gebruik word om n produk te bemark sien ek geen fout dat daar n form van vergoeding kan plaasvind nie. Onthou Nikon vat n kans hier met twee manne wat se integriteit volgens my en wat ek van hulle af weet bo verdenkink is! Kyk maar na die terugvoer op die Rudolf teleskope(Cois s'n ingesluit) was reguit en eerlik! Hel aan die einde van die dag moes hy self geld betaal om hom te kon toets!

Vir die van julle wat ongelukkig was met die kies van die kanidate en die hele konsep kom dan uit en se dit dan reguit. Meskien is dit dan juis die rede hoekom jou aansoek nie suksesvol was nie?

As ek persoonlik hierdie keuse moes maak sou dit tien teen een dieselfde gelyk het! Maak ons nou trots met julle terugvoering soos ons weet julle sal doen! Baie geluk!

Onthou maar altyd hiedie ware woorde;"Losers moan about their best! Winners go home and "TEST" the prom queen!"

Groetnis
Wouter
Last edited by Wouter Roets on Tue Jun 07, 2011 8:30 am, edited 1 time in total.
RUGER;2xSR9C,SR1911,44RemMag,12br,22LR,SR22,SR556,223AI,22-250AI,6mmCM,243AI,25-06AI,6,5CM,RPR6,5CM,7-08,7x57AI,7mmRemMag,308Win,30-06AI,300WinMag,338WinMag,338Lapua,9,3x62,375Ruger,375H&HAI,416Ruger,416Rigby,458Lott,505Gibbs.
User avatar
whisper
Full Member
Full Member
Posts: 184
Joined: Mon Oct 25, 2010 4:00 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by whisper »

Ok, I am going to do this one in english, and I will start out with WTF? Nikon chose to sponsor two scopes for FREE through Oom Piet, EVERYONE was given a chance to submit a CV, and the winner would be chosen finally by NIKON, who are unbiased, non partisan, and newly signed up to the site, where's the confusion? I think that it is wonderful even to be given a chance to compete for something for free, let alone win it. I am proud to have got to the final choices with the caliber of men that are posting on this site, sharing their knowledge, I feel that the choice was a good one, two worthy recipients who put in loads of time on the site, and in the bush what the hell is wrong with this picture? Again, well done to Gerhard, and Oom Cois, you deserve to win, and I know that you will give good, fair reviews of the scopes, and talking about the caliber of men on this site.......now we send messages because we don't like the outcome of an independently judged competition, organized by one of our members for free............ time to cull the herd, think before you type gentlemen, thank you Oom Piet, and well done to the winners, and to Nikon.

Whisper.

Out.
Praise the Lord, and let the bullets fly!
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by Hein M. »

Wouter Roets wrote:

Onthou maar altyd hiedie ware woorde;"Losers moan about their best! Winners go home and "TEST" the prom queen!"

;D

Hy's war my baas!

Ja, om darem nou speelgoed uit die kot te gooi oor suur druiwe, is darem wragtag pateties.  Dit wys jou nou dat die Nikon eintlik baie gewild moet wees...
Last edited by Hein M. on Tue Jun 07, 2011 5:13 pm, edited 1 time in total.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Geno
Administrator
Administrator
Posts: 13662
Joined: Tue Apr 20, 2010 3:05 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by Geno »

More manne,
Hier is my opinie:
Baie geluk aan Gerhard en FM wat die scopes gekry het om te toets, julle is regtig waardige kandidate!

Ekself sou like van een van die scopes, maar toe ek deur die CV's lees het ek besef dat daar ander manne is wat myle voor my is met kennis en ondervinding wat die ding aanbetref.

Die Moaner: Groei 'n paar teelballe en word groot. Baas Wout se woorde is baie waar!
Wouter Roets wrote: Onthou maar altyd hiedie ware woorde;"Losers moan about their best! Winners go home and "TEST" the prom queen!"

Groete,
Eugene
Last edited by Geno on Tue Jun 07, 2011 1:06 pm, edited 1 time in total.
Goed, beter, 6millimeter!
Beretta
Hero Member
Hero Member
Posts: 2954
Joined: Wed May 06, 2009 4:09 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by Beretta »

Dag Manne
Ek kan nie glo dat daardie man nou so suur is nie.Francois en Gerhard steur julle min aan die man ek dink Francois moet maar se wie persoon is sodat ek vir hom ook n prys kan stuur (welding helmet, Winnie vir sy drywer en Julias om hom met die helmet te help o ja n one wat ticket na moerlandspan toe) ;D
Gtroete
Beretta
O ja voor ek vergeet enige donasies vir n dummy en n toffie vir die persoon
User avatar
baboonstalker
Hero Member
Hero Member
Posts: 692
Joined: Wed Aug 25, 2010 8:37 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by baboonstalker »

K?rels, kom ons trek maar weer die teuels bietjie in voor ons te persoonlik raak en die thread 'n sleg "vibe" gee.

'n Mater het sy mening gelig en in die wye (korupte) w?reld is dit seker nie te onbillik nie. In die konteks van die spesifieke borgskap/ toetsbestuurderskap glo ek die maat se bekommernis is onnodig en die toetsers se intergriteit bo twyfel.

Wees rustig manne, dit is jagseisoen en mens wil jou nou nie onnodig opwerk oor twak nie.  ;)
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by jaracal »

Ek wil graag hierdie in perspektief stel. Ek het dievolgende e-pos aan Francois en Piet gestuur:
"Beste Piet en Francois
Ek het ?n paar ?klagtes? of objeksies gekry van lede wat voel dat indien ?n scope vir ?n persoon gegee word om te hou daardie persoon nie ?n objektiewe mening oor die scope kan gee indien hy dit toets nie. Ek weet nie of julle dit in dieselfde lig sien en voorstelle het hoe om sulke fyngevoeligheid die hoof te bied nie.
Ek hoor graag van julle
Groete
Heinrich"
Ek het nog altyd 'n probleem wat op die forum ontstaan het diplomaties probeer oplos en was dit ook hier my intensie. Ongelukkig het Francois dit na die publieke arena gevat wat seker sy reg is. Daar word nou persoonlike aanvalle gedoen ens. Ek kan my g@t maklik in 'n krul ruk en persone links en regs "ban". Dit was nog nooit my idee om die forum te laat dans na my pype nie ens. So kom ons geniet die forum en laat die sleg se^ weg.
Groete
Heinrich
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
jaracal
Administrator
Administrator
Posts: 1891
Joined: Mon Dec 24, 2012 8:06 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by jaracal »

Vir interresantheid het ek 'n Poll daargestel om te sien wat die mense anoniem dink. Die persoon wat gestem het daar is nog 'n opsie bygevoeg en jou stem is verwyder so stem weer asb.
Groete
Heinrich
Last edited by jaracal on Tue Jun 07, 2011 2:43 pm, edited 1 time in total.
Vegetarian is an old Bushman word for bad hunter
User avatar
Jagtersdok
Global Moderator
Global Moderator
Posts: 2034
Joined: Wed Mar 03, 2010 8:10 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by Jagtersdok »

Hokaai nou manne stop die lorrie asb.

Hierdie forum is seker een van die as dit nie die sterkste internet basis invloed op alle gebiede van gewere in die landjie van ons en ons buurmanne daar van Duitswes.

Ja die twee manne was gelukkig en hulle CV's is getrek. Ek sou miskien iemand anders gekies en miskien ook nie.

Kom ons sorteer die probleem diplomaties uit. En daar is eintlik nie veel uit te sorteer nie. Die Scopes is gegee, dit was oop lank voor die wenners want inherent is dit wat hulle is met deel van die inskrywings kriteria om objektiewe verslag in te dien, tog was dit steeds 'n kompetisie/lucky draw as jy dit in perspektief wil stel.

Die manne het gewen BAIE GELUK! En ja ek sou ook graag een wou wen maar dit was nie my beurt nie.

Die hele ding was vir 2 weke oop vir bespreking en ek voel sou enige iemand 'n probleem daarmee h? sou daardie persoon in daardie tyd die saak moes op bring vir debat en dan na bespreking daar besluit kon neem. Dit het nie gebeur nie so ek voel en ek weet ek is reg, die saak is afgehandel want daar was genoeg kans om appel aan te teken.

Meeste van ons deel ons tyd en effort en kennis soos Wouter s? entlik $$$$$ wat ons al deur gewerk het met ander mense onbaatsugtig op die Forum en Oom Francois jy was nog altyd groot voorbeeld en een van die manne na wie ek op kyk. Kom ons hou daai houding van onbaatsugtigheid en ons bly deel, dit gaan niemand help as ons almal ons gatte in krul trek nie.

Heinrich jy het absoluut die regte ding gedoen om Francois en Piet konfidensioneel te verwittig van die situasie, en hier is nou my persoonlike raad stuur konfidensionele epos terug aan die gene wat kapsie maak en vertel vir hulle sou hulle die manne se integriteit onder verdenking wil plaas is dit hulle eie reg en mening, maar hierdie saak is 'n pluspunt vir jag en jakkels beheer in die algemeen en Nikon het hulle self toegelaat om ons te ondersteun met die gebaar.

Laastens wil ek net s? dit maak my hart vreeslik seer om te sien dat daar nogsteeds mede burgers en selfs mede jagters is wat nie die son oor ander mense se kop sien opkom nie. Wie ook al jy is wat so min van jou broer dink moenie hoop dat hy gly en val nie want God mag dalk net die aarde onder jou laat oop skeur en jy val in die verderf in.
NEELS NIEMAND, CENTURION

Laat die roere dreun!
.243 Win Frankonia, .270 Win Musgrave
.303 Britt Lee Enfield, .375 Pre'64 Winchester Delux, .375 H&H P14Winchester, [308 Win Mauser & .222 Sako & .22Bruno waiting for liscences]
User avatar
Jeagermeister
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 343
Joined: Wed Jul 14, 2010 5:14 pm

Re: CV's word ingewag vir Nikon Scope

Post by Jeagermeister »

Dankie Neels..

Kan nie meer saamstem nie...

Behou die goeie gees..

Mooi dag uit 'n koel Windhoek, dis 14h00 en net 11 grade..

Kapok voorspel vir vinaand...

JM
.22 Slazenger
.22 BRNO Deluxe
243 HOWA Varmint (Die "Hulk" herdoop nou na  "Shrek")
6.5x57 Sauer 200 LH
30-06 Sauer 200 LH
300WM Ruger M77 LH
R1
LM4
SKS
en dan nog die vuisgewere....
Locked