Page 4 of 4

Re: .308 Wat is die beste punte?

Posted: Tue Jun 14, 2011 11:17 am
by Jagtersdok
Ja met daai lang loop kan jy dit behaal no problem

Re: .308 Wat is die beste punte?

Posted: Mon Jul 04, 2011 11:44 am
by Dewie
Halo Oom

Ons skiet met 168g PMP
En ons is heel tevrede

Dewie

Re: .308 Wat is die beste punte?

Posted: Mon Jul 18, 2011 12:22 pm
by Ponkie
Manne

Ek was nou vir 7 weke op die plaas en het verskeie wild geskiet. Ek skiet meeste van die tyd met die goedkoopste, of mees beskikbare herlaai komponente. Ek besef met hierdie komponente kan ek nie altyd die beste resultate verwag nie, maar my ou 308 (of "ou faithful") bring altyd sy kant.

Ek het 2 stelle ammunisie gelaai.

1. PMP dop
    PMP Magnum Primer
    150gr PMP punt
    S335 43gr
    TPL: 70.5mm

2. Alles dieselfde, behalwe dis gelaai met Nosler Bat Tips en 'n TPL van 73mm.

Ek skiet die ammunisie teen 2750ft/s uit 'n 24'' loop en is baie tevrede met my groepe. Ek gebruik die Burris se Bal plex om afstand te skat en skiet die Gonge ook met hulle.

Ek wil net se dat ek eers teen 2950ft/s geskiet het met 44.5gr S335, maar die groepe was nie konstant <25mm op 100m nie, en toe verminder ek my spoed en skiet klokslag 15-20mm groepe op 100m.

'n 308 is nie 'n platskiet geweer nie, maar hy bring sy kant!

Groetnis
Ponkie

Re: .308 Wat is die beste punte?

Posted: Mon Jul 18, 2011 4:21 pm
by Problem Animal Control
SJ en al die ander manne

PMP match is 155gr(my fout). Ek het nog nie kans gehad om weer met nog n ander chrony te gaan spoed meet nie. Was vandag weer saam n vriend van my by die baan om frustrasies te gaan uithaal op n teiken. Op 100m weer 10mm groep gekry met drie rondtes,toe die scope twaalf clicks op gestel en op 200m twee patrone deur een gat en derde een n half duim links(gemeet met vernier). My resep is as volg 39.6gr S335 met Remington dop en CCI 200 BR primers,TPL is 67mm(wat van geweer tot geweer sal verskil)

Groette
PAC

Re: .308 Wat is die beste punte?

Posted: Mon Jul 18, 2011 5:14 pm
by Armand Steenkamp
Ai my hart brand dam ook vir n 308! Veral as dit nou n RSA is :(

Groetnis

Re: .308 Wat is die beste punte?

Posted: Mon Jul 18, 2011 6:16 pm
by Piet Breedt
Julle manne wat die druk so opjaag soos ek hier lees speel met die leeu se bal. Hy gaan julle hard byt, glo my...!!!!!

Om n spoed van oor die 2915 ft/sek te kry met 167gr koe?ls in n .308 met n 24' loop is moeilikheid soek. In n 31" loop is dit moontlik sonder druk. In 24" lope is dit net n kwessie van tyd of iemand kry baie seer. Elke extra duim loop behoort sowat 20 - 30ft/sek meer te gee.

Re: .308 Wat is die beste punte?

Posted: Mon Jul 18, 2011 6:46 pm
by Problem Animal Control
Piet

As daar nou een ding is waarvoor ek banger is as my skoonma dan is dit druk in n geweer. Ek het geen maar geen tekens van druk nie,nie op die primer of met die uittrek van die dop uit die kamer nie. Ek maak n punt daarvan om na elke 5de of 6de dop te kyk,nee eerder om hul noukeurig te ondersoek vir enige tekens daarvan. Ek het al gesien wat n herlaai flater kan veroorsaak.

PAC

Re: .308 Wat is die beste punte?

Posted: Mon Jul 18, 2011 9:32 pm
by Piet Breedt
PAC, met watse geweer (aksie) skiet jy?

Re: .308 Wat is die beste punte?

Posted: Mon Jul 18, 2011 9:58 pm
by Izak H
Naand manne

Ek wil ook net so 'n bietjie van my ondervings met julle deel aangesien julle nou van "my" kaliber praat. Ek skiet al so die afgelope 5 jaar al met 110gr v-max'e, hulle werk goed op jaks en katte, maar soos almal s? : ken jou geweer ! Die laaste tyd sukkel ek om v-max'e in die hande te kry, hier op Cradock, en probeer toe Sierra 110gr Varminters. Man hulle werk net so lekker, bietjie harder ,in my opinie, as die v-max'e as ek kyk na skade aangerig met skootplasing op min of meer dieselfde plek op die ongediertes.

My lading is 50gr S341, Remington doppe, CCI primers ek skiet 100m groepe wat mekaar sny, oor 'n bank of uit die stoel uit, spoed is 3182 & 3175 vt/sek toe ons laas getoets het.

'n Foto van my sierra lading toets en instel, eers te hoog, toe bietjie regs en toe 4skote, en ver regs was 'n rondte wat swaar toe gemaak het(net om te kyk wat is die verskil) 100m oor bank.

Image

Groete Izak

Re: .308 Wat is die beste punte?

Posted: Tue Jul 19, 2011 8:05 pm
by Problem Animal Control
Piet

My geweer is n BRNO 72 model,dubbel locking lugs op die slot

PAC

NS: Hoop dit help

Re: .308 Wat is die beste punte?

Posted: Tue Jul 19, 2011 8:16 pm
by Jaco Swart
Naand Manne.

Ek het vandagg bietjie op die websites gespeel en vra graag die volgende?

1. Wat dink julle van Nosler se E Tip?
2. Wat dink julle van Nosler se Ballistic Silvertip Hunting?
3. Wat dink julle van Berger se Match Hunting VLD? Hulle beveel die 210 gr punte aan in 'n 1:12 Twist en siende dat my 300 Win Mag juis 'n 11.5 Twist is wil ek weet of iemand al bos en lang afstand met hulle gejag het en wat hulle performance is?