Page 4 of 4

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Wed Dec 19, 2012 5:50 am
by Frederik
Ek het presies 30 dae vanaf ek my .22 aansoek ingegee het gewag totdat ek my .22 lisensie kaartjie in my hande gehad het. En ek bly in PTA oos.  :o
Weet nie hoeveel dit gehelp het dat ek toegewyde jagter is nie en ook 'n endorsment gekry het vanaf Chasa nie.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Wed Dec 19, 2012 7:48 am
by Gerhard
Meer tyd in die veld te spandeer...

Ek mag dalk in 2013 baie lang paaie loop om daar uit te kom...

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Wed Dec 19, 2012 4:35 pm
by Christo J
O wee manne en maninne.

Ek het n droom, n groot droom vir 2013... My droom is dat daar n boer hierdie lees. Eks opsoek na n buffelbul wat die boer wil weggee. Sommer maar net... vir lekker kry, ek sal vir die res van my lewe vir die boer n foto elke oggend stuur met die helse smile op my bakkies as ek in die oggende opstaan:-)

Ek wil hom jag met my boog.

By voorbaad dankie aan die boer wat my gaan laat weet ek moet hom n luitjie gee:-)

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Wed Dec 19, 2012 5:18 pm
by Frederik
Gerhard wrote: Ek mag dalk in 2013 baie lang paaie loop om daar uit te kom...
Hoe so ?

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Tue Jan 01, 2013 8:21 pm
by HeinrichPrinsloo
My droom vir die jaar is om n 55"+ Kudu Bul te skiet

Hoop daar is boere nie te vêr vanaf Pta met nie te mal pryse wat my droom sal laat waar word

????

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Thu Jan 17, 2013 11:26 am
by Fluffa
1. My seun moet sy eerste jaar op die PUK goed slaag......
2. Ek en hy moet gereeld in die veld kans kry met die haelgeweer op duiwe wat die boere se oeste verniel, so tussen die studies deur........
3. Ons moet ook help waar die varke die mielies verniel, of met die haelgeweer of met die 7x57, so tussen die duiwe en die studies......
4. My vrou moet behendig wees met die 7.65 CZ, nie net behendig nie maar vol vertroue en gemaklik wees met die wapen se werking
5. Nuwe lede op die forum ontmoet en nuwe vaardighede aanleer

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Thu Jan 17, 2013 1:43 pm
by Dweetster
Net dat mamma rustig sal bly. Sy gaan my min sien.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sun Jan 27, 2013 10:23 pm
by ruger
Dieselfde wens as Marc!  :(

Om weer saam met goeie vriende lekker te gaan jag in Thabazimbi  :)

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Mon Jan 28, 2013 1:55 pm
by Pieter.308
1). Om hierdie jaar vir my .308 die regte baan en jag lading te kry. (Ons is amper daar)
2). Saam met my vriende in Mei maand my eerste (hopelik groot) rooibok plat te kan trek.
3). Om iemand nuut of ;n nuwe vriend voor te stel aan skiet of jag.
4). Om vir my .308 'n groter vergroting teleskoop te kry.
5). Om meer te gaan skiet en te oefen en te verbeter.
6). Maar my grootste een is om 'n Gemsbok te kan skiet, sy vleis te geniet sy vel en horings in die lapa te kan sit... So elke naweek wanneer ek kuier en die rugby kyk.... En die Cheetahs my hart breek... kan ek darem na die Gemsbok kyk en beter voel... LOL
;D

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Mon Jan 28, 2013 2:34 pm
by marthinus100
1 ) Ek wil tyd kry om n paar fotos van my motorfiets (2009 Yamaha YZ450F) te neem. Wil hom verkoop, maar moet bietjie fotos neem.
2 ) Met die geld wil ek vir my n Tikka T3 Sporter koop.
3 ) Wil weer gaan jag. Hopelik is my tax return so bietjie meer as laas jaar en kan ek iets groter plat trek.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Mon Jan 28, 2013 3:18 pm
by Roger
1) My .375Ruger lisensie kry
2) Iets skiet met my .375Ruger
3) Eland & bosvark met die boog
4) 25-06 koop en lisensie inhandig
5) Meer spaar (minder mors  :P)

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Tue Jan 29, 2013 3:27 pm
by Jake1
Wil spesialiseer in my 30-06.

Wil geen duif met my .22 in die lyf skiet nie- net kopskote.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Tue Jan 29, 2013 3:29 pm
by Langes
Wil graag my eerste Rooibok skiet met die boog!

Meer op die skietbaan te kom!

Groete

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Fri Feb 08, 2013 11:14 am
by Victor
1. My 54" koedoebul van 2012 te oorttref , maar met my oopvisier 8x57
2. My 2jr kleinseun Ruvan , se houtgeweer uit kluis te haal , om hom te begin touwys te maak
3. My eerste bosvark
4. My jaggeleenthede te geniet

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Sat Feb 09, 2013 8:51 am
by Frederik
Victor wrote:1. My 54" koedoebul van 2012 te oorttref , maar met my oopvisier 8x57
Victor dit is nogal 'n hoe mylpaal. Geniet dit

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Tue Feb 12, 2013 9:10 pm
by Alvar
Ek sal graag my spesie lys wil aanvul met 'n duiker, bosbok, bosvark en vlakvark.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Tue Feb 12, 2013 9:35 pm
by JohanvB
Ek sou graag 'n Gemsbok wil skiet, so as iemand so 'n geleentheid het, sal dit great wees, dankie.

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Wed Feb 20, 2013 12:34 pm
by Evert
Wenslys vir die jaar.

1. Spesie om te jag:
Rietbok met die 300H&H
Takbok met die 300H&H
Buffel Bul met die 9.3x62
2. Om 2 groepe oorsese jagters uit te vat
3. Om SA en oorsese jagters te vat vir Bosvark, Bosbok, Takbok, Seekoei, Krokedil, Sharpes Greysbok, rooi Duiker, klipspringer, Swartwitpens, Bastergemsbok, Kameelperd en buffel koei
4. Om nog geweer aan te skaf of miskien n 243 of n 22-250

Re: Wenslys - Wat wil jy bereik met die 2013 Seisoen.

Posted: Wed Feb 20, 2013 1:17 pm
by PWV
E-Bird wrote:Wenslys vir die jaar.

1. Spesie om te jag:
Rietbok met die 300H&H
Takbok met die 300H&H
Buffel Bul met die 9.3x62
2. Om 2 groepe oorsese jagters uit te vat
3. Om SA en oorsese jagters te vat vir Bosvark, Bosbok, Takbok, Seekoei, Krokedil, Sharpes Greysbok, rooi Duiker, klipspringer, Swartwitpens, Bastergemsbok, Kameelperd en buffel koei
4. Om nog geweer aan te skaf of miskien n 243 of n 22-250
"Tall order"! Dalk moet jy party laat oorstaan vir 2014! ;D ;D