Page 4 of 4
Re: Springbok op 710m
Posted: Sun Jul 15, 2012 12:04 pm
by DawieKotze
Hit it @ longrange wrote:
Seker manne noem dat die bok sal beweeg as ons dit oor sulke lang afstande skiet.
Wel, ons manne wat gereeld jag weet dat dit op enige afstand kan gebeur, en wie van ons was nie al op die punt om te skiet toe die bok begin beweeg nie.
My ondervinding toon egter dat bokke wat op verder afstande staan geneig is om rustiger te wees, aangesien hulle dan meestal in hul "free zone" is.
Net so terloops. Daardie 710m skoot se 6.5mm projektiel met 'n .600BC @ 3025fps se tydsverloop vandat dit die loop verlaat het tot dat dit die bok getref het was 0.958 sekondes .........!
Dit was ek wat saam met Stefan die vraag gevra het oor die beweging nadat die skoot geskiet is....
Baie dankie vir die inligting en verduideliking - julle manne en toerusting is duidelik in ander klas!!

As ek in sulke kampe en veld toestande moes jag/skiet, het ek seker al lankal my polse gesny!!

Het darem grootgeword daar in die Suide van Suidwes en weet van die v????r skote!
Dit is wel so dat enige bok oor enige afstand kan beweeg sodra die sneller gedruk is, maar dan moet julle ook toegee dat die afstand wat hy gaan beweeg baie minder gaan wees oor korter afstande. Oor 300 meter sal die vlugtyd van 0.958 sekondes met meer as die helfte gesny word en die kans op probleme dus ook.
Dit is die enigste veranderlike wat ons nie met sekerheid kan voorspel nie. Geen voorbereiding of toerusting kan daarvoor voorsiening maak nie. Toegegee - die redenasie van rustiger bokke.
Hierdie bly 'n spesialis veld en ek haal my hoed af vir julle manne wat dit met sukses beoefen. Voorwaar 'n kuns wat baie oefening en duur toerusting benodig.
Ek sekondeer die voorstel van 'n spesifieke topic oor langafstand jag. Dit sal bitter interessant wees om die spesialiste en hulle toerusting te sien werk!!
Groete
Dawie
Re: Springbok op 710m
Posted: Sun Jul 15, 2012 12:34 pm
by immelmanw
spekieries wrote:
Ou Willem
Ek is nou nie so bevoorreg om gewere te smous nie, maar ek het darem 'n internet, en 'n roer wat daar kan skiet wat ek gebou het. Verder het ek 'n pel of twee wat Bisley skiet en 'n klomp wat baie akkuraat baie ver kan gooi. Ja en niks is niks en iets is iets.
Soos ek s?, al kon ek, my persoonlike uitdaging l? nie daarin nie, ek haal my hoed af vir die ouens wat so kan skiet, maar ek verkies maar die jag gedeelte.
Maar my onkundige opinie.
Ek is nie so oud nie, 36, jy kan maar net Willem se.
Om gewere te smous het niks met die onderwerp te doen nie, as jy motors verkoop beteken dit nie jy is n F-1 drywer nie, ook nie dat jy weet hoe dit werk of die kennis daarvan het nie. As jy vriende het wat F-1 ry betken dit ook nie jy kan F-1 ry nie.
LEES MOOI: Ek respekteer jou opinie en geniet ook BAIE MEER die jaggedeelte van ons sport, maar dit beteken nie dit wat langsafstand manne doen verkeerd of oneties is nie.
99% van daai manne gaan beter op 700m skiet as wat meeste jagters met hulle 7x57 op 100m kan skiet!
EK wil nie baklei of redineer nie (al lyk dit vir jou so) al wat ek se is dat die mense (nie noodwendig jy nie, jy is die een wat reageer het) wat nie die sport beoefen of "baie"daarvan weet nie, die sterkste opinies daaroor het, baie van dit hoorse en nie feitlik nie.
Anyway, ek dink daar is genoeg gese en tik, kom ons los dit daar en gaan aan! Dit is tog alles deel van "ons" sport.
Groete & dankie vir die antwoord.
Re: Springbok op 710m
Posted: Sun Jul 15, 2012 9:43 pm
by Machann
Ek het al self n springbok op oor die 700m geskiet, rooihartbees op 420m agter die kop met my ou 25-06 en n lynx 8x56. Verder ook n gemsbok bul uit die middel van trop geskiet met net sy kop wat uitgesteek het, met n geweer wat ek nog nooit voorheen mee geskiet het.
Kom ons kyk bietjie na die boog jag (ek doen dit self) en rooibokke. Alle manne wat ken sal n eerste aanraai om nie met n rooibok te begin nie en manne wat ken weet al teen die tyd om laer te vat as hulle skiet, omdat rooibokke (varke en paar ander bokke) sogenaamd die ?string jump?.
Kom ons vat kopskoot op 150m en verder. Daar is nie so ding van net na kop skiet omdat dit of raak of mis is. Daar is n deel net voor die skoop loop waar jy nie meer beheer het om dit te stop en al wat jy nodig het is vir daai bok om sy kop te draai in daai tydjie vir jou om die bok te kwes? Verder hoe baie koedoes word elke jaar in hardloop geskiet in SA? Wie kan se dat elke skoot wat hulle al geskiet het geen risiko gedra het en wie van ons wat al meer as 50 bokke geskiet het, het nog nooit n bok gekwes?
Manne en kom ons wees eerlik, teiken skiet help jou net met n klein deeltjie van jag en dit is nie dieselfde nie. Daar is groot verskil om lang afstand te skiet en lang afstand te jag? Het al meer as twee keer gesien hoe manne op 100m n mooi groepie skiet net om n groot bok se ?killzone? op 150m mis te skiet en dan het die een man n wildsplaas in die bosveld. Verder bly boeke kennis net boeke kennis maar hoe teken jy als aan in n boek en hoe baie skryf daai persoon nie omdat hy al vergeet het wat meeste van ons nog moet leer voor ons kan doen wat hulle se?
Manne, hierdie is als oor risiko? Hoeveel meer risiko is daar in die 710m skoot gewees invergelyking met die laaste paar skote wat ons elk geskiet het? MOA groep is moes goed genoeg vir jag? Hoe kan enige van ons n opinie gee as ons nie al die risiko?s in so skoot verstaan nie en hoe verstaan jy als as jy nie ondervinding het nie?
Nou net om julle te bedaar. Die eerste drie bokke was al drie gekwes deur manne wat met sake vol gewere en monde vol kennis ogedaag het, klein groepies kon skiet op 100m met groot scopes. Manne jag, is meer as net kan skiet en boeke kennis. Mens kry geluk maar ?the more you practice, the luckier you get? en Gary Player het nie verwys na put-put oefen nie maar golf.
Laat dit juig.
Re: Springbok op 710m
Posted: Tue Jul 31, 2012 8:29 pm
by 22-250 Sniper
Eties of nie ek haal my hoed af vir n skut wat so n skoot met sukses kan aftrek. Enige skoot oor 400mt is n uitdaging vir die wat kan. die res beskou sulke skuts as COWBOYS
Re: Springbok op 710m
Posted: Fri Aug 10, 2012 6:14 pm
by stephensonsknives
: Die manne wat die meeste te se het is die manne wat die minste weet:
Ek het lank oor die sin se waarheid gedink. Die jagter ,ja jagter,wat die springbok op 710m geskiet het uitstekend ,kan n paar manne op die forum dalk by die man en sy pa ,dag oom, gaan leer wat skiet is en as jy wil jag. Ek verstaan hoekom daar manne is wat nie kan ver skiet nie, want die koelbokse kan nie so ver gedra word nie .
Etiese jag wat n klomp twak en dan is daar nou deesdae subkategorie ook onder die woord.Ek was as gas by plase waar ek moes aanskou hoe tarentale in hokke met klippe doodgegooi is ,in n ander voorval jaag n man se seun voor my in terwyl ek le en varke afskiet. Ek moes sy vriendin troos nadat hy met sy cruiser 2 varke doodgery het.Etiese jag het amper vir my geword asof ons n verskoning soek vir wat ek doen naamlik jag.
Dan sien ek hier op die forum die dreigende asook afkrakende houding van party lede nog voordat van feite vergewis word,was die forum dan juis geskep om ons self te verbeter (iets wat ons besig is om te verloor) kennis op te doen asook dan terselfdertyd n paar jagvriende te maak.
Soos oom Pine tereg in een van sy posts gese het ,,,respek bestaan nie meer vandag nie,,,oom Pine is reg
Dit het my 5 jaar se tyd insit gekos om my skietvernuf van 100m na 500m toe te vat en dit sluit my jagvermoe ook in.Tuidens n onderhoud met n japanese vrou het die verslaggewer haar gevra hoekom sy sulke streng dissipline met haar kinders handhaaf, haar eenvoudige antwoord was ,we as chinese are the best.
Kan ons dieselfde se,
jammer oom Pine dis n krapperigheid wat uit my keel mos kom
Dankie vir n great forum
Kruit damp groete
Re: Springbok op 710m
Posted: Fri Aug 10, 2012 8:25 pm
by DawieKotze
stephensonsknives wrote:
: Ek verstaan hoekom daar manne is wat nie kan ver skiet nie, want die koelbokse kan nie so ver gedra word nie .
Jo Jo!! Nou smeer jy darem die kwas wyd oor alle jagters!!
Nog nooit in my lewe het ek 'n koelboks veld toe gevat nie, maar ek jag ook nie op 710 meter nie. Nie eers oor 350 meter nie. Dis 'n spesialis veld wat net party baie toegewyde manne kan doen met die regte toerusting.
Terloops - Oom Klaas self gee toe dat dit miskien meer as "springbok skiet" geklasifiseer moet word as jag. Laat ons nou nie met semantiek deurmekaar raak nie

Dis dieselfde met etiese en oneties jag. Elkeen moet vanaand dit vir homself uitmaak.
Terloops - aan die mods. Wat het dan geword van die spesifieke topic oor langafstand jag? Ons sal bitter graag meer wil leer van die manne wat kan! Ons eie Suid Afrikaanse manne! Daai Amerikaanse "Longrange Hunting" - Eish man!! Dis mos nie onse mense nie!!
Mooiloop!!
Dawie