Dit was ek wat saam met Stefan die vraag gevra het oor die beweging nadat die skoot geskiet is....Hit it @ longrange wrote: Seker manne noem dat die bok sal beweeg as ons dit oor sulke lang afstande skiet.
Wel, ons manne wat gereeld jag weet dat dit op enige afstand kan gebeur, en wie van ons was nie al op die punt om te skiet toe die bok begin beweeg nie.
My ondervinding toon egter dat bokke wat op verder afstande staan geneig is om rustiger te wees, aangesien hulle dan meestal in hul "free zone" is.
Net so terloops. Daardie 710m skoot se 6.5mm projektiel met 'n .600BC @ 3025fps se tydsverloop vandat dit die loop verlaat het tot dat dit die bok getref het was 0.958 sekondes .........!
Baie dankie vir die inligting en verduideliking - julle manne en toerusting is duidelik in ander klas!!
Dit is wel so dat enige bok oor enige afstand kan beweeg sodra die sneller gedruk is, maar dan moet julle ook toegee dat die afstand wat hy gaan beweeg baie minder gaan wees oor korter afstande. Oor 300 meter sal die vlugtyd van 0.958 sekondes met meer as die helfte gesny word en die kans op probleme dus ook.
Dit is die enigste veranderlike wat ons nie met sekerheid kan voorspel nie. Geen voorbereiding of toerusting kan daarvoor voorsiening maak nie. Toegegee - die redenasie van rustiger bokke.
Hierdie bly 'n spesialis veld en ek haal my hoed af vir julle manne wat dit met sukses beoefen. Voorwaar 'n kuns wat baie oefening en duur toerusting benodig.
Ek sekondeer die voorstel van 'n spesifieke topic oor langafstand jag. Dit sal bitter interessant wees om die spesialiste en hulle toerusting te sien werk!!
Groete
Dawie
