mees akkuraatste ysters?

DSBW
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 344
Joined: Wed Aug 19, 2009 7:56 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by DSBW »

Francois, ek stem met jou saam, dit is 'n welbekende feit dat niks die 6mm BR se akkuraatheid kan klop nie, so daar is nie eers argumente te voer daaroor nie. Maar.....  as ek die post reg verstaan (kan verkeerd wees) dan is die vraag wat sou die beste een geweer gewees het, vir alle tipe gebruike in ons deel van die w?reld, met ander woorde die beste "all round" pakket vir die grootwild, klein wild, skyskiet, jakkals skiet, goedkoop, akkuraat van die rak af, al die dinge, en deesdae natuurlik ook loop leeftyd. (ek lees nou tussen die lyne, na daar heelwat antwoorde verskaf is)

Ek is seker daar is heelwat oorweegde opinies oor die onderwerp, en ja, uiteindelik is die geweer waarmee sy baas die beste vaar, ook die beste kaliber. Oor tyd gaan die baas dalk op meer as een kaliber besluit, maar dit bly maar 'n onderwerp met verskillende antwoorde.

As ek by 'n "gunshop" sou werk, en iemand stap in wat sy eerste geweer koop, en vir die volgende 20 jaar gaan hy nie weer 'n geweer koop nie, en hy het nie baie geld nie, en hy wil alles doen met die ding, en baie skiet??

Ek sal maar hou by die .308 in so 'n geval, my beskeie opinie.

Onderstaande kom van die 6mmBr "site" af.

The .308 Win--MVP of Modern Cartridges
Originally created by the U.S. Army to replace the 30-06, the .308 Winchester (7.62x51 in military form) ranks among the most versatile and popular centerfire cartridges in the world. The
.308 serves police and military marksmen, Palma competitors, F-Class shooters, and deer-hunters equally well. The .308 Win delivers superb accuracy along with outstanding barrel life--it's not unusual for a .308 barrel to return 5,000+ rounds of accurate service. Along with excellent factory-loaded ammo, a huge selection of bullets and powders is available for the .308 Winchester reloader. Loading for the .308 Win is relatively easy. The round is not finicky and great powder and projectile combinations are well-known.

And if you want "out of the box" precision in a factory rifle, the .308 Win is hard to beat. While it may not be the "ulimate" 1000-yard cartridge or short-range paper-puncher, the .308 remains one of the best cartridges in the modern arsenal, with versatility that few other calibers can match. As a "do-it-all" cartridge that can take game, win shooting matches, and defend against foes, the .308 Winchester has few rivals.
User avatar
Hein M.
Hero Member
Hero Member
Posts: 3887
Joined: Wed Mar 25, 2009 3:52 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Hein M. »

Die vraag wat gevra word en die thread se opskrif is twee verskillende dinge -worlds apart.

Jy kan nie met EEN voertuig 'n offroad en 'n streetrace wen nie ;D  Dit geld seker ook vir gewere.  Daar is mos altyd ouens wat sal probeer.

AS ek nou MOET kies sal ek maar my .22 - met al sy modifikasies - vat en nie gaan jag nie ;D

Hein M.
Nie alles wat getel kan word, tel nie. En nie alles wat tel kan getel word nie. - Albert Einstein
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by Francois Marais »

Tommie

Ek gaan jou nie probeer tot ander insigte dwing nie, Pro -Amm gaan in die jaar 2050 nog nie 6mm BR patrone maak nie, Norma doen reeds vir jare. In 2050 gaan jy steeds klou aan jou 308, wat nie verkeerd sal wees nie, die punt is teen dan gaan daar nog n dosyn ander kalibers op die mark wees, wat alles wat die 308 doen, beter kan doen, en jy nooit van hulle sou geskiet het nie, slegs omdat jy steeds sal glo die 308 is die beste in die wereld.

Tommie/ Fox Driver

Kyk maar die gewildheid van ALLE militere kalibers, heel bo aan die gewildheidslyste, HOEKOM?? Goedkoop alles, PUNT. Military surplus, gewere, ammo, doppe.

Ek het nooit gese die 308 is nie n goeie kal nie. Maar se weer, dis nie die alfa en omega nie, soos bv die 7*57 Mauser. Dis enige tyd net so n goeie kal soos die 308, en in my oe beter, weet nie van n 1000 Olifante wat al met n 308 geskiet was nie??

Hein

Net soos jy se, en hier gaan niemand reg of verkeerd wees nie, so hierdie gaan my laaste post op hierdie topic wees.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
JACQUES BOTHA
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Tue Jan 06, 2009 10:53 am

Re: mees akkuraatste ysters?

Post by JACQUES BOTHA »

FM
Hou asb aan met posts.. On selkeen gee sy mening en ons luister en lees en gesels.
Die belangrikste is dat dit so mooi reaksie uitlok en aan elkeen kans gee om sy sienig daar te stel.Ek dink dis deel van die forum..Om info te ruil baie mens ehet nie eens gewet van xt xc en br in die 6mm klas nie.Nou gesels ons al saam.
Niemand kan met feite stry nie. Maar ek dink baie van ons in S A  jag met ons roere en 80% van ons hier skiet nie eens 1 loop op in ons lewens nie, ande manne skiet een loop in een jaar klaar. Baie van ons is tevrede met  wat ons het en moet dit wat ons besit so akuraat moontlik aanwend en optimaliseer. En een of ander tyd gaan ons gatte jeuk en dan as jy n nuwe roer aanskaf..dan dink jy ...mmm wat van die 6mm of 6,5 of as jy slim is die bonzai 243...(tong in die kies) EK WIL DIT NIE HARD SE NIE MAAR HOU DIT TUSSEN ONS DIE 6MM 250 MMMM EK GAAN HOM NOG BOU IN DIE JAAR.Moet asb nie dat die 243 manne dit hoor of raaklees nie...
Groetnis
JB
Shoot straight and tell the truth!
Post Reply