Page 29 of 31

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Wed Nov 05, 2025 1:43 pm
by tau
desert fox wrote: Mon Nov 03, 2025 1:48 pm .375 Ruger, 300gr Spoor + 68gr S355 = 2650fps uit n 20 duim loop.

3 Skoot groepering om 100m. Kan amper nie beter wees nie!
Die man wat die lading gedoen het ken seker van?

Geluk Woutie

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Sat Nov 08, 2025 12:44 pm
by Rudi Fischer
Het gister n man gehelp met sy nuwe Merkel Helix in 7mm Rem Mag.

SBC .284 160gr

Seker een van die lekkerste fabrieks gewere wat ek nog geskiet het

Image
Image

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Sat Nov 08, 2025 6:40 pm
by Lategan1
@ Rudi,

Lyk of die SBC’s en die Merkel jou gehelp het!
Awesome.

Beste.

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Tue Nov 18, 2025 5:08 pm
by Rudi Fischer
Die naweek weer buffel koeie gejag saam met n paar kliente.

Kliente het gejag met my .416 Rem Mag gelaai met SBC .416 400gr en as dinge skeef loop sou ek backup met die .458 Express gelaai met SBC .458 500gr

Altwee laadings draf teen 2250 fps.

Bos was onsaglik ruig met sigbaarheid op n max van 50m maar meeste van die tyd tussen 15 en 20m

Image
Image
Image
Image
Image

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Wed Nov 19, 2025 10:43 am
by partner
Dankies vir Fotos en Storie Rudi.Waardeer Baie.

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Wed Nov 19, 2025 11:05 am
by Arnold
Baie geluk met hierdie sukses storie.

Om jou werk te los en te begin koeëls maak vat nogal ...

Alle sukses vorentoe met die koeëls en die nuwe safari geleenthede vir die Suid Afrikaanse jagters

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Tue Nov 25, 2025 8:00 pm
by Cobus Wessels
Daardie gelaaide koeëls blink so - tumble jy hulle na hulle gelaai is?

Sent from my SM-S938B using Tapatalk


Spoor Bullet Company.

Posted: Tue Nov 25, 2025 8:03 pm
by Rudi Fischer
Cobus Wessels wrote:Daardie gelaaide koeëls blink so - tumble jy hulle na hulle gelaai is?

Sent from my SM-S938B using Tapatalk
Glad nie.
Dis hoe dit lyk as ek hulle laai
Ek dra wel surgical gloves wanneer ek laai en vee elke rondte af met n handdoek voor hulle in die houer gaan.

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Wed Nov 26, 2025 12:18 pm
by saswart
Na bewering hoor ek die Spoor's groepeer 2/3 mm beter as Rudi hul skoonvryf...

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Wed Nov 26, 2025 12:41 pm
by tripodmvr
Magic touch!!!!!

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Wed Nov 26, 2025 12:56 pm
by Supacow
Oog van die meester maak die perd vet ;)

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Wed Nov 26, 2025 12:57 pm
by Rudi Fischer
Grap gatte

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Wed Nov 26, 2025 1:47 pm
by tripodmvr
Ons gee darem erkenning dat jou koele werk

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Fri Nov 28, 2025 9:07 am
by Frederik
Soos ek Rudi ken herlaai hy in sy herlaai kamer met 'n perfekte humuditiet wat konstant gehou word en natuurlik die perfekte 21.5C omgewings temperatuur. Waar hy so temperatuur anpasser masjien gekry het wat in halwe Celcius grades kan werk weet hy alleen. Die rede vir die konstantheid is dat daar geen persperasie kan vloei as hy so hard konsentreer om die perfekte korrel telling in elke dop te kry nie. Dis nou bo en behalwe sy sjirugsiese handskoene wat natuurlik vervang moet word vir elke stel wat gelaai word.

In die agtergrond word daar heerlike Duitse lokale musiek gespeel deur 'n groep genaamd "Rammstein"!

Jammer Rudi ek kon myself nie help nie maar jy is nie skaam om te noem die Duitse presiesie bloed wat dik loop in jou are! :laugh:

Spoor Bullet Company.

Posted: Fri Nov 28, 2025 9:23 am
by Rudi Fischer
En ek fluister in elke koeel se oor met my diepste Steve Hoffmeyer stem “jy is n wenner”
Dit help ook Image

Image


Image

Spoor Bullet Company.

Posted: Fri Nov 28, 2025 4:15 pm
by Rudi Fischer
Volgende Batch SBC .277 130gr - Image

Image

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Wed Dec 31, 2025 7:48 am
by Rudi Fischer
Goeie more Julle.
Het gister tyd gekry om die nuwe SBC .323 187gr te gaan toets in wetpacks

My 8x60s gebruik teen n spoed van 2600 vps.
Die geweertjie het net n 19” loop so dis maar die spoed wat ek kan uit kry.

Die .323 sal binne kort beskikbaar wees in 187gr en 196gr.

Wetpacks was op 25m, 50m, 100m, 200m
Aangesien die geweer oop visiere het was 200m my maks gewees maar nogal verbaas met my skoot (in die middel van die wetpack.


Brno M21 in 8x60s
Image

Image

200m Wetpack
Image

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Fri Jan 02, 2026 7:24 am
by Frederik
Netjies Rudi sal graag die 196gr wil gebruik in my 8x68S

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Fri Jan 02, 2026 11:27 pm
by Branderplank
Daai doppe blink darem baie mooi 8)

Sien uit om die toets in die 404

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Mon Feb 16, 2026 8:22 pm
by Rudi Fischer
Het Vrydag oggend die groep van n klient gekry.

Dit was sy eerste 5 kalibrasie skote … Laading ontwikkeling, done and dusted.

Image

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Tue Feb 17, 2026 1:43 pm
by partner
Regtig Besonders en Uitstekend. Dankies vir die deel.

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Tue Feb 17, 2026 2:00 pm
by Toxxyc
saswart wrote: Wed Nov 26, 2025 12:18 pm Na bewering hoor ek die Spoor's groepeer 2/3 mm beter as Rudi hul skoonvryf...
Baie dinge in die lewe is baie meer indrukwekkend as jy dit eers so bietjie opvryf...

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Tue Feb 17, 2026 2:07 pm
by Capt. Yoda
Image

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Fri Feb 20, 2026 9:06 pm
by Rudi Fischer
Nuwe SBC .323 187gr en 196gr beskikbaar.

Image

Re: Spoor Bullet Company.

Posted: Wed Feb 25, 2026 5:36 am
by Frederik
Great ek gesels met jou oor die 196GR