Page 29 of 50
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Nov 17, 2022 6:43 pm
by Arnold
Ammion wrote: Wed Nov 16, 2022 7:54 am
Francoisv wrote: Tue Nov 15, 2022 9:40 pm
Arnold wrote:Het nou n goedkeuring op 117 werksdae gekry.
Sent from my SM-A528B using Tapatalk
Please do tell...7mm? 300PRC, 300 Norma?
Shoot straight
Francois, ek vermoed die kaliber is kleiner as wat jy raai ......
Ja, dit is sommer 'n 22LR.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Nov 23, 2022 10:59 am
by Capt. Yoda
Het iemand onlangs n renewal gekry of het hulle die nou eers op ys gesit om die backlog van liksense uit te kry
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Nov 23, 2022 12:50 pm
by Hano243
Capt. Oblivious wrote: Wed Nov 23, 2022 10:59 am
Het iemand onlangs n renewal gekry of het hulle die nou eers op ys gesit om die backlog van liksense uit te kry
Ek het Dinsdag n renewal gekry na 141 werksdae. Vanoggend n nuwe aansoek goed gekeur na 65 werksdae.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Nov 23, 2022 1:31 pm
by iwbotha
Ek het 22 Febr 2022 hernuwings aansoek vir handwapen ingedien by Lyttelton Pol stasie
14 Nov 2022 goedgekeur - wag vir lisensie kaard
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Nov 23, 2022 2:02 pm
by Riaan Kriel
Ek het 1 Maart 2021 hernuwingsaansoek ingedien vir 'n paar lisensies..... Steeds niks... Die jaar februarie 2 ingedien en weer 1 in junie... ook steeds niks...
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri Nov 25, 2022 12:03 pm
by Mellies
Minder as 3 weke in Pta vir goedkeuring.
Iemand in Petoorsdorp werk vir n slag.
Met n vleisie...
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri Nov 25, 2022 2:06 pm
by Stephan86
Capt. Oblivious wrote: Wed Nov 23, 2022 10:59 am
Het iemand onlangs n renewal gekry of het hulle die nou eers op ys gesit om die backlog van liksense uit te kry
In Feb my hernuwing in gegee, het 6 weke terug my renewal approval gekry en het die week 'n SMS gekry wat sê my kaartjie is reg.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri Nov 25, 2022 2:16 pm
by Capt. Yoda
Ok nee dan moet ek seker ma nog bq wag
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Fri Nov 25, 2022 2:48 pm
by Ockert1992
Ockert1992 wrote: Tue Nov 08, 2022 10:44 am
My laaste aansoek is 15 Augustus ingegee en is 07/11/2022 "Received at licensing section". So ja ons wag maar nog. Vrydag gou nog 'n aansoek ingee.
Lisensie vandag goedgekeur na 76 dae.
Groete
Ockert
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Dec 06, 2022 10:54 am
by finch
My amnestie aansoek wat 3 febr 2021 ingegee is vandag goed gekeur. 672 kalendar dae en 481 werksdae om n pakkie papiere te verwerk... Dit het my 32 epos versoeke vir vordering gekos. Nou is die vraag of die polisie nog die geweer het en of dit in dieselfde goeie toestand is as wat dit ingegee was...
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Dec 06, 2022 12:23 pm
by Koos Barnard
Ek het vier maande gelede aansoek gedoen vir 'n nuwe competency en die hernuwing van een geweer se lisensie. My competency is verlede week goedgekeur.
Mooi loop
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Dec 12, 2022 3:03 pm
by Mellies
Ek het ook omtrent vier maande gewag vir comp renewal. Nou behoort hernuwings aandag te kry.
Met n vleisie...
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Dec 14, 2022 8:03 am
by LN (Louis)
Ek het vandag na 778 dae my sms vir die goedkeuring van my compentcy hernuwing gekry. As dinge so aanhou gaan ek vir die derde seisoen jag met wapens wat se lisensies verval het en waarvoor die hernuwings betyds ingegee is.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Wed Jan 04, 2023 3:51 pm
by Arnold
Vandag weer 'n goeie nuus gekry, 108 dae vir 'n nuwe lisensie aansoek.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Jan 05, 2023 9:58 am
by AOosie
Ek het 22 Des 2 hernuwings ingedien, sopas SMS ontvang dat dit aandag geniet. Nie seker of dit nuut is nie, maar die DFO het gesê hernuwings word nou op provinsiale vlak gedoen ipv nasionaal? Hoe dit ookal werk, ek is bly om te sien iets gebeur!
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Jan 05, 2023 5:20 pm
by 30-06
My hernuwing na n jaar goedgekeur.
Hoe lank wag mens deesdae vir jou kaartjies. Het nuwe kaart nodig vir transaksie.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Jan 09, 2023 9:22 am
by Lategan1
Hernuwings x4 ingedien 18.3.2021,
Goedgekeur 29.10.2022,
Kaarte ontvang 9.1.2023.
Beste.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Mon Jan 09, 2023 10:00 am
by Ds J
Goeie vriend se nuwe aansoek binne 3 maande geheel en al afgehandel.
My eie hernuwing het ongeveer twee maande gevat.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Jan 12, 2023 7:18 am
by tau
Arnold wrote: Wed Jan 04, 2023 3:51 pm
Vandag weer 'n goeie nuus gekry, 108 dae vir 'n nuwe lisensie aansoek.
110 dae gister vir my aansoek geneem vanaf inhandig by DFO tot goedkeuring.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Jan 12, 2023 10:03 am
by Capt. Yoda
Kaap kolonie moet maar hul eie vlag kry
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Jan 12, 2023 10:44 am
by NicoO
Ek het n nuwe aansoek wat op 62 dae staan vandag, le al vanaf die 18de November by Received at licensing…
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Jan 12, 2023 1:44 pm
by Herman.Huyser
2 hernuwing aansoeke ingedien 28/02/2022,
17/02/2022 SMS gekry (in for consideration),
09/01/2023 SMS gekry (approved)
Nou die wag vir die kom kry jou kaartjies SMS
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Tue Feb 07, 2023 5:04 pm
by Hano243
Ek het begin November n nuwe aansoek in gegee, hy lê sedert 30 November by "Send to provincial DFO" die stasie kan nie antwoorde gee oor hoekom hy daar vas gehaak het nie. Om te bel lewer ook geen resultate op nie.
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Thu Feb 09, 2023 8:38 am
by Carlc
Ek self het ook n nuwe aansoek wat sedert 29 Nov op die stelsel wys dat hy by die prov DFO is. Al antwoord wat hulle gee is "try next week again".
Re: Lisensie aansoeke wagtydperk
Posted: Sun Feb 12, 2023 12:27 pm
by GustavSnyman1
Hoe lank wag mens deesdae vir jou kaartjje. Ek het my printout 13 Januarie gaan kry.