Page 27 of 50

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Sep 06, 2022 10:49 am
by Capt. Yoda
My hernuwings hang ook nou op een plek maar dit pla my nie hulle kan maar hul tyd vat

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Sep 06, 2022 2:14 pm
by Toxxyc
Michael vanzyl wrote: Tue Sep 06, 2022 10:24 am More mede lede .

Bietjie goeie en slegte nuus . Het laas week vrydag my 338 se lisensie gekry . Maar toe ek die wapen wou gaan haal het toe se hulle vir my hulle toe en is besig met die proses van liqudasie ek kan nie die wapen nou kry nie . Hoe maak ek nou ?
Dit maak nie sin nie. Hy is voor betaal en die wapen is op jou naam. As hulle hom nou vashou, is dit mos onwettig. Vra hulle wie hulle likwidasieprokereur is en kontak hulle. Dis jou wapen, jy't hom betaal.

Waar is dit, net so toevallig?

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Sep 06, 2022 2:20 pm
by JAGTERSREG-JRM
Michael vanzyl wrote: Tue Sep 06, 2022 10:24 am More mede lede .

Bietjie goeie en slegte nuus . Het laas week vrydag my 338 se lisensie gekry . Maar toe ek die wapen wou gaan haal het toe se hulle vir my hulle toe en is besig met die proses van liqudasie ek kan nie die wapen nou kry nie . Hoe maak ek nou ?
Sal voorstel dat jy direk met die likwidateur gesels. Die wapen het jy betaal en dus is dit jou eiendom! Glo nie jy sal enige pyne he nie. Haal maar diep asem en vat hom van n punt af

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Wed Sep 07, 2022 12:56 pm
by Michael vanzyl
Ons het met hulle kontak gemaak en hulle vergader darem vemiddag om die saak te bespreek en hopenlik kan ek my wapen binnekort gaan haal . Dit is in Johannesburg .

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Sat Sep 10, 2022 5:49 am
by SchalkL
Hi julle
Kry man n sms om jou kaartjie te gaan haal of moet jy DFO bêl nou en dan om te hoor of hy daar is?

Brackenfell - Kaap.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Sat Sep 10, 2022 5:52 am
by Lategan1
SchalkL wrote: Sat Sep 10, 2022 5:49 am Hi julle
Kry man n sms om jou kaartjie te gaan haal of moet jy DFO bêl nou en dan om te hoor of hy daar is?

Brackenfell - Kaap.
Ongelukkig beide! SMS’ e nie konsekwent nie.

Beste.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Sep 13, 2022 9:10 am
by Hartskoot Hennie
Hartskoot Hennie wrote:Bly om te hoor dat van julle darem nie te lank hoef te wag nie!

• Ek het ñ nuwe aansoek ingehanding op 8 Julie - Die status is nou al vir 35 werksdae lank “SEND TO PROVINCIAL DFO”.

Ek het die Gauteng Provincial DFO nou al ñ paar keer gebel om te probeer uitvind wat gaan aan en elke keer sê hulle net “call again next week.”

Iemand daar het wel laasweek vir my gesê hulle werk tans oortyd om van die backlog ontslae te raak.

• Hernuwing ingehandig op 1 April - Dis al 66 werksdae “IN PROCESS”.

Ek is seker net te haastig hahaha.


Sent from my iPhone using Tapatalk
48 Werksdae later is my nuwe aansoek darem nou oppad CFR toe:

Image

Ek het laasweek die Gauteng Provincial DFO gebel, toe sê iemand daar vir my dat hulle nou ñ klomp aansoeke CFR toe gestuur het.

Dit wil vir my voorkom ñ mens kannie meer die CFR bel om te vra hoe vorder jou aansoek nie? Daars net ñ stem opname wat sê stuur ñ epos.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu Sep 15, 2022 8:16 pm
by SchalkL
Ek sien daar is 'n formele dokument/instruksie van SAP wat sê dat ons DFO's vir ons briewe moet gee sodat ons vuurwapens kan afhaal terwyl ons wag vir ons kaartjies.

Het iemand al so brief by hul DFO gekry?

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Sep 16, 2022 8:02 am
by Capt. Yoda
Dit het gister uit gekom gee die mense net bq kans, ek reken 75% van die stasies in die land weet nie eers da van nie en 100% van hulle kan dit nog nie print nie

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri Sep 30, 2022 3:48 pm
by Frederik
Frederik wrote: Tue Aug 30, 2022 12:48 pm UIteindelik beweging weer.

Nuwe lisensie oppad CFR toe 62 werksdae
Hernuwing nogsteeds "In Process" 132 werksdae
Nuwe liksens Approved 84 Wersdae
Hernuwing staan nou op 154 werksdae "In Process" nogsteeds. :o

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Sun Oct 02, 2022 6:06 am
by JAGTERSREG-JRM
Dagse

Die uitdrukke is beskikbaar, paar klante al hulle wapens kom haal by my en ek self kon twee uitteken. Die dokument spaar darm die wag vir n kaartjie (let daarop dat dfo net een keer kan druk so maak maar n afskrif vir jouself)

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Oct 03, 2022 12:29 pm
by OupaZA
Frederik wrote: Fri Sep 30, 2022 3:48 pm
Frederik wrote: Tue Aug 30, 2022 12:48 pm UIteindelik beweging weer.

Nuwe lisensie oppad CFR toe 62 werksdae
Hernuwing nogsteeds "In Process" 132 werksdae
Nuwe liksens Approved 84 Wersdae
Hernuwing staan nou op 154 werksdae "In Process" nogsteeds. :o
Hi Frederik,

Kon jy joune gaan haal met die papier, en by watse stasie is jy?

Groete
Emile

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon Oct 03, 2022 5:40 pm
by Frederik
OupaZa, nee nog nie kans gekry nie Vrydae is ons DFO toe Maandag is Maandag en gaan more kyk of ek kans kan kry.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Oct 04, 2022 11:04 am
by Kallie Fernhout
Hernuwings 204 dae ( In Process )

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Oct 04, 2022 11:35 am
by Riaan Kriel
Kallie Fernhout wrote: Tue Oct 04, 2022 11:04 am Hernuwings 204 dae ( In Process )
My eerste paar hernuwingsaansoeke laas jaar 1 Maart ingegee... op die app wys hy "2021/03/02 In process 417 days" :-X

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Oct 04, 2022 11:52 am
by Rigby
Een van my renewals lê reeds 560 werksdae (784 kalender slapies) by “in process”

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Oct 04, 2022 12:00 pm
by Capt. Yoda
Dink renewals le en wag nou maar sodat hulle die backlog liksense kan probeer uit sort

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Oct 04, 2022 1:11 pm
by ruaanb
Durbanville span vir my gesê daar is meer as 10 000 hernuwings wat agterstallig is by provinsiaal in die Weskaap wat die hernuwing s behartig.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Oct 04, 2022 1:33 pm
by Lategan1
ruaanb wrote: Tue Oct 04, 2022 1:11 pm Durbanville span vir my gesê daar is meer as 10 000 hernuwings wat agterstallig is by provinsiaal in die Weskaap wat die hernuwing s behartig.
Ek het selfde info.

My SAJAG lidmaatskapsertifikaat het al verval weens die lang tydverloop. Het e-pos van provinsie gekry met versoek om my nuwe sertifikaat aan te stuur.

Ek glo daar sal nou baie ander hernuwing aansoekers wees wat selfde versoek sal ontvang. Ten minste is daar reaksie.

Beste.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Oct 04, 2022 1:34 pm
by Diesel Dog
Hier aan die Weskus loop die amnestie aansoeke soos winter snoek, die DFO se lessenaar is dekvrag met kaarties.

DD

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Oct 11, 2022 7:14 am
by NicoO
More,

Dit lyk vir my die vinnige goedkeurings is nou eers weer vertraag… my nuwe aansoek het baie vinnig geloop tot by Received at licensing section, maar daar lyk my is n hobbel..

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Oct 11, 2022 7:18 am
by sixdays
More
My aansoek lyk of hy in presies dieselfde bootjie is

Sent from my SM-G990E using Tapatalk


Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Oct 11, 2022 11:01 am
by jooste
Goeie more
My aansoeke is al vanaf 12 Junie 2021 "in process". Gister kry ek twee sms'e dat my lisensies goedgekeur is maar 3de nog "in process".
Dankie aan AO Michau by Wierdabrug polisie stasie. Dit was haar toedoen en uitstekende bystand wat hierdie moontlik maak. Sy is n ster.
Sterkte mede aansoekers. Ek hoop julle kom gou reg.

Nico Jooste

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Oct 11, 2022 2:14 pm
by 30-06
Ek het in Januarie hernuwings aansoeke betyds ingedien. Volgens Artikel 24 is my lisensie geldig. Wat is die implikasie as ek nou die geweer wil verkoop?

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue Oct 11, 2022 2:23 pm
by Frederik
Gister my nuwe gunnetjie opgetel met die permit geen probleem met uitdruk by DFO in Garsfontein.