Page 27 of 27

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Tue Sep 24, 2019 12:34 pm
by ricus 1
Geno wrote:More.
Wat die laaste week vir my gewerk het is Rooialleen+Fluit, Elsneus+fluit of BJa x2 as aanvangsroep.
Indien hul my geantwoord het het ek hul terug geantwoord met antwoord/reaksie klanke.
Indien nie het ek VlekD, RooiD,SilwerD gebruik om myself te antwoord.
3min stil, dan steenbokkies vir 3min dan begin om bakleie in te meng met my roeper se Foxfusion funksie.
JJ59+Vlek3A of Swartrug1+VlekE as 2de sequence.

Donderdag, Maandag, Dinsdag en Woensdag se spanne...
https://i.imgur.com/6QQUYtb.jpg

Hallo almal. Ek kyk bietjie deur al die klanke en wonder net. Waar koop mens die silverD en Jj59 klanke en hoe klink hulle en wanneer sal mens hulle gebruik? Groete Ricus

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Oct 03, 2019 7:52 am
by pieter h

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Oct 03, 2019 7:58 am
by pieter h
Video v jakkals reun gisteraand.Paljas solo,Klein steenbok en lang stiltes.So 1en1/2 uur vir hom gewag.

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Oct 03, 2019 9:35 am
by pieter h
Reun

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Oct 03, 2019 11:19 am
by naas222
Mooi man.. Lyk of hy maar skrikkerig was.. Maar hy hang dis wat tel

Sent from my VFD 500 using Tapatalk

2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Oct 03, 2019 11:26 am
by pieter h
Naas so 20h40 klim ek af en gaan haal roeper.Besluit toe om roeper op dak te sit en net een maal windaf te loer en daar kom hy aan gedraf. Gelukkig nie roeper weer aan gesit.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Oct 03, 2019 11:27 am
by pieter h
Naas so 20h40 klim ek af en gaan haal roeper.Besluit toe om roeper op dak te sit en net een maal windaf te loer en daar kom hy aan bedraf Gelukkig nie roeper weer aan gesit.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Oct 03, 2019 11:30 am
by naas222
Jy kan gelukkig wees.. Uur en n half maak man moedeloos.. Ekt myself al 2 ure gesit net om met oppak die man met bakkie se ligte raak te ry.. Waneer is daai"" nog net 10 min sit dan pak ek op finaal verby?

Sent from my VFD 500 using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Oct 03, 2019 11:38 am
by pieter h
Ja n man moet maar geduldig wees.Het lang stiltes tussen roep gebruik.Geluk speel maar baie keer ook n rol.Die middag op pad vergadering toe so 15h00 hardloop reun voor my oor pad.Besluit toe om aand daar te roep.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Thu Oct 03, 2019 11:52 am
by naas222
Kan net dink.... Jou bogger vanaand is dit ek en jy :)

Sent from my VFD 500 using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Fri Oct 04, 2019 8:43 am
by Doepie01
Geluk Pieter. Ja geduld en geluk speel nou n groot rol. Ek het Dinsdag aand gaan roep. Hulle vang erg by my. Het eers gaan sit langs die kamp waar hulle vang om onder die wind te kom. Het 2,5 ure gesit. Niks. Nie eers antwoord, alhoewel ek daaraan gewoond is omdat Jakkalse hier in ons wereld nie sommer vokaal reageer nie. In elk geval, so 23.00 pak ek op en besluitom heeltemal in n ander rigting te skuif na die kamp bokant die vang plek so 3km weg. Ek roep toe daar en na n uur is ek lekker gatvol. Geen klanke gespeel, net gesit en my self jammer gekry. So wragtig, kom die 2 in vanaf buurman se kant. Draf rustig nader en heen en weer. Niks gepla oor my of roeper. Ek kon hulle darem skiet nadat ek n vinnige elsneus gespeel het. Lang storie kort, as ek nie geskuif het nie sou ek seker vir 4 ure op die oorspronklike plek moes wag voordat ek hulle dalk sou skiet.

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Fri Oct 04, 2019 8:48 am
by pieter h
Goed gedoen Doepie.Ja en en hul kan partykeer skielik daar wees asof iemand hul uit lug neergeplaas het


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Fri Oct 04, 2019 8:49 am
by Geno
Goeie werk manne!

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Fri Oct 04, 2019 10:57 am
by ricus 1
Baie geluk almal. Moet sê. Ek is met so gatvol vanoggend. Ek is hier in die Ooskaap. Het laasnag uitgegaan en na 30 min sien ek oë. Maar toe daai jakkals die lig sien is hy weg. Hier is heelwat jakkals en laasnag het hulle reageer op black jack. Ek het 11uur ophou roep. Ek wil nie oor roep nie. Sal maar laat middag dag roep probeer. Of wat sal julle voorstel? Groete

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Fri Oct 04, 2019 11:12 am
by pieter h
Dagroep kan werk


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: 2018 Jakkals jag Tips en Vrae

Posted: Fri Oct 04, 2019 8:05 pm
by Doepie01
ricus 1 wrote:Baie geluk almal. Moet sê. Ek is met so gatvol vanoggend. Ek is hier in die Ooskaap. Het laasnag uitgegaan en na 30 min sien ek oë. Maar toe daai jakkals die lig sien is hy weg. Hier is heelwat jakkals en laasnag het hulle reageer op black jack. Ek het 11uur ophou roep. Ek wil nie oor roep nie. Sal maar laat middag dag roep probeer. Of wat sal julle voorstel? Groete
Ricus hier by my wil dit voorkom of hulle omtrent eers begin loop vanaf 23h00. Verskil maar seker orals