Maak jou eie mes

Enige iets tov messe.
Post Reply
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

[4.jpg]
[5.jpg]
[6.jpg]
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Nog enetjie.
N japanese Tanto met n mooi burl handvatsel
En n koper hand guard.
Hierdie is my eerste mes met n guard, was bietjie lus om te eksperimenteer.

[t1.jpg]
[t2.jpg]
[t3.jpg]
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Dries101 »

Utility Hunter in 5160 staal met Tamboti handvatsel wat ek vir n forum lid gemaak het. Ek maak nog so paar van die oukies vir bestellings. Mes het n vol distal taper met "differential" hitte behandeling.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Maak jou eie mes

Post by Swede »

Dries101 wrote:Utility Hunter in 5160 staal met Tamboti handvatsel wat ek vir n forum lid gemaak het. Ek maak nog so paar van die oukies vir bestellings. Mes het n vol distal taper met "differential" hitte behandeling.
Baie mooi mes!!, hoelank is die mes?
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Dries101 »

215mm as ek nou reg onthou
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
DWB
Hero Member
Hero Member
Posts: 6973
Joined: Tue Mar 08, 2011 11:48 am

Re: Maak jou eie mes

Post by DWB »

Jy kon maar my naam genoem het!

Want daai mes is MYNE!!!
Noem my sommer Deon
7x57 - 404 Jeffery - 450 Rigby - 500 Jeffery
Overkill is underrated!
"All men die, but few men ever really live"
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Maak jou eie mes

Post by Swede »

DWB wrote:Jy kon maar my naam genoem het!

Want daai mes is MYNE!!!
Deon dus lekker as die mes kom soos jy dit bestel het en soos jy dit wou he, baie geluk. Ek het 'n stel afgetrap met 'n mesmaker op 'n ander forum. Ons het heen en weer gepraat en besluit hoe dit moet wees. Betaal toe die R2500.00 oor (4 jaar terug), die mes kom by my aan met 'n lem wat duidelik ge-warp was. Stuur dit terug kom die mes terug met bolsters watse pins duidelik sigbaar is en nie behoorlik afgewerk is nie. Ek los dit toe. Het dit die ander dag weer gebruik in die kombuis, die maker se naam is ook nou al amper nie te sien nie, die etching het nou ook gegroet. Het by hom bestel want al jy messe was te sien op die forum en het baie goed gelyk, mense het ook net lof gepraat van sy vaardighede, maar myne is uiters swak >:D
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Dries101 »

DWB wrote:Jy kon maar my naam genoem het!

Want daai mes is MYNE!!!

Wou jou nie in publiek vloek oor jou handvatsel keuse nie...
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Jake1
Hero Member
Hero Member
Posts: 2358
Joined: Sun Oct 21, 2012 7:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Jake1 »

Mooi handvatsel daai Dries
"Peace is that brief glorious moment in history when everybody stands around reloading."
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Johan Nel »

Dries101 wrote:Utility Hunter in 5160 staal met Tamboti handvatsel wat ek vir n forum lid gemaak het. Ek maak nog so paar van die oukies vir bestellings. Mes het n vol distal taper met "differential" hitte behandeling.
Die 'Curly' verskynsel van die hef, maak dit nogal mooi. Wys die lem so ietsie van 'n 'hamon' met die 'differential' hittebehandeling?
Geluk met 'n pragtige mes Deon.
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Dries101 »

Hi Johan

Jy kan op die foto bietjie beweging in die staal sien. 5160 maak nie n tradisionele Hamon nie. Die is n diep verhardende komplekse staal. So wanneer n mens n edge quench doen kry jy n lyn maar nie daai interassante lyne soos op die eenvoudige koolstof stale nie. Dit is ook baie mooilik om daai lyn te beheer.
Die 1050-1070 staal assok W2 staal is weer baie bekend vir die mooi hamon wat n mens kan kry.

Die mens noem die feathering in Tamboti- dit lyk maar vir my soos die fiddleback wat n mens op goeie okkerneut hout kry. Dit lyk wel mooi maar is aaklig om mee te werk. Tamboti is redelik giftig en is moeilik op die oe , longe en maag en mens moet maar voorsorg tref teen dit.

In die foto is hy nou reg vir aflewering saam met sy skede wat ek behandel het deur dit n warm olie/wax dip te gee.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
User avatar
Swede
Hero Member
Hero Member
Posts: 2283
Joined: Fri Apr 20, 2012 11:56 am

Re: Maak jou eie mes

Post by Swede »

Dries101 wrote:Hi Johan

Baie mooi, daai lem is goed ontwerp vir die werk wat hy gaan doen!
And as thy days, so shall thy strength be
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Dries101 »

Swede wrote:

Baie Dankie- die ontwerp en lem geometry is goed op die ontwerp. Hier is n video wat ek geneem het van n edge retention toets wat ek gedoen het.

https://www.youtube.com/watch?v=YL8qvKqPiM8
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Lekker lag ek oor die hare op jou hand Dries.
Ek het omtrent nie meer hare op my lyf oor om te toets of my messe skerp is nie.
Daar is wel n paar plekke maar daar sal ek nie venture met n skerp mes nie
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Dries101 »

ZKK wrote:Lekker lag ek oor die hare op jou hand Dries.
Ek het omtrent nie meer hare op my lyf oor om te toets of my messe skerp is nie.
Daar is wel n paar plekke maar daar sal ek nie venture met n skerp mes nie
Ja mens moet einlik die lem op jou naels toets maar dit lyk nou nie so cool op n video nie....(-,
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
jamalley
Hero Member
Hero Member
Posts: 630
Joined: Mon Jan 14, 2013 4:29 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by jamalley »

My 3de mes wat ek self maak - 12C27N Sandvik jagmes blank met 'n 304 stainless vol lengte bolster op die rug, 316 stainless pinning en seekoei tand inleg op die handvatsel met baie foute, maar ek leer nog en is nou so 3-4 maande besig met die mesmaak ding.
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Baie nice, lyk glad nie sleg nie.
Waar kry mens seekoei tand?
Tat
Newbie
Newbie
Posts: 24
Joined: Sun Jul 21, 2013 6:49 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Tat »

ZKK wrote:Baie nice, lyk glad nie sleg nie.
Waar kry mens seekoei tand?

In n seekoei se mond ;D
Groete, Tat
Cz550 7x57
Beretta Silver Pigeon 1 12 Gauge
Boito 410
Sabati 20Gauge
CBC .22
Star .22
En n paar glocks
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Goeies, ek het in daai een in geloop
User avatar
Viking
Hero Member
Hero Member
Posts: 872
Joined: Tue Jun 03, 2014 4:55 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Viking »

Tat wrote:
ZKK wrote:Baie nice, lyk glad nie sleg nie.
Waar kry mens seekoei tand?

In n seekoei se mond ;D
Minora blade se kind!! :laugh:
" My idea of gun control is using BOTH hands!"
GooseMan
Jr. Member
Jr. Member
Posts: 98
Joined: Thu Oct 12, 2017 10:38 am

Re: Maak jou eie mes

Post by GooseMan »

Lyk baie nice, goeie werk
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Dries101 »

Vandag die 2 voltooi. N690 met 303 vlekvrye bolsters en Swart Ivoor handvatsels
You do not have the required permissions to view the files attached to this post.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
Johan Nel
Hero Member
Hero Member
Posts: 2173
Joined: Sat Jun 16, 2012 12:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Johan Nel »

Wow Dries, dit lyk uitstekend! Die twee messe het vir my al die elemente van wat ek in 'n "Bird & Trout" tipe mes wil sien. Wat is die dimensies van die messe?
"If a cluttered desk is a sign of a cluttered mind, of what, then, is an empty desk a sign?'
- Laurence J. Peter
User avatar
Dries101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1422
Joined: Mon Aug 12, 2013 12:11 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by Dries101 »

Johan Nel wrote:Wow Dries, dit lyk uitstekend! Die twee messe het vir my al die elemente van wat ek in 'n "Bird & Trout" tipe mes wil sien. Wat is die dimensies van die messe?
Dankie Johan. Sy look and feel is nogal in daai lyn. Maar bird en trouts is so bietjie fyner as die oukie- ek het 3.5mm staal gebruik- 20cm lank en die lem is so 3cm op sy breedste.
.243 Win
7x57 Mauser
300 WSM
404 Jeffery
ZKK
Hero Member
Hero Member
Posts: 627
Joined: Mon Aug 20, 2012 5:42 pm

Re: Maak jou eie mes

Post by ZKK »

Watse hout is daai Dries?
(En ek hoop nou nie iemand se vir my dis n swart hout nie)
Post Reply