Page 22 of 50

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon May 16, 2022 8:36 am
by Fanta300
So staan my hernuwings >:(
E0ED02DE-BE4D-4B97-B2AB-DD7AE5EE16DB.png

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon May 16, 2022 8:38 am
by Arnold
tau wrote: Mon May 16, 2022 8:30 am Manne ek is stom geslaan. Ek het begin Februarie aansoek gedoen vir my nuwe "slappolssnipergun" aka: Howa 6.5 Creedmoor en Saterdag oggend kry ek die boodskap hy is goed gekeur. Ek stuur boodskap vir my skiet mater en 30 min later antwoord een hy het ook Saterdag oggend 'n boodskap gekry vir aansoekk wat hy einde Februarie ingehandig het vir Howa .243 win.

Net interesant albei aansoeke was om wapens van dieselfde kaliber te vervang. Ek het my Remington 6.5 Creed verkoop en sy Howa .243 se loop was uigeskiet.

Kom ons kyk wat maak die kaartjies!!!
Lekker, altyd goed om so boodskap te kry.
Ek het lisensies wat 25 Maart goedgekeur is en ek wag nog vir die kaartjies ...

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon May 16, 2022 8:41 am
by Fanta300
En twee amnestie aansoeke saam op selfde dag ingegee
D0E11CEC-BA63-44FD-88CA-A9CE5C1E8B44.jpeg
Wag nog vir kaartjie vir .22

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon May 16, 2022 9:27 am
by cassie_calvinia
kaartjie gaan jou nog irriteer.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue May 17, 2022 8:58 pm
by anton.308
Image
Myne was bq vinniger


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 19, 2022 9:55 am
by finch
finch wrote: Thu May 12, 2022 9:40 pm
Diesel Dog wrote: Thu Feb 17, 2022 10:22 pm
finch wrote: Thu Feb 17, 2022 9:27 pm Ek het beide n nuwe aansoek en hernuwing op 2 febr in gegee. Nogal nuuskierig om te sien hoe hierdie gaan uitdraai want die 2 prosesse is verskillend (provinsiaal vs nasionaal). My geld is op provinsiaal om eerste deur te kom.
Selfde senario by my was nationaal eerste .

DD
In my geval was dit nou anders om. Vandag goedkeuring gekry van hernuwing vanaf provinsiaal. 72 werksdae en in die 90 kalendar dae. Maar my nuwe lisensie aansoek le nog by cfr licensing section voor consideration.
Provinsiaal het toe netnet nasionaal gewen met 5dae. dit moet kersfees wees want ek het in een week 2 goed keurings gekry.

Ingedien 2 Febr
Sms ontvang 19 May

77 dae is darem nog binne die 90 dae periode so ek kan nie kla nie

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri May 20, 2022 10:20 am
by GeweerMeneer
Ingedien 3/3/22
Goedgekeur 19/5/22
As die kaartjies maar net so spoedig was.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Fri May 20, 2022 10:57 am
by finch
Lyk my iemand het die approve knoppie ontdek op die 19de mei, want ek het nou al van paar mense gehoor wat almal spesifiek op daai dag goed gekeur is.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon May 23, 2022 3:17 pm
by Riaan Kriel
Ek het 'n nuwe rekord beleef.... Ek het in Maart 'n 6.5x47L hier op die forum gekoop. Die aansoek vir die lisensie is op 23 Maart 2022 ingehandig by plaaslike DFO. Ek het SATERDAG 21Mei die SMS gekry dat die lisensie goedgekeur is.... Dit is vanaf indien tot goedkeur presies 2dae minder as 2 maande... En dit nog op 'n saterdag goedgekeur.....

2 Ander lisensie-aansoeke is op 1 Julie2021 ingedien en wys al vanaf 20220315 "Preparation for consideration".... Dan is daar Hernuwingsaansoeke wat al vanaf 20210301 lê en steeds net wys "In Process"

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon May 23, 2022 4:16 pm
by Carlc
Daai kaartjie kry na die goedkeuring is nou weer die probleem. My een lisensie is vandag 2 maande terug goedgekeur en die twede een net oor n maand terug maar nog geen aanduiding van wanneer die kaartjies kom nie.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon May 23, 2022 4:26 pm
by cassie_calvinia
Carlc wrote: Mon May 23, 2022 4:16 pm Daai kaartjie kry na die goedkeuring is nou weer die probleem. My een lisensie is vandag 2 maande terug goedgekeur en die twede een net oor n maand terug maar nog geen aanduiding van wanneer die kaartjies kom nie.
Ek op 10 weke, en 'n pel op 3 maande.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon May 23, 2022 7:02 pm
by ruaanb
12 maande later is my aansoek darem nou op die stelsel al……

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Mon May 23, 2022 8:43 pm
by Blink Stefaans
Aansoek 2 Feb 2022
Aansoek eers 15 april vasgele nadat ek die DFO haar fortuin vertel het
Goedgekeur 21 Mei.
Na CFR het dit 3 dae geneem tot goedkeuring

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue May 24, 2022 6:17 am
by Frederik
Ek gaan ook die week nuwe aansoek indien hoe loop die kaartjies na goedkeuring of wag ons maar geduldig?

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Tue May 24, 2022 6:29 am
by Rudi Fischer
Daar is groot fout by Provinsie Gauteng.
My aansoek le al 44 werks dae daar.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Wed May 25, 2022 4:46 pm
by Frederik
Net 'n heads up vir die wat nou aansoeke gaan indien as jy SEC16 soek.

Jy moet nou ook 'n nuwe Sportskiet of Toegewyde jagters sertifikaat saam ingee met ten minste die datum van die jaar wat jy die aansoek wil indien.

Paar ape het besluit om kans te vat en Sec 16 gaan aansoek doen terwyl hulle die status verloor het.
Dankie ape nou moet ek weer terug huis toe gaan vrae vir nuwe sertifikaat met huisdige datum en weer in die ry gaan staan en tyd maak vir dit.

Ja, ek weet die endorsement wys ook jy is nog aktief en so aan maar hulle soek spesikfiek die Sec16 sertifikaat om te bewys dat jou status nog geldig is.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Wed May 25, 2022 5:05 pm
by Swede
Het nog altyd die sportskietsertifikaat, lidmaatsertifikaat en endorsement aangeheg.

Sent from my SM-N970F using Tapatalk


Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 5:27 am
by Frederik
Swede wrote: Wed May 25, 2022 5:05 pm Het nog altyd die sportskietsertifikaat, lidmaatsertifikaat en endorsement aangeheg.

Sent from my SM-N970F using Tapatalk
Die sportskiet sertifikaat moet nou die nuutse een wees in ander woorde 2022.
Ek het ook al tyd gedoen wat jy gedoen het maar nou moet my toegewyde jagter wat in 2010 al uitgeruik is wys 2022 en my sportskiet wat uitgeriek is in 2020 wys 2022.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 7:35 am
by Swede
Altyd iets nuuts met hulle!!

Sent from my SM-N970F using Tapatalk


Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 8:11 am
by Wouter Roets
Boys

Doen maar vroegtydig aansoek vir julle tydelike uitvoer permitte. Ons is ses manne wie se Nam trip heel moontlik in gedrang is want die werfetters doen al weer nie hulle werk nie.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 8:16 am
by Vantheman
Weet julle hoekom vat die kaartjies solank?
Wag al vanaf Februarie vir nuwe lisensie kaartjie?
Is daar iemand wat ek kan bel om navrae te doen?

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 8:36 am
by tau
Wouter Roets wrote: Thu May 26, 2022 8:11 am Boys

Doen maar vroegtydig aansoek vir julle tydelike uitvoer permitte. Ons is ses manne wie se Nam trip heel moontlik in gedrang is want die werfetters doen al weer nie hulle werk nie.
Ek het begin Mei aansoek gedoen vir begin Julie. Hoop maar vir die beste!!! Hoe lank wag julle al?

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 8:47 am
by Capt. Yoda
tau wrote: Thu May 26, 2022 8:36 am
Wouter Roets wrote: Thu May 26, 2022 8:11 am Boys

Doen maar vroegtydig aansoek vir julle tydelike uitvoer permitte. Ons is ses manne wie se Nam trip heel moontlik in gedrang is want die werfetters doen al weer nie hulle werk nie.
Ek het begin Mei aansoek gedoen vir begin Julie. Hoop maar vir die beste!!! Hoe lank wag julle al?

Jyt my dan nie eers laat weet om aansoek te doen nie of dink jy ek wil my jou geweer skiet

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 9:10 am
by LUAN
Toe ek gaan om n lisensie te hernu se die Dfo kom ons kyk gou hoe lyk jou competencies. Toe word ek meegedeel hulle almal het verval en moet eers hernu word voor my lisensie hernu sal word. Ek het solank die aansoek ingesit sodat daar nie gese kan word ek het nie vroegtydig aansoek gedoen. So daai ding van jou bevoegtheid verval met jou laaste lisensie is nie meer die geval. As jy nuwe wapen aansoek doen moet jou bevoegtheid eers op datum wees.

Re: Lisensie aansoeke wagtydperk

Posted: Thu May 26, 2022 9:15 am
by tau
Capt. Oblivious wrote: Thu May 26, 2022 8:47 am
tau wrote: Thu May 26, 2022 8:36 am
Wouter Roets wrote: Thu May 26, 2022 8:11 am Boys

Doen maar vroegtydig aansoek vir julle tydelike uitvoer permitte. Ons is ses manne wie se Nam trip heel moontlik in gedrang is want die werfetters doen al weer nie hulle werk nie.
Ek het begin Mei aansoek gedoen vir begin Julie. Hoop maar vir die beste!!! Hoe lank wag julle al?

Jyt my dan nie eers laat weet om aansoek te doen nie of dink jy ek wil my jou geweer skiet
"Ken jy die magtige dreuning"
-7mmRM-