Page 21 of 30

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 8:53 am
by douw
Julle kan maar ophou om te hoop. Ek was by die geleentheid, en snaaks genoeg, julle sal my nou nie glo nie, ek het byna al die pryse gewen. Maar soos reeds vroeër genoem, was al baie proffesioneel en "all above board". Dit was seker my gelukkige dag.

Groete
Douw

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 8:55 am
by cassie_calvinia
douw wrote:Julle kan maar ophou om te hoop. Ek was by die geleentheid, en snaaks genoeg, julle sal my nou nie glo nie, ek het byna al die pryse gewen. Maar soos reeds vroeër genoem, was al baie proffesioneel en "all above board". Dit was seker my gelukkige dag.

Groete
Douw
nee dis reg...jy gaan bloed sweet vir daai ribbok!!!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 8:56 am
by Pvdw
...jy gaan bloed sweet vir daai ribbok!!!
Vat hom Cassie vat hom!! :laugh:

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 8:58 am
by douw
Ek het darem genoeg reserwes om af te werk agter die bokkie aan!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 9:02 am
by Piet Pille
douw wrote:Julle kan maar ophou om te hoop. Ek was by die geleentheid, en snaaks genoeg, julle sal my nou nie glo nie, ek het byna al die pryse gewen. Maar soos reeds vroeër genoem, was al baie proffesioneel en "all above board". Dit was seker my gelukkige dag.

Groete
Douw

Mmmm..... ek dog heeltyd daai koshuismoeder tannie se reaksie was oor sy die check sien..... nou besef ek dis haar reaksie toe sy die trekkingsprosedure aanskou....

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 9:39 am
by sako 30-06
Gaan die name binnekort geplaas word of sal hulle net gekontak word?
Ek wag in spanning. :confused:

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 10:02 am
by Jean Marais
Hallo Manne

Weereens baie dankie dat ek die voorreg kon he om deel van hierdie span te wees. Jaco, al die kaartjies se somme het presies balanseer met die bedrag ingevorder. Well done ou maat. Dit het die oudit sommer baie maklik gemaak. Aan Eugene wat elke dag getrou die bankstaat deurgestuur het, dankie ook vir jou ou maat. Robbie, daai platter was voorwaar voortreflik. Baie dankie daaarvoor. En dan aan al die "getuies" wat ons uitgenooi het om die prosees te kom monitor, dankie ook dat julle moeite gedoen het om daar te wees, Geno, Beretta, Douw, Predator, HugoV Robbie en by default, Stefan van S&O, wat hul winkel en koffie ens kosteloos aan ons beskikbaar gestel het. Stefan, jy's 'n yster.

Laasens, aan elke borg en Jaracaller wat 'n bydrae gemaak het. Sonder julle sou daar niks gewees het nie. Julle is voorwaar 'n besonderse klomp mense.

Nou is dit geduldig wag. Jaco is terug oppad Bloemfontein toe, en dan sal die wenners se name geplaas word.

Weereens dankie, en mag julle almal, en jul gesinne 'n bitter mooi en geseende Kerstyd beleef. Wees lief vir mekaar, koester mekaar, en waardeer elkeen vir wie en wat hy is. Julle is almal spesiaal.

Seengroete

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 2:13 pm
by ROBBIE1
Hoop nie Jaco het n pap wiel gekry oppad bloem toe nie!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 2:19 pm
by VdWalt
ROBBIE1 wrote:Hoop nie Jaco het n pap wiel gekry oppad bloem toe nie!
++>: Hy moes 2 keer stop vir ontbyt om die babbelas te probeer onderdruk...!
Die eerste een so op sy eie was nie goed genoeg nie.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 2:22 pm
by Heinf
Aan die Jaracal manne

Al wat ek kan se is dankie julle is great en julle harte le op die regte plek.

"Eendragt Maakt Magt"

Weereens bewys !!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 2:27 pm
by ROBBIE1
VdWalt wrote:
ROBBIE1 wrote:Hoop nie Jaco het n pap wiel gekry oppad bloem toe nie!
++>: Hy moes 2 keer stop vir ontbyt om die babbelas te probeer onderdruk...!
Die eerste een so op sy eie was nie goed genoeg nie.

:laugh: , Dink dit moet die geval wees, kom nou Jaco, jy maak ons klaar man!!!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 2:32 pm
by Fanta300
Pappa, is ons al daar?

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 2:35 pm
by Eugene
Geduld manne, geduld!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 2:44 pm
by Frikkiedbr
http://i1195.photobucket.com/albums/aa398/Frikkie3/patience_card_zpsb9cc71f2.jpg

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 2:49 pm
by Pikkie
Geduld is maar net 'n stadige manier om jou mo3r te strip

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 3:12 pm
by Hilux01
Ai het nie veel gewerk gekry vandag nie...wag heel tyd in spanning vir daai uitslae


:confused: :confused: :confused:

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 3:20 pm
by Marc
Manne kom ons wees nou maar bietjie geduldig, Jaco het nog 'n vêr pad huis toe van PTA af. Elke jaar is 'n leer proses, soos met alle nuwe projekte en die jaar was nie sonder uitstek nie.

Ek is seker hulle het die boodskap gekry dat manne ongeduldig wag vir hulle lot, ek stem ook saam en is dit alles behalwe my sterkste eienskap om te moet wag vir iets. Maar laat ons nou nie 'n suur smaak sit aan 'n goeie ding nie.

Volgende jaar kan hulle dalk die proses bietjie hersien om meer verbruikers vriendelik te wees vir ons manne wat sit en naels kou agter ons skerms.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 3:26 pm
by Geno
Marc wrote:Elke jaar is 'n leer proses, soos met alle nuwe projekte en die jaar was nie sonder uitstek nie.
Marc wrote: Volgende jaar kan hulle dalk die proses bietjie hersien om meer verbruikers vriendelik te wees vir ons manne wat sit en naels kou agter ons skerms.

Verduidelik bg. stellings asb?

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 3:38 pm
by Dries Skiet
Geno wrote:
Marc wrote:Elke jaar is 'n leer proses, soos met alle nuwe projekte en die jaar was nie sonder uitstek nie.
Marc wrote: Volgende jaar kan hulle dalk die proses bietjie hersien om meer verbruikers vriendelik te wees vir ons manne wat sit en naels kou agter ons skerms.

Verduidelik bg. stellings asb?
Die man se gat jeuk, hy wil sien of sy nommers in is. Ek loer ook so elke nou en dan, ons naels is in die lewe in gevreet.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 3:38 pm
by FCLoretz
Geno ek glo dit gaan oor dat dioe trekking gister plaas gevind het en dat ons huidglik nog nie die uitslae het van wie die pryse gewen het nie.

Ek glo dat marc verwys daarna dat die uitslae, indien moontlik, nog dieselfde dag bekend gemaak sal word.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 3:52 pm
by Marc
Marc wrote:Elke jaar is 'n leer proses, soos met alle nuwe projekte en die jaar was nie sonder uitstek nie.
Daar is tonne logistiek wat agter die skerms gebeur, jy weet dit self. Die kompetisie se struktuur {Prys toekenning} is deurlopend aangepas om dit so vaartbelyn as moontlik te maak {Daar was konstant manne wat hulle harte oopgemaak en borge verskaf het} Wat ek probeer sê is dat die kompetiese nie loop soos jou algemene kompitiese waar alles {Pryse, reels, trekking ens}vooraf in klip gegiet is nie. Dit is ook glad nie in die gees van hierdie forum om so te wees nie
Marc wrote: Volgende jaar kan hulle dalk die proses bietjie hersien om meer verbruikers vriendelik te wees vir ons manne wat sit en naels kou agter ons skerms.
Ek self wag in spanning om te weet of ek iets gewen het of nie, dis net menslik, MAAR ek sê weer, ons moet geduldig wees met die een, dis tog in die gees van hierdie gemeenskap. Ek probeer wel sinspeel dat die resultate dalk bekend gemaak word sodra die trekking afgehandel was. Ek begryp dat dit 'n logistieke uitdaging is.

Net so graag as wat ek solank my stewels wil begin aantrek vir die jag moet ek verstaan dat die manne agter die skerms hierdie doen uit die goedheid van hulle hart, hulle eie tyd op offer en onkostes aangaan uit hulle sakke om hierdie die reuse sukses te maak wat dit is.

Dit gaan tog eintlik oor die kinders ;)
Geno wrote:Verduidelik bg. stellings asb?
Hoop dit is nou bietjie duideliker ;D

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 3:59 pm
by ROBBIE1
Kerels kom ons wees maar geduldig, ek het eintlik net vir Jaco biki strooi gehap.

Dit is maar n proses, dalk kan ons volgende jaar aan makliker maniere dink om die uitslae dalk sommer soos dit getrek word te post, dis seker nie onmoontlik nie, en dan is die spanning nie so uitgerek nie!

Ek was self by die trekking, maar het my nommers vergeet, so ek weet nie eers of ek dalk ietsie gewen het nie, hoe laaik julle daai een!!!!

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 4:01 pm
by Geno
Dankie. Ek verstaan.

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 4:03 pm
by Frikkiedbr
Geno wrote:Verduidelik bg. stellings asb?
Hoop dit is nou bietjie duideliker ;D[/quote]

Dankie Marc maar verstaan nog nie lekker nie, kan jy dalk prentjies teken ++>:
Jammer trek net jou been >:D

Re: Jaracal Kersfonds Kompetisie 2013

Posted: Thu Dec 19, 2013 4:15 pm
by Marc
Julle soek vir my vandag, ek is reeds op n mes punt oor daai Bergskaap man >:D