Page 3 of 5

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Tue Aug 15, 2023 12:01 pm
by toxicsox
My seun het die naweek terug gekom na 8 Maande in die bos vir die A-Z van FGASA opleiding. Vanaf Apprentice tot Trails. Hy was in Dinokeng met sy baie klippe en sekelbos en moes elke dag gaan stap in die bos. Hy het ook menigte guided walks gedoen met toeriste en ook sy skiet opleiding vir trails. Net voordat hy in Januarie hier gery het het ek vir hom 'n paar Redbacks gekoop. Die naweek toe hy terug is toe maak ek sommer sy Redbacks vir hom skoon met Plush Leather Food en bekyk die skoen van naby. Na 8 maande se daaglikse loop in die bosveld lyk dit nog min of meer dieselfde soos toe ek dit vir hom gekoop het.
Ek dink daai Redbacks sal my volgende koop wees. My seun is ROF op stewels en as dit hom hou vir 8 Maande se elke dag in die bos dan sal dit my 'n leeftyd hou.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Tue Aug 15, 2023 12:54 pm
by Supacow
Amper n leeftyd.
Hulle het een nadeel. Na baie jare verkrummel die kussing tussen leer en sool. Dink hul noem dit plastic hydrolysis. Omdat die sool giegiet word is hersool amper ontmoontlik. Gebeur met die Blundstones ook. My 1ste paar het wel 10jaar gehou. So as mens in hul bele moet hul werk en nie in die kas le vir uitsoekgeleenthede.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Tue Aug 15, 2023 3:01 pm
by tripodmvr
@Supacow. Bly om jou terug te sien. Was bang jy het geskrik vir die stewels wat jou bekruip.

Ek het 'n lieflike stel suede Blundstone stewels in Oz gekoop en hulle sole het ook begin opbreek na 10 jaar. Baie spyt want dit was sulke gemaklike stewels en nog netjies ook.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Tue Aug 15, 2023 3:40 pm
by Supacow
Nee Oom hul bekruipvermoe is nie goed genoeg ;)

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Tue Aug 15, 2023 9:11 pm
by James Wilson
Ek het in 2009 by Nampo vir my n stel Wolverine's gekoop. Die laaste 5 jaar of so dink ek elke jaar dit is seker nou die laaste jagseisoen. Dan koop ek maar weer n nuwe stel inners en gaan aan. Dit is veral n lekker ondersteunende skoen as jy klippe en rante jag.
Ek onthou destyds was daar baie gerugte dat daar n Wolverine namaaksels van China af inkom.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Wed Aug 16, 2023 8:31 am
by Ockert1992
toxicsox wrote: Tue Aug 15, 2023 12:01 pm My seun het die naweek terug gekom na 8 Maande in die bos vir die A-Z van FGASA opleiding. Vanaf Apprentice tot Trails. Hy was in Dinokeng met sy baie klippe en sekelbos en moes elke dag gaan stap in die bos. Hy het ook menigte guided walks gedoen met toeriste en ook sy skiet opleiding vir trails. Net voordat hy in Januarie hier gery het het ek vir hom 'n paar Redbacks gekoop. Die naweek toe hy terug is toe maak ek sommer sy Redbacks vir hom skoon met Plush Leather Food en bekyk die skoen van naby. Na 8 maande se daaglikse loop in die bosveld lyk dit nog min of meer dieselfde soos toe ek dit vir hom gekoop het.
Ek dink daai Redbacks sal my volgende koop wees. My seun is ROF op stewels en as dit hom hou vir 8 Maande se elke dag in die bos dan sal dit my 'n leeftyd hou.
Ek het ook so 2 jaar gelede oorgeskuif van Blundstone na Redback. Ek het was baie gelukkig met Blundstones gewees, maar toe is uitvoer/invoer na SA gestaak.

My eerste paar Redbacks was goed en het so 18 maande gehou. Ek dra as 'n reël 'n goeie paar skoene op binne so 2 jaar, maar hulle word DKW gedra en basies elke dag.

Ek loop nou so 8 maande op my 2de paar Redbacks, selfde soort en grootte as eerste paar. Hulle het baie groter uitgeloop as die eerste paar en nou loop ek rond binne hulle. Veral in die berge met op en af. Die Redbacks se enkel ondersteuning is ook heelwat swakker as die blundstones.

So ja is tussen 2 vure wat die volgende een gaan wees.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Fri Aug 18, 2023 3:26 pm
by Apie
Ek gebruik Wildebees slip-on stewels elke dag(het altyd Rossi’s gedra) en daar is niks sagter as Wildebees nie. Loop sag en sag op jou voete.

My 2 paar nou in 4 jaar. Hulle hou baie goed en die prys/performance ratio is goed vir my!

Ek wil vir jag vir my ‘n paar koop met veters wat mens se enkels bietjie beter ondersteun.

Die een met die ‘gladde’ sool is net moer gevaarlik op nat gladde oppervlaktes. Dis definitief nie geskik vir rots hengel nie.

Die lekker is ek trap niks modder/mis vuil in die huis in nie!


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Fri Aug 18, 2023 3:27 pm
by Apie

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Fri Aug 18, 2023 4:01 pm
by Capt. Yoda
Hulle klere het so duur geword daai fullhouse kos seker al wat Courtneys kos maar ek moet se ek hou baie van daai wat hy so lekker gepad is

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Fri Aug 18, 2023 6:53 pm
by Apie

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Fri Aug 18, 2023 7:41 pm
by Pappabeer
Net ter inligting, Redline in Nottingham Road maak meeste van Wildebees se stewels

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Fri Aug 18, 2023 9:24 pm
by Apie
Pappabeer wrote:Net ter inligting, Redline in Nottingham Road maak meeste van Wildebees se stewels
Is dit ‘n goeie ding?


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Fri Aug 18, 2023 10:46 pm
by Pappabeer
Apie wrote: Fri Aug 18, 2023 9:24 pm
Pappabeer wrote:Net ter inligting, Redline in Nottingham Road maak meeste van Wildebees se stewels
Is dit ‘n goeie ding?


Sent from my iPhone using Tapatalk
Die eienaar het vir baie lank Jim Green besit, en verkoop om Redline te begin. Hulle maak nice stewels, ook maar duur, maar lyk na goeie kwaliteit en mooi afgewerk. Ek het geen persoonlike ervaring met dit nie

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sat Aug 19, 2023 9:06 am
by Capt. Yoda
Apie wrote: Fri Aug 18, 2023 6:53 pm https://wildebees.com/?s=Spoorloos&post ... tid=Zxz2cZ


Sent from my iPhone using Tapatalk
Ok nee daai is glad nie sleg nie, ekt verwag dit sal 2x dit wees

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sat Aug 19, 2023 12:25 pm
by win270
Ek weet hier is al geskryf oor Freestyle, hierdie pryse lyk vir my ook billik in vandag se tyd en Freestyle is gemaklik en ook 'n baie taai stewel.

https://www.freestylesa.co.za/collections/mens

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sat Aug 26, 2023 9:48 am
by Dash431
Het enigiemand ondervinding met Rogue se stewels? Die Trail like goed, en dit is billik geprys.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sat Aug 26, 2023 9:58 am
by DWB
Ek het 'n paar stelle Rogue. Baie Goeie stewige boots. Goeie waarde vir geld.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sat Aug 26, 2023 1:21 pm
by Dash431
Watter modelle het jy? Ek stel belang in die Trail maar die Ranger’s lyk ook goed.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sat Aug 26, 2023 1:47 pm
by Louisdewet
Ek het ook ‘n paar RB2 Trail van Rogue. Dis ‘n lekker geharde stewel en ek gebruik hulle gereeld daar waar dit erg klipperig en steil is in plaas van my Courtney Safaris. Die Rogue’s het my aan die begin bietjie bo my hakskeen gepla waar hulle gedruk het maar nou is hulle lekker ingeloop. Die RB9 Ranger lyk na ‘n lekker stewel maar was nog nooit seker oor so hoë stewel nie.

My Courtney’s loop na 15 jaar nog mooi. Ek dink hulle is wel binnekort gereed vir ‘n revamp.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Sat Aug 26, 2023 2:44 pm
by Dash431
Nee maar dan is dit so. Ek sal die Trail’s kry.

Dankie vir die insette manne.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Mon Aug 28, 2023 1:19 pm
by Carl
Glocked wrote: Sun Aug 06, 2023 2:57 pm Ek het toe eintlik besluit op 'n paar Jim Green Rangers, en vandag eintlik gery om 'n paar te gaan koop. Aangepas, voel redelik gemaklik aan die voet, sal hulle bietjie moet sag loop, maar die sool pla my. Dit wil vir my voel of die sool te hard is, ek dink hy sal vir ewig hou, maar ek is bang hulle gaan raas in die veld ? Is daar van julle wat jag met die Rangers wat kan bylas ?

Enige iets anders wat ek defnitief na moet kyk ?
Middag

Ek het ook al 'n hele paar km's op Rangers. Ek dink dis baie goeie stewels en jy kan hulle laat hersool in RSA. Ek verkies stewels met veters vir ernstige werk. Die leer is gewoonlik nog in goeie toestand dan groet die sole van stewels. Maar ek moet met jou saam stem die sole is hard en is dan effe meer rasserig. Maar as jy op 'n droë tak trap met enige skoen gaan dit kraak ;) Ek het so paar weke gelede in Pilanesberg gaan stap en almal se skoene het geraas, selfs die wat ligter spore trap. Die stewels het baie goed gedoen in baie klipperige veld, lekker vas strap sole.
My opinie die stewel is mooi genoeg vir dans & werk, maar nie kerk nie.

Ek het van Jim Green se ander stewels met die gladde sool en dit wil voorkom hulle loop sagter. Maar ongelukkig is die paar meer in die "workshop" as op my voete. Ek het toe belê in 'n stel Redbacks. Dis seker amper 2x die prys maar dit is baie gemakliker en loop ook stiller. Ek het nog nie gejag met hulle nie.

Sagte sole se groot nadeel is 'n sekelbos kan regdeur hom, dan gaan suukies loop nie help nie.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Mon Aug 28, 2023 3:25 pm
by Louis Kriel
Redbacks elke dag. My jag pel se sool het in die veld afgeklim, maar daai stel was 12 jaar oud.

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Mon Aug 28, 2023 9:22 pm
by Apie
Ek begin ook al hoe meer dink dat stewels met veters beter is vir jag as die slip on tipe.


Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Wed Nov 22, 2023 10:23 am
by ruaanb
My klong het sopas n 10dae /130km hike in die Sederberge met n paar Keen stewels gedoen. Hy is n vaskop stut so hulle is behoorlik getoets. Klip, water , sand , modder etc is hulle deur.

Ons het dit in Maart gekoop so hy het hulle mooi ingeloop voor die tyd. Hulle het die toets mooi geslaag.

https://www.capeunionmart.co.za/product ... C1520.html
IMG_6353.jpg
IMG_6354.jpg

Re: Kom ons gesels bietjie jag stewels....

Posted: Fri Nov 24, 2023 12:21 pm
by Mellies
Ek verkies blundstones vir daaglikse dra. Dalk net bietjie warm in die somer na my sin, maar indien jy hulle oppas hou hulle n leeftyd. Renapur se reeks hou hulle in kondisie. Het al Red Backs probeer, maar vir my nie eers amper so gemaklik soos BS nie en hulle terugegee na twee weke. Sal nie met een van hulle probeer jag nie.

Vir jag het ek die afgelope 10 jaar Salomon se quest en x ultra gebruik. Baie gemaklik en geen inloop nodig nie. Ek dink hier lê agt pare in my jagkas.

Verlede jaar Scarpa terra aangeskaf. Na n paar maande se probeer is die inloopproses nog nie voltooi nie en byt hulle steeds.

Op die oomblik gebruik ek UA se micro g valsetz. Gemaklikste, sagste, droogste boot wat ek nog gebruik het. Hoe lank hulle hou kan ek nog nie sê nie...

Met n vleisie...