Page 3 of 3
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Wed Jan 09, 2013 4:16 pm
by Daan Els
James Wilson, het my aandag gevestig op die afdeling van die forum en ek is nogal verbaas hoeveel sentiment n Musgrave produk geniet.
Julle is welkom om al julle vrae en bekommernisse op die Musgrave blad van die forum te stel en ek sal my uiterste doen om julle met goeie advies en raad te dien.
Groete,
Daan Els
Ex MUSGRAVE
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Sun Feb 17, 2013 2:19 pm
by Marc
Stadig maar seker kom ons daar
My, of tewel Mamma se roer, het toe sy KD gekry {Silent Striker} en moet sê ek is meer as beindruk met die resultaat. Akuraatheid het verseker verbeter en daar is aansienlik minder terugskop, amper soveel as 'n .22Magnum

In my boekie skop 'n windbuks met veer harder as die 243 tans terugskop, soos julle kan aflei is ek meer as tevrede
Verskoning vir die swak foto, ek gaan nog 'n plekkie soek en vir my 'n mooi wit muur verf net vir roer foto's

Hier is 'n drie skoot groepie op 100 meter geskiet met 80gr Nosler Balistiek Tips en 38gr S365 agter hulle aste. Moet nou ook se dat julle in ag moet neem dis met 'n 4x40 antiekie teleskoop gedoen ook nog. Die outjie blyk baie goeie potensiaal te hê. Ek is elke dag wat hy uitkom om asem te skep, bly hy het oor my pad geval.
As die nuwe teleskoop opkom sal ek weer raporteer

Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Sun Feb 17, 2013 2:41 pm
by Johan Nel
Welgedaan Marc, daardie groepering is uitstekend. Mooi roer daarby.
Groete,
JHN
Re: Musgrave Mod80 SENTRAALWES hulp a.s.b?
Posted: Mon Feb 18, 2013 10:26 am
by Marc
Dankie Johan
