Page 3 of 5
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Wed Jun 15, 2022 2:07 pm
by Eduard Venter
Lekker!
Sent from my SM-G973F using Tapatalk
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Wed Jun 15, 2022 2:28 pm
by Chris (vdB)
Wow! mooi Geno
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Wed Jun 15, 2022 2:31 pm
by Geno
Capt. Oblivious wrote: Wed Jun 15, 2022 12:56 pm
Lekker Geno maar daai springbok heel links lyk nie lekker nie
Ja-nee. Daardie grasbaber is nie so mooi soos 'n springbok nie

Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Wed Jun 15, 2022 5:28 pm
by DWB
Lekker Gedoons!
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Wed Jun 15, 2022 6:44 pm
by Jacques.308
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Wed Jun 15, 2022 7:40 pm
by J le Roux
Baie geluk Jacques, dit lyk na mooi wêreld em mooi geskiet.
More is ons oppad Messina toe, met die ruig bosveld en volmaan ook nog gaan ons geluld en geluk nodig hê.
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Thu Jun 16, 2022 6:50 pm
by sako 30-06
Baie mooi springok, baie geluk.
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Fri Jun 17, 2022 7:43 pm
by Joe13
Netjiese springbok, mooi wêreld daai.
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Sat Jun 18, 2022 12:22 am
by Pappabeer
Mooi om die wild so mooi vet oor die hele land te sien. Mooi geskiet almal.
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Sat Jun 18, 2022 5:56 pm
by BenJacobs
Ek sit maar my oefening sessie se foto's op. Hopelik kan ons later die jaar iets groter opsit... Die wind het ons vandag lelik rond gegooi, maar toe die wind gaan lê toe skiet ons lekker!
Groete Ben
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Sat Jun 18, 2022 6:05 pm
by Chris (vdB)
Mooi so Ben, daar is n' paar dik makoue tussen daai klomp. Is dit in mielie lande waar die oukies so lekker eet?
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Sat Jun 18, 2022 6:09 pm
by Chris (vdB)
Daai dikkes val n' harde slag as jy hulle kap in die lug met n' haelgeweer en hulle kom val hier naby jou. Skiet jy al met jou haelgeweer?
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Sun Jun 19, 2022 10:32 am
by BenJacobs
Oom. Hulle vreet die nuwe canola wat opkom. Daar was noggal 'n paar grotes! Wat die 243 lekker maak, is ek kan lekker die grootste een uitsoek en dan skiet!
Wat die haelgeweer aanbetref, ek sukkel maar nog lekker... Dit verbeter darem. Die eerste keer het ek niks raak geskiet nie, die 2de keer kon ek darem 'n makou en kolgans kry, so hopelik raak dit net beter.
Groete Ben
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Mon Jun 20, 2022 3:07 pm
by Maartin
Ons was 8 - 12 junie in Musina se wêreld.
Die bos is baie ruig met die mopanie blare wat nog nie geval het nie.
Die wind dwarrel en die koedoes was baie wakker maar die rooibokke in rut het vir lekker vleis gesorg. Alles was van die voet af gejag.
Ek het my .375h&h 300gr peregrine vrg gebruik. Baie beindruk met die punte en die bokke was mooi en vet te midde van al hulle gesnork en gestoei.
Was ook die laaste dat hierdie bobejaan die rooibokke laat hardloop en vir my blaf.


Sent from my SM-G780G using Tapatalk
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Mon Jun 20, 2022 6:21 pm
by Gian_dP
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Mon Jun 20, 2022 6:45 pm
by Mellies
Julle manne (en dames) maak mooi!
Met n vleisie...
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Tue Jun 21, 2022 12:53 pm
by Geno
Mooi geskiet almal! Maak man jaloers hier op kantoor terwyl die weer te sleg is om in die nag n draai te ry!
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Sun Jun 26, 2022 12:06 pm
by Viking
Baie uitgesien na die jaar se kudujag by Murraysburg.
Verlede woensdag sit ons groep van 6 jagters die stukke in uit die Paarl om te gaan kudu skiet.
Ons kom 15h00 op die plaas en die wolke pak saam....die deel van die Karoo het al vir 7 jr droogte en die boere kry droogtehulp!
Donderdag is ons uit veld toe en dit drup drup op die bakkie se voorruit.
Ons kry koud in die veld en reën nat tot op die vel...jag is nou nie meer lekker nie.
Teen 16h00 pak ons op en nie een het n bok nie. Daar was wel 2 manne wat skietkans gehad het, maar hoe skiet jy deur n scope wat waterdruppels op beide lense het?
Donker sukkel ons gly gly uit die veld en met n amper verspoelde grondpad 40km terug plaas toe.
Ons maak vuur, braai en kuier dat dit gesellig gaan, maar toe ons vrydag oggend wakker word besef ons dat ons jag uitgereën het.
Met swaar harte maak ons ontbyt en pak op - dis nog 650km huis toe!
Ons is saam met die boere bly en dankbaar vir die welkome reēn en sien uit na volgende jaar se opvolg jag. Die veld behoort dan weer mooi te wees!
Gelukkig was die jaar n "goedkoop" jag, maar volgende jaar buig ek die begroting om op te maak!
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Tue Jun 28, 2022 7:10 am
by tau
Wel ek het nou lekker gaan stap in die reen in die Noorsveld!!!
Donderdag vroeg uit Boland weg in reën en hy het ons eers Saterdag oggend gelos. Die boere het nog erge droogte op plekke so ons was saam met hulle bly. Die plaas waar ons altyd jag lyk bitter mooi vanjaar . Ons kampjag raak toe 'n wolskuur jag en al my kamp en jag toerusting ruik nou soos bokhaar!!!
Nie 'n enkeleskoot geskiet nie, maar my tyd in die veld was genoeg. Ek het Vrydag 19,5km gestap en Saterdag tot 2 uur so 7.5km. En groot stukke daarvan is stadig in die spekbos en doringbosse, maar kamp tot in jou jagarea vat tyd.
Die Kudu getalle is verseker laer en die droogte sit druk op die getalle. Ek kon koeie skiet, maar dit is nie my ding op die oopvisier stapjag nie. Ek moet bieg ek is opsoek na 'n groot vir area Koedoebul gewees.
Snaaks genoeg het ons bitter baie duikers in die veld gekry. Dit was my 6de keer sedert 2013 wat ons die area jag en die eerstekeer wat ek nie 'n bul geskiet kry nie.
Ons is steeds gelukkig weg nadat ons gasheer soos altyd vir ons totalle vryheid gegee het en ons vertrou.
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Wed Jul 06, 2022 5:16 pm
by Umshwati Boy
Blesbokke
Almal gejag met my Blaser R93 300 Win Mag, 180gr Barnes TSX en 180gr Norma Oryx
72D41568-FDF5-498E-B2D4-4F0A803DE7FF.jpeg
20C7687A-04B0-45F7-B1EE-67F63B60D5EB.jpeg
1D710B0D-D8FF-4793-A985-398C1387E9A6.jpeg
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Wed Jul 06, 2022 5:22 pm
by Umshwati Boy
Blesbokke cont
Blaser R93 300 Win Mag; 180gr Norma Oryx
AE1677C8-2FBD-452F-8F8F-DB2ACF770636 a.jpeg
8685CAB0-9AE5-488E-A3D3-B3F5CF3728E0 a.jpeg
57855892-C643-48FD-87DA-160651EE2EED b.jpeg
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Wed Jul 06, 2022 5:26 pm
by Umshwati Boy
Impala
Blaser R93
300 Win Mag
180gr Barnes TSX
Leica 1,8-12x50
D794B772-2FA8-4C92-BF94-D7D60CFFF361a.jpeg
6E9E7CF8-692A-4BA0-A3EF-4E80307D4DF7a.jpeg
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Wed Jul 06, 2022 5:27 pm
by Umshwati Boy
Zebra
Blaser R93
300 Win Mag
Barnes TSX 180gr
2E77E448-C8DB-4572-8888-66A2C3736890a.jpeg
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Wed Jul 06, 2022 5:32 pm
by Umshwati Boy
Fallow Deer & Springbok
Blaser R93 308
Norma Oryx 180gr
Leica 2,4-16x56
2DA5A327-355E-4BA5-8852-D88041DDB900 a .jpeg
3F8BF1B1-0DC3-421D-B67E-A4F710C6CA88 a .jpeg
DF5FB961-4576-4B19-9982-5A174BE8845D a .jpeg
Re: Jag 2022 Seisoen
Posted: Wed Jul 06, 2022 6:12 pm
by Lategan1
Netjies, geluk, mooi verskeidenheid en “budget”!
Beste.