Page 3 of 4
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Feb 17, 2021 1:54 pm
by tripodmvr
Hulle is besig met bekendstellings en gesels met die geweerwinkels. Plaas 'n bestelling by die een wat jy gewoonlik besoek - ek het.
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Feb 17, 2021 1:58 pm
by Gawie(13mm)
Manne, ek wil nou nie op jul parade reën nie, maar onthou dat dieselfde wetgewing rakende plofstowwe van toepassing is op die "nuwe" kruit. Dit is nie iets wat jy uit jou kattebak kan verkoop nie. Die toepaslike papierwerk en rekords moet nog steeds gehou word en die maksimum kruit per perseel vir 'n individu bly 2.4 kg.
Jy mag dus net 4 houers van 500 gram op 'n slag koop en vervoer tensy jy 'n handelaar is en die nodige papierwerk het.
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Thu Feb 18, 2021 7:54 am
by Toxxyc
Gawie(13mm) wrote: Wed Feb 17, 2021 1:58 pm
Manne, ek wil nou nie op jul parade reën nie, maar onthou dat dieselfde wetgewing rakende plofstowwe van toepassing is op die "nuwe" kruit. Dit is nie iets wat jy uit jou kattebak kan verkoop nie. Die toepaslike papierwerk en rekords moet nog steeds gehou word en die maksimum kruit per perseel vir 'n individu bly 2.4 kg.
Jy mag dus net 4 houers van 500 gram op 'n slag koop en vervoer tensy jy 'n handelaar is en die nodige papierwerk het.
Korrek ja. Maar 4 is beter as 1...

Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Thu Feb 25, 2021 1:39 pm
by Killzone
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Mon Mar 08, 2021 2:49 pm
by Pvdw
Gaan die week blik of 2 van die RFL(321) optel by Hailstorm in Pretoria. Ek gaan die produk en ons local vervaardiger virseker 'n go gee.
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Mon Mar 08, 2021 4:20 pm
by tripodmvr
Loer na my proeflopie wat ek met RFL gedoen het in my 223. Kyk onder herlaai.
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Mon Mar 08, 2021 8:56 pm
by wlm
Ek het nog 321 oor vir my 223 maar sal beslis die manne ondersteun wanneer ek weer nodig kry. Wag ook vir die 365 ekwivalent want H 3450 @R1000 per blik is styf.
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Thu Mar 11, 2021 2:02 pm
by ruaanb
Ek het n blik S321 te ruil vir een van die vir iemand in die Kaap.
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Tue Mar 23, 2021 10:28 am
by JohanvB
Het iemand al die S341 ekwivalent bestel...hoe loop hy?
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Tue Mar 23, 2021 12:08 pm
by ruaanb
JohanvB wrote:Het iemand al die S341 ekwivalent bestel...hoe loop hy?
Bestel en toets vir ons
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Tue Dec 27, 2022 7:42 pm
by Cobus Wessels
Ek het nog nie lekker geleer waar al die hoekies en draaie van hierdie huis is nie - laat weet as ek elders moet post.
Ek het nou 2 verskillende pogings aangewend om lekker "goedkoop" oefen ammunisie met Riflex Blou te ontwikkel.
WEES GEWAARSKU:
Die kruit is ôf baie vinniger ôf het meer energie as S341. Hulle eie gepubliseerde maksimums is VÊR te warm. Ek het lank voordat ek hulle maksimum bereik het agtergekom dat die spoed te hoog is. Alle klassieke tekens van hoe druk INSLUITEND 'n uitgeblaasde primer.
Ek beplan nie om die getalle te gee nie want een of ander malkoppie gaan dink dit presies wat hy soek.
Glo my net... ongeveer 10% minder as wat jy dink is die maksimum.
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Tue Dec 27, 2022 9:44 pm
by tripodmvr
Cobus, stuur my die geweerdata, ladings en spoed soos by Quick Load Herlaai gevra word. Ek sal dit graag in QL wil beloer. As dit makliker is, epos dit na my forumnaam en sit net die gmail gedeelte by.
Dankie
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Tue Dec 27, 2022 11:02 pm
by Jacques.308
Cobus Wessels wrote:Ek het nog nie lekker geleer waar al die hoekies en draaie van hierdie huis is nie - laat weet as ek elders moet post.
Ek het nou 2 verskillende pogings aangewend om lekker "goedkoop" oefen ammunisie met Riflex Blou te ontwikkel.
WEES GEWAARSKU:
Die kruit is ôf baie vinniger ôf het meer energie as S341. Hulle eie gepubliseerde maksimums is VÊR te warm. Ek het lank voordat ek hulle maksimum bereik het agtergekom dat die spoed te hoog is. Alle klassieke tekens van hoe druk INSLUITEND 'n uitgeblaasde primer.
Ek beplan nie om die getalle te gee nie want een of ander malkoppie gaan dink dit presies wat hy soek.
Glo my net... ongeveer 10% minder as wat jy dink is die maksimum.
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Cobus daar was een batch wat hulle die blou prop en groen prop omgeruil het. Ek was die man wat dit agter gekom het en hulle laatweet het. Groen prop gelykstaande aan s321 raak baie vinniger gevaarlik as wat s341 doen
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Dec 28, 2022 8:36 am
by Cobus Wessels
Ek sal probeer om vandag die details bymekaar te maak. Dit sal baie goed inpas as die groen en blou omgeruil is.
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Dec 28, 2022 8:48 am
by Cobus Wessels
3006 Tikka 21 duim loop (dink ek)
Nosler Ballistic Tip 150 g
OAL 82.96mm
Riflex Blou 55g
3100fps
3144fps
3172fps
Ek het nie dop volume gemeet nie.
Ek sal moet gaan kyk wat laas keer se syfers was.

Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Dec 28, 2022 9:07 am
by Cobus Wessels
Jacques.308 wrote:Cobus Wessels wrote:Ek het nog nie lekker geleer waar al die hoekies en draaie van hierdie huis is nie - laat weet as ek elders moet post.
Ek het nou 2 verskillende pogings aangewend om lekker "goedkoop" oefen ammunisie met Riflex Blou te ontwikkel.
WEES GEWAARSKU:
Die kruit is ôf baie vinniger ôf het meer energie as S341. Hulle eie gepubliseerde maksimums is VÊR te warm. Ek het lank voordat ek hulle maksimum bereik het agtergekom dat die spoed te hoog is. Alle klassieke tekens van hoe druk INSLUITEND 'n uitgeblaasde primer.
Ek beplan nie om die getalle te gee nie want een of ander malkoppie gaan dink dit presies wat hy soek.
Glo my net... ongeveer 10% minder as wat jy dink is die maksimum.
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Cobus daar was een batch wat hulle die blou prop en groen prop omgeruil het. Ek was die man wat dit agter gekom het en hulle laatweet het. Groen prop gelykstaande aan s321 raak baie vinniger gevaarlik as wat s341 doen
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Hi Jacques
Maak baie sin. Wat het hulle toe gedoen?
Ek sit nou met 'n hele paar bottels kruit wat ek nie kan gebruik nie. Ek het min nut vir so 'n vinnige kruit.
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Dec 28, 2022 10:38 am
by Capt. Yoda
Jacques kan jy onthou wat jou batch nr was?
Die goed is mos maar net herverpakte Somchem dalk het hulle Cobus se proppe ook om geruil, ek sal dam dik van die lag wees as n verskaffer vir my se sorry man ons het die proppe om geruil dis hoekom jou slot gesig nou so mooi gebrand is
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Dec 28, 2022 10:50 am
by Cobus Wessels
Ek moet sê ek is op die oomblik self redelik vol giggels.
Soos ek nou maar is het ek hopeloos te veel gekoop...
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Dec 28, 2022 9:07 pm
by Jacques.308
Capt. Oblivious wrote:Jacques kan jy onthou wat jou batch nr was?
Die goed is mos maar net herverpakte Somchem dalk het hulle Cobus se proppe ook om geruil, ek sal dam dik van die lag wees as n verskaffer vir my se sorry man ons het die proppe om geruil dis hoekom jou slot gesig nou so mooi gebrand is
Ek het dit afgeneem sal gou gaan soek
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Dec 28, 2022 9:09 pm
by Jacques.308
Cobus Wessels wrote:Jacques.308 wrote:Cobus Wessels wrote:Ek het nog nie lekker geleer waar al die hoekies en draaie van hierdie huis is nie - laat weet as ek elders moet post.
Ek het nou 2 verskillende pogings aangewend om lekker "goedkoop" oefen ammunisie met Riflex Blou te ontwikkel.
WEES GEWAARSKU:
Die kruit is ôf baie vinniger ôf het meer energie as S341. Hulle eie gepubliseerde maksimums is VÊR te warm. Ek het lank voordat ek hulle maksimum bereik het agtergekom dat die spoed te hoog is. Alle klassieke tekens van hoe druk INSLUITEND 'n uitgeblaasde primer.
Ek beplan nie om die getalle te gee nie want een of ander malkoppie gaan dink dit presies wat hy soek.
Glo my net... ongeveer 10% minder as wat jy dink is die maksimum.
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Cobus daar was een batch wat hulle die blou prop en groen prop omgeruil het. Ek was die man wat dit agter gekom het en hulle laatweet het. Groen prop gelykstaande aan s321 raak baie vinniger gevaarlik as wat s341 doen
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Hi Jacques
Maak baie sin. Wat het hulle toe gedoen?
Ek sit nou met 'n hele paar bottels kruit wat ek nie kan gebruik nie. Ek het min nut vir so 'n vinnige kruit.
Sent from my ELE-L09 using Tapatalk
Daar is die Batch Nommer. Ek het gemaak dat hulle myne omruil
FB_IMG_1672254462727.jpg
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Dec 28, 2022 9:45 pm
by tripodmvr
Daardie nommer verwys na RFL wat S321 se ekwivalent is. Seker 'n kleurblinde wat die proppe opgesit het.
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Tue Jan 10, 2023 3:10 pm
by Toxxyc
Maggies, verkeerde proppe opsit is bitter gevaarlik. Dis nogals 'n Somchem-vlak fout daardie.
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Jan 11, 2023 5:28 am
by Jassie
.....of die man wat die label verkeerd opgesit het, met die regte prop?
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Jan 11, 2023 6:15 am
by Jacques.308
Jassie wrote:.....of die man wat die label verkeerd opgesit het, met die regte prop?
Nee het met maatskappy gepraat was verkeerde prop op regte label
Sent from my SM-S901E using Tapatalk
Re: Nuwe rolspeler in dryfmiddel mark : Riflex
Posted: Wed Jan 11, 2023 8:30 am
by tripodmvr
Groen prop op RFX (S341) - geen probleem. Jy gaan stadige spoed kry.
Blou prop op RFL (S321) kan groot probleme maak. Daardie 30-06 lading begin druk van naby 100K psi bereken. PMP handleiding toon 2963vps as maksimum spoed uit 'n 24 duim loop.