Page 3 of 3

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Sun Feb 08, 2009 10:59 pm
by tafjak
Ou Frekie

Boul ons sommer die maand en jaar ok, my kop is so plat dat ek my skilfers in my sak moet dra.

Taffie

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Tue Feb 10, 2009 10:14 am
by Freek
Ag jammer manne, my gedagtes hardloop vinniger as wat ek kan dink... 24 April & 25 April 2009 daar in BLOEMFONTEIN. Ons trek laer in Bloem, jakkalse is besig om die oorhand te neem daar - so bring julle roere met genoeg koels. Ons gaan help om orde te herstel daar op die plaas...die ongediertes het net nie meer maniere in daai geweste nie, alle respek vir gesag blykbaar verloor.  ;D

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Tue Feb 10, 2009 2:28 pm
by Tomcat
Jagters

Moet asb nie nog name gee nie, die arme Freek is so lus vir skaapvleis ek dink hy kry n oorval as da nog voorstelle kom. n Ou lykmy kan net soveel bosvark eet... ;D

Die kat

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Tue Feb 10, 2009 5:32 pm
by Jakkals
Freek
Ek gaan daar skiet die 6de en 7de Maart. Daardie baan het my al deurmekaar gewaai en my laat opvries. Skiet terwyl dit sneeu of kapok watookal dit was wit en vrek koud. Jy kon nie eens die skyf sien maar skiet moet jy skiet. Afrika is nie vir sissies nie.
L.

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Tue Feb 10, 2009 7:42 pm
by Freek
Jakkals jy ry darrem maar ver om in Bloem te skiet, al die pad daar uit die noorde uit. Skiet jy kompitisie, ken ek jou? Klink my jy kom daar uit my wereld... ???

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Wed Feb 11, 2009 12:29 pm
by JACQUES BOTHA
jakkals
skiet jy vir een van die chasa spanne ---
Ekwil hooor of ons nie dalk  2 of 4 spanne kan inskryf vanaf die "nightriders" jakkalsjagters nie.
het gister met Cassie "voorsitter van vrystaat probleemdier" gepraat en hy sou uitvind of ons spanne kan inskryf. ?Hy sal defnitief van Bloemfontein kant af  ten minste een span inskryf.....

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Sun Mar 08, 2009 11:10 pm
by Ambessa
Hallo almal

Lyk my die naam is goed?

Ambessa

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Fri Mar 13, 2009 1:50 pm
by CHRIS
Ek stem ook vir JARACALL, maar julle moet my help met die afrikaans van ons, eet met jou kakebeen en wel sit op jou bekken been. Nou vra ek hoekom is die groenes vir die rooies (rooi jakkals en rooikat) Ek is mos groene vir die kleinvee en rooi vir die rooies. GROEN VIR JARACALL

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Fri Mar 13, 2009 3:12 pm
by MEERKAT
Reeds farminters forum.

"Predator's conservation/elimanation forum"

MEERKAT

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Thu Mar 19, 2009 10:46 am
by Freek
Meerkat, nie hier oor of daar oor nie maar daai voorstel van jou sal ons om die vuurtjie die 24ste en 25ste April 2009 in Bloemfontein bespreek. Die bosvark hang in die koel kamer en ryp word, ek tjek hom elke dag.

Taffie, het jy al die skape geslag? :)

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Fri Mar 20, 2009 12:19 am
by Ambessa
Kolskoot

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Fri Mar 20, 2009 7:26 am
by projag
Hierdie nuwe naam ondersteuners ??? 
Vanwaar tog gehasi.
'n Nuwe-SA-profeet.
ja nee in die nuwe SA moet als mos hernoem word.

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Sat Mar 21, 2009 6:29 pm
by Christo
Die forum se naam soos hy nou is pla mos nie, hou hom so

Christo

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Tue Mar 31, 2009 9:41 pm
by Dawie
Vleisbroek.....? 

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Sun Apr 05, 2009 12:34 pm
by britsman
Hallo Heinrich en almal,
Hein ek het jou nog nie ontmoet nie (het darem jou cds van roep geluide en roofdier roep en skiet) maar jy kan nie glo nie hoe ek die forum geniet nie.Ek sien nou my "Total time logged in: 1 days, 1 hours and 48 minutes" is . Nie sleg vir n newbie nie? --of wat se die manne??

Nou oor die "Amptelike Naam van die Forum"
  Ek dink dit sal goed wees as die naam n naam is wat(of kern woorde het) is wat sal op die skerm kom as mense "online surfing or Googling" doen.
Toe die "regime" besluit het om die kommandos toe te maak het ons Reaksie Mag so aan gegaan vir n tyd  as Roofdier Beheer Groep  [/b] RBG or in brits " Predator Control Group   PCG
Kan ons nie hierdie naam gebruik? -of verander "groep" na "forum" -- net n voorstel.

Nogmaals baie dankie aan Hein en al die deelnemers op die forum.Ek wil graag  een van Hein se kursusse binnekort bywoon.
  In the meantime I'm getting all the theory on this forum and reading up on research done world wide on PREDATOR CONTROL.

Groete,
              britsman

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Sun Apr 05, 2009 5:07 pm
by projag
Jou kernwoorde hoef nie deel van die Naam te wees nie maar wel van die kort beskrywing.

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Tue Apr 07, 2009 9:18 am
by jaracal
'n skrywe wat ek per e-pos ontvang het.

Sit sommer so tong innie kies en dink?

Forum ?Boor-em? ? rym sommer ook - Ha-ha?!

?      Free Forum

?      Outdoor forum

Of iets so beskrywend soos tydskrif Weg se naam! Iets in trant van ?Uit/Out?  of  ?Buite/Outside??

Of met balans/bewaring/bestuur as tema?

Oor die Loop / Over the barrel

Reticle Forum

Natuurforum/Nature forum

Jag forum / Hunt forum  >  sal ook sommer op ?Search? opgetel word.

Outdoor forum / Buitelug  forum

?n Ander sakie - So vae gedagte?

?.moet daar nie iets kom soos profesioneel gekwalifiseerde ongediertejagtersforum/vereniging of so iets nie? Maar dis ook weer nog ledegelde? en daarvoor is ek allergies.

Voel of neiging na so tipe vereniging neig met politieke verwikkelinge op die front?

Dit voel vir my asof elke jan rap en maat begin nou met die game sonder om enige vorm van opleiding te gehad het.

Dit lyk ouens dink omdat hulle PH?e is, weet hulle dadelik van die game af ook?

Jy moet so skiet dat jy oor 20 jaar nog kan skiet ? maw dit is baie verantwoordelik handel en jy moet ?sag/delikaat? wees in en met natuur!

Het gevoel dat sommiges die Jakkies onderskat en dan nie daar is om die probleem wat bly te hanteer nie.


Groete

Harold

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Thu Apr 23, 2009 2:52 pm
by Freek
Nou ja kerels, vir die van julle wat op gelet het in die klas. Hierdie naweek word die site naam "Jaracal" amptelik in gewei da in Bloem. Ek hoop regtig almal gaan daar wees dat ons 'n oordentlike kuier kan deur werk en mekaar van nader kan leer ken.

Indien die naam later verander maak dit ook nie regtig saak nie, dan kom ons dood eenvoudig net weer by mekaar en wyn ag ek bedoel wei hom van voor af in... :D :D :D ;D.

Baie lood gaan gegooi word en ek is seker die kolestrol gaan vreilik vloei. Maar aan die ander kant behoort die kolestrol nie 'n probleem te wees nie, ek is seker met al die geskietery en skopery van die gewere sal die vetjies nie kans kry om aan die binne kant van die are vas te pak nie... 8)

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Thu Apr 23, 2009 7:36 pm
by jaracal
britsman
dit sal goed wees om jou te ontmoet. Ek was in die laaste tyd baie weg van die forum en het nou eers jou reply gesien. Ek is bly jy geniet die forum. Ek is ook bly dit gaan op sy eie aan.

Groete

Heinrich

Re: Amptelike Naam van die Forum

Posted: Thu Aug 20, 2009 10:42 am
by namhunt
Hallo almal

Wat van Hunter Hunted. Weet nie of DSTV sal kla nie. ???

Grote
Daan