TRAIL KAMERA

User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Francois Marais »

Lukas

Daardie groot herlaaibare batterye is nogal duur, ek sou se probeer eers Duracell's. Kyk watse leeftyd jy uit hulle kry.

n Paar tips om battery leeftyd te spaar. Stel jou kamera om langer tussenposes tussen events te he, stel ook om minder fotos per event te neem. as jy video clips neem, maak hulle bietjie korter. Ek het gesien die flash is maar die sondebok wat batterye redelik vreet.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Christo »

Lukas, ek het gister navraag gedoen oor D-cell herlaaibare batterye, sal post wat die koste is sodra ek dit gekry het. D size Duracell kos nou ? R 45.00 elk. Maak seker saak hoeveel 'n man moet koop in 'n jaar maar ek dink herlaaibaar is die pad om te gaan.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
LMB
Sr. Member
Sr. Member
Posts: 309
Joined: Sat Jan 03, 2009 4:59 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by LMB »

Ek het gister Durasells gekry vir R46 `n paar. Dis +-R135 vir stel van 6. As dit die geval is, herlaaibares kos seker R45 een, dan kan mens maar die sonpaneel koop. Die punt is net dat Stealth kamera `n opsie het vir helfte van Moultrie se prys.

Lukas
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Christo »

Ek het toe die kwotasie gekry, kos amper R 900.00 vir 3 batterye en 'n charger. Blykbaar baie goed maar dit is bietjie dik vir 'n daler.

Christo

Ek bly ook maar by Duracell
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Gerhard »

Ek gebruik die Spypoint kamera...

Image

Image

Image
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Christo »

Gerhard

Vertel bietjie meer. Is dit in die dag ook swart en wit? Wat kos hy ? Waar kry 'n man hom ? ens

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Gerhard »

Christo wrote: Gerhard

Vertel bietjie meer. Is dit in die dag ook swart en wit? Wat kos hy ? Waar kry 'n man hom ? ens

Christo
Image

Image

Image

Bel vir Redge Grant by Archers Edge.

S? vir hom ek het jou verwys.

082 378 0539

My model is 6 Meg Pix maar daar is model wat 8 Meg Pix doen.

Ek is nie seker oor wat die nuutste pryse is nie maar Redge sal vir jou kan help...
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Christo
Hero Member
Hero Member
Posts: 3312
Joined: Fri Feb 06, 2009 10:04 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Christo »

Dankie Gerhard

Ek sal hom bel, weet nie of ek nou al een wil koop maar ek is nou eenmaal 'n gadget man.

Christo
Het ek maar net alles geweet. Jakkalse is slimmer as ons, ons maak hulle superslim.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Gerhard »

Christo wrote: ek is nou eenmaal 'n gadget man.

Christo
Join the club...  ;D ;D
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Mac »

Hier gaan ons al weer

Image
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
tafjak

Re: TRAIL KAMERA

Post by tafjak »

Mac

Aitsa! hier kom 'n slagyster sien ek. As hy so nuuskierig is, sit hy die eerste keer wat hy weer verby kom.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Mac »

Taffie,

Ek sal nog 'n paar ysters moet by sit, maar ek weet nie of my ysters hierdie mannetjie sal kan vashou nie. Dit is 'n gewone twee spoor paaitjie wat die trekker 3 keer per week ry.

Image
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
tafjak

Re: TRAIL KAMERA

Post by tafjak »

Mac

Mooi kat. Moenie worry nie, ek het net die yster vir hom.
User avatar
MEERKAT
Hero Member
Hero Member
Posts: 737
Joined: Sat Feb 07, 2009 8:41 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by MEERKAT »

Mac

Hoop Taffles het 'n leeu slagyster.

Ons het nou die voor foto gesien,kyk uit vir die na foto
Knou goggas af
MEERKAT
User avatar
Francois Marais
Administrator
Administrator
Posts: 4042
Joined: Sun May 03, 2009 11:40 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Francois Marais »

Mac/Taffie/ Wallie

Daai is n YSTER kat, Mac moet virseker laat weet as hy hom gekry het.

Mooi loop
Francois
Francois Marais
Windhoek, Namibia
francois@jaracal.com
+264811275447
tafjak

Re: TRAIL KAMERA

Post by tafjak »

Mac

Moenie hom vang nie! Verkoop hom aan Amerikaner en dan sal die groenes ook meer met jou gesels.

Ek sou die datum en tyd neem van die foto en net so 10 aande wag en vir 4aande namekaar daar gaan roep. Laat weet wat het met die ou gebeur. Hoop nie kat loop op wildsplaas nie, anders gaan jy trofeegeld betaal vir darie kat.

Ek jag eenslag(seker so 4jaar gelede) by ene Mnr. Ferreira en skiet toe ook 'n vetterige kat, reken die ou dat ek so 12 honderd rand moet inbetaal op die trofee. Gelukkig sien die ou my verbasing en laat toe weet dat dit net 'n grappie was. Dankietog!!!!
User avatar
Freddie101
Hero Member
Hero Member
Posts: 1385
Joined: Fri Dec 19, 2008 11:39 am

Re: TRAIL KAMERA

Post by Freddie101 »

Mac
Dit is nou regtig n mooi foto. Laat weet die vordering.
Freddie
yol bolsun
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Mac »

Taffie / almal,

Ek het laas week dinsdag sy spoor in die area gewaar, en het toe die kamera gaan stel om sy patroon te kry, Het vanmiddag 3 ysters en 'n hok gaan stel vir Sylverter, sal maar kyk wat gebeur. Gelukkig sal ek nie moet inbetaal nie, maar as ek hom nie gaan vang binnekort nie, sit ek met 'n probleem, die outjie is net so 900m van die water by my vee afgeneem, en dit is in die berg.

Sal maar laat weet, kry ek hom nie gou nie, sal ek van so Woensdag af probeer roep

Mac
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
tafjak

Re: TRAIL KAMERA

Post by tafjak »

Mac

As dit Dinsdag(6dae gelede) en jy sien/vang hom in die volgende 6dae, kan jy maar gaan soek. 'n Wyfie met kleintjies is nie te v?r nie.
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Mac »

Taffie,

Daardie sloot, (Brits se dit is nie 'n sloot nie, want hy is toe gegrooi) is so dik bebos jy kan nie eintlik daar beweeg nie, as ek skape daar het, kos dit my die water toe draai om hulle bymekaar te maak. Al wat werk is die kamera en spore, en nou dat ek net een kamera oor het, as hy hier is, maak hy nie vir my geld op 'n ander plaas nie. Hoop net hy maak gou 'n foutjie, sal more nog ysters gaan le.

Mooi bly
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Rooies »

Mac
Het jy toe al daai sylvester kat gevang?

groete
rooies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
Mac
Hero Member
Hero Member
Posts: 1172
Joined: Thu Apr 16, 2009 3:47 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Mac »

Rooies,

Daai kat het my oor die 20 lammers gekos, ek het vir hom 3 hokke, 3 nek ysters en 3 stelle ysters gestel, maar niks, hy het my totaal afgelag. Saterdag nag, eintlik Sondag oggend, het hy 2 lammers redelik naby die vlaktes gevang, en ek was toe Sondag aand uit om daar te roep. Net so 20 minute later tel ek sy oog op, en toe sien ek hy hike, toe laai ek hom maar op. Nie so groot soos hy in die trail cam foto gelyk het nie, maar nogtans 'n stewige 17 Kg geweeg. Moet se, nou gaan ek heel rustig slaap.

Mooi bly,

Mac.
Occasionally mistaken for a responsible adult

It is funny how much we learn when we forget that we know it all.
User avatar
Gerhard
Hero Member
Hero Member
Posts: 7128
Joined: Sun Apr 12, 2009 6:08 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Gerhard »

Mooi man!!!!
FFF Safaris
Battlefields of the Escarpment
User avatar
Foxcreek
Hero Member
Hero Member
Posts: 577
Joined: Mon Sep 07, 2009 5:04 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Foxcreek »

Mac

Netjiese Operasie! Keep your heel on their throughts!

Foxcreek.
Food grown in depleted soils is itself deficient, and animal products derived from stressed beasts bear a burden of guilt.
User avatar
Rooies
Hero Member
Hero Member
Posts: 587
Joined: Fri Mar 06, 2009 9:26 pm

Re: TRAIL KAMERA

Post by Rooies »

Almal
Het enige iemand al ranger trail cam getoets of gekoop? Allen verkoop en ek sien dit kom van lynx af, of sal n mens maar hou by die bekende name?

rooies
243 Howa]
308 Howa] Die tweeling
12 Br Robert Huges
38sp Rossi



"Forgive your enemies, but never forget their names."
Post Reply