Page 3 of 4
Re: Takbok vleis
Posted: Mon Jan 21, 2019 7:40 am
by Nico Harris
Daar is heelwat meer as wat mens dink. Net baie duur.
Re: Takbok vleis
Posted: Mon Jan 21, 2019 8:30 am
by Dimitri
tripodmvr wrote:
Die fallow is die spesie wat die meeste jagters ken en wyd verspreid is.
Die ander is eksoties en beperk tot 'n baie beperkte habitat.
They are all exotics - including Fallow Deer - as they are not indigenous to SA.
Re: Takbok vleis
Posted: Mon Jan 28, 2019 12:05 pm
by sako 30-06
Ek het toe die naweek my eerste takbok geskiet, karkas gewig was 44kg.
Vleis lyk fantasties.
Re: Takbok vleis
Posted: Mon Jan 28, 2019 12:22 pm
by henried
Wow, dis 'n baie mooi bok, baie geluk.
Re: Takbok vleis
Posted: Mon Jan 28, 2019 1:31 pm
by jankraay
Jis ek is self lus om die jaar een plat te maak...
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Takbok vleis
Posted: Mon Jan 28, 2019 3:10 pm
by knipmes
sako 30-06 wrote:Ek het toe die naweek my eerste takbok geskiet, karkas gewig was 44kg.
Vleis lyk fantasties.
Waar jag jy hierdie mooi takbokke?
Groete
Re: Takbok vleis
Posted: Mon Jan 28, 2019 4:06 pm
by airhunter
sako 30-06 wrote:Ek het toe die naweek my eerste takbok geskiet, karkas gewig was 44kg.
Vleis lyk fantasties.
Sjoe die veld lyk goed daar.
Mooi bok en mooi vleis.
Re: Takbok vleis
Posted: Mon Jan 28, 2019 8:54 pm
by Glocked
Manne, ek is opsoek na takbok jagplek, as julle weet van plek wat nog beskikbaar is iewers vir die jaar, met redelike goeie pryse, stuur maar asb die details aan per pm. Ek is in Pta, so sal verkies so binne 300km radius as dit kan.
Re: Takbok vleis
Posted: Tue Jan 29, 2019 8:50 am
by Vlakvark Soldaat
Well done Tienie! Daai is n mooi bok!
Re: Takbok vleis
Posted: Tue Jan 29, 2019 10:26 am
by FrancoisW
Lekker man. Watter area het jy geskiet?
Re: Takbok vleis
Posted: Wed Feb 06, 2019 10:35 pm
by Frikkie Coetzee
Fotos van takbok wat ek naweek geskiet het om mooi aan te dui die bok is nog in velvet en is nie inrut nie. Nog fotos volg
Re: Takbok vleis
Posted: Wed Feb 06, 2019 10:40 pm
by Frikkie Coetzee
Nog
Re: Takbok vleis
Posted: Wed Feb 06, 2019 10:43 pm
by Frikkie Coetzee
Bok was maar vir die tyd van jaar agv die droogte.
Re: Takbok vleis
Posted: Thu Feb 07, 2019 10:25 am
by sako 30-06
Baie mooi bok Frikkie.
So jy was toe reg met jou bepalings oor die velvet en die rut. Die bok wat ek twee weke terug geskiet het was ook nog vol velvet. Dis interessant hoe olierig die velvet is.
So wanneer dink jy sal die horings die velvet afgooi en hard word?
Dit lyk of of die verskillende streke se tye tog ooreenstem.
Ek gaan middel Maart weer jag so ek wonder of die horings dan al hard sal wees?
Re: Takbok vleis
Posted: Thu Feb 07, 2019 11:19 am
by william007
Goeie dag manne
Ek is baie graag opsoek na takbok om te jag. My vrou wil ook baie graag n mooi takbok skiet.
As jy het ons ons ruil maak iets by my skiet ruil vir takbok skiet. Of as jy het stuur asb prys en waar.
baie dankie.
Re: Takbok vleis
Posted: Thu Feb 07, 2019 11:26 am
by RUPERT
Wat sal julle nou se is n goeie prys op n Takbok. Het op n atvertensie afgekom wat n man R 6500 vra vir n ram. Die plek is glo 35km vanaf OR Thambo.
Re: Takbok vleis
Posted: Thu Feb 07, 2019 11:32 am
by Blitzzz
RUPERT wrote:Wat sal julle nou se is n goeie prys op n Takbok. Het op n atvertensie afgekom wat n man R 6500 vra vir n ram. Die plek is glo 35km vanaf OR Thambo.
Volgens my is daai bietjie rof, maar elke man kan mos vrae wat hy wil. Streek en aanvraag bepaal seker die prys.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Re: Takbok vleis
Posted: Sat Feb 09, 2019 6:41 am
by knipmes
Blitzzz wrote:RUPERT wrote:Wat sal julle nou se is n goeie prys op n Takbok. Het op n atvertensie afgekom wat n man R 6500 vra vir n ram. Die plek is glo 35km vanaf OR Thambo.
Volgens my is daai bietjie rof, maar elke man kan mos vrae wat hy wil. Streek en aanvraag bepaal seker die prys.
Sent from my iPhone using Tapatalk
Stem saam maar dit is ook elke man se keuse of hy bereid is om die prys wat gevra word te betaal.
Groete
Re: Takbok vleis
Posted: Sat Feb 09, 2019 12:50 pm
by Frikkie Coetzee
30-06
Die velvet baklei die ramme af teen bosse net voor die rut begin. Jy sien sommer hulle baklei plekke in die veld. Op my vorige plaas in die berge was hulle lief vir n sekere tipe bos. So stink bos. Weet nie regte naam nie. Hulle hou ook van doring en blinkblaar. Op nuwe plaas is minder takbokke as in berge maar hulle is daar.
Die peester hierbo het ek spesifiek afgeneem om te wys hy maak homself nie nat nie.
Ek het gisteraand sosaties geeet van daai bok. Was baie baie lekker.
Re: Takbok vleis (My trofee)
Posted: Thu Mar 21, 2019 8:18 am
by sako 30-06
Ek was Maandag gelukkig genoeg om die mooi takbok te skiet.
Hy gaan verseker teen my muur n plekkie kry.
58kg uitgeslag.
Re: Takbok vleis
Posted: Thu Mar 21, 2019 12:38 pm
by Kubus
Hierdie is seker al tot vervelens toe bespreek.
Is laaste naweek in April te laat om n takbok ram/stag te skiet.
Wil graag horings he, maar wil darem die vleis ook kan eet.
Jag in Oos Kaap as dit enigiets beteken.
Re: Takbok vleis
Posted: Thu Mar 21, 2019 1:23 pm
by Frikkie Coetzee
Kubus. Die rut het waarskynlik dan begin en gaan die ramme al begin werk het.
Re: Takbok vleis (My trofee)
Posted: Sat Mar 23, 2019 7:12 am
by Vlakvark Soldaat
sako 30-06 wrote:Ek was Maandag gelukkig genoeg om die mooi takbok te skiet.
Hy gaan verseker teen my muur n plekkie kry.
58kg uitgeslag.
Tienie, ek raak bekommerd oor jou met al die takbokke, binnekort begin jy europees praat...hahaha!! Well done, blerrie mooi bok!
Re: Takbok vleis (My trofee)
Posted: Mon Mar 25, 2019 10:38 am
by sako 30-06
Vlakvark Soldaat wrote:sako 30-06 wrote:Ek was Maandag gelukkig genoeg om die mooi takbok te skiet.
Hy gaan verseker teen my muur n plekkie kry.
58kg uitgeslag.
Tienie, ek raak bekommerd oor jou met al die takbokke, binnekort begin jy europees praat...hahaha!! Well done, blerrie mooi bok!
Ja kyk, dis darem maar lekker om die outjies te skiet.
Maar ek dink ek is vir nou eers klaar
Moet darem plek in die vrieskas los vir ander vleis ook.
Re: Takbok vleis
Posted: Mon May 25, 2026 4:37 am
by WeeMan
Ek is laat na die gesprek, maar damherte (fallow deer) is by ver die beste wildsvleis. Dit het 'n baie sagte, amper soet smaak in vergelyking met ander wildsvleis. Uit 'n NZ konteks is daar nie veel verskil in kwaliteit tussen ooie en jong ramme voor die 'rut' nie. 'n Penkop sal bietjie taaier wees maar groter uitslag. Die groot ramme het 'n skerp wildsmaak tydens die 'rut' en is beter gepas vir biltong.
Die kwaliteit van die vleis en vetinhoud is ook baie afhangend van waar die bok loop en wei.
Hierdie ram is geskiet laat November in 'n dennewoud wat erg oorbevolk is. Kos is skaars, kompetisie is groot en dit wys in die kwaliteit. Hy was maer met amper geen vet.
1.jpg
Hierdie mieliedief is geskiet n maand later op n plaas omtrent 20km weg wat mielies groei vir kuilvoer. Let wel hulle is dieselfde ouderdom, maar die ram het n baie dikker nek, boude en was ongelooflik vet (en swaar!). Die karkas het soos n skaap s'n gelyk, met n lekker dik laag vet om die rug en boude.
2.jpg
Let wel hierdie foto is geneem 9:10PM!
Hierdie ram is op dieselfde plaas geskiet om Paasnaweek aan die begin van die 'rut'. Hy was besig om te brul, wat my na hom gelei het. Let wel die dik nek en skouers. Hy was steeds vet, maar nie heeltemal so swaar soos die vorige ram nie. Die vleis het ook 'n sterk smaak gehad so is biltong gemaak.
3.jpg