Page 3 of 3

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Fri May 15, 2020 11:15 pm
by Lategan1
Wouter Roets wrote: Fri May 15, 2020 12:53 pm Lategan

Wanneer n mens begin om met jou TPL te speel doen n mens dit altyd afwaarts vir die eenvoudige rede dat druk baie vinniger eksponensieel optel namate jou sprong na die lande verklein. So dit is hoekom ons altyd se begin met jou langste praktiese TPL en doen met daai TPL jou ladingaanpassing en daarna wanneer jy jou finetuning wil doen wat TPL verstellings of self primer verstellings kan wees eers daarna.

Elke tiepe koeel het sy eie pratiese oorweging oor waar jy begin met jou TPL. Monokoeels vanwee hulle harheid wat lei tot heelwat hoer graverings druk verlang n langer sprong na die lande om juis te verhoed dat jou begin drukkurwe te vinnig opwaarts beweeg. Hier bo is die uittreksel geplaas van aanbevelings van Barnes se handleiding. Ek persoonlik hou daarvan om op so 10% van kaliber te begin met my sprong as vertrekpunt. Onthou ook dat jou tiepe poeier keuse hierdie beinvloed. Ek sal dit hoer maak(sprong) namate jou poeier se brandspoed toeneem.

So indien jy enigsins jou sprong wil verkort(TPL langer maak) dan moet jy eers altyd jou lading verlaag om op jou gewenste spoed te kom. Hoop dit maak dit duideliker.

Groetnis
Wouter

Dankie Wouter, duidelik. Dankie ook vir ander manne se insette.

Was net onseker omrede mens ‘short hand’ praat, daar dalk misverstand kan wees.

Beste.

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Mon May 18, 2020 10:16 am
by SinWolf
Dagse…

Is dit oraait as ek hier my vrae vra?

Of moet ek n nuwe draad begin? (of dalk terug keer na my QL thread)…

Ek weet nie meer nie… Ek dink my skiet vernuf is besig om my in die steek te laat, en ek moet dalk terug beweeg na 100m toe vir lading ontwikkeling…

QL het bevestig ek gaan op my node wees of 47.0gr

Ek laai to 5 batches...

46.4gr
46.7gr
47.0gr (QL)
47.3gr
47.6gr

Die resultate maak my deurmekaar…

Die was op 200m geskiet…

46.4gr
1.jpg

46.7gr
2.jpg

47.0gr
3.jpg

Die volgende 2 volg...

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Mon May 18, 2020 10:21 am
by SinWolf
47.3gr
4.jpg

47.6gr
5.jpg

Kan dit wees dat ek tot 0.6gr moet weg beweeg van QL om my lading te kry ?

Moet ek nou eers nog verder gaan en dalk 47.9gr ook laai ??

Of vat ek die 47.6gr en speel met TPL ?

Dankie, enige raad sal waardeer word... Oh ja... En dalk van nou af op 100m verder skiet?

Dankie

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Mon May 18, 2020 10:41 am
by Wouter Roets
Sinwolf

Het jy al enigsins my skrywe gelees oor QL en ladingontwikkeling? Wat jy hier gedoen het is perfek reg deur om jou voorgestelde lading te laai en dan te toets vir groepering om daai lading. Hierdie metode is juis om te kompenseer vir veranderlikes wat QL nie altyd voor kan kompenseer nie. Persoonlik sal 47.6 , 47.8 en 48 laai om te sien waar jou node oop maak en dan daarvolgens jou eindlading kies. Anders kan jy eenvoudig net hierdie 1/2MOA lading wat jy nou het laai en net konsentreer op waar jy die koeel op die bok wil neersit.

Verder is my raad altyd om een mens te kies wat oor genoegsame kennis beskik en die pad saam met hom te loop. Die probleem op n forum is dat jy gebombardeer word deur n magdom opinies wat jou baie keer van die wal af in die sloot laat in foeter.

Groetnis
Wouter

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Mon May 18, 2020 10:47 am
by SinWolf
Wouter Roets wrote: Mon May 18, 2020 10:41 am Sinwolf

Baie dankie Wouter… dit maak sin ;)

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Mon May 18, 2020 12:42 pm

Wouter, ek het gou daai 47.6 (weer) geskiet, saam met die 47.8 en 48 soos jy voorgestel het...

Op die 47.6gr dink ek het ek die een skoot getrek, want een le eenkant, maar die ander drie le omtrent dieselfde soos wat ek vanoggend se 47.6gr geskiet het...

47.6gr
6.jpg

Die groep het nog kliener geraak met die 47.8gr... SO BLY ek het jou raad gevolg en gou weer gaan skiet…

47.8gr
7.jpg

Maar die groep het weer BAIE vining oop gemaak op 48.0gr :( :( :(
8.jpg

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Mon May 18, 2020 1:17 pm
by Wouter Roets
Sinwolf

Ek sal 47.7gr laai en weet my geweer is 100% reg vir jag. TPL verstelling op daai lading is jou voorland as jy wil kyk of jy die groep wil laat krimp. Andersins los hom net so en begin rond te bel vir jagplek.

Groetnis
Wouter

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Mon May 18, 2020 1:23 pm
by SinWolf
Wouter Roets wrote: Mon May 18, 2020 1:17 pm Sinwolf

Ek sal 47.7gr laai en weet my geweer is 100% reg vir jag. TPL verstelling op daai lading is jou voorland as jy wil kyk of jy die groep wil laat krimp. Andersins los hom net so en begin rond te bel vir jagplek.

Groetnis
Wouter
Ja ek dink nie ek moet meer karring nie… Dit is tog net n jag geweer… En ek jag net, skiet nie kompetiesie nie :)

0.81 MOA op 200m
Screenshot_20200518-131221_Range Buddy.jpg

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Mon May 18, 2020 1:41 pm
by Wouter Roets
Sinwolf

As die groep 23mm meet op 200m is hy heelwat kleiner as 1/2MOA. Onthou 1MOA op 200m is net oor 54mm. So jy sit met n lading wat n klomp kompeterende langafstand manne heel gemaklik mee sal wees om baie ver mee te skiet. Soos jy se dit is n jaggeweer en die tipe groepering sal jou bitter ver vat. Moet jou nie doodstaar teen hierdie een gat groeperings foto's wat die manne soms hier plaas nie. Die realiteit is bitter min manne kan dit op n konstante basis vermag en hier het jy nou gewys jou lading is dupliseerbaar. Jy kan verseker trots wees op jou werk en wat belangriker is dat jy nou volle vertroue in jou toerusting en komponente kan he vir jou behoefte. Laat die bokke nou bakkie ry en gaan gooi vir jou n koue as jy nog het.

Groetnis
Wouter

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Mon May 18, 2020 2:24 pm
by Apie
23mm op 200m

Waar in die bok se oog wil jy hom skiet?

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Mon May 18, 2020 4:47 pm
by figjam
Sinwolf... vergeet verder van sukkel. As daai die punt is waarmee jy gaan jag en nou en dan bietjie speel of watookal.. skiet dit. Moet asb nie jou geld en tyd mors op nog 200 skote aan lading ontwikkeling om nog n ekstra 0.2moa kleiner te kry op daai lading nie. Oefen eerder met daai een en geniet dit!

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Mon May 18, 2020 5:57 pm
by Lategan1
Volgens my som is werklike metries;

1MOA op 100meter = 29(,iets)mm, Afgerond 29.
Dus is 23mm groep op 200 meter(nie yards) = 0.4 MOA.

(4 klikke @ 7mm(1/4 MOA) = 28mm afgerond vir praktiese redes op 100m).

Of mis ek iets, nou wel enkele mm? Volgens my moet dit dus 58mm lees en nie 54 nie op 200m vir presiese MOA berekening.

Uitstekende resultate wat jy het, Sinwolf.

Beste.

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Mon May 18, 2020 6:21 pm
by SinWolf
figjam wrote: Mon May 18, 2020 4:47 pm Sinwolf... vergeet verder van sukkel. As daai die punt is waarmee jy gaan jag en nou en dan bietjie speel of watookal.. skiet dit. Moet asb nie jou geld en tyd mors op nog 200 skote aan lading ontwikkeling om nog n ekstra 0.2moa kleiner te kry op daai lading nie. Oefen eerder met daai een en geniet dit!
Dankie, ja ek maak so... Ek gaan nie nog tyd/geld aand die lading spandeer nie :) :)

Dankie weereens vir almal se hulp en insette op die forum!!

Julle is vining om vrae te antwoord en advise te gee!! Dit het my baie gehelp!

:)

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Tue May 19, 2020 7:27 am
by tripodmvr
Na hierdie lang gesprek oor Sinwolf se skietery en sy eie woorde dat dit net 'n "jaggeweer" is, wil ek net uitwys dat jy jou resultate en eerste skrywe direk na my skrywe aan Ds J geplaas het. Jy sou dan dalk vroeër tot jou gevolgtrekking gekom het.

As Barnes TSX net goedkoper hier was kon ons dit vir LA skiet gebruik het.

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Tue May 19, 2020 7:47 am
by Capt. Yoda
tripodmvr wrote: Tue May 19, 2020 7:27 am
As Barnes TSX net goedkoper hier was kon ons dit vir LA skiet gebruik het.
Kalem my uncle

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Tue May 19, 2020 8:26 am
by Lategan1
Capt. Oblivious wrote: Tue May 19, 2020 7:47 am
tripodmvr wrote: Tue May 19, 2020 7:27 am
As Barnes TSX net goedkoper hier was kon ons dit vir LA skiet gebruik het.
Kalem my uncle
Oblivious, jy of Wouter asb.

Verwys na my vraag en opmerking hieronder. Net in kort. Wouter meld van 54mm/200m in sy gesprek.

Wat is die praktiese MOA wat jy gebruik of na verwys in gesprek en toepassing? Dit gaan nie oor die teoretiese en werklike verskille soseer nie, maar ‘n eenvormige begrip en gebruik in die openbare omgewing.

Feit is, moa en duim word soms in praktyk op 100yards en meter gebruik wat wissel tussen 25; 25,4; 28 tot 29 en ook 30mm op 100meter! Op 300m en verder begin 4-5mm begripverskille ‘n verskil maak. Ook, as ek 0.52 moa skiet, maar die werklike is 0,47moa, is dit nogals gaaf om te weet my roer groepeer eintlik sub 1/2 moa. Dit is tog die perfeksie waarna ons almal streef.

My vraag het hoofsaaklik betrekking op 100m MOA se praktiese toepassing en nie oor slimhou nie!

Ek weet hierdie meer vir Wouter bedoel, wil graag jou ervaring verneem.

Beste.

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Tue May 19, 2020 8:41 am
by Wouter Roets
Lategan

1MOA is 1,047 duim op 100 yards. 1 duim is 25,4mm. 1 yard is 0.9144m.

So op 100m is 1 MOA 1.047(duim) x 109,36133(100m in yards) = 1,14501312 duim x 25,4 mm = 29,083333mm

So daar het jy dit nou presies, so verskoon my uit die kop som van 54mm.

Groetnis
Wouter

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Tue May 19, 2020 8:55 am
by tripodmvr
Die SINUS of TAN van 1 minuut = 0,002908882.
Op 100 meter onderspan dit dan 0,0298882 meter = 29,08882mm
Nou kan jy aanpas vir verdere afstande

Nog 'n brokkie COVID-19 nuttelose inligting ala NDZ.

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Tue May 19, 2020 7:47 pm
by Lategan1
Dankie Wouter en Tripod vir terugvoer. Ek is vertroud met die somme, daarom o.a. my vraag of ek ‘n praktiese aspek mis?

Ek probeer weer, dalk vra ek swak. Watter praktiese manier/faktor/ konstante waarde gebruik jy om 100m moa aan te wend vir verder afstande?(Metries)

As voorbeeld. Die berekeninge vir cheat sheets vir vinnige verstelling van turrets.
100m:
Teleskoop turrets 1/4 en 7mm, dus x4 = 28mm moa.
Werklike moa = 29.1mm
Of hoofkop moa = 30mm.

Watter een hierbo getoon word algemeen gebruik vir turret verstellings/clicks op langer afstande >300m en vir die berekening van cheat sheets? (Knoeistate). Jou 54mm op 200m het my laat wonder of ek dalk iets mis, vertrou jy verstaan nou.

Beste.

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Tue May 19, 2020 8:09 pm
by JPS
Lategan,

Op 200 meter is 1 MOA 2 x 29.09mm dus 58.16mm
Op 300 meter is 1 MOA 3 x 29.09mm dus 87.24mm
En so gaan dit aan.

Moa werk nader met duim en yards soos Wouter verduidelik het dus die som om aan te pas na meters.

Cheat sheets word gemaak met behulp van ‘n balistiesie program oor die algemeen en is dus presies in moa of mils. Op die korekte verstellinf en jy gebruik jou turret om die hoeveelheid moa te stel soos benodig.

Hoop ek verstaan jou vraag reg en verduidelik na jou vraag toe.

Re: Ladder Test-lading ontwikkeling

Posted: Wed May 20, 2020 1:29 pm
by Lategan1
Dankie JPS.

Die MOA en al die berekeninge verstaan ek goed en gebruik dit, met spreadsheet of balistiese program.

Vir hoofreken in die veld gebruik ek 30mm as MOA per 100m.

Beste.