Page 3 of 5

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Wed Oct 03, 2018 12:16 pm
by Wouter Roets
James

Ek like hom kwaai! Hoerkind se jy?! ;D ;D ;D

Hoe meer ek daaroor dink hoe meer hou ek van die rondte. Ek begin al hoe meer die voordele van n langer nek insien, veral met looplewe. Hierdie ontwerp tiek al die regte boksies en is nog n praktiese nommer ook. Die 6XC doppe het baie wat vir hulle tel in die drukdepartement met sy versterkte webarea. Het jy dalk n idee wat sy dopkapasiteit is? Op die foto lyk dit of hy n bietjie meer body taper in het as jou tipiese Ackley ontwerp.

Groetnis
Wout

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Wed Oct 03, 2018 12:44 pm
by Capt. Yoda
As ek so na al die 6e kyk lyk dit my die wiel word gereeld ontwerp net met n ander rim, nie laat ek enigsins kla nie!

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Wed Oct 03, 2018 12:52 pm
by James Wilson
Man, ek dink die foto is dalk nie duidelik genoeg nie. Ek het nou die patroon in my hand gehad, ek kan nie enige taper raaksien nie. Ek weet nie wat die kapasitieit is nie. Gerrie sal dalk beter weet. Hy praat van baie baie baie lang loop lewe

Ja Hoerkind!! kan jy glo? Ek het al n paar keer vir Gerrie gevra of daar werklik nie n beter naam is nie. Die Yankees dink sulke elegante name uit, en al waarmee ons vorendag kan kom is hoerkind ;D . Hy se dit is omdat dit n 6xc se dop is met ackley se skouer met n Remintongton die.

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Wed Oct 03, 2018 1:28 pm
by Wouter Roets
Cappie

Jy is absoluut reg en ek dink ek het dit so in my eerste skrywe genoem dat daar nie sommer iets nuuts is in die wereld van ons nie.

Die eintlike rede hoekom ek die draad begin het was omrede n mens met n rondte werk en aan die begin dink jy dit is net die ding vir Sannie, maar so met die verloop van tyd kom jy natuurlik die nommertjie se tekortkominge agter en wat jy sou verander om dit aan te spreek.

Verder het ek in die laaste tyd groot waardering begin kry vir die geballanseerde rondte en hoe goed hulle eintlik vaar teenoor die sogenaamde menere in die kaliber.

So gepraat van menere sou my idiale 338 basies maar die Dakota wees net met n 40 grade skouer. Hy is vir my n baie geballanseerde rondte en as ek van scratch af begin sal hy verseker erens in my kluis staan.

Groetnis
Wout

PS ;D ;D ;D James die Hoerkind maak nou sin! Probeer tog asb uitvind wat daai dopkapasiteit is.

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Wed Oct 03, 2018 1:38 pm
by Capt. Yoda
James as jy sy lengte ook vir ons kan meet asb, ek dink soos Wout ook gese het n dop (6mm) met so 52gr H2o capacity, 8mm nek en wat so 48.5/49mm meet sal lekker werk. Seker naby aan n XC maar ek sal hom ook iets soos 40gradeimprovedtotkop noem of iets

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Wed Oct 03, 2018 1:46 pm
by James Wilson
Nou met Gerrie gepraat hy se die kapasiteit is 0.1grn meer as n std 6xc. 87v-max @3400fs. Nou juk my alie darrem lekker

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Wed Oct 03, 2018 1:51 pm
by Wouter Roets
Cappie

Ek wil darem net iets hier noem. Ek het nou al omtrent met elke grade skouers onder die son te doen gekry. 25, 30 en 35 grade is maar nou eenvoudig net nie 40 grade nie. Die voordele om n dop nie te hoef terug te sny, of net aan te hou om net te neck size sonder enige ander werk voordat jy n koeel in druk en gaan skiet is darem maar die lewe. Hulle se mos jy mis eers iets as jy hom nie meer het nie en dit is die reine waarheid. Toe ek begin het met die Creemoor het ek gese n mens gaan nie eers die verskil agterkom nie want 30 grade is mos darem nou al amper daar. Wel daar is tog n rede hoekom ek en Swede opsoek is na n Improved reamer!

Groetnis
Wout

Thanx James. Wys jou nou net nog n voordeel van die 40 grade skouer. n Korter poeier kolom as die 6XC en jy kry meer poeier in en minder druktekens!

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Wed Oct 03, 2018 1:52 pm
by James Wilson
Kaptein, die dop se lengte is 48.4 mm en hierdie geval met n 95grn Sierra MK is die tpl 67.9

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Wed Oct 03, 2018 2:03 pm
by Capt. Yoda
Dankie James, Wout ja ek stem saam oor die sny. Ek moet se my SLR doppe sny ek net as ek hulle maak en nekke skil en na dit is daar basies geen groei nie, as ek dink aan hoe n 243 se dop werk :( . Ek wens eintlik ek kan hulle langer kry want ek kan daai nek naby aan 9mm kry voor ek hulle sal hoef te sny. Die 40grade skouer lyk maar vir my net mooi veral as die dop "kort" is ook.

Ek dink die doppie links kan moontlik my volgende kaliber wees maar sal hom met n Norma Dasher reamer en BR reamer sny om hom so bq te verander. Stop die Dasher reamer net bq kort dat die "BR-Ackley" so .20" langer is

https://static.wixstatic.com/media/e8cd7d_7a6a1ba7fb5f4176a3299becab47d46e~mv2.jpg/v1/fill/w_396,h_271,al_c,q_80,usm_0.66_1.00_0.01/e8cd7d_7a6a1ba7fb5f4176a3299becab47d46e~mv2.webp

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Wed Oct 03, 2018 3:52 pm
by Silent Hunting
Manne, Gerrie het n Krieger loop, 300 doppe en 2 die stelle beskikbaar as iemand so kaliber wil skaf. Self verlede week met hom gesels oor hom.

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Thu Oct 04, 2018 4:07 pm
by Wouter Roets
Nou kom manne!

Hoe sal julle .224, .257, ens ens lyk?

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Thu Oct 04, 2018 4:17 pm
by Supacow
22Brai weier om n 25 te besit

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Thu Oct 04, 2018 6:32 pm
by Capt. Yoda
n Man moet darem iets he vir n Jak of bobejaan ook

220 Redline, 7Saum dop af genek vir 224 koele

https://encrypted-tbn0.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcRY_sDFCAgkWyRCAlMaSqOUWyM3ln0R5Dg2l1wGOYsQVjersdDGIA

75gr JLK teen 4000fps, hy sal n 55gr BT uit sy klere uit spin

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Thu Oct 04, 2018 6:57 pm
by Geno
Capt. Oblivious wrote:n Man moet darem iets he vir n Jak of bobejaan ook

220 Redline, 7Saum dop af genek vir 224 koele

https://encrypted-tbn0.gstatic.com/images?q=tbn:ANd9GcRY_sDFCAgkWyRCAlMaSqOUWyM3ln0R5Dg2l1wGOYsQVjersdDGIA

75gr JLK teen 4000fps, hy sal n 55gr BT uit sy klere uit spin
Ek gaan nog een bou sodra die FKlassers alklaar is met doppe koop. Izak het my net vertel ek is mal toe ek hom vra om die reamer te bestel...

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Thu Oct 04, 2018 8:00 pm
by jankraay
Julle gee my alweer n 11.1.11 idee...ek like spoed

Sent from my iPhone using Tapatalk

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Thu Oct 04, 2018 8:10 pm
by Diesel Dog
James Wilson wrote:Nou met Gerrie gepraat hy se die kapasiteit is 0.1grn meer as n std 6xc. 87v-max @3400fs. Nou juk my alie darrem lekker
Sal hierdie 6mm 'n man kan genees van meerkat kalibers?Het vandag met Gerrie gepraat nou is die vraag in watter twist en loop lengte sal julle aanbeveel vir oes geweer .

DD

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Thu Oct 04, 2018 9:55 pm
by Capt. Yoda
12 twist so lank soos jy kan kry.

Geno daai redline skiet n koek hou, hy sal daren n Jak lekker oop zip.

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Fri Oct 05, 2018 6:24 am
by Silent Hunting
My SLR is 10 twist en 27". V maxe loop soos troop uit hom. Gister paar varkies laat bakkie ry op effe verder afstande en hulle het perfek gewerk.

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Fri Oct 05, 2018 7:40 am
by Williel
Wouter Roets wrote:Nou kom manne!

Hoe sal julle .224, .257, ens ens lyk?
Ek is glad nie n kenner op die gebied nie maar daai .257 Koevoet van Chris van Niekerk lyk my ook na lekker kaliber te wees.

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Fri Oct 05, 2018 8:47 am
by Andre308
N idiale all rounder kaliber vir my, is waneer die ontwerp n 'swaar vir kaliber' koel kan skiet teen so 2800ft/sek met n vol dop kruit en druk net onder max. Koel moet ook geseat kan word dat minimaal dop kapasiteit gebruik word, met behoorlike nek/koel greep.

Ek is nie in die plat skiet kalibers nie, en probeer so nou en dan ver skiet, so dit die rede vir my all round kaliber defenisie.

Ek sou se in die kort aksie met 308win slot gesig is die 6.5 Creedmoor baie naby aan perfek. Ek sou ook eerder n 40grade skouer wou he. N doppie vol S365 gooi darm n 140gr koel teen 2800.

Kort aksie met n Magnum tipe slot gesig is die 7mm SAUM die nommer. Hulle laat sing die staal tog te mooi met daardie 180gr ELD M koele teen spoed oor die 2800 as jou loop lengte en kruit combo reg is.

Meduim aksie met 308 slot gesig is die 280AI maar n copy van die 7mm SAUM wat spoed en koel keuses betref. Ek sou dit as my optimale kaliber daar kies.

Medium aksie met magnum slot gesig is die 338 RUM vir my die nommer. Hy kort n lang loop om die 300gr koel te gooi teen 2800ft met n stewige dieet van N570. Daar is wel ander 338 kalibers op die 300RUM dop wat hom wel klop, maar ek het n snaakse liefde vir die 338RUM ontwikkel.

Groete
Andre

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Fri Oct 05, 2018 8:56 am
by Wouter Roets
Geno

Izak is n wyse man. Hy gaan sy deure moet sluit vir die publiek aangesien hy net gaan besig wees om vir jou nuwe lope op te sit.

Ek sal maar hou by die 22-250 Ackley behalwe ek sal net sy nek 2mm langer maak. Hierdie sal ek doen pure vir looplewe.

My 257 sal basies maar net n afgenekte weergawe wees van my 6.5 ontwerp met sy romp 1mm langer. In realiteit sal ek eendag my 25-06 Ackley vervang met die 257 Roberts Improved. Hy doen wat die standaard 25-06 Rem doen, net uit n kleiner dop. Superkoei ek voel oor die 25-06 soos jy oor die 270 voel, op papier beteken hy nie veel nie, maar in praktyk doen hy die job met oorgawe.

My idiale 375 sal basies die 375 Dakota wees net met n 40 grade skouer. Hy sal balisties identies wees aan die 375 H&H Ackley en met daai performance kan ek absoluut saamleef.

In 416 sowel as 404 sal ek die Rigby dop gebruik op 65mm met n 40 grade skouer en 1 kaliber nek. Deur moderne drukvlakke te hardloop van so 58 000psi sal jy nog steeds met gemak die oorspronklike kalibers se syfers klop.

My 458 sal net n opgenekte weergawe wees. Hy sal met gemak 2300ft/sek met n 500gr koeel doen en indien jy sy TPL verleng na 91mm wat in n magnum aksie sal werk kan jy nog n 100ft/sek bysit.

Vir my 500 en 505 kalibers sal dit die 505 Gibbs dop wees verkort na 70mm met 100% van kaliber nek en 40 grade skouer. Drukvlakke sal ek beperk by so 46 000psi wat beide die kalibers snelhede sal gee van meer as hulle oorspronklike nommers met gemak. n Mens kan seker dieselfde doen met die 500 Jeffrey dop en 40 grade skouers sonder die rebated rim, maar die 505 Gibbs dop is net iets besonders. Ek sal net natuurlik die dopkonstruksie dieselfde maak soos die Cheytac ontwerp vir drukhanterings doeleindes.

Groetnis
Wouter

Re: Idiale

Posted: Fri Oct 05, 2018 9:19 am
by Wouter Roets
Andre308 wrote:N idiale all rounder kaliber vir my, is waneer die ontwerp n 'swaar vir kaliber' koel kan skiet teen so 2800ft/sek met n vol dop kruit en druk net onder max. Koel moet ook geseat kan word dat minimaal dop kapasiteit gebruik word, met behoorlike nek/koel greep.

Ek is nie in die plat skiet kalibers nie, en probeer so nou en dan ver skiet, so dit die rede vir my all round kaliber defenisie.

Ek sou se in die kort aksie met 308win slot gesig is die 6.5 Creedmoor baie naby aan perfek. Ek sou ook eerder n 40grade skouer wou he. N doppie vol S365 gooi darm n 140gr koel teen 2800.

Kort aksie met n Magnum tipe slot gesig is die 7mm SAUM die nommer. Hulle laat sing die staal tog te mooi met daardie 180gr ELD M koele teen spoed oor die 2800 as jou loop lengte en kruit combo reg is.

Meduim aksie met 308 slot gesig is die 280AI maar n copy van die 7mm SAUM wat spoed en koel keuses betref. Ek sou dit as my optimale kaliber daar kies.

Medium aksie met magnum slot gesig is die 338 RUM vir my die nommer. Hy kort n lang loop om die 300gr koel te gooi teen 2800ft met n stewige dieet van N570. Daar is wel ander 338 kalibers op die 300RUM dop wat hom wel klop, maar ek het n snaakse liefde vir die 338RUM ontwikkel.

Groete
Andre
Hallo Andre

Dit is presies hoe my definisie van n all rounder is net met die feit dat dit moet gebeur met n klas poeier wat brand soos S365/IMR 4350.

Nou as ons oor 338 praat en jy skaal dit op dan gebeur daai basies met die 330 Dakota dop. Die 338 RUM le weer meer so bietjie aan die overbore kant en jy moet na stadiger verbrandende poeiers toe gaan om hom optimaal te kry. Nou al rede hoekom die mense na die klas verrigting toe gaan is om genoeg energie vir jag te he en om die transoniese afstand te rek. Verder is daar so n paar pyne met die 338 RUM ontwerp. Eersten vir n rondte wat in n magnum aksie funksioneer kon hulle die dop verleng het na 72mm soos die 375 RUM vir n rapsie meer dopkapasiteit. Die rebated rim kan ook mee weggedoen word veral as n mens hoe drukvlakke hardloop. Hierdie was die rede hoekom die 338 Edge ontwerp was.

As ek na n rondte kyk vir die aplikasie sal ek veel eerder gaan na n improved 338 Lapua ontwerp om so n bietjie meer uit die kaliber te kry. Of selfs die 505 Gibbs/Cheytac dop.

Groetnis
Wouter

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Fri Oct 05, 2018 10:20 am
by Andre308
Wouter Roets wrote:

Dag Wouter,

Ek stem 100% saam met jou skrywe, die 338RUM is duidelik vroulik, want daar kom baie issues saam as n man besluit om met haar n verhouding aan te gaan.

Die rede vir my besluit om daardie kaliber te kies is dat dit vir mens so naby aan n 338Lapua sit, maar dit sonder die koste van die aksie met die Lapua se slot gesig.

Ek is al n ent weg met my huiswerk om die 338RUM op n Howa lang aksie te bou. Ek hoop om voor die einde van die jaar my dinge te kan begin koop. Mens kan enkel skoot skiet met n TPL van 105mm, en nogsteeds n gelaaide rondte uithaal met n paar maklike veranderinge aan die aksie se boltstop ens.

Dus is ek nie blind vir die kaliber se issues nie, maar dit is die goedkoopste manier om n arm man se 338 Lapua te kan skiet.

Groete
Andre

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Fri Oct 05, 2018 10:36 am
by Wouter Roets
Andre

Verstaan 100% van waar jy kom. Ons lewe in die werklikheid wat natuurlik heeltemal verwyderd is van die droomwereld waarin ek myself so gereeld bevind. Deel gerus bietjie daai projek met ons soos hy vorder.

Groetnis
Wouter

Re: Idiale "all rounder" rondte

Posted: Fri Oct 05, 2018 10:41 am
by Heinz Petersen
Ek het ook lank na die 338 reekse gekyk. Het toe maar op die 300NM AI besluit met n 35 grade skouer. Die aksie is gebou deur Geofry Barrebal. Ek sal n 215gr punt teen 3100f/sek kan skiet. Die "reamer" wat oppad is, is ook fyn uit gewerk vir die kamer se sny.
Seker nie die ideale "all rounder" vir almal nie, maar vir wat ek daarmee wil doen.